Last update: April 3, 2012 09:21:39 AM E-mail Print

 

HET DROOGTEBESTANDE VOERGEWASSE 'N PLEK?

 

W v D Botha

(Voorligtingsbeampte, Carnarvon)

 

 

Dikwels word gevra of droogtebestande voergewasse ‘n plek in die boerdery in die droër gebiede van die Karoostreek het? Die benaming droogtebestande voergewasse is eintlik misleidend en dit beteken nie dat hierdie plante teen droogtes bestand is nie. Die groep plante maak net baie beter gebruik van die beskikbare vog en kan dus beter weerstand bied teen droogtes.

In die Noordweste, met sy periodieke droogtes, is aanplantings van hierdie gewasse ‘n noodsaaklikheid en dat dit groot moontlikhede inhou, word bevestig deur die verskeie plantasies daarvan in die distrikte Carnarvon en Williston. Spaarveld is die goedkoopste en die aangewese bron van voer, maar in tye van droogte is dit nie altyd bevorderlik om lammerooie daarop te laat wei nie aangesien die grasse te droog is. Dit is om hierdie rede dat lusernlande en veldtuine, net soos droogtes, ‘n deel van die gebied is. Geen moeite en koste word ontsien om dit aan te Iê en in stand te hou nie. Min plase beskik egter oor genoegsame grond en water van goeie kwaliteit om voldoende voer te produseer.

Dit is juis hier waar die droogtebestande voergewasse met hul uiters doeltreffende waterhuishouding baie goed inpas. Veld water wat te swak is vir ‘n lusernland, is voldoende vir die vestiging van hierdie gewasse.

Aanplantings van Doringlose Turksvy en Oumansoutbos is die suksesvolste.

 

 

Doringlose Turksvy en Oumansoutbos het 121 en138 kg water onderskeidelik nodig om 1 kg droë materiaal te produseer, terwyl mielies, koring en lusern onderskeidelik167, 230 en 340 kg water nodig het. Met slegs twee besproeiings per jaar, kan produksie dus aansienlik verhoog word. Aan die Carnarvon- Proefstasie is met proewe gevind dat die produksie van Doringlose Turksvye van 24,2 metrieke ton per hektaar sonder besproeiing, na 56,1 metrieke ton per hektaar verhoog is met slegs twee besproeiings. die produksie van Oumansoutbos is van 8 (geen besproeiing) na 18 metrieke ton per hektaar (twee besproeiings) verhoog. Die foto’s toon die resultate met twee besproeiings verkry.

So kan voerreserwes vir droër tye opgebou word of, wanneer die eerste reëns geval het, kan vee van die veld na die aanplantings verskuif word. Met 15 hektaar van bogenoemde gewasse is dit moontlik om 1 000 Kleinvee-eenhede vir ses weke na ‘n reën, van weiding te voorsien.

‘n Oumansoutbosplantasie van twee hektaar en net ouer as twee jaar, is vir 21 dae met 120 Dorpers bewei en na ‘n agt maande rus weer met 180 Dorpers vir 42 dae, wat neerkom op agt Kleinvee-eenhede per hektaar vir hierdie tydperk. Dit is verkry met twee besproeiings per jaar in ‘n gebied met ‘n reën val laer as 150 mm, wat glad nie te versmaai is nie! Die gewasse moet dus ‘n plek op die plaas gegun en nie sondermeer afgeskryf word nie.

Die aanplanting van Doringlose Turksvy en Oumansoutbos is moeiliker in laer reënvalgebiede, maar kan tog suksesvol deurgevoer word, soos blyk uit die talle aanplantings in reënvalgebiede laer as 200 mm, maar dan is die produksie laag indien dit nie besproei kan word nie.

Oumansoutbossaad moet vir 48 uur uitgeloog word om goeie ontkieming te verseker. Die sak saad kan sommer in ‘n reservoir gegooi word. Krap die geweekte saad oop op en bedek dit met sakke. Hou goed klam totdat dit begin ontkiem. Saai die saad dan in 'n goed-voorbereide saadbed en hou nat. 'n Goeie saaityd is vanaf Mei tot Augustus, maar in die droër dele moet die koudste maande vermy word. Die saad in Augustus gesaai, se saailinge is teen Maart, wanneer dit nie so warm is nie, gereed vir uitplanting.

'n Suksesvolle metode vir uitplanting van Oumansoutbosse is soos volg:

'n Aanplanting kan nie sonder moeite suksesvol wees nie, maar in tye van droogte of na die eerste reëns geval het, kan 'plantasies wat gevestig raak, soos die foto's hieronder toon, 'n onmisbare bron van voedsel wees.

 

 

 

Published

Karoo Streeknuusbrief Junie