Last update: March 30, 2012 03:06:01 PM E-mail Print

 

BAKTERIESE SIEKTES: AANSTEEKLIKE ONVRUGBAARHEID EN ANDER TOESTANDE

 

EM van Tonder

 

 

AANSTEEKLIKE ONVRUGBAARHEID

Hierdie probleem word by alle skaaprasse aangetref en word gekenmerk deur 'n akute of chroniese ontsteking van die geslagsorgane van die ram.

 

OORSAAK EN VERSPREIDING

Verskeie kieme is reeds elders as oorsake beskryf, maar in Suid-Afrika is nog slegs die alombekende Brucella ovis en Actinobacillus seminis as primêre oorsake bekend. Laasgenoemde se rol is heel onlangs vasgestel.

Hierdie besmettings word van ram tot ram, direk of deur die tussenkoms van die ooi, oorgedra. In geval van Actinobacillus seminis dui onlangse bevindinge daarop dat dit hoofsaaklik van die ram deur die ooi na die lam oorgedra word waar dit dan bly totdat dit gedurende of na puberteit ontvlam.

Beide organismes vestig hulle in die buisholte van die bybal waar dit vermenigvuldig en die voering of slymvlies beskadig en binnedring.

 

SIEKTETEKENS

Besmette ramme skei geweldig baie etterselle en kieme in die saad uit. Die tipiese letsels bestaan uit 'n vergroting van die kop, liggaam of stert van een of albei byballe, wat aanvanklik sag, pynlik en warm kan wees, maar stelselmatig vergroot en verhard. Hierdie chroniese tipe letsel word altyd by Brucella ovis aangetref, terwyl dit by Actinobacillus seminis gewoonlik slegs by ouer ramme gevind word. By jong ramme met laasgenoemde besmetting word 'n baie akute tipe bybalontsteking gewoonlik gevind. Die jong ram wat die vorige dag nog heeltemal normaal was, sal skielik oornag 'n groot pynlike warm swelsel aan een of albei kante van die sak ontwikkel, sodat die verskillende dele van die teelorgane nie onderskei kan word nie. Die rammetjie is self akuut siek en koorsig en haal vinnig asem. Wanneer die swelsels later verdwyn het kan die vergroting aan die bybal gewoonlik gevoel word, andersins bly die betrokke kant verhard en vergroot en dit mag selfs op sekere plekke na buite uitbreek.

In die meeste gevalle vind 'n totale afsluiting van die bybalbuise uiteindelik plaas sodat geen saad deurvloei nie, en word die betrokke teelbal klein, pap en verskrompel, en verkalk selfs later. Ofskoon die inflammasie uiteindelik bedaar is daar geen sprake van herstel nie, aangesien teelbalweefsel nooit regenereer nie maar deur littekenweefsel vervang word.

Die uitwerking op die ram se vrugbaarheid wissel en hang daarvan af of een of albei kante aangetas is, of die teelballe self betrokke is, of die bybalbuise afgesluit is, hoeveel sperme geproduseer word, asook watter hoeveelheid etterselle en kieme in die saad voorkom. Laasgenoemde is veral belangrik in geval van sub-kliniese besmettings waar geen letsels gevoel kan word nie, maar die etterselle en kieme in die saad voorkom en die siekte dus steeds oorgedra en versprei kan word.

Albei besmettings kan ook aborsies by ooie veroorsaak terwyl Actinobacillus seminis ook gewrigsontsteking by lammers, mastitis by ooie en skedeontsteking by jong ramme veroorsaak.

 

DIAGNOSE, BEHANDELING EN VOORKOMING

Ofskoon die letsels maklik waarneembaar is en baie maklik met 'n bietjie ondervinding gevoel kan word, kan die twee besmettings egter net met spesifieke saad en verdere laboratorium ondersoeke van mekaar onderskei word. Die gevalle moet dus deur 'n veearts ondersoek word, wat ook die nodige monsters kan neem vir verdere laboratorium ondersoeke.

Dit is ook raadsaam om voor paring aIle gebruiksramme en ramme wat ingekoop word volledig deur 'n veearts te laat ondersoek vir geslagsbesmetting en vrugbaarheid. Subkliniese gevalle wat nie andersins geïdentifiseer kan word nie, kan dan bevestig word en verspreiding van besmetting sodoende voorkom word.

Behandeling is van geen waarde nie, selfs al het ramme nog slegs 'n subkliniese besmetting, aangesien die middels beskikbaar nie in die teel- of bybalbuise indring nie.

In die geval van Brucella ovis-besmetting is 'n uiters doeltreffende voorkomende entstof beskikbaar, nl. Elberg Rev-. 1, wat indien streng volgens voorskrif aangewend, die probleem op besmette plase kan uitwis. Dit word aanbeveel dat aIle jong rammetjies op die ouderdom van 2 maande tot speenouderdom geënt word. Slegs een inenting is voldoende om 'n ram vir die res van sy lewe te beskerm.

Daar is egter nog geen entstof teen Actino bacillus seminis nie.

 

KOLIBASILLOS E BY LAMMERS

 Dit is 'n dodelike siekte waaraan lammers vanaf geboorte tot die ouderdom van ongeveer 2 maande onderhewig is.

 

OORSAAK EN VERSPREIDING

Hierdie siekte word veroorsaak deur 'n groot aantal stamme van 'n groep kieme bekend as Eseherichia coli. Die kieme kom normaalweg in die dermkanaal van gesonde diere voor, maar onder sekere omstandighede kan hulle wel siekte veroorsaak.

 

VOOR- EN NADOODSE TEKENS

Groot skape tree op as draers van die besmetting ofskoon hulle seIde of ooit aan die siekte ly. Sodra die siekte dus gevestig is versprei dit vinnig onder lammers en neem ook jaarliks toe.

Vrektes onder lammers wat selfs so hoog as 60 per sent kan wees, kom voor kort na geboorte tot 'n ouderdom van 6 tot 8 weke, en kan veral by die jong lam sonder enige simptome vooraf geskied. Die kenmerkendste simptoom is senuweeaandoenings wat deur verskeie tekens gekenmerk word, nl. lusteloosheid, ongekoördineerde gang, gevolg deur verlamming waar die lam plat op die sy Iê met die nek agteroor getrek, die oë knip aanhoudend en spiertrekkings en trapbewegings kom voor.

Die nadoodse ondersoek is dikwels negatief. Die belangrikste nadoodse tekens is inflammasie van die brein en neusslymvliese. By ouer lammers word long- en gewrigsontsteking ook dikwels gevind.

 

DIAGNOSE, BEHANDELING EN VOORKOMING

Ofskoon die simptome en nadoodse tekens dikwels baie tipies is, kan die probleem baie maklik met ander besmettings verwar word. Dit is dus baie belangrik dat vrektes onder jong lammers deur 'n veearts ondersoek word sodat korrekte monsters vir bevestiging geneem kan word.

Behandeling is van min waarde.

Die gebruik van besmette krale tydens lamtyd moet vermy word en diere wat in die veld lam behoort ook nie die eerste paar weke met hul lammers in besmette krale byeengebring te word nie.

Daar is tans 'n entstof beskikbaar. Dragtige ooie word eenkeer geënt ongeveer 3 tot 4 weke voor hulle begin lam. Die inenting word jaarliks herhaal, veral op erg besmette plase.

 

VROTPOOTJIE EN SWEERKLOU

Hierdie twee toestande word dikwels as een en dieselfde beskou, maar hulle is tog verskillend t.o.v. oorsaak, letsels en plek waar hulle voorkom. Beide die probleme is onder normale toestande betreklik skaars in die droë skaapweistreke, maar onder buitengewone nat toestande kan die voorkoms ernstige afmetings aanneem.

 

OORSAKE EN VERSPREIDING

Vrotpootjie word deur die kiem Fusiformis nodosus veroorsaak terwyl twee soorte kieme ook in letsels gevind word. Sweerklou word deur dieselfde kiem wat vir vrotpootjie by beeste verantwoordelik is, nl. Sphaerophorus necrophorus, veroorsaak.

In beide toestande speel klam warm toestande 'n belangrike rol, deurdat die aanhoudend deurweekte kloutjies sag raak. Dit wil voorkom asof nat modderige toestande eerder met sweerklou verband hou, terwyl nat, matagtige, aangeplante of ander weidings gunstiger is vir vrotpootjie.

Letsels tussen die kloutjies wat deur grassade en klippies veroorsaak word kan ook bydraende faktore wees.

 

SIEKTETEKENS

Vrotpootjie tas skape van aIle ouderdomme aan, maar dit wil voorkom asof jong lammers vatbaarder is, terwyl sweerklou minder by lammers en meer by ouer skape voorkom.

Vrotpootjie tas gewoonlik albei kloutjies aan en dikwels is meer as een poot besmet. By sweerklou word gewoonlik slegs een poot en dikwels net een kloutjie aangetas. Sweerklou kan ook tussen die twee kloutjies of agter bokant die hiel voorkom, albei kloutjies aantas en na die hoër kootgewrigte en seningskedes versprei, terwyl vrotpootjie tot die gebied tussen die boring en sagte dele van die kloutjies beperk bly.

By vrotpootjie is daar slegs 'n klein hoeveelheid etter en meer dooie weefsel tussen die horing  en sagte dele van die kloutjie, terwyl geelgrys stinkende etter wat dikwels op verskeie plekke uitbars 'n kenmerk van sweerklou is. Albei toestande is bale pynlik en die diere is gevolglik bale mank.

 

DIAGNOSE, BEHANDELING EN VOORKOMING

Diagnose van die twee toestande is nie moeilik nie, maar dikwels is dit nie maklik om hulle van mekaar te onderskei nie.

Behandeling verg tyd en moeite en behoort stelselmatig en lokaal aangepak te word. ‘n Veearts se hulp en advies is dus nodig.

Gedurende nat toestande behoort modderige krale en vleierige kampe vermy te word, asook aangeplante weidings. Diere behoort dus na hoërliggende, goed gedreineerde kampe verskuif te word.

Uitbrekings kan ook beheer word deur diere onder sulke omstandighede minstens eenkeer per week deur In vlak voetbad met 10 persent blou vitrioel, sinksulfaat of formalien te jaag.

 

VOORHUID OF SKEDE ONTSTEKING

Hierdie probleem word dikwels ondervind by ramme, veral jong verkoopsramme wat in stalle op hoë konsentraatvoeding gehou word. asook hamels op vetmesting. Dit word gekenmerk deur 'n ontsteking van die slymvlies van die voorhuid en penis asook rou nekrotiese seer by die skede opening, gewoonlik aan die onderkant.

Die toestand word ook soms by ooie op hoë konsentraatvoeding aangetref.

 

OORSAAK EN VOORKOMS

Daar was in die verlede baie teorieë aangaande die werklike oorsaak van die probleem, maar onlangse bevindinge dui daarop dat dit deur 'n kiem wat ooreenkom met Corynebacterium xerosis veroorsaak word. Hierdie kiem kom ook in die skede van oënskynlik normale diere voor, maar kan onder omstandighede ontsteking veroorsaak. Die belangrikste aanleidende oorsaak is 'n hoë konsentraat voeding, veral proteïen. Die gevolg hiervan is 'n hoë urea-inhoud van die urine wat bevorderlik is vir die vermenigvuldiging en indringing van die organisme.

 

SIEKTETEKENS

Dit is by uitstek 'n ontsteking van die slymvliese van die penis en skede, vergesel van 'n rou, nekrotiese en granulerende seer, veral aan die onderkant van die uitwendige opening van die skede. Dit is 'n chroniese proses en die rou seer bevat dieperliggende woekerende littekenweefsel en oppervlakkige afgestorwe weefsel. Die voorhuidopening verdik en vergroot. Die toestand kan so erg wees dat die penis nie kan uitkom nie en dekking in geval van ramme dus nie kan plaasvind nie, of andersins in elk geval te pynlik is. Die toeswel van die opening vererger die posisie aangesien die sterk urine binne die skede opdam. By ooie is die vulva rooi en geswel met 'n oppervlakkige seer gewoonlik rondom die punt en omgewing.

 

DIAGNOSE, BEHANDELING EN VOORKOMING

In die geval is diagnose nie moeilik nie maar die behandeling, veral in gevorderde gevalle, is 'n moeilike en langsame proses. Die eerste stadium van behandeling noodsaak die staking van hoë konsentraat voeding, veral die proteïen inhoud daarvan. Die res van die behandeling behels gereelde en behoorlike reiniging van die wand en die aanwending van ontsmettende en kiemdodende middels, soms vergesel van hormoonbehandeling en dikwels selfs snykundige ingryping. Dit is dus noodsaaklik dat 'n veearts se hulp ingeroep word.

Voorbehoeding berus hoofsaaklik op die voeding van die diere. Die algemene opvatting is dat hoe hoër die kwaliteit van konsentraatvoeding, hoe groter die voordele. Daar is egter bepaalde perke wat die dier voordelig kan benut en peile bokant hierdie betrokke perke kan, afgesien daarvan dat dit onekonomies is, slegs tot probleme lei. Dit is dus belangrik dat veral proteïen nie onoordeelkundig bokant die aanbevole peil vir bepaalde rantsoene gevoer word nie.

 

BESMETTE STEEKGRASWONDE

By Merinoskape kan hierdie probleem algemeen voor en afgesien daarvan dat dit die wol en velkwaliteit beïnvloed, het dit gewoonlik nie 'n merkbare invloed op die skape nie. Huidige veranderde klimaattoestande het egter die probleem verhef tot 'n ernstige ekonomiese toestand, vanweë die besmetting van die wonde.

 

OORSAKE

'n Groot verskeidenheid kieme is betrokke by die besmetting van steekgraswonde. Die belangrikste hiervan is Corynebacterium pseudotuberculosis, Corynebacterium Pyogenes, Streptococcus-spesies, Staphylococcus-spesies en veral Staphylococcus epidermidis.

 

VOOR- EN NADOODSE TEKENS

Die probleem is veral opmerklik by jong lammers om en by speenouderdom. Die lammers toon tekens van swak groei, lusteloosheid, vermaering ens. By nadere ondersoek is die wol in sekere areas of selfs oor die hele liggaam saamgekoek. Wanneer die wol oopgevlek word Is 'n etterige afskeiding dikwels sigbaar.

By nadoodse ondersoek en by afslagting word veelvuldige onderhuidse absessies opgemerk. Die grootte wissel van ongeveer albaster- tot duif-eier grootte en wanneer ingesny bevat dit 'n geelgrys semi-vloeibare etter, steekgrassaad kom feitlik sonder uitsondering voor.

 

DIAGNOSE, BEHANDELING EN VOORKOMING

Diagnose gegrond op behoorlike nadoodse ondersoek is redelik maklik, ofskoon die oorsaaklike kiem, wat uit die aard van die saak nie belangrik is nie, nie onderskei kan word nie. Behandeling Is van geen waarde nie.

Die enigste voorbehoedende maatreël wat aanbeveel kan word, is die gereelde dip van lammers in sekere ontsmettingsmiddels, bv. Kwaternêre ammoniumpreparate of selfs blou vitrioel, sinksulfaat of 'n aluinoplossing. Presiese voorskrifte kan by die naaste veearts verkry word.

 

VAGVERKLEURING

Verskillende soorte verkleuring van die vag kan voorkom. Slegs een spesifieke tipe sal hier kortliks behandel word.

 

OORSAAK

Die besondere verkleuring van die vag word veroorsaak deur die kiem Pseudomonas aeruginosa, wat die besondere kenmerk het dat dit spesifieke kleurstowwe vorm. Die kiem is wydverspreid en kom ook op die veloppervlak van skape voor. In warm, klam toestande vermenigvuldig hulle geweldig vinnig, sonder dat hulle die veloppervlak noemenswaardig beskadig, maar die pigment wat hulle vorm syfer wel die wolkliere binne en word in die wolvesels opgeneem waar dit permanente verkleuring veroorsaak. Aangesien die verkleuring nie uitgewas kan word nie, lei dit tot aansienlike ekonomiese verliese.

 

TEKENS

Die vagverkleuring word soms in bepaalde areas aangetref en is dikwels band- of streepvormig. Hoewel hierdie verkleuring aan die oppervlak in kolle sigbaar kan wees, word dit die beste waargeneem by die oopmaak van die wol. Dit verskyn gewoonlik in bande wat wissel in breedte, met 'n blou, blougroen, groen, roof, pienkrooi of selfs ligpienk kleur. Die kleur wat normaalweg blou tot blougroen is varieer blykbaar volgens die suurheidsgraad van die velafskeidings.

 

DIAGNOSE. BEHANDELING EN VOORKOMING

Die tekens is gewoonlik baie duidelik, maar aangesien die verkleuring permanent is, is behandeling van geen waarde nie.

As voorbehoedmaatreël kan sulke diere in bepaalde ontsmettingsmiddels soos kwaternêre ammoniumpreparate, sinksulfaat of aluinoplossing  gedip word. Aangesien die verkleuring van die wol permanent is moet die skape geskeer word sodra die verkleuringsband bokant die vel of skeerlyn verskyn, sodat dit onder tips kan ressorteer.

 

Published

Bladskrifreeks : Vleisskape E 8.3/1982.