Last update: August 15, 2011 07:38:21 AM E-mail Print

 

Beweiding van veld na 'n droogte

TC Meyer

 

 

Nadat 'n droogte gebreek is, is die veld baie gevoelig vir oorbeweiding. Dit is veral die eerste 4 tot 8 weke wat belangrik is, se mnr. Theunis Meyer, weidingkundige van Grootfontein.

Die oormatige ontblaring van plante gedurende die hernuwings groeistadium lei tot die uitputting van plantreserwes en die verswakking van wortelstelsels, wat 'n nadelige invloed op die vinnige herstel van die plante het. Dit is dus belangrik om veld so lank moontlik te laat rus, sodat die plante hierdie kritieke stadium kan oorleef.

Om alle diere 'n volle groeiseisoen lank van die veld te onttrek sou ideaal wees, maar dit is nie altyd prakties moontlik nie en gevolglik doen min boere dit. Daar is egter 'n aantal opsies wat die bestuurder kan uitoefen om die nadelige invloed van beweiding te verminder. Die opsies vir die eerste 4 tot 8 weke nadat die droogte gebreek is, is kortliks soos volg:

Kies die kamp wat opgeoffer word, soos volg:

Ten slotte is dit belangrik dat die fatale veebelading op die plaas nie te gou na normaal verhoog moet word nie, terwyl daar so gou moontlik na die normale wisselweidingstelsel teruggekeer moet word, sê mnr. Meyer.

 

Published

Karoo streeknuusbrief 2