Last update: April 2, 2012 08:12:52 AM E-mail Print

 

DORPERSKAAPBOERDERY IN DORPERLAND 1980

 

T.O. Holmes Streeksekonoom Grootfontein

 

 

1. Inleiding

Die jaar 1980 sal lank onthou word as die klimaksjaar van een van die ergste droogtes in die geskiedenis. "Dorperland", soos dit by lede van die Dorpertelersvereniging bekend staan, is in die Substreek Noordwes Karoo geleë. Gedurende 1980 is Dorperland, soos feitlik die hele Karoostreek, as rampdroogtegebied verklaar. Dit sal dus belangrik wees om te sien watter effek die langdurige droogte op produksiekostes van die Dorperboere in die gebied gehad het.

 

2. Die Posrekordstelsel

Dit sa! natuurlik onmoontlik wees om 'n presiese syfer vir enige bepaalde gebied te verkry, aangesien alle boere nie voldoende rekords hou nie, terwyl ander nie hul gegewens vrylik beskikbaar wil stel nie. Vir die rede moet daar van resultate, soos uit die Posrekordstelsel van die Departement Landbou en Visserye verkry, gebruik gemaak word.

Die gemiddeldes wat uit hierdie ondersoek verkry- is, is afkomstig van 19 boere wat almal 'n boerdery-onderneming in Dorperland bestuur en vir 'n meer betroubare beraming is gegewens alleenlik afkomstig uit kuddes groter as 250 kleinvee eenhede (K.V.E.) gebruik.

Posrekord medewerkers word nie ewekansig gekies nie, en boere wat hulself in studiegroepe organiseer, neem vrywillig aan die skema deel. Elke lid stuur maandeliks 'n voltooide maandstaat in, en aan die einde van die produksiejaar ontvang elke lid 'n breedvoerige ontleding van sy boerdery-onderneming, tesame met gemiddeldes van die studiegroep waaraan hy behoort. Vanweë die vrywillige deelname en die getal medewerkers kan daar nie beweer word dat hierdie resultate werklik verteenwoordigende gemiddeldes van 'n bepaalde gebied is nie, maar wanneer hulle met bedryfsresultate vergelyk word, is die verskille minimaal.

 

3. Terminologie

3.1 Bruto Boerdery-inkomste

Bruto boerdery-inkomte bestaan uit Kapitaal- en Produk inkomste en word soos volg bereken:

 

 

3.2 Bruto Marge

Bruto Marge is die verskil tussen die bruto-inkomste en die direk verdeelbare veranderlike kostes verbonde aan 'n boerderyvertakking. Dit gee 'n aanduiding van die relatiewe winsgewendheid van die boerderyvertakking, en dien as 'n uitstekende beplanningsmaatstaf, maar is nie 'n maatstaf van absolute winsgewendheid nie.

 

 

In die geval van 'n veevertakking, word alle inkomstes en uitgawes op 'n per capita (K.V.E.) basis bereken. Die rede hiervoor is dat vergelykings tussen kuddes, afgesien van hul relatiewe grootte dan moontlik is.

 

4. Vergelyking tussen 1977/78- en 1979/80 Produksie-jaar

 

TABEL 1 - Posrekordresultate Ten Opsigte van Dorperskaap Kudde uit "Dorperland"

  Gemiddelde Gemiddelde
  1977/78 1979/80
Bruto Boerdery-inkomste (R/K.V.E.)    
Kapitaal Inkomste 16,34 20,72
Produk Inkomste 0,97 1,25
Totaal 17,31 21,91
     
Direk Allokeerbare Koste (R/K.V.E.)
Selfgeproduseerde Voer 0,01 0,03
Gekoopte Voer 0,31 3,46
Veearts en Medisyne 0,12 0,17
Seisoensarbeid en Kontrakwerk 0,06 0,09
Pakmateriaal 0,01 0,03
Bemarkingskoste 1,67 2,68
Versekering - -
Vervoer gehuur 0,57 1,09
Diverse 0,01 -
Totaal 2,76 7,55
Bruto Marge (R/K.V.E.) 14,55 14,42
     
  Gemiddelde Gemiddelde
  1977/78 1979/80
Nle-Allokeerbare koste (A/K.V.E.)    
Vaste Verbeterings 1,44 1,65
Voertuie 1,22 1,97
Trekkers 0,15 0,26
Ander Kragmasjiene 0,29 0,24
Implemente 0,13 0,18
Gereelde Arbeid 0,98 1,59
Diverse Uitgawes 0,33 0,50
Totaal 4,54 6,39
Netto Boerdery Inkomste (R/K.V.E.) 10,01 8,03
Aantal lede 16 19
Gemiddelde aantal K.V.E. per kudde 1040 1092
Lampersentasie 105,9 97,9
Vrugbaarheidspersentasie 101 85,11

 

 

4.1 Netto Boerdery-inkomste

Vir die berekening van Netto Boerdery-inkomste is gesamentlike of Nie-verdeelbare koste ook per K.V.E. bereken, en dit is soos volg gedoen:

Eerstens is die inkomste uit lewende hawe as persentasie van die totale boerdery-inkomste bereken, naamlik:

A =  x

 

Tweedens word die Dorperskaapvertakking as persentasie van die totale lewende hawe bereken, naamlik:

B =  x

 

Nie-verdeelbare koste per K.V.E. = A x B x Nie-allokeerbare koste

Gem. Aantal Dorpers (K.V.E.)

Met die berekening van Netto Boerdery-inkomste word rente, huur en ondernemersloon nie in berekening gebring nie, maar dien dit as vergoeding vir die drie produksiefaktore, naamlik grond, kapitaal en bestuur.

 

4.2 Gevolgtrekking

Uit tabel 1 die volgende:

 

Published

Dorperland 1981