Last update: April 2, 2012 09:54:37 AM E-mail Print

 

'n Belowende Tegniek om veld in die Karoogebiede te beoordeel

 

M Vorster

 

Inleiding

Die eerste poging om 'n veldbeoordelingstegniek vir die Karoogebiede te ontwikkel, was reeds in 1974 deur Van den Berg & Roux (1974) van stapel gestuur. In die praktyk het hierdie tegniek egter variërende resultate tot gevolg gehad, asook dat die veld oor die algemeen heelwat beter aangeslaan word as wat die geval werklik was. Gedurende 1977 het Vorster (ongepubliseerd) bogenoemde tegniek sodanig gewysig sodat dit minder variërende resultate tussen operateurs tot gevolg gehad het, maar dit het in 'n suiwer stand van klimaksgrasse nog steeds probleme opgelewer.

As gevolg van hierdie en ander probleme is 'n studie in die Grassridge Komgebied geloods om te bepaal watter plantegroei-en grondeienskappe 'n rol speel by veldbeoordeling. Uit hierdie studie is daar gevind dat die persentasie kroonuitgestrektheidsbedekking (S) van die gewenste plantspesies die belangrikste rol speel by veldbeoordeling (Vorster, 1980). Bo en behalwe die feit dat die werklike persentasie S van die gewenste plantspesies 'n hoë verwantskap met veldtoestand het, het dit ook die voordeel dat die plantegroeisamestelling in terme van die werklike bedekking uitgedruk word en nie volgens 'n relatiewe persentasie nie (Dyksterhuis, 1949, 1958; Foran, Tainton & Booysen, 1978). Dit het ook nog die verdere voordeel dat plantegroeisamestelling en bedekking geïnkorporeer is om een eienskap te vorm en nie as twee aparte eienskappe beskou word soos in die geval van die meeste keurkaarte nie (Roberts, 1970; Van den Berg & Roux, 1974; Fourie & Roberts, 1977; Foran et al, 1978).

Volgens die studie, het dit egter geblyk dat die weglating van gronderosie toestand as 'n eienskap, nie wesentlike probleme sal veroorsaak nie. Op die tekstuurkontraste gronde is 'n noue ooreenstemming tussen gronderosie toestand en veldtoestand verkry terwyl die kans vir sigbare versnelde gronderosie op die vlakkerige en klipperige gronde minimaal is (Vorster, 1980). Daarby stem dit ooreen met die siening van Roberts, Graham & Orr (1976) dat " . . . soil condition is too advanced a symptom, to be used in practical condition assessment for management decision-making purposes".

Op grond van hierdie inligting is ‘n tegniek ontwikkel waarvolgens veld in die Karoogebiede beoordeel kan word.

 

Basis van veldbeoordeling

Die basis van veldbeoordeling is daarin geleë dat daar van 'n verwysingspunt (VP) (Eng = "benchmark") gebruik gemaak word waarteen ander stande van dieselfde topografiese-eenhede (byvoorbeeld vlakteveld, bulteveld en ranteveld) binne dieselfde veldtipe (Acocks, 1953) of Redelike Homogene Boerderygebied (RHB) gemeet kan word. Hierdie VP-benadering is reeds met groot sukses in die VSA (Dyksterhuis, 1949) en in Natal (Foran et al, 1978) toegepas. Die VP-benadering kan deur middel van 'n keurkaart toegepas word en is gebaseer op die beginsel dat die afwyking vanaf ooreenstemming tussen die beoordeelde veld in die VP bepaal word. Dus, hoe groter die afwyking vanaf ooreenstemming, hoe swakker is die toestand van die beoordeelde veld.

Die VP-benadering kan deur middel van 'n keurkaart volgens twee metodes toegepas word. In die eerste metode word daar slegs van die relatiewe of werklike verskil in die plantegroeisamestelling gebruik gemaak en staan ook bekend as die Kwantitatiewe Klimaksmetode (KKM) (Dyksterhuis, 1949; Foran et al, 1978). Navorsing het getoon dat die Kwantitatiewe Klimaksmetode Die vir veldbeoordeling in die Karoogebiede aanvaarbaar is nie. Die tweede metode is gebaseer op die beginsel dat die verskillende groepe geïndekseer word. Die groep wat die hoër ekologiese status besit, kry 'n hoër indekswaarde as die wat 'n laer ekologiese status besit (Van den Berg & Roux, 1974; Daines, 1978 - persoonlike mededeling). 'n Tegniek wat volgens bogenoemde beginsel werk, is in die Karoostreek ontwikkel (Vorster, 1981 - ongepubliseerd) en word kortliks die Ekologiese Indeksmetode (ElM) genoem.

 

Prosedure

Die prosedure by die gebruik van die Ekologiese Indeksmetode bestaan daaruit dat die VP per topografiese-eenheid per veldtipe of RHB eers geïdentifiseer en gekarakteriseer word, waarna 'n keurkaart opgestel word.

 

(a) ldentifikasie van die verwysingspunt (VP)

Elke topografiese-eenheid in 'n bepaalde veldtipe het met betrekking tot plantegroeisamestelling en bedekking 'n eie inherente potensiaal wat met die van ander topografiese-eenhede binne dieselfde veldtipe of RHB verskil. Hierdie verskille in potensiaal word teweeggebring deur verskille in grondsoort, gronddiepte, topografie, ligging en vogverhoudings wat tussen die verskillende topografiese-eenhede aangetref word (Roux, 1966a; Bosch, 1974).

Ideaal gesproke behoort hierdie potensiële plantegroeisamestelling en bedekking as die VP van so 'n topografiese eenheid beskou te word. Op die huidige tydstip is sulke VP's egter nie te vind nie en daarom kan die huidige "beste" plantegroeisamestelling en bedekking wat per topografiese-eenheid gevind kan word, as die huidige VP van daardie topografiese-eenheid beskou word. Dit kom dus daarop neer dat elke topografiese eenheid binne 'n bepaalde veldtipe of RHB in eie huidige kenmerkende VP sal besit.

 

(b) Karakterisering van die verwysingspunt (VP)

Die geïdentifiseerde VP word deur middel van 'n plantopname gekarakteriseer waarna die plantspesies in groepe geklassifiseer word.

 

(i) Plantopname

Die plantopname word deur middel van 'n puntopname-tegniek uitgevoer. Aangesien S bepaal word, is die kettingopname metode soos deur P. W. Roux ontwikkel (Tidmarsh & Havenga, 1955) en die dalende-puntmetode (Roux, 1963) die mees geskikte opnametegnieke. 'n Vyfhonderd puntopname met een van bogenoemde metodes sal voldoende wees. AIle basale-, kroon- en kroonuitgestrektheidstreffers word genoteer. Die definisies van hierdie drie treffers word beskryf (Roux, 1963). Die basale- en kroontreffers word outomaties as kroonuitgestrektheidstreffers beskou en die totale aantal treffers per spesie word gesommeer.

 

(ii) Klassifikasie van die plantspesies

Na die plantopnames word die spesies in groepe geklassifiseer omdat dit makliker is om die plantegroeisamestelling vir beoordelingdoeleindes op hierdie wyse te beskryf (Roberts, 1970; Van den Berg & Roux, 1974; Roberts, Anderson & Fourie, 1975; Fourie & Roberts, 1977).

Die mees realistiese en ekologiese metode van klassifikasie is om die plantspesies volgens hul reaksie op onoordeelkundige veldbestuur en ander steurnisse soos droogtes en vuur te klassifiseer (Dyksterhuis, 1949; Foran et al, 1978). Hierdie metode is op 'n ekologiese basis gebaseer, omdat dit die ekologiese posisie van die spesie in die degradasieproses van die veld, soos deur bogenoemde faktore veroorsaak, deeglik in ag neem. Dit wit dus blyk dat hierdie metode meet aanvaarbaar sal wees om die plantegroei van die Karoogebiede te klassifiseer.

Die degradasieproses was en word nog deurgaans gekenmerk deur 'n vermeerdering van meerjarige bossies en struike en 'n geleidelike vermindering van meerjarige soetgrassoorte (Acocks, 1953; Roux, 1968, 1980; Van der Walt, 1972, Daines, 1978 - persoonlike mededeling; Vorster, 1980). Hierdie degradasieproses word diagrammaties in Fig 1 uitgebeeld.

Uit bogenoemde degradasieproses is dit duidelik dat daar 'n afname en toename van spesies is wat breë degradasionele fases aandui (Fig 1). In die Karoogebiede kan die spesies nie op grond van die klassieke metode in klimaks, subklimaks en pioniere geklassifiseer word nie, aangesien hier met verskillende komponente (gras, bossie, struik en opslag) te doen is. Al wat met sekerheid gesê kan word, is dat in die grootste gedeelte van die Karoogebiede, die indringerstruike en bossies, oor die algemeen 'n laer ekologiese status as die van die meerjarige soetgrasse besit. Dus, moet die degradasieproses in die Karoogebiede in totaliteit beskou word.

 

 

Op grond van die afname en selfs ook die indringing van spesies in die degradasieproses (Fig 1), kan die spesies volgens Afnemers ("Decreasers"), Toenemers ("Increasers") en Indringers ("Invaders") geklassifiseer word (Dyksterhuis, 1949). In Natal het Foran et al (1978) 'n soortgelyke klassifikasie gevolg deur die spesies in vier groepe te klassifiseer, naamlik, Afnemers, Toenemers I, Toenemers II en Toenemers III. Vir die Karoogebiede word die volgende vier groepe aanbeveel.

Afnemers - Dit bestaan uit spesies wat dominant is in ekologies goeie tot uitstekende toestand veld, en wat afneem as die veld begin om te degradeer. In die grootste gedeelte van die Karoogebiede sal die sogenaamde klimaksgrassoorte in hierdie groep ressorteer.

Toenemers 1- Dit is plantspesies wat gewoonlik toeneem wanneer die Afnemers begin afneem, tydens die degradasieproses. Hierdie spesies kom gewoonlik dominant voor in veld wat ekologies in 'n redelike tot goeie toestand is. Die sogenaamde disklimaks- en subklimaksgrasse en smaaklike bossies sal tot hierdie groep behoort.

Toenemers II - Dit is plantspesies wat gewoonlik toeneem wanneer die Toenemers I begin afneem in 'n gevorderde degradasieproses. Wanneer hierdie spesies dominant voorkom, kan die veld ekologies as in 'n redelike tot swak toestand beskou word. Spesies wat tot hierdie groep behoort, is gewoonlik die sogenaamde meerjarige pioniergrasse, redelike geharde en minder smaaklike bossies en struike, asook meerjarige opslag.

Toenemers III - Dit bestaan uit plantspesies wat dominant voorkom in veld wat ekologies in 'n baie swak tot swak toestand is. Sulke spesies neem toe wanneer die Toenemers II begin afneem. Hierdie groep verteenwoordig gewoonlik die reënafhanklike eenjarige grasspesies en opslag, asook die geharde onbenutbare bossies en struike en erkende gifplante. Uitheemse indringergrasse, soos byvoorbeeld Stipe trichotoma (Nassella-polgras), en indringer bome en struike, soos byvoorbeeld Prosopis spp (Suidwesdoring of Muskietboom), behoort ook tot hierdie groep.

Dit is belangrik dat die spesies in die regte groepe geklassifiseer word,anders kan dit aanleiding gee dat veld onnodig bevoordeel of benadeel kan word.

(iii) Indeksering van die verskillende groepe Van den Berg & Roux (1974) het die volgende indekswaardes aan verskillende groepe toegeken, naamlik, klimaksgrasse = 60 + ; subklimaksgrasse = 40; pioniergrasse = 20; smaaklike bossies en struike =60 + ; minder smaaklike bossies en struike = 40; onsmaaklike en indringerbossies en - struike = - 40; erkende gifplante = - 40 en opslag = 20. Daines (1978 - persoonlike mededeling) het die verskillende groepe in die Droë Cymbopogon - Themeda - veld soos volg geïndekseer, eenjariges en kruipende pionierplante = 1; pionierplante fase 1 =2; pionierplante fase 2=3; subklimaksplante fase 1 =4 en subklimaksplante fase 2=5.

By die toekenning van relatiewe indekswaardes aan die vier groepe plante, is die aanname gemaak dat ekologiese status die basis van indeksering sal vorm, waar 10 punte die maksimum en een punt die minimum sal wees.

Indien slegs ekologiese status in aanmerking geneem sou word, hoef die vier groepe slegs soos volg eweredig geïndekseer te word, Afnemers = 10; Toenemers I = 7; Toenemers II = 4 en Toenemers III = 1. Wanneer faktore soos weidingswaarde en grondbewarings eienskappe in aanmerking geneem word, gaan dit die relatiewe indekswaardes in 'n mate verander. Op grond van laasgenoemde faktore is daar besluit om die relatiewe indekswaarde van elke groep soos volg toe te ken, Afnemers = 10; Toenemers 1 = 8; Toenemers 11= 5; en Toenemers III = 1. Daar kan dus gesien word dat die relatiewe verskil tussen die groepe progressief groter word, vanaf die Afnemers tot die Toenemers III. Dit stem ooreen met die aanname dat die verskil in weidingskapasiteit tussen veldtoestandklasse vanaf uitstekende toestand tot baie swak toestand ook progressief groter word.

 

 

(c) Die opstel van 'n keurkaart

Die volgende stap is om keurkaarte te ontwikkel wat bogenoemde inligting bevat. Sulke keurkaarte vorm die basis waarmee veld van dieselfde topografiese eenheid binne dieselfde veldtipe of RHB beoordeel kan word.

 

Praktiese illustrasie

Om die ElM prakties te illustreer, word 'n goed behandelde bulteveld in die Grassridge Komgebied as die VP gebruik. Hierdie VP het dominant uit Themeda triandra (Rooigras) bestaan, wat kenmerkend van uitstekende toestand veld is. Terselfdertyd is drie ander stande ook op bulteveld gekies wat visueel in 'n redelike, swak en baie swak toestand is om die veldbeoordeling of keurkaart te toets. Die plantegroeisamestelling en bedekking van die verskillende plantgroepe van die VP en die drie geëvalueerde persele (GP's) word in Tabel 1 uitgebeeld. Uit Tabel 1 is dit duidelik dat die vier persele verskillende veldtoestandklasse verteenwoordig. Die VP verteenwoordig 'n feitlik uitstekende toestand, GP 1 'n redelike toestand, GP 2 'n swak toestand en GP 3 'n baie swak toestand. Dit word weerspieël in die groep wat dominant in die spesifieke perseel voorkom (VP = Afnemers 38,6%; GP 1 = Toenemers I 19,4%; GP 2 = II 28,5%; GP 3 = Toenemers III 8,4%) en die totale persentasie S van elke perseel (VP = 56,8%; GP 1 = 40,1 %; GP 2 = 37,1 %; GP3=21,2%).

 

 

In Tabel 2 is 'n voorbeeld van 'n keurkaart waar die drie GP's met betrekking tot die VP volgens die ElM beoordeel is. Om die perseelindeks van 'n spesifieke perseel te verkry, is die persentasie S van die betrokke groep met die relatiewe indekswaarde van dieselfde groep vermenigvuldig om sodoende 'n subtotaal te verkry (Tabel 2, Tellingkolom). Daarna is die subtotale van die betrokke perseel gesommeer om 'n perseelindeks te kry. In hierdie geval was die perseelindekse van elk van die vier persele soos volg, VP = 493,8; GP 1 = 305,2; GP 2 = 181,4 en GP 3 = 86,3. Uit Tabel 2 is dit duidelik dat die ElM 'n realistiese beoordeling van die visuele veldtoestand gee as dit met Tabel 1 vergelyk word.

Dit gebeur egter dikwels dat 'n vinnige evaluasie van die veld gedoen moet word en waar presiesheid nie so noodsaaklik is nie. Voorbeelde van sulke gevalle is waar verkenningsopnames gedoen en plase beplan word. In sulke gevalle sal volledige 500-puntopnamesnte veel tyd in beslag neem en dus sal daar van 'n skattingsmetode gebruik gemaak moet word wat 'n redelike betroubare resultaat van die persentasie S met betrekking tot die werklike opname kan gee.

Die skattingsmetode wat die beste resultate gelewer het, is die van Vorster (1980 - ongepubliseerde data), wat gebaseer is op die bedekking-talrykheidskaal van Braun - Blanquet (1932) soos gewysig deur Werger (1973). Die staal word in Tabel 3 aangetoon.

Die toepassing van hierdie metode was daarin geleë dat die persentasie S van die groep (Tabel 2) vervang word met die gemiddelde persentasie bedekking (Tabel 3, regterkantse kolom). Dit kom dus daarop neer dat die operateur slegs moet bepaal in watter reeks (Tabel 3, middelste kolom) die groepe (byvoorbeeld Afnemers) ressorteer. Daarna is slegs die gemiddelde persentasie bedekking (Tabel 3, regterkantse kolom) gebruik om 'n indekswaarde van die geëvalueerde perseel te verkry. Tabel 4 is 'n illustrasie van hierdie metode met dieselfde vier persele van Tabel 2.

 

 

Uit Tabel 4 is dit duidelik dat redelike betroubare resultate verkry word as dit met die resultate van Tabel 2 vergelyk word. Die verskil wat daar tussen die perseelindekse van die twee metodes by GP 2 gevind word (181,4 en 227,0), word veroorsaak deur die feit dat die persentasie 8 van Toenemers II, naamlik 28,5 % (Tabel 2, GP 2 kolom, % 8 subkolom) aan die onderkant van die reeks 25,1 % tot 50,0% (Tabel 4, middelste kolom) ressorteer, terwyl die gemiddelde persentasie bedekking, naamlik, 38 (Tabel 4, regterkantse kolom) gebruik is.

 

Algemene bespreking

Kroonuitgestrektheidsbedekking (8) lewer 'n uitstekende beraming van die werklike visuele plantegroeisamestelling en bedekking, wat nie die geval is met basale bedekking en naaste plantdata nie. Basale bedekking is geneig om die graskomponent bo die bossiekomponent te bevoordeel, terwyl naaste plantdata weer die eenjarige grasse en opslag bo die meerjarige grasse en bossies te bevoordeel (Vorster, 1980 - ongepubliseerde data). Dit het ook die verdere voordeel dat dit 'n goeie aanduiding van volume fitomassa gee, wat weer 'n aanduiding van weidingskapasiteit is. Ongelukkig het S die groot nadeel dat beweiding groot variasies in S tot gevolg kan hê (Van den Berg & Roux, 1974). Aan die anderkant, waar weidingskapasiteitnorme aan veldtoestandnorme gekoppel word, is hierdie nadeel miskien voordelig. lndien twee identiese persele geneem word en die een word bewei, sal laasgenoemde 'n laer indekswaarde gee as die onbeweide perseel. Die laer indekswaarde is 'n aanduiding van 'n laer bedekking (S) en dus 'n verminderde volume fitomassa, al het daar min verandering in die relatiewe plantegroeisamestelling plaasgevind. lndien slegs veldtoestand bepaal wil word, kan bogenoemde probleem in 'n mate opgelos word deur Die 'n plantopname op 'n perseel te maak wat kort van te vore bewei was nie.

Daar word deeglik besef dat die klassifikasie van die plantspesies volgens die degradasieproses nie volmaak is nie. Een van die probleme wat wel ondervind is en sal word, is om sekere van die plantspesies in sekere van die groepe te plaas, aangesien heelwat kwantitatiewe inligting nag ontbreek. So byvoorbeeld, sal die gebied waarin die plantspesie voorkom 'n groot invloed uitoefen op die keuse van die groep. 'n Spesie soos Merxmuellera disticha (Suurpol) is - in sekere gebiede van die Karooberggebiede 'n Toenemer I, terwyl dit in ander gebiede van die Karooberggebiede 'n Afnemer kan wees. Hierdie probleem kan tydelik oorbrug word deur van die kennis en ervaring van weidingkundiges en ander kundiges gebruik te maak.

Indien die benaming van die vier groepe plante vir operateurs, soos byvoorbeeld vir boere, probleme skep kan die vier groepe soos volg opgedeel en geïndekseer word, klimaksgrasse = 10; dis- en subklimaksgrasse = 8; meerjarige pioniergrasse = 5; eenjarige pioniergrasse = 1 ; uitheemse indringergrasse = 1; smaaklike bossies en struike = 5; meerjarige opslag = 5; onsmaaklike en indringerbossies en. -struike, asook erkende gifplante = 1 en eenjarige opslag = 1. Verder word dieselfde met ode soos in Tabel 2 en 4 uiteengesit is, gevolg. Die toekenning van die relatiewe indekswaardes aan die verskillende plantgroepe is ook nie volmaak nie. Min kwantitatiewe inligting bestaan en daarom is die toekenning van die indekswaardes hoofsaaklik op ervaring gedoen.

Die VP-benadering het egter die nadeel dat die VP gewoonlik subjektief bepaal word, maar in die praktyk behoort dit egter nie probleme op te lewer nie. Wat egter probleme oplewer, is die feit dat 'n VP onderhewig is aan dinamiese veranderings as gevolg van korttermyn seisoenverskuiwings in die reënval (Roux, 1966b). Hierdie probleem kom veral tot uiting wanneer veld nie meer in 'n uitstekende toestand is nie. Om hierdie probleem in 'n mate op te los, sa! dit beteken dat VP's elke vyf of tien jaar geherkarakteriseer sal moet word. Indien die VP verbeter word, maar indien die VP verswak het, moet die vorige waarde behou word. Indien 'n perseelindeks van 600 as die heel waarskynlikste maksimum beskou kan word, en hierdie 600 word in vyf eweredige reekse, naamlik 0 tot 120; 120, 1 tot 240; 240,1 tot 360; 360,1 tot 480; en 480,1 tot 600 verdeel, en dit onderskeidelik baie swak, swak, redelik, goeie en uitstekende veldtoestand verteenwoordig, is dit duidelik dat die ElM van beide maniere van plantopnames (punt. en skattingskaal) uitstekend vergelyk met die visuele evaluasie van die veld. Volgens die ElM is die perseelindekse van die VP, GP 1, GP 2 en GP 3 onderskeidelik 493,8 en 500; 305,2 en 290; 181,4 en 227; 86,3 en 88 (Tabel 2 en 4), en dit verteenwoordig volgens bogenoemde reekse uitstekende, redelike, swak en baie swak toestand veld.

Vir die algemene toepassing van die ElM in die Karoogebiede, sal daarin geleë wees dat die verskillende belangrikste topografiese-eenhede binne elke veldtipe of RHB bepaal sal word, waarna VP's op elk geïndekseer en gekarakteriseer sal word. Die ElM verleen homself uitstekend daartoe om weidingskapasiteitnorme aan die verskillende perseelindekse te koppel. Die rede daarvoor is dat die indekse in terme van persentasie S, dit wil sê, indirek volume fitomassa, uitgedruk word. Dus, hoe groter die perseelindeks, hoe hoër sal die weidingskapasiteit wees. Navorsing met betrekking tot die koppeling van weidingskapasiteitnorme aan veldtoestandklasse is reeds aan die gang gesit om sodoende 'n empiriese formule te kry waarvolgens weidingskapasiteit beraam kan word.

 

VERWYSINGS

Acocks, J. P. H., 1953. Veld types of South Africa. Bot. Surf. S. Afr. Mem. 28, Govt. Printer, Pretoria.

BOSCH, O. J. H., 1974. Die wisselwerking tussen die habitat en 'n aantal grasgemeenskappe in die Suidoostelike Oranje- Vrystaat. D.Sc.-proefskrif, Potchefstroom Univ. vir C.H.O., Potchefstroom.

BRAUN-BLANQUET, J., 1932. Plant Sociology. New York: McGraw Hill.

DAINES, T., 1978. Persoonlike mededeling. .;L. N. I. Dohne, Stutterheim, Kaap.

DYKSTERHUIS, E. J., 1949. Condition and management of rangeland based on quantitative ecology. J. Range Mgmt. 2, 104-115.

DYKSTERHUIS, E. J., 1958. Ecological principles in range evaluation. Bot. Rev. 24, 253-272.

FORAN, B. D., TAINTON, N. M. & BOOYSEN, P de V., 1978. The development of a method for assessing veld condition in three grassveld types in Natal. Proc. Grassld. Soc. Sth Afr. 13,27-33.

FOURIE, J. H. & ROBERTS, B, R., 1977. Vleisbeeste: Weiveldbeoordeling, Boerd. S. Afr., C.l.2.5.1/1977. ROBERTS, B. R., 1970. Assessment of veld condition and trend. Proc. Grass/d. Soc. Sth. 4fr. 5. 137-140.

ROBERTS, B. R., ANDERSON, E. R. & FOURIE, J. H., 1978. Evaluation of natural pastures: quantitative criteria for assessing condition in the Themeda veld of the Orange Free State. Proc. Grassld. Soc. Sth. Afr. 10, 133-140.

ROBERTS, B. R., GRAHAM, T. W. G. & ORR, D. M., 1976. Quantitative floristic studies of the ground layer in some mulga (Acacia aneura. F. Muell.) and Mitchell grass (Astrebla spp.) communities in southwestern Queensland. Aust. J. Bot. 24(6), 753-752.

Roux, P. W., 1963. The descending-point method of vegetation survey. A point sampling method for the measurement of semi-open grasslands and Karoo vegetation in South Africa. S. Afr. J. Agric. Sci. 6, 273-288.

Roux, P. W., 1966a. Beginsels van Veldbeheer in die Karoo en aangrensende droë grasveldstreke. Hfst,. XIX in: Die Kleinveebedryf in Suid-Afrika. Saamgestel deur W. J. Hugo, Staatsdrukker, Pretoria.

Roux, P. W., 1966b. Die uitwerking van seisoensreënval en beweiding op Gemengde Karooveld. Hand. Weidingsveren. S. Afr. I, 103-110.

Roux, P. W., 1968. The autecology of Tetrachne dregei Nees. Ph.D. thesis, Univ. Natal, Pietermaritzburg.

Roux, P. W., 1979. Die veld as voedingsbron vir die kleinveebedryf. Roneo. (Ongepubliseerd).

Roux, P. W., 1980. Vegetation change in the Karoo Region. Karoo Agric. Vol. 1(5), 15-16.

SAMPSON, A. W., 1952. Range Management: Principles and Practices. John Wiley' & Sons, Inc., New York, 570 pp.

TIDMARSH, C. E. M. & HAVENGA, C. M., 1955. The wheelpoint method of survey and measurement of semi-open grasslands and Karoo vegetation in South Africa. Bot. Surv. S. Afr. Mem. 29, Govt. Printer, Pretoria.

VAN DEN BERG, J. A. & Roux, P. W., 1974. Handleiding vir die evaluasie van veld met behulp van 'n keurkaart. (Afgerolde nota).

VAN DER WALT, P. T., 1972. 'n Plantekologiese opname van Boschberg en sy omringende gebiede met spesiale verwysing na die weidingsfaktor. Ph.D. -proefskrif, Univ. Natal, Pietermaritzburg.

VORSTER, M., 1980. Eienskappe wat 'n rol speel by veldevaluering in die Oostelike Karoo, M.Sc. (Agric)-verhandeling, U.O. V.S., Bloemfontein.

VORSTER, M., 1981. Die ontwikkeling van 'n tegniek om veld in die Karoogebiede te evalueer (Ongepubliseerd).

WERGER, M. J. A., 1973. Phytosociology of the Upper Orange River Valley, South Africa: A syntaxono- mical and synecological study. D.Sc.-proefschrift, Katholieke Univ., Nijmegen.

 

Published

Karoo Agric 2 (1), 21