Last update: September 2, 2011 12:11:46 PM E-mail Print

 

AANGEPLANTE WEIDINGS IN DIE VEEPRODUKSIESTELSELS VAN DIE KAROO EN ARIEDE GEBIEDE

H STEYNBERG & G C DE KOCK

Landboukollege Grootfontein

 

INLEIDING

Dit is 'n alombekende feit dat die natuurlike weiding van die Republiek van Suid-Afrika vir dekades reeds besig is om progressief te verswak. Roux (1983) meld dat sedert die eerste grootskaalse ondersoek na droogtes deur die Droogtekommissie in 1923 en uit die toepassing van veldherstelmaatreëls soos die Veldspaarskema en die Veeverminderingskema was daar tot dusver nog geen stuiting of afname in veldagteruitgang nie. Scotney (1984) ondersteun hierdie stelling en verwys na 'n ondersoek van 20 jaar gelede in die Bo-oranjerivier-opvanggebied waar gevind is dat minder as 12 % van die veld in 'n goeie toestand was en dat die weidingskapasiteit in bepaalde distrikte met meer as 50 % oorskry was. In 'n ondersoek van die wolskaapbedryf in die RSA identifiseer De Klerk, Düvel en Terblanche (1983) veldagteruitgang as die kernprobleem in die kleinveeweistreke van die Karoo en ariede gebiede. Hierdie agteruitgang word hoofsaaklik aan droogtes, oorbelading en gebrekkige weiveldbestuur toegeskryf. Gedurende die afgelope jare het die droogte situasie sulke afmetings aangeneem dat daar vanaf 1978 tot 1985 'n bedrag van R309 miljoen aan staatsondersteunde droogtehulp gespandeer was. Hiervan is meer as 75 % in die Karoo en ariede gebiede gespandeer (Lamprechts 1986, persoonlike mededeling).

In hierdie artikel word daar dus 'n oorsig gegee van die moontlike aanwending van aangeplante weidings in die veeproduksiestelsels van die Karoo en ariede gebiede om die druk op die veld te verlig en ook om die nadelige gevolge van droogtes te verminder. Vir hierdie doel word die Karoo en ariede gebiede gedefinieer as die gebied binne die grense van die Departement van Landbou en Watervoorsiening se indeling vir die Karoostreek. Hierdie gebied strek oor 'n oppervlakte van 29,3 miljoen hektaar met 'n gemiddelde jaarlikse reënval wat tussen 600 mm in die bergstreke in die oostelike dele tot 70 mm in die westelike ariede gebiede wissel. Periodieke korttermyn en selfs langdurige rampdroogtes kom algemeen voor en moet dit as 'n inherente verskynsel van die boerderybedryf beskou word, waarmee daar wel deeglik rekening gehou moet word. Temperature word gekenmerk deur uiterstes met 'n maksimum van 39°C en hoër en 'n minimum van -10°C en laer.

Natuurlike weiding beslaan 98 persent van die totale oppervlakte van die Karoostreek en dit dui op die oorheersende belangrikheid van hierdie hulpbron in die veeboerderypatroon. Die oppervlakte onder bewerking is 191 296 ha waarvan 50 192 ha droëland, 73 163 ha onder permanente besproeiing en 67 941 ha onder toevallige besproeiing is. Die veegetalle en bruto-inkomste uit vesels en vleis vir die Karoostreek en die persentasie bydrae tot die bruto-produkwaarde (BPW) in die RSA word in Tabel 1 verstrek (Anon, 1986). Hierdie gegewens weerspieël die belangrikheid van hierdie Streek in die veeboerderybedryf in die RSA.

 

AANGEPLANTE WEIDINGS

Droëland

Die grootste oppervlakte droëlande kom in die Burgersdorpdistrik (6318 ha) en die winterreën gedeeltes van die Calvinia- en Laingsburgdistrikte (36 990 ha) voor. Aangesien hierdie gebiede se reënvalpatroon nie tipies van die semi-ariede en ariede gebiede is nie word hierdie droëland vir die doel van hierdie bespreking buite rekening gelaat. Daar is egter ongeveer 2 000 ha droëland wat tussen die Sneeuberge en die Stormberge geleë is wat weens 'n stabiele, relatief vlak watertafel 'n besondere potensiaal vir droëland lusernverbouing het. Hierdie droëlande kan na raming ongeveer 15 600 KVE dra.

 

Permanente besproeiing

Van die 73 163 hektaar wat tans onder permanente besproeiing is, is daar 48 765 ha onder staatsskemas en 24 398 ha wat uit boorgate, fonteine en privaatskemas besproei word. Van hierdie totale oppervlakte word minstens 85 % onder een of ander aangeplante weiding of voergewas verbou en vorm hierdie weidings die ruggraat van die stoetveebedryf in die Karoostreek. Lusern vir somerweiding en vir hooi is verreweg die belangrikste gewas wat verbou word terwyl kleingrane soos koring, hawer en gars in rotasie met lusern vir winterweiding aangeplant word. Verder word daar ook 'n klein oppervlakte mielies vir voerdoeleindes aangeplant. Met betrekking tot die weidingskapasiteite van aangeplante weidings onder besproeiing in die Karoostreek het Bezuidenhout (1984) in 'n geslote stelselproef met Merinoskape op lusern- en koringweiding onder besproeiing op die Cradockproefstasie gevind dat 'n weidingskapasiteit van 25 KVE per ha oor 'n periode van 4 jaar gehandhaaf kan word.

Volgens raming word minstens 62 228 ha onder permanente besproeiing vir die verbouing van aangeplante weidings en voergewasse aangewend. Teen 'n weidingskapasiteit van 25 KVE per ha kan hierdie weidings dus 1 555700 KVE dra.

 

Toevallige besproeiing

Daar is 67 941 hektaar onder toevallige besproeiing met vloedwater uit riviere en spruite. Hier bestaan twee situasies.

Eerstens is daar in die oostelike berggebiede van die Karoostreek 'n situasie waar afloopwater weens die hoër reënval in die berge meer betroubaar is. Hier kan lusern met een of twee besproeiings per jaar met 'n redelike mate van sukses verbou word. Omdat sulke lusern op diep alluviale gronde verbou word kan dit die normale seisoensdroogtes weerstaan. Dit is gevind dat lusern onder hierdie toestande 15 KVE per ha kan dra met twee besproeiings per jaar. Die oppervlakte onder hierdie situasie is 27 941 ha en dit kan 419 115 KVE dra.

Tweedens is daar 40 000 ha onder 'n saaidamstelsel uit die Vis-, Rhenoster- en Sakriviere in die Calvinia-, Sutherland- en Willistondistrikte. Die gelyk topografie en die diep alluviale gronde aan die oewers van hierdie riviere maak dit moontlik om groot hoeveelhede vog in die grond op te gaar met behulp van vlak damme. Dit skep die moontlikheid vir gewasverbouing in hierdie sogenaamde saaidamme. Die 16 000 ha saaidamme in die bo-lope van die riviere het 'n betroubare watertoevoer en kan lusern in rotasie met kleingraan hier met sukses verbou word. Hierdie 16 000 ha kan na raming ongeveer 240 000 KVE dra. Die orige 24 000 ha wat laer af geleë is se watertoevoer is onbestendig en is die verbouing van kleingraan en lusern wisselvallig en riskant. Gevolglik kan daar Die met lusern en kleingraan op 'n bestendige bydrae tot veeproduksie op hierdie gedeelte gereken word nie. Meer sukses sal hier behaal kan word met 'n droogtebestande gewas soos oumansoutbos (Atriplex nummularia).

Die totale oppervlakte wat dus tans in die Karoostreek onder een of ander vorm van besproeiing is en waarop aangeplante weidings met sukses verbou word is 108 169 ha. Hierdie oppervlakte kan 'n totaal van 2 230 415 KVE dra. Die stoetveebedryf is in die Karoostreek in 'n groot mate vir sy voortbestaan van hierdie besproeide weidings afhanklik. Verder word dit aangewend vir kommersiële sybokhaarproduksie, afronding van slagvee en varsmelkproduksie, As 'n voorbeeld is daar in die geval van Merinoskape, Dorperskape en Angorabokke meer as 200 000 stoetooie in die Karoostreek wat met hul aanteel plus die verkoopsramme op besproeide weidings aangehou word. Hierdie weidings vorm dus 'n integraIe en onontbeerlike deel van die bestaande veebedryf van die Karoostreek en word dit dus reeds feitlik ten volle benut. Gevolglik kan daar nie verder op hierdie hulpbron gereken word vir die uitbreiding van veegetaIle nie of vir die verligting van die druk op die natuurlike weiding gedurende kritieke periodes nie. Die enigste ander moontlike voerbron wat onder die ariede en semi-ariede toestande van die Karoostreek verder ge-eksploiteer kan word, is die droogtebestande voergewasse.

 

DROOGTEBESTANDEVOERGEWASSE

Die bekendste droogtebestande voergewasse in die RSA is die garingboom (Agave americana), doringlose turksvye (Opuntia spp) en oumansoutbos (Amp/ex nummularia). Rubidge (1961) verwys na die goeie hoedanighede van garingboom en meld dat hy op die plaas Wellwood naby Graaff-Reinet gedurende die 1914 – 1915 droogte 1 600 Merino-ooie vir 'n periode van 86 dae op gekerfde garingboomblare alleen, en sonder enige addisionele drinkwater, aangehou het. Die vee het nie alleen oorleef nie, maar selfs in kondisie verbeter. Die waarde van oumansoutbos is reeds sedert die vorige eeu bekend en meld Alston in 1889 dat dit met sukses in die Van Wyksvlei-omgewing verbou kan word (De Kock, 1967) terwyl navorsing op doringlose turksvye en oumansoutbos reeds sedert die twintigerjare in die RSA aandag geniet het (Turpin en Gill, 1928).

 

Verbouingsvereistes

Die verbouingsvereistes van hierdie drie gewasse word deur De Kock (1980) bespreek. Hy wys daarop dat hulle in die ariede en semi-ariede gebiede met sukses verbou kan word vanaf 'n jaarlikse reënval van 250 mm en hoër en waar die temperatuur nie laer as -12°C daaI nie. In die gebiede met 'n laer reënval kan hierdie gewasse nog met sukses op uitgesoekte gronde met 'n goeie voghouvermoë verbou word. Die belangrikste voordeel van hierdie gewasse is hul doeltreffende verbruik van water en die feit dat hulle geredelik deur diere benut word. Vit die syfers in Tabel 2 waar die waterverbruik van 'n aantal gewasse aangedui word blyk dit dat waar lusern byvoorbeeld 750 kg water benodig om 1 kg droëmateriaal te produseer het garingbome, turksvye en oumansoutbosse om 1 kg droëmateriaal te produseer, slegs 93, 267 en 304 kg water onderskeidelik nodig. Daarbenewens het hierdie droogtebestande gewasse verder die voordeel dat hulle meerjarig is, en na suksesvolle vestiging, oor die inherente vermoë beskik om vir 1ang periodes onder uiters strawwe droogtetoestande te oorleef. Hierdie gewasse is nie kieskeurig wat grondvorm betref nie en kan oor 'n wye reeks van grondvorms aangeplant word. Die beste resultate word egter behaaI op die dieper gronde met 'n meer gunstige voghuishouding.

 

Tabel 2

 

Gewas

Kilogram water nodig om 1 kg droëmateriaal te produseer

(kg)

Garingboom

Doringlose turksvye

Oumansoutbos

Voersorghum

Mielies

Koring

Lusern

93

267

304

369

369

507

750

 

Voedingswaarde

Verskeie navorsers het reeds oor die skeikundige samestelling en voedingswaarde van hierdie droogtebestande voergewasse gerapporteer, (Walters, 1951 – doringlose turksvye; Jacobs en Smit, 1977 - oumansoutbos; De Kock, 1980 - garingboom, doringlose turksvye en oumansoutbos; Marais, 1985 - oumansoutbos). Die skeikundige same stelling, voedingswaarde en inname deur skare van vars garingboom, turksvye en oumansoutbos uitgedruk op 'n droë basis word in Tabel 3 aangedui (Jacobs, 1977). Jacobs (1977) het gevind dat die inname van vars materiaal by garingboom en turksvye nie aan die onderhoudsbehoeftes van skare voldoen het nie en is dit nodig om beide energie en proteïen aan te vul vir onderhoud. Die voedingswaarde en inname van vars oumansoutbos het egter aan die onderhoudsbehoeftes van volwasse Merinohamels voldoen en het die proefdiere 1 466 g droëmateriaal per dag ingeneem en 'n geleidelike massatoename gedurende die proefperiode gehandhaaf. Oumansoutbosweiding het egter nie aan die energiebehoeftes van lakterende

Merino-ooie en lammers voldoen nie, maar 'n aanvulling van 120 g mielies per ooi per dag was voldoende om gemiddeld 'n daaglikse toe name van 133 g vanaf geboorte tot speen by lammers te handhaaf.

 

TABEL 3 Skeikundige samestelling, voedingswaarde en inname van vars garingboom, turksvye en oumansoutbos op 'n droë basis (Jacobs, 1977)

 

Garingboom

%

Turksvye

%

Oumansoutbos

%

Vog

Ru-proteïen

TVV

Vet

Minerale

Vesel

83.2

4.8

65.0

1.5

10.3

16.2

90.0

4.3

64.7

1.6

19.3

9.7

75.0

10.9

50.0

2.0

10.3

37.9

Inname g/skaap/dag

300

346

1 466

 

Op die Landboukollege Grootfontein het Skinner en De Kock (1972) gevind dat oumansoutbosweiding plus 120 g mielies per ooi per dag goed vergelyk het met goeie karooweiding of 'n lusern-mieliemeelrantsoen vir Merino-ooie met lammers. Die data in Tabel 4 waar die massaverandering van die ooie en lammers oor 'n periode van 42 dae na die geboorte van die lammers weergegee word dui op 'n gemiddelde daaglikse toename (GDT) van die lammers van 269 g, 202 g, 214 g per dag vir die veld-, lusernmieliemeel- en oumansoutbos groepe onderskeidelik.

 

Hayward (1985) het ook goeie resultate met Merino-ooie en lammers op oumansoutbosweiding verkry. Die resultate van die invloed van verskillende peile van alkalie-ionofoorbehandelde mielies op die groei en produksie van ooie met lammers op oumansoutbosweidings word in Tabel 5 gegee. Alhoewel energie-aanvulling hoogs betekenisvolle verskille in die groei van die lammers tot gevolg gehad het, het die lammers van die ooie wat geen byvoeding ontvang het nie ook bevredigend gegroei.

 

Hobson, Grobbelaar, Wentzel en Koen, 1985, het soortgelyke resultate met energie aanvulling by dragtige Angorabokooie op oumansoutbosweiding verkry. HulIe het gevind dat oumansoutbos aan die minimum voedingsbehoeftes tydens dragtigheid voldoen, maar beveel aan dat 300 g alkalie – ionofoorbehandelde mielies per ooi per dag addisioneel tydens dragtigheid gevoer word om die moontlikheid van aborsies te beperk. Energie-aanvulling, selfs tot 600 g per ooi per dag, het egter geen invloed op haarkwaliteit en vagmassa gehad nie.

Uit die voorafgaande kan dus aanvaar word dat oumansoutbosweiding aan die voedingsbehoeftes van droë en dragtige kleinvee voldoen maar dat energie-aanvulling tydens laktasie nodig is vir optimum groei van lammers.

 

Produksie en weidingskapasiteit

Daar bestaan relatief min wetenskaplik gefundeerde inligting oor diereproduksie op garingboom en doringlose turksvye. Nietemin kan daar tog uit die bestaande data 'n aanduiding gekry word van die produksiepotensiaal van hierdie twee gewasse. Daarenteen is die inligting oor oumansoutbos van so 'n aard dat meer betroubare beramings van die opbrengs en weidingskapasiteit van hierdie gewas gemaak kan word.

 

Garingboom

Op die Landboukollege Grootfontein is 6 jaar se akkumulatiewe produksie van vreetbare materiaal van 4 plante in 'n stand van 625 plante per ha bepaal. Die gemiddelde jaarlikse reënval oor die 6 jaar was 315 mm en die grond 'n Oakleafvorm, serie 23 met 'n diepte van 1,2 m. Die vier plante het 'n gemiddeld van 11,64 kg vreetbare droëmateriaal oor die 6 jaar geproduseer. Teen 'n stand van 625 plante per ha kan daar dug 'n beraamde opbrengs van 7,3 ton vreetbare droëmateriaal per ha oor 6 jaar en 1,2 ton per jaar verwag word. Met 'n aanvulling van 790 g lusernhooi per kop per dag kan een hektaar garingboom dug aan die onderhoudsbehoeftes van 9 KVE vir een jaar voorsien.

 

Doringlose Turksvye

Doringlose turksvye het op die Landboukollege Grootfontein oor 'n periode van 9 jaar 'n gemiddelde jaarlikse droëmateriaal-opbrengs van 3,3 ton per ha gelewer. Hierdie proewe is op gronde van die Mispah grondvorm, serie 22 met 'n gemiddelde diepte van 30 cm uitgevoer. Die stand was 3086 plante per ha met 'n gemiddelde jaarlikse reënval van 479 mm oor die 9 jaar. Met hierdie opbrengs kan turksvye aan die onderhoudsbehoeftes van minstens 20 skape per hektaar voorsien mits 500 - 600 g lusernhooi per kop per dag addisioneel gevoer word.

 

Oumansoutbos

Resultate oor die droëmateriaalproduksie en weidingskapasiteit van oumansoutbos is meer geredelik beskikbaar.

Op die plaas Joe Petra in die Petrusville distrik is 'n weidingskapasiteit van 4,5 skape per ha gevind met 'n plante stand van 2 500 ha en 'n jaarlikse reënval van 275 mm (Anon, )978). Aucamp & Cloete (1970) het gerapporteer dat die weidingskapasiteit van oumansoutbosweidings op die Grootfonteinse Landboukollege oor 'n periode van 6 jaar gewissel het tussen 6,7 en 8,5 skape per ha. In Tabel 6 word die nat- en droëmateriaalopbrengs, berekende weidingskapasiteit van oumansoutbos en die jaarlikse reënval oor 'n periode van 5 jaar aangedui. Hierdie proef is vanaf 1970 tot 1974 op die Grootfonteinse Landboukollege op 'n Mispah 22 grondvorm met 'n 30 cm diepte uitgevoer. Nadat die plantasie gedurende 1966 tot 'n hoogte van 45 cm teruggesnoei is, is dit vir 12 maande gerus voor die aanvang van die proef in Januarie 1970. Opbrengste van 'n verteenwoordigende aantal plante is jaarliks bepaal terwyl die res van die plante deur skape afgewei is. Die data in Tabel 6 dui op 'n gemiddelde berekende weidingskapasiteit oor die vyf jaar van 5,4 skape per ha per jaar. Dit stem ooreen met die weidingskapasiteitnorme waarna reeds verwys is maar is heelwat laer as die weidingskapasiteit van 10,3 skape per ha per jaar wat deur Jacobs en Smit (1977) onder soortgelyke toestande op die Grootfonteinse Landboukollege gerapporteer is.

 

'n Weidingskapasiteit vir oumansoutbosweiding wat wissel tussen 4 en 7 skape per ha per jaar met 'n minimum jaarlikse reënval van 240 mm blyk dus

meer realisties te wees. Met 'n gemiddelde jaarlikse  reënval van so laag as 150 mm is 'n weidingskapasiteit van 1 skaap per ha gevind.

 

Inskakeling in veeproduksiestelsels

Wanneer die aanwending van droogtebestande voergewasse in die veeproduksiestelsels van die Karoo en ariede gebiede oorweeg word dan is dit uit die voorafgaande bespreking duidelik dat beide garingboom en doringlose turksvye met betrekking tot inname en voedingsbestanddele nie aan die minimum onderhoudsbehoeftes van kleinvee voldoen nie. Om hierdie gewasse doeltreffend te kan benut vereis gevolglik aansienlike aanvulling van beide proteïen en energie. Daarbenewens kan kleinvee hierdie gewasse nie as 'n weiding benut nie en vereis dit addisionele arbeidsinsette om die voer in te samel en te verwerk voordat kleinvee dit kan benut. Dit geld veral vir garingboom wat glad nie in sy onverwerkte vorm deur kleinvee gevreet word nie. Doringlose turksvye word weer in bepaalde dele van die Karoo deur insekte soos Cactoblastis (Cactoblastis cactornm) en Cochenille (Dactylopius spp) aangeval, wat plantasies kan uitroei as daar nie beheer toegepas word nie. Hoe arbeids- en plaagdoderkostes plaas dus 'n addisionele beperking op die gebruikswaarde van hierdie gewas.

Beide hierdie gewasse het bepaalde voordele soos maklike en goedkoop vestiging en die verskaffing van 'n sappige voer gedurende droogtes, waarop vee selfs sonder addisionele drinkwater kan oorleef. Garingboom is ook 'n uitstekende gewas vir die bekamping van gronderosie terwyl dit dan terselfdertyd as 'n voerbron aangewend kan word.

Indien aIle voor-en nadele egter teenoor mekaar opgeweeg word kan beide garingboom en doringlose turksvye Die 'n betekenisvolle bydrae tot die veeproduksiestelsels van die Karoo- en ariede gebiede maak nie.

Hierdie twee gewasse kan egter as 'n nood voerbank aangewend word wat tydens droogtes van groot waarde kan wees om vee aan die lewe te hou. Dit kan ook algemeen op karooplase as 'n sappige aanvulling van droë voere gebruik word en geld dit veral vir melkkoeie.

Soos reeds bespreek is dit beide deur navorsing en in die praktyk bewys dat oumansoutbos voldoende voedingstowwe bevat om minstens aan die onderhoud en dragtigheidsbehoeftes van kleinvee te voldoen en dat dit met geringe energie-aanvulling ook 'n geskikte voer vir ooie met lammers is. Alhoewel gevalle uit die praktyk gerapporteer is waar vee nie oumansoutbos wou vreet nie, word dit normaalweg goed deur skape en veral bokke benut. Daar is selfs voorbeelde waar vee oumansoutbos bo goeie karooveld verkies. Oumansoutbos het met betrekking tot grond en klimaatstoestande 'n wye aanpassingsvermoë. Nadat die gewas eers goed gevestig is kan dit strawwe droogtes en ontblaring weerstaan en herstel dit relatief vinnig na beweiding. Op bepaalde grondvorms, lewer dit 'n aansienlike hoër produksie as karooveld en het dit gevolglik ook 'n hoër weidingskapasiteit met 'n aanvaarbare diereprestasie. Alhoewel enkele gevalle bekend is waar oumansoutbos deur grasdraertermiete (Hodotermus mosambicus) aangeval is, word dit in die algemeen nie deur insekte gevreet nie. Die enigste werklike beperking van oumansoutbos is dat dit moeiliker as garingboom en doringlose turksvye vestig en kan saailinge of plantjies afsterf indien vogtoestande gedurende en na vestiging beperkend is. Suksesvolle vestiging kan egter verseker word indien gekweekte plantjies na uitplanting 'n addisionele watertoediening van 3 tot 4 liter per plant oor 'n periode van 2 maande na vestiging ontvang.

Op grond van bogenoemde, is dit duidelik dat oumansoutbos met groot voordeel by die bestaande veeproduksiestelsels van die Karoo en ariede gebiede ingeskakel kan word en 'n aansienlike bydrae kan lewer tot die opbou en instandhouding van karooweiding en die stabilisering van veeboerdery in hierdie gebied.

Eerstens kan dit weens 'n hoër weidingskapasiteitpotensiaal as karooweiding op bepaalde gronde aangewend word vir vertikale uitbreiding van veegetalle en .produksie. Tweedens, kan dit 'n betekenisvolle bydrae lewer as 'n plaaslik geproduseerde voerbank vir gebruik tydens die alomteenwoordige kort- en mediumtermyn droogtes. Die gewas se grootste potensiaal sentreer egter om die aanwending daarvan vir die onttrekking van vee gedurende strategiese tye om die druk op die veld te verlig en om sodoende veldherstel te bespoedig en produksie te verhoog. Die praktiese implikasies in die Karoo en ariede gebiede vir hierdie drie moontlike aanwendings word vervolgens bespreek.

 

Om die gebiede in die Karoostreek wat geskik is vir die aanplanting van oumansoutbos te identifiseer is die makroklimaatsklassifikasie van Vorster (1985) gebruik wat die Karoostreek in ses makroklimaatsones verdeel. Hierdie ses makroklimaatsones wat in Figuur 1 aangedui word kan kortliks soos volg beskryf word:

 

Hierdie ses sones in die Karoostreek is verder verdeel in 23 Floristiese Klimaatgebiede en in 144 Redelik Homogene Boerderygebiede. Binne hierdie gebiede kom nege veldbodempotensiaalklasse (VBPK'e) op verskillende topografiese eenhede met verskillende weidingskapasiteite voor (Vorster, 1985). Dit is bepaal dat gronde van VBPK 1 (die Dundee-, Oakleaf-, en Fernwoodgrondvorms) besonder geskik is vir oumansoutbos. Die gronde van die Hutton-, Dundee-, Clovelly-, en Avalongrondvorms wat algemeen in VBPK 2 voorkom en die van die Sterkspruit-, Shortlands-, Swartland- en Valsriviergrondvorms wat in VBPK 6 en 7 voorkom kan ook as geskik beskou word. Die geërodeerde gronde van VBPK 7 se potensiaal vir oumansoutbos is egter laer as die nie-geërodeerde gronde van VBPK 6.

 

Vertikale uitbreiding

Op grond van bogenoemde is die oppervlaktes waarop oumansoutbos aangeplant kan word asook die dravermoë in terme van die KVE en die weidings kapasiteit (KVE{ha) van sulke aanplantings binne elke klimaatsone bereken. Hierdie berekenings asook die oppervlakte en dravermoë van elke sone se veld word in Tabel 7 weergegee.

 

Uit die gegewens in Tabel 7 kan die volgende afleidings gemaak word:

Volgens die huidige langtermyn weidingskapasiteitsnorme vir elke makroklimaatsone kan die veld van die Karoostreek 7 880 078 KVE dra. Volgens die veegetalle in Tabel 1 dra hierdie gebied egter tans 'n veelading van 10 582 796 KVE en word die weidingskapasiteit van die veld gevolglik met 2 702 718 KVE oorskry. Wanneer die weidingskapasiteit van 2 230 415 KVE van die huidige oppervlakte onder aangeplante weidings in berekening gebring word dan daal hierdie syfer egter tot 'n oorskryding van slegs 472 303 KVE.

Die potensiële oppervlakte wat in die Karoostreek onder oumansoutbos gevestig kan word is beraam op 2 507 981 ha. Volgens die weidingskapasiteit van sulke aanplantings in elke makroklimaatsone kan hierdie oppervlakte gedurende 'n normale reënvaljaar 8 565 424 KVE per jaar dra. Dit is 685 346 KVE meer as wat die veld gedurende 'n normale jaar kan dra. Wanneer die gegewens in Tabel 7 egter van nader beskou word dan is dit duidelik dat hierdie situasie Die binne elke makroklimaatsone geld Die. Trouens, dit is alleenlik in sones 3 en 4 waar groter getalle vee op die potensiële oumansoutbos aangehou kan word as wat die veld kan dra. Nietemin, gee dit egter 'n aanduiding van die potensiële vertikale uitbreidingsmoontlikhede wat deur oumansoutbosaanplantings geskep kan word. Om die totale oppervlakte onder oumansoutbos te vestig sat dit teen huidige vestigingskoste (R200/ha) ongeveer R500 miljoen of naastenby R63 per KVE kos. Dit is egter totaal onrealisties om oumansoutbos vir hierdie doel in die Karoo en ariede gebiede te wit aanwend en kan dit slegs tot katastrofiese gevolge aanleiding gee wanneer 'n droogte toeslaan. Die grootskaalse aanwending van oumansoutbos vir vertikale uitbreiding van veegetalle behoort dus met groot omsigtigheid hanteer te word en alleenlik, in die gevalle van die omskepping van onekonomiese eenhede oorweeg te word.

 

Gebruik as voerbank

Oumansoutbos behoort veel eerder by die bestaande veeboerderystelsels ingeskakel te word om te dien as 'n voerbank vir gebruik tydens kort- en mediumtermyn droogtes, die verligting van die druk op die veld gedurende kritieke periodes, (byvoorbeeld vir twee maande na die eerste effektiewe lente- of herfs- reeds) of wanneer ernstige Karoorusper (Loxostege frustralis) uitbrake voorkom. Die weidingskapasiteit van die potensiële oumansoutbos aanplantings binne elke klimaatsone tydens 'n een- en tweejaardroogte asook die getal KVE wat dit kan dra, uitgedruk as 'n persentasie van die werklike behoefte vir elke sone word in Tabel 8 uiteengesit. Uit hierdie gegewens is dit duidelik dat oumansoutbos 'n besonder betekenisvolle bydrae kan lewer om die voer- en ekonomiese probleme wat tydens droogtes ondervind word, te verlig. Alhoewel die potensiële aanplantings in sones 2, 5 en 6 tydens 'n een- en tweejaar droogte minder as 20 persent van die vee van daardie sones kan dra sal dit. nogtans 'n substansiële bydrae kan lewer om veral die probleem van hoe voerkoste te verlig. Om byvoorbeeld die getal vee wat tydens 'n eenjaardroogte in sones 2, 5 en 6 op oumansoutbos aangehou kan word (581 970 KVE) op slegs 'n oorlewingsrantsoen van droogtekorrels teen 20 sent per KVE per dag vir een jaar aan te hou sal R42,5 miljoen kos. Hierdie bedrag moet egter in perspektief gesien word met die feit dat dit ongeveer Rl00 miljoen sal kos om die 513 841 ha soutbos (Tabel 7) wat hier betrokke is, te vestig. Die aanwending van soutbos vir 'n droogtevoerbank kan dus nie sonder aansienlike inisiële kapitale insette geskied nie. Oor die langtermyn kan oumansoutbos egter met voordeel as 'n droogtevoer aangewend word, veral as in gedagte gehou word dat veld wat tydens 'n droogte gems het se herstelvermoë baie beter is as veld wat steeds onder beweiding was.

 

Aanwending vir onttrekking van vee

Die situasie vir 'n jaarlikse tweemaande-onttrekking van aIle vee van die veld af binne elke klimaatsone word in Tabel 9 weerspieël. Dit dui die oppervlakte oumansoutbos aan wat hiervoor benodig word, die persentasie wat dit van die oppervlakte van elke klimaatsone uitmaak asook die gemiddelde tweemaande weidingskapasiteit van sulke aanplantings onder normale reënvaltoestande. Wanneer hierdie oppervlaktes met die potensiële beskikbare oppervlaktes van oumansoutbosaanplantings in Tabel 7 vergelyk word dan is dit duidelik dat daar met die uitsondering van sone 5, binne elke klimaatsone, voldoende oumansoutbos aangeplant kan word om aan die behoefte te voldoen. Die totale oppervlakte van 451 200 ha wat vir hierdie doel benodig word maak slegs 1,5 persent van die oppervlakte van die Karoostreek uit en sal dit na raming R90 miljoen kos om te vestig. Met inagneming van die langtermyn voordeel wat daaruit getrek kan word in terme van 'n verbetering in veldtoestand wanneer vee jaarliks vir twee maande na goeie reëns van die veld onttrek kan word, blyk hierdie moontlikheid 'n ekonomiese lewensvatbare proposisie te wees, wat met die implementering van die Nasionale Weidingstrategie oorweeg behoort te word. Dit kan ook 'n praktiese oplossing bied vir die probleme wat met Karoorusper-uitbrake ondervind word.

 

GEVOLGTREKKING

Met hierdie voorlegging is 'n oorsig gegee van die aanwending van aangeplante weidings in die veeproduksiestelsels van die Karoo en ariede gebiede. Aangesien besproeibare weidings reeds feitlik ten volle by die huidige stelsels ingeskakel is, is daar na die aanwending van droogtebestande voergewasse gekyk. Uit die beskikbare getuienis is dit duidelik dat van die drie moontlike gewasse naamlik, garingboom, doringlose turksvye en oumansoutbos dit veral laasgenoemde is wat 'n betekenisvolle rol kan speel. Daar is reeds voldoende wetenskaplik gefundeerde getuienis en ook talle voorbeelde in die praktyk van die waarde van oumansoutbos om die druk op die veld te verlig en om die veeboerderystelsels teen die negatiewe gevolge van droogtes te buffer. Alhoewel daar geen statistiek beskikbaar is Die word geraam dat daar reeds meer as 50 000 ha in die Karoostreek met oumansoutbos gevestig is. Gevalle is bekend van boere wat selfs meer as 500 ha aangeplant het. Uit 'n vraelys onder boere in die Karoostreek, wat reeds oumansoutbos aangeplant het, het 69 % van die respondente gesê dat dit ekonomies regverdigbaar is en 77 % het gesê dat dit met voordeel in die veeboerderystelsels ingeskakel kan word. Slegs 8 % het gerapporteer dat die smaaklikheid en aanvaarbaarheid vir vee swak is (De Kock, 1985).

Dit moet egter beklemtoon word dat feitlik al die navorsing op oumansoutbos op die Grootfonteinse Landboukollege uitgevoer is. Dit verteenwoordig alleenlik die situasie in makroklimaatsone 3 en is dit veral ten opsigte van die weidingskapasiteitsnorme in die ander klimaatsones waar bepaalde aannames gemaak moes word. Daar is egter deurgaans gepoog om konserwatief te wees met hierdie berekenings.

Daar moet ook besef word dat dit riskant is om oumansoutbos te vestig wanneer alleenlik op die relatief lae en wisselvallige reënval staatgemaak word. Addisionele watertoediening gedurende die vroeë vestigingstadium moet in die algemeen as essensieel beskou word vir suksesvolle vestiging. In hierdie opsig is daar reeds goeie resultate met die gebruik van 'n mini-drupbesproeiingstelsel behaal. Weens oumansoutbos se uiters doeltreffende waterverbruik bestaan daar ook groot moontlikhede vir verhoogde en meer bestendige produksie deur middel van beperkte besproeiing. Hierdie moontlikheid is nie in hierdie artikel behandel nie maar regverdig dit beslis verdere aandag. Meer navorsing is ook nodig vir veeproduksie-, weidingskapasiteitsnorme en weidingsbestuur van oumansoutbos in die verskillende makroklimaatsones.

* Lamprechts, JJ, 1986. Direktoraat Finansiële Bystand, Privaatsak X118, Pretoria, 0001

 

VERWYSINGS

ANON, 1978. Rekords toon waarde van oumansoutbos aan Karoostreeknuusbrief. Des. 1978.7 - 8.

ANON, 1986. Landbou-ontwikkelingsprogram, Karoostreek, 1986. Departement van Landbou en Watervoorsiening, Middelburg (K P).

AUCAMP, J.D. & CLOETE, J.G., 1970. Die benutting van oumansoutbos. Boerd. S. Afr. 46 (2) 3.

BEZUIDENHOUT, A.G., 1984. Die benutting van lusern onder besproeiing vir intensiewe Merinoskaapproduksie. Karoo Agric. 3 (3) 3 - 6.

DE KLERK, C.H., DUVEL, G.H. & TERBLANCHE, E. Le F., 1983. 'n Ondersoek na wolskaapboerdery in die Republiek van Suid-Afrika. S.A. Inst. vir Landbouvoorligting. Univ. van Pretoria, Pretoria.

DE KOCK, G.C., 1967. Droogtevoergewasse. Hand. Weidingsveren. S.A. 2 : 147 -156.

DE KOCK, G.C., 1980. Drought resistant fodder shrub crops in South Africa. In Browse in Africa. Le Houerou, H.N., (Ed.) Symp. on Browse in Africa. Addis Ababa, 1980. International Livestock Centre for Africa. Addis Ababa, Ethiopia.

DE KOCK, G.C., 1985. Ondersoek na die aanplant van oumansoutbos (Atriplex nummularia) in die Republiek van Suid-Afrika. Ongepubliseerde streekverslag. Direkteur Karoostreek, Middelburg (K P).

HAYWARD, F.C., 1985. Bepaling van optimale peile van byvoeding aan lakterende Merino-ooie op Atriplex nummularia in die Karoo. Ongepubliseerde finale verslag, K 5312/05/4/2, Departement van Landbou en Watervoorsiening, Middelburg (K P).

HOBSON, VERENA, GROBBELAAR, P.D., WENTZEL, D. & KOEN, A., 1985. Effect of the level of supplementary feeding on mohair production and reproductive performance of Angora ewes grazing Atriplex nummularia (Oldman saltbush). Unpublished final report K 5312/05/4/3, Department of Agriculture and Water Supply, Middelburg (C P).

JACOBS, G.A., 1977. Waarde van droogtevoergewasse vir kleinveeproduksie in die ekstensiewe streke. Boerderykeur 1977. 102 - 105. Pretoria: Promedia Publikasies.

JACOBS, G.A., & SMIT, C. J., 1977. Benutting van vier Atriplex spesies deur skape. Agroanimal. 9 : 37 - 43.

MARAIS, P.G., 1985. Die verteerbaarheid van drie Atriplex spesies. Karoo Agric. 3: (6), 3 – 5

ROUX, P.W., 1983. Die inslag van weidingsnavorsing in landbouproduksie. Direkteur Karoostreek, Departement van Landbou en Watervoorsiening, Middelburg (K P).

RUBIDGE, S.H., 1961. American aloe: premier drought resisting fodder. Merino Breeders' J. 23 (4), 9 - 13. SCOTNEY, D.M., 1984. Opening address to the 19th annual congress of the Grassland Society of Southern Africa. J. Grassl. Soc. sth. Afr., 1 : (1), 10 - 13.

SKINNER, T.E. & DE KOCK, G.C., 1972. Evaluasie van droogtebestande voergewasse met behulp van lammer-ooie. Ongepubliseerde navorsingsverslag, Direkteur Karoostreek, Departement van Landbou en Watervoorsiening, Middelburg (K P).

TURPIN, H.W. & GILL, G.A., 1928. Versekering teen droogte met spesiale verwysing na turksvy. Departement van Landbou Pamf. No. 36.

VORSTER, M., 1985. Die ordening van die landtipes in die Karoostreek in Redelike Homogene Boerderygebiede deur middel van plantegroei- en omgewingsfaktore. D.Sc Agric. Proefskrif. Univ. van Potchefstroom vir CHO

WALTERS, M.M., 1951. The effect of season and years on the nutrient contents of spineless cactus leaves (Fusicaulis) picked for feeding purposes. Dep. Agric. Chern. Series. No. 182.

 

Published

Karoo Agric 3 (10) 4-13