Last update: August 15, 2011 01:50:23 PM E-mail Print

 

AKKURATE METING OP VERSKILLENDE OUDERDOMME ONDER VELDRAMKLUBTOESTANDE

 

GJ. Delport

Suid-Afrikaanse Vagtoetssentrum

 

 

(Erkenning van bron: Handelinge van die Hoëveldtak van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Veekunde Vol. 13, 1992)

Wanneer die akkuraatheid van enige syfer bepaal moet word, is dit noodsaaklik om aanvanklik die verskillende beramings (bv. veseldiktemetings op verskillende ouderdomme) ten opsigte van die werklike of "ware" syfer te evalueer. In die diereteelt is so 'n werklike syfer seIde bekend en navorsers verlaat bulle dikwels op ander maatstawwe soos korrelasies of verwantskappe tussen opeenvolgende metings. Die vergelykings moet egter met groot omsigtigheid geïnterpreteer word.

Biologiese, asook statistiese en ekonomiese aspekte moet op 'n logies beredeneerde wyse oorweeg word wanneer oor die ouderdom van meting by veldramklubs besin word. Die doel met die volgende uiteensetting is slegs om die noodsaaklikheid van enkele beginsels en metingstegnieke ten opsigte van die huidige evalueringstelsel aan te toon.

 

DOEL VAN EVALUERING

Die einddoel van prestasietoetsing word gewoonlik ten opsigte van 'n verbetering van die totale leeftydinkomste (of wins) gestel. Daar word met ander woorde gepoog om potensiële teeldiere so jonk moontlik te selekteer sodat bulle meerderwaardigheid dwarsdeur bulle produktiewe leeftyd gehandhaaf kan word. Die ouderdom waarop die hoogste verwantskap (korrelasie) tussen 'n meting en die totale leeftydproduksie verkry word, behoort dus biologies gesproke die korrekte toetsouderdom te wees. Die hoogste korrelasie wat ten opsigte van wolskape opgespoor kon word, is 0,919 tussen liggaamsmassa op 'n ouderdom van 15 tot 16 maande en die handhawing van liggaamsmassa oor die totale produktiewe leeftyd (Young et al., in 1960) (Tabel 1). Dit is opmerklik dat die verband tussen individuele metings en leeftydproduksie hoër ,is as die tussen opeenvolgende metings. Verder moet in ag geneem word dat die Suid‑Afrikaanse resultate, uitgesonderd Badenhorst (1989), onder meer ekstensiewe toestande bepaal is.

 

Tabel 1 dui aan dat die herhaalbaarheid van die meeste eienskappe onder veldtoestande reeds op 'n ouderdom van 15 tot 16 maande hoog genoeg is vir akkurate prestasietoetsing.

 

ANDER BIOLOGIESE ASPEKTE

Volgens die resultate oor herhaalbaarheid is metings op die tweetandouderdom, wanneer wolskape fisiologies volwasse is, akkuraat genoeg vir finale evaluering. In Fig. 1 word die verandering in veseldikte namate die skaap ouer word, soos deur ses verskillende ondersoeke bepaal, aangedui. Dit is duidelik dat die blote korrelasie tussen twee individuele metings min inligting oor die relatiewe akkuraatheid (gefragmenteerde regressielyne in Fig. 1) van die metings verskaf. Dit blyk nogtans dat albei omgewingseffekte (vergelyk GLK-FYNWOLPROJ, 1991 met die res) veseldikte beïnvloed in ooreenstemming met die algemene riglyn dat veldskape later wissel en later volwasse is as "stoetskape".

Die inligting in Fig. 1 is veral belangrik vir veldramklubs aangesien die klubs 'n gemeenskaplike doel bet om "veldaangepaste" teelmateriaal in die wolskaapbedryf te versprei. Onder veldtoestande kan effektief vir hoër wolproduksie en vir liggaamsmassa geselekteer word. Ten opsigte van veseldikte veroorsaak betel voeding egter stres en gevolglik kan daar doeltreffender vir fyner wol geselekteer word onder byvoorbeeld "tradisionele stoettoestande". In die geval van veldramklubs is dit dus wenslik om die finale evaluering so lank moontlik uit te stel (Karooveldklub, Fig. 1) sodat wolfynheid so betroubaar moontlik geëvalueer kan word.

 

METINGSASPEKTE

Die algemene aanbeveling ten opsigte van akkurate evaluering is dat 'n periode van 1-jaar-wolgroei sover moontlik gebruik moet word. Hierdie stelling word deur die navorsing van Purser et al., (1989) oor die seisoenale verandering in veseldikte en wolproduksie (Tabel 2) ondersteun.

Volgens Tabel 2 sal veseldiktemeting tydens 'n volle jaar se wolgroei die betroubaarste aanduiding van die gemiddelde veseldikte oor een volledige produksiesiklus gee. Veldramklubs behoort dus:

Die verhouding tussen wolproduksie en veseldikte het van 0,34 tot 8,85 g/dag/mikron vir dieselfde skape gewissel (Tabel 2). Dit dui daarop dat die verhouding deur omgewingseffekte beïnvloed word en dus beperkte waarde bet vir die evaluering van die genetiese meriete van byvoorbeeld ramme op veilings. Die verhouding tussen die getal kartels per 25 mm en die veseldikte meting kan egter naastenby aandui watter skape op 'n later ouderdom sterker kan meet. Sommige veldramklubs gebruik 'n tweede veseldiktemeting om 'n betroubaarder aanduiding van die vag waarmee die ram verkoop word, te verskaf. Die kopers moet in gedagte hou dat die laaste meting die betroubaarste evaluering behoort te verskaf, mits die wolgroeiperiode lank genoeg is. Die tweede veseldikte meting moet verkieslik nie met metings van ander kenmerke (bv. skoonvagmassa en liggaamsmassa) op 'n jonger stadium in 'n seleksie‑indeks gekombineer word Die. Volgens Tabel2 verander wolgroeitempo Die noodwendig in verhouding tot veseldikte nie. Omgewingseffekte beïnvloed hierdie verhouding op 'n nievoorspelbare wyse en op 'n jonger ouderdom is die metings (skoonvagmassa en liggaamsmassa) in elk geval minder akkuraat. Die verskillende tempo's waarteen veseldikte vanaf 'n jonger na 'n ouer stadium verander (Fig. 2), geld ook ten opsigte van ander eienskappe (skoonvagmassa en liggaamsmassa).

 

Veldramklubs behoort dus 'n eenvormiger evalueringsmetode te volg wat maklik deur voornemende kopers geïnterpreteer kan word.

 

SAMEVATTEND

Dit lyk asof die evaluering wat tans deur die veldramklubs gedoen word, doeltreffend is. Die stelsel kan egter verbeter word deur aan die volgende aspekte aandag te gee:

Die suksesvolle toepassing van hierdie verbeterings berus op effektiewe bemarking van die konsep eerder as meer metings of ingewikkelder stelsels.

 

VERWYSINGS

BADENHORST, MARGARETHA. A.. 1989. Die invloed van ouderdom op die veseldikte van Merinoramme. Karoo Veldmerinoklub Herfs Joernaal, 23-25.

BEZUlDENHOUT, A.G., OLIVIER, J.J. & GREYLING, A.C., 1991. Die invloed van ouderdom op veseldikte en liggaamsmassa van genetiese fyn- en sterkwol-Merinoramme. Karoo Agric 4(3) 16-17.

BROWN, G.H., TURNER, HELEN N. & DOLLING, C.H.S, 1968. Vital statistics for an experimental flock of Merino sheep. The effects of age of ram, maternal handicap, and year of measurement on 10 wool and body characteristics for unselected rams. Aust. J. Agric., Res., 19,825-835.

DE LANGE, A.O., POGGENPOEL, D.G. & TURNER, N.J. ,1984. Die doeltreffendheid van vroeë seleksie by kommersiële Merinoramme. Nuusbrief SA. Diereprod. 23(3). Opsomming.

DELPORT, G.J. 1989. Betroubaarheid van prestasiemeting. Karoo Veldmerinoklub, Lente Joernaal, 7-9. 9.

LEWER, R., ONGEPUBLISEERD, Why do fibre change on retest.

POGGENPOEL, D.G., 1991. Die doeltreffendheid van vroeë seleksie van Merinoramme op grond van 'n seleksie‑indeks. S. Afr. J. Anim. Sci. 21(1) 55-58.

PURSER, D.B. & SOUTHEY, I.N., 1989. Fluctuations in nutrient supply in the south west of Western Australia. Proc. of a seminar on wool production in Western Australia. Ed. S.K. Baker, D.G. Masters & I.H. Williams, 99-111.

YOUNG, S.S.Y., TURNER, HELEN, N. & DOLLING, C.H.S., 1960. Comparison of estimates of repeatability for some production traits in Merino rams and ewes.  Repeatability. Aust. J. Agric. Res., 11,257-275.

VAN ARK, H., 1981. Eenvoudige biometriese tegnieke en proefontwerpe met spesiale verwysing na entomologiese navorsing. WestenskapIike pamflet no. 396,60-61, AfdeIing Landbou‑inIigting, Privaatsak XI44, Pretoria.

 

Published

Karoo Agric, Vol 5, No 1, 1993 (22-24)