Last update: March 29, 2012 10:24:56 AM E-mail Print

 

BROMMERAANVALLE 0P W0LSKAPE IN DIE KAROO EN OOS-KAAP

 

LEONIE C JORDAAN*., SANDRA M CLARK**., en J P J JOUBERT**.

* Entomologie, Navorsingsinstituut Veeartsenykunde,

Onderstepoort 0110 (vroeër van die Veterinêre Streekslaboratorium, Middelburg Kaap).

** Veterinêre Streekslaboratorium,

Privaatsak X528

Middelburg Kaap 5900.

 

INLEIDING

Brommeraanvalle op wolskape is reeds vir meer as twee eeue bekend in die Britse Eilande. Sedert die begin van hierdie eeu het die probleem ook in die ander wolproduserende lande soos Suid-Afrika, Australië en die V S A begin. Vroeë ondervinding het getoon dat eienskappe waarvoor geselekteer was ten einde hoër wolproduksie te verkry, soos byvoorbeeld plooi-ontwikkeling, die skape meer vatbaar gemaak het vir brommeraanvalle3 .

Brommeraanvalle veroorsaak groot verliese aan wolopbrengs, liggaamsmassa, groeitempo en vrugbaarheid van skape. Dit kan selfs vrektes veroorsaak. Verder verg die beheer daarvan ekstra kostes ten opsigte van arbeid, middels en tyd.

Dit het, ten spyte van baie kennis wat reeds deur die jare ingewin is in verband met die probleem, steeds groot verliese vir die wolboer veroorsaak. Daarom het die S A Wolraad onlangs weer 'n ondersoek na die probleem aangevra. Hierdie verslag is nou deel van die resultate van ondersoeke na die brommerprobleem by wolskape. Die brommerprobleemondersoek is gedoen deur verskeie boere te besoek, sowel as met die uitstuur van vraelyste.

 

AGTERGRONDKENNIS VAN DIE BROMMERPROBLEEM

Die groen brommer, Lucilia cuprina, is verantwoordelik vir sowat 90 % van die primêre aanvalle op lewende skape. Primêre aanvalle dui daarop dat die diere wat aantreklik is vir brommers eerste deur hierdie soort brommer aangeval word. Trouens, die groen brommer val eintlik hoofsaaklik die lewendige skaap aan en nie dooie diere se karkasse nie.

Die wyfiebrommer Iê haar eiers op nat "geurige" wol en dit ontwikkel gou in larwes wat vinnig groei en drie vervellings ondergaan tot die stadium waar dit as maaiers bekend staan. HuIle beskadig die vel en vererger bestaande wonde. HuIle val dan af en verander in papies in die grond. Daarvandaan kan die groen brommer weer te voorskyn tree. Die ontwikkeling vanaf eiers tot papies kan binne 4 dae geskied.

Sekondêre brommers is blougroen of bruin van kleur en meeste is van die Chrysomya spp. HuIle het "harige" larwes wat ontwikkel in wonde wat deur die primêre brommers se larwes gevorm is en hulle vererger dan die wonde.

 

Faktore wat skape aantreklik maak vir brommeraanvalle

Dele van die skaap se wol moet tot op die vel nat word en nat bly vir sowat 48 uur voordat 'n brommeraanval suksesvol kan plaasvind. Oormatig baie sweet en wolvet is ook 'n goeie kweekbodem vir bakteriese groei. Die bakterieë wat in sulke nat of beswete wol groei, beskadig soms reeds die vel en wolvesels sodat serumagtige afskeidings vorm, wat dan geurig genoeg is om die brommerwyfies aan te lok.

Reën en dou kan hierdie langdurige benatting van die vag veroorsaak, en net so ook waterige mis as gevolg van wurmbesmettings, koksidiose of sappige groen weiding. Verder kan die wol vuil en nat word wanneer ooie lam, of die wol kan met uriene benat word.

Ander gunstige toestande op die skaap is die stertafsny- en kastrasiewonde, skeerwonde, kopstampwonde (ramme) en bosluisbytwonde.

Velplooie, veral in die broek- en stertgebied, skep gunstige toestande vir brommers omdat nattigheid maklik aansamel en behoue bly tussen die plooie. Oormatige plooie langs die vulva kan veroorsaak dat uriene nie vry wegvloei nie, maar die omliggende wol benat en die vel irriteer 4.

Bouvormfoute kan die skaap ook aantrekliker maak vir die brommers. Dit is veral foute soos te nou of spits agterstewe, veral by ooie, te hoë of los skouers en duiwelsgreep agter die skouerblaaie. Die foute skep holtes waarin nattigheid kan aansamel 1, 2.

Lang wol behou water wat tot op die vel indring langer as kort wol.

Die sterte wat te kort afgesny is, veral by ooie, maak hulle ook meer vatbaar vir brommeraanvalle. Hulle kan die kort stertjie nie oplig wanneer hulle mis of urineer nie en dan hang die lang wol van die stertpunt in die pad van die uriene en mis en gevolglik word dit gou nat en vorm miskloste. Die vulva is dan ook onbeskermd teen die son en dit kan kanker van die vulva veroorsaak5.

 

 

Voorkeure en gedrag van brommers in die veld

Die brommermannetjies en -wyfies het water en koolhidrate nodig om van te leer. Verder het die wyfies ook proteïene nodig vir die rypwording van hul eiers. In die veld leer die brommers van nektar van bloeisels, heuningdou van luise en mis en karkasse van diere. Die brommers bly naby water in die veld, waarsonder hulle nie kan oorleef nie. Dit beteken verder dat 'n goeie reënjaar ook 'n "goeie" brommerjaar sal wees. Met swaar aanhoudende reëns neem brommergetalle egter af, waarskynlik omdat die larwes dan versuip3.

Die brommers is ook baie gevoelig vir temperatuurskommelinge. Hul aktiwiteite neem baie af wanneer die temperatuur laer as 17° C daal of indien dit hoër as 30° C styg. Hulle is ook baie onaktief wanneer die wind sterk waai. Brommers vrek maklik indien hulle aan warm, droë weersomstandighede blootgestel word. Onder normale veldtoestande kan 'n wyfie sowat 2 weke leef. Die meeste brommers versprei nie meer as 1 of 2 km vanaf die plek waar hulle uit die papiedoppe gekruip het nie. Soms versprei hulle egter wel verder, met behulp van die wind. Soos die winter nader kom, neem hul aktiwiteit sterk af, minder larwes vorm en van hulle gaan minder oor in die papiestadium. Brommergetalle bly dan laat tot in die lente3.

 

RESULTATE VAN OPNAME

Boere wat aan die opname deelgeneem het, het wel baie waardevolle bydraes gelewer en die volgende is 'n samevatting van hul menings en wenke ten opsigte van die brommermaaierprobleem in wolskape.

Ongeveer 99 % het aangedui dat dit wel 'n probleem is. Die opname was in 'n droë jaar gedoen en die deelnemers het daarop gewys dat die probleem op sy ergste is in 'n goeie reënjaar.

Broekaanvalle is aangedui as die grootste probleem, veral by ooie. Verder het hulle aangedui dat hulle ook probleme ondervind met kopaanvalle by ramme, pensaanvalle by ramme en hamels en lyfaanvalle in alle ouderdomsgroepe, maar veral by lammers.

Die deelnemers het ook verder genoem dat die voorkoms van brommeraanvalle beïnvloed word deur plooi-ontwikkeling, stertlengtes, bosluisbyte, loperige maagwerkings, skeerpraktyke, lamtyd by ooie en bouvormfoute. Die gereelde toesig oor die skape tydens brommertyd is ook 'n belangrike punt wat deur baie deelnemers beklemtoon is.

Die deelnemers het verder aangedui dat die meeste aanvalle tydens die lente en herfs voorkom en dat daar gedurende die somer ook nog heelwat aanvalle plaasvind, maar feitlik geen in die winter nie.

Ongeveer 75 % van die boere skeer tussen Augustus en Desember en die wat aangedui het dat hulle in ander maande skeer, handhaaf meestal meer as een skeertyd per jaar. Baie deelnemers het aangedui dat hulle skeertyd inpas om skape minder aantreklik te maak vir brommers in die somer en herfs.

Mikskeer van ooie word deur 'n klein groepie van die deelnemers gedoen, en dan gewoonlik kort voor lamtyd.

Die Merinoboere van die Karoo het 64 % matig tot volkraag geplooide skape, terwyl 34 % hulle skape beskryf het as matig tot liggeplooid tot glad.

Sowat twee-derdes van die deelnemers selekteer reeds vir minder geplooide skape.

Die stertlengtes verkies deur die deelnemers is as volg:

 

Stertlengte Ooie Hamels Ramme
0-1 lit 52% 36% 78%
2 - 3 litte 42 % 42 % 21 %
4 - 6 litte 5 % 22 % 1 %

 

Die boere wat die ooie se sterte so ontsettend kort (0 - 1 lit) afsny, sê dat dit mooi lyk, dekking vergemaklik of dat hulle die ooie dan makliker uitken van die hamels wat langer sterte het. Terselfdertyd het die ander, wie se ooie stertlengtes van 3 - 4 litte het, opgemerk dat hulle ooie se broeke droër bly, dat hulle goeie lampersentasies handhaaf en dat die langer sterte die vulva teen kanker en ontsteking beskerm.

Die Mules-operasie (wegsny van broekplooie) word deur sowat 37 % van die deelnemers toegepas. Sowat 14 % van die boere wat die Mules-operasie doen, pas dit net toe op erg geplooide diere. Reaksie teen die Mules-operasie is dat dit wreed is, lammers 'n knou gee en dat die skape liewer reg geteel moet word  as om dit agterna reg te sny.

Ongeveer 70 % van die deelnemers het genoem dat bosluisbytplekke deur brommers aangeval word. Die aanvalle is gewoonlik in die broek- en stertgedeeltes van die skare. Die meeste boere het probleme met die bontpootbosluis, wat tussen September en Januarie aktief is.

Loperige maagwerkings lei ook tot brommeraanvalle. Die deelnemers het aangedui dat die algemene oorsake van die maagwerkings inwendige parasiete is, of aangeplante weidings of groen veld na reën. Meer broekaanvalle kom op aangeplante groen weidings voor.

Meer as die helfte het genoem dat hulle huidiglik minder goeie nawerking met chemiese beheermiddels verkry as vroeër. Meestal word diazinon gebruik, wat reeds lank op die mark is. Nuwe middels is blykbaar nog nie baie beproef nie.

 

VOORSTELLE VIR DIE BEHEER VAN BROMMERAANV ALLE BYSKAPE

  1. Selekteer vir minder geplooide skare; prul skare met bouvormfoute soos spits agterstewes, hoë los skouers of duiwelsgreep agter die blaaie.
  2. Pas die Mules-operasie toe op die oorplooide lammers wat wel vir teling gehou word. Dit kan gedoen word wanneer die lammers gemerk, kastreer en sterte afgesny word. Die Mules-operasie lyk wreder as wat dit is. Herhaalde brommeraanvalle is veel wreder as die eenmalige wegsny van plooie in die broek.
  3. Die ooitjies se sterte moet net lank genoeg gelaat word om die vulva toe te maak. Dit sal sowat 3 tot 4 litte lank wees. Dan kan sy haar stert swaai, ook oplig wanneer sy mis of urineer en dit is beslis nie 'n probleem tydens dekking nie. So 'n ooitjie se broek bly skoner en droër en sy is meer bestand teen kanker van die vulva.
  4. Pas skeer en mikskeer van skare, veral ooie, strategies toe om hulle met kort wol in die broekgedeelte te laat gedurende fiat lente-, somer- of herfsseisoene, sowel as in lamtyd.
  5. Dip skare sowat 1 - 2 maande na skeer sodat daar genoeg wol is om die dipstof vas te hou en dus 'n langer nawerking te bewerkstellig. Dit sal meer dikwels gedoen moet word waar bosluise 'n groot probleem is.
  6. Behandel die hele kudde oor die volle lengte van die rug en in die broek wanneer dit lyk asof 'n "goeie" brommerseisoen voorlê. Indien lyfaanvalle nie 'n probleem is nie, kan slegs die broekgedeeltes behandel word. Daar is goeie middels op die mark vir hierdie doel.
  7. Wanneer mikskeer toegepas word, kan areas rondom ramme se horings, asook ramme en hamels se peesters, ook geskeer word indien brommeraanvalle dikwels op hierdie gedeeltes voorkom.
  8. Onthou dat die oog van die boer sy skape gesond hou. Dit is 'n pluspunt wat meeste deelnemers ook reeds self toepas.

 

BEDANKINGS

Dank word uitgespreek teenoor die boere wat deelgeneem het, sowel as aan die vee-inspekteurs, landbouvoorligters en staatsveeartse wat meegehelp het om die opname 'n sukses te maak.

 

VERWYSINGS

1 DE VRIES A H, 194.1. Vatbaarheid van Merinoskape vir brommerbesmetting. Boerdery in Suid-Afrika. Herdruk no 76.

2 National Symposium on the sheep blowfly and flystrike in sheep. Sydney, June 1979. Department of Agriculture, New South Wales.

3 SMlT B, 1931. A study of the sheep blowflies in South Africa. 17th Report of the Director of Veterinary Services and Animal Industry, Union of South Africa.

4 STAMPA S, FIEDLER O G H & DU TOlT R, 1958. The protection of sheep against blowfly strike. V. The duration of protection of certain insecticides under field conditions. Onderstepoort Journal of Veterinary Research 27, 549 - 581.

5 WATTS J E, MURRAY M D & GRAHAM N P H, 1979. The blowfly strike problem of sheep in New South Wales. Australian Veterinary Journal 53,118 -123.

 

Published

Karoo Agric, Vol 3, no 4, 1984, 6-10