Mnr Linton Cheetham

Mnr Linton William Cheetham

Mnr Linton William Cheetham is gebore op 17 Februarie 1972 in Vereeniging. Hy ontvang sy Laerskool- onderrig aan die Darling Laerskool te Darling, waarna hy sy Hoërskool-opleiding aan die Hoër Tegniese Skool Drostdy te Worcester voltooi in 1990. Hier blink hy uit in krieket, rugby en hengel. Gedurende 1991 voltooi hy dan ook sy eenjaar Basiese Militêre Opleiding in die Lugmag te Pretoria. Daarna vestig hy hom in Middelburg OK, waar hy aan die Landboukollege Grootfontein studeer en in 1994 sy Tweejaar Landboudiploma ontvang.

Nadat hy sy Landboudiploma ontvang het, aanvaar hy ‘n betrekking by BKB te Middelburg OK, daarna aanvaar hy ‘n betrekking by Albert Koöperasie ook te Middelburg OK en verhuis op 6 September 1999 na Frankfort as die Bestuurder van BKB al daar. Hierna word hy ‘n pos aangebied as Handelstakhoof van BKB te Port Elizabeth, waarna hy dan ook huidiglik nog werksaam was.

Hy is Vrydagnag, 2002-03-31 in sy slaap oorlede en word oorleef deur sy moeder, mev Bettie Gousard wat woonagtig is te Vredehoek, Kaapstad.