Last update: April 2, 2012 03:12:39 PM E-mail Print

 

ELEKTRIESE BOOGSWEISMASJIEN 'N BATE VIR DIE BOER

 

A.O. Roberson

Landboukollege Grootfontein

 

Nieteenstaande die feit dat plaasmasjinerie hedendaags goed ontwerp en vervaardig is, is dit nog altyd onderhewig aan slytasie en breekskade. Wanneer dit soms moeilik of onmoontlik is om onderdele betyds te bekom, kan 'n lang oponthoud of gedurige onderbrekings vir die boer aansienlike geldelike skade berokken.

In bogenoemde verband is 'n elektriese boogsweismasjien seker een van die nuttigste stukke gereedskap wat 'n boer op sy plaas kan hê. Die take wat met so 'n masjien verrig kan word, is byna onbeperk. Met genoegsame kennis van die moontlikhede van sweiswerk sal die boer besef dat enige stuk plaasgereedskap, van 'n graaf tot 'n oesdorsmasjien, vinnig en doeltreffend herstel kan word. Daarby kan toerusting soos hekke, voerkrippe, ensovoorts teen lae koste van afvalmateriaal op die plaas gemaak word.

 

Tipes boogsweismasjiene

Boogsweismasjiene word hoofsaaklik in twee tipes verdeel, naamlik, gelykstroom (GS) en wisselstroom (WS). Die verskille tussen die twee is kortliks soos volg:

Die finale keuse van 'n WS- of GS-masjien moet dus gegrond word op bogenoemde inligting.

 

Tipes elektrodes

'n Groot verskeidenheid van elektrodes is beskikbaar, naamlik sagte staal, staal, gietyster, vlekvrye staal, mangaan, aluminium, koper en sny-elektrodes om maar net 'n paar te noem. Elkeen van hierdie elektrodes is in verskillende diktes beskikbaar. Dit is belangrik dat elektrodes in 'n droë, goed geventileerde plek gebêre word.

 

Wenke vir goeie sweiswerk

Om goeie sweiswerk te kan doen, is daar vier faktore wat in ag geneem moet word:

Bogenoemde faktore is almal van ewe groot belang om goeie sweiswerk te kan doen.

 

Published

Karoo Streeksnuusbrief Somer