Last update: April 2, 2012 09:03:57 AM E-mail Print

 

ONTWIKKELING EN EIENSKAPPE VAN DIE AFRINO

 

J J Olivier en P G Marais

Grootfontein Landboukollege

 

 

Die rede vir die ontwikkeling van 'n Witwolvleisras op die Carnarvon Proefplaas is by die tyd by die meeste van u algemeen bekend. Die vereiste wat aan die ras gestel is, kan net kortliks genoem word, naamlik :

(i) moet kempvry wees

(ii) moet geen gekleurde vesels hê

(iii) moet gehard en aangepas wees in die ekstensiewe skaapdele van die Republiek

(iv) moet goeie reproduksie-eienskappe hê, en

(v) moet In goeie gehalte slaglam in ‘n kruising met die Merino gee

Hierin word kortliks die resultaat van gegewens wat van 1970 tot 1976 ingesamel is, gegee asook die redes waarom die groep met die bloedsamestelling van 25 persent Merino, 25 persent Ronderib Afrikaner en 50persent SA Vleismerino gekies is.

 

 

Met die aanvang van rasontwikkeling in 1969 op Carnarvon Proefplaas is daar met agt verskillende kruisings begin (Sien Tabel 1). In die meeste gevalle is die Merino-ooi as moederras gebruik omdat dit in daardie stadium die mees beskikbare ras was. Die Wit Dorper, Ronderib Afrikaner en Van Rooy ramme is gebruik omdat hulle bekend is vir hulle gehardheid, terwyl die SA Vleismerino gebruik is vir sy goeie bouvorm en vleiseienskappe. Die Dorset Horn is gebruik weens die sukses wat in die verlede met Dorset Horn-kruisings (Dorper, Dormer) behaal is. Die agste groep in Tabel 1 is weggelaat omdat die groep nie ‘n sukses was nie, hoofsaaklik om die rede dat die S A Vleismerinoramme nie die Afrikander-ooie kon dek nie.

 

RESULTATE

Alle groepe was onder dieselfde toestande aangehou en het dieselfde bestuur- en seleksiemetodes gehad. Alle ooie is gedurende Oktober/November van elke jaar deur middel van handdekking gepaar. Die resultate is ingesamel van diere wat van 1971 tot 1975 gebore is.

 

Reproduksie

Die gemiddelde aantal ooie wat gedek is per 100 ooie beskikbaar vir paring word in Fig 1 aangetoon. Uit Fig 1 blyk dit dat in Groep 4 gemiddeld die meeste ooie gedek is naamlik 72,6 persent. Die tweede meeste ooie naamlik 70,7 persent was in Groep 5 gedek. Dit is 'n bekende feit dat 'n ooi se geslagsaktiwiteit laag is in die lente-maande en dat daar gemiddeld minder ooie gedek word as in die herfsmaande. As die aantal ooie wat gedek is as aanduiding van geslagsaktiwiteit geneem word, blyk dit uit Fig 1 dat Groep 4 die hoogste geslagsaktiwiteit gehad het.

 

 

In Fig 2 word die aantal lammers, gebore per 100 ooie gelam aangetoon en dug die aantal meerlinge wat gebore is. Die blyk uit Fig 2 dat daar in Groep 4 gemiddeld die meeste meerlinge naamlik 26, 3 persent gebore is. Die tweede meeste aantal meerlinge het in Groep 7 (Wit Dorper) naamlik 17, 6 persent voorgekom. Die minste meerlinge naamlik 2,4 persent is in Groep 1 en 6 gebore.

In Maatstaf wat die werklike reproduksie van 'n kudde meet, is die aantal lammers gespeen per 100 ooie gepaar (ooie wat by ram was). Hierdie maatstaf sluit in die aantal ooie gedek, die aantal meerlinge, aantal lammers dood gebore en die aantal lammers wat vrek van geboorte tot speen.

Hierdie maatstaf behoort in die praktyk die enigste te wees waarmee die reproduksie van In kudde aangedui word. Die gemiddelde aantal lammers gespeen per 100 ooie gepaar in die sewe groepe word in Fig 3 aangedui. Die meeste lammers naamlik 61, 8 persent is in Groep 4 gespeen terwyl Groepe 1 en 5 die tweede meeste naamlik 56,5 persent lammers gespeen het. Die minste lammers naamlik om en by 42 persent is in Groepe 2 en 6 gespeen. Die persentasie mag laag lyk, maar dit kan aan die paring in die lente toegeskryf word.

Een van die seleksiemaatstawwe wat toegepas was, was reproduksie. Verder is as ‘n vereiste vir die ras gestel dat dit goeie reproduksie-eienskappe moet besit. Uit voorafgaande blyk dit dus dat Groep 4 die beste reproduksie oor die periode gehad het.

 

Liggaamsmassa

'n Vereiste wat aan die ras gestel is, was dat dit In goeie slaglam in ‘n kruising met Merino-ooie op ‘n vroeë ouderdom moet lewer. Om die rede was massa met ouderdom 'n belangrike seleksie-maatstaf. Om die onderhoud van die ooie so laag as moontlik te maak, is daar dus gesoek na ‘n ras wat  vinnig groei en 'n relatief lae volwasse massa het.

 

 

In Fig 4 word die gemiddelde 120-dae-massa van die lammers aangetoon en in Fig 5 die gemiddelde massatoename van 0-120 dae aangedui. Uit Fig 4 en 5 blyk dit dat die lammers van Groep 4 die swaarste was op 120-dae en dug ook die vinnigste gegroei het. Die 120-dae massas en massatoenames van 0-120 dae van die lammers van Groepe 2, 5 en 7 was die naasbeste. Die Merinolammers (Groep 6) het die laagste massa op 120-dae gehad en ook die minste massatoename van 0-120 dae gehad.

Die gemiddelde 18-maande massas van die groepe word in Fig 6 aangetoon. Die blyk uit Fig 6 dat op 18-maande Groep 2 die swaarste was, terwyl Groepe 4 en 7 met 57,5 kg en 56,7 kg onderskeidelik die tweede en derde swaarste was. As 36 kg as die drumpel waarde vir een lam geneem word is dit duidelik dat die meeste ooie van die groepe reeds op 'n vroeë ouderdom geslagsryp was.

Groep 4 het die beste voldoen aan die vereistes wat vir liggaamsmassa gestel was. Die groep het 'n vinnige massatoename van 0-120 dae gehad terwyl die 18-maande-massa (volwasse massa ) van die groep nie hoër was as die van sommige van die ander groepe.

 

 

Woleienskappe

Die gemiddelde skoonwolmassa, veseldikte en die afwyking vanaf Duerden word in Fig 7 aangetoon. Vanaf Fig 7 blyk dit dat Groep 6 die meeste wol geproduseer het en Groep 7 die minste. Groepe 1 tot 5 het feitIik aImaI ewe veel skoonwol geproduseer naamlik van 1,69 kg (Groep 5) tot I, 87 kg (Groep 3). Dit is van 27 persent tot 34 persent minder skoonwol as wat in Groep 6 geproduseer is. Meer variasie is in die gemiddelde veseldiktes van die onderskeie groepe gevind met die 19, 7 mikron van Groep 6 die dunste. Die van groepe 1, 2 en 4 was nagenoeg 22 mikron terwyl die van Groepe 3, 5 en 7 gewissel het van 22,7 mikron tot 24,5 mikron. Die wol van al die groepe uitgesonder Groep 6 was ongeveer15persent onder-kartel. Groep 6 het die beste woIeienskappe gehad terwyl daar min verskil was tussen die wol van Groepe 1, 2 en 4. In die proef was geen seleksie vir woleienskappe gedoen nie.

 

GEVOLGTREKKING

Na aanleiding van die resultate blyk dit dat van die sewe groepe, Groep 4 die beste keuse was vir 'n nuwe ras. Die groep het nie alleen die beste reproduksie gehad nie, maar ook die beste massatoename van 0-120 dae gehad. Verder het die Groep wol geproduseer van 'n aanvaarbare hoeveelheid en kwaliteit. Verder was die groep ook vry van kempveseIs, steekhare asook gekleurde vesels. Slegs die groep is dan ook van 1976 aangehou vir rasontwikkeling en staan vandag bekend as die Afrino.

 

Published

Karoo Streeknuusbrief Somer