Last update: April 3, 2012 02:28:59 PM E-mail Print

 

Droogtebyvoeding

 

deur C.W.P. STEENKAMP en F.C. HAYWARD

Karoostreek

 

Wanneer voerreserwes in die vorm van spaarveld aangevul met lekke en droogtebestande voergewasse uitgeput is, moet aanvulling aansienlik verhoog word. In hierdie stadium is die diere feitlik uitsluitlik afhanklik van addisionele voervoorsiening. Hierdie addisionele voer kan verkry word deur met die skape te trek, deur voerbanke op te bou, of deur voer aan te koop.

 

TREKSTELSEL

Deur die diere te verskuif na ander gebiede of streke waar voldoende weiding wel nog beskikbaar is, kan langdurige droogtes doeltreffend oorbrug word. Dit was weliswaar in die verlede die mees algemene praktyk. Indien uitvoerbaar kan dit steeds toegepas word, maar dit het besliste nadele wat oorweeg moet word:

 

OPBOU VAN VOERBANKE

Dit behels die insameling en opberging van voldoende hoeveelhede ruvoer gedurende goeie jare om droogtes te kan oorbrug. Hoewel dit 'n baie goeie stelsel is het dit ook nadele:

Hierdie nadele ten spyt, is dit noodsaaklik dat soveel moontlik ruvoer opgegaar word vir tye van langtermyndroogtes.

 

BELANGRIKE ASPEKTE VAN BYVOEDING

Die boer se belangrikste besluite is wanneer om te begin met grootskaalse byvoeding, watter diere om te voer, waar om te voer asook wat, hoeveel en hoe dikwels om te voer.

 

WANNEER OM TE BEGIN VOER

Omdat voer duur en die tydsduur van droogtes onvoorspelbaar is, is boere geneig om byvoeding te lank uit te stele Aan die ander kant is dit moeilik om 'n definitiewe beginpunt voor te skryf, omdat die aanvanklike kondisie van die skaap in ag geneem moet word. Ofskoon die onderhoudsbehoeftes van 'n 30-kg-skaap baie kleiner is as die van 'n 50-kg-skaap, is vasgestel dat 'n massaverlies van 1 kg gelykstaan aan die energie deur 4 kg mielies voorsien. Daar moet dus gepoog word om hierdie potensiële energiebron in die vorm van die skaap se liggaamsreserwes ten volle te benut. Verder moet in gedagte gehou word dat skape nie eensklaps op 'n droogtevoedingrantsoen, wat meestal baie kragvoer bevat, geplaas kan word nie. 'n Aanpassingsperiode van minstens 2 tot 4 weke is nodig.

Die goue reël is dus om betyds te begin en gewoonlik word hierdie punt bereik wanneer skape wat in 'n redelike goeie kondisie was, ongeveer 15 per sent van hul aanvanklike massa verloor het. In die geval van Merino's is die massa waarop met byvoeding begin moet word ongeveer 40 kg.

 

WATTER DIERE OM TE VOER

Hier is die voor-die-hand-liggende antwoord die diere wat na die droogte die grootste produksie kan lewer - met ander woorde die jong aanteelooie en -ramme. Terselfdertyd sal jong lammers asook dragtige en lammerooie spesiale aandag nodig hê vanweë hulle groter behoefte aan groei en reproduksie. Ou ooie en hamels is dus die diere wat uitgeskakel moet word. In 'n latere pamflet sal volledig bespreek word hoe hierdie diere vetgemes en bemark kan word en sodoende steeds 'n profyt gemaak kan word.

 

WAAR OM DIE DIERE TE VOER

Wanneer die weiding sodanig verswak het dat dit van min waarde is, is dit voordeliger om die skape in klein kampies of krale te voer. Sodoende word nie slegs vervoer- en arbeidskoste beperk nie, maar die oorbenutting van veld voorkom - 'n uiters belangrike aspek om in gedagte te hou. Die feit dat die diere minder in die klein kampies beweeg bespaar ook energie, hoewel hierdie aspek dikwels oordryf word.

Vir die meeste voersoorte is betreklik eenvoudige voerbakke tydens droogtevoeding geskik, aangesien vermorsing min is vanweë die lae peil van voeding. Gewoonlik is ongeveer 15 cm vreetspasie en ongeveer 1,5 tot 2 m2 loopruimte per skaap voldoende. Kraalgeriewe word in 'n latere pamflet oor intensiewe voeding meer breedvoerig bespreek.

 

WAT OM TE VOER

Die twee vernaamste voedingstowwe wat in tye van droogte voorsien moet word is proteïen en energie. Gewoonweg het 'n dier 8 tot 10 maal soveel energie as proteïen nodig. Omdat energie so 'n uiters belangrike komponent is, is dit logies om die energiewaardes te vergelyk wanneer voere se waarde teen mekaar opgeweeg word. Dit is egter ook bekend dat diere nie al die energie wat in 'n voer opgesluit is kan benut nie. So byvoorbeeld word bykans al die energie uit mielies benut, terwyl 'n groot hoeveelheid van kaf se energie as onverteerde reste uitgeskei word. Die hoeveelheid bruikbare energie is dus die belangrikste faktor in 'n droogtevoer. Hierdie bruikbare energie is vir 'n groot aantal voersoorte bepaal en word in voedingseenhede uitgedruk. Dit moet egter in gedagte gehou word dat skape ook 'n minimum proteïenbehoefte het en proteïen kan dus nie geheel en al oor die hoof gesien word nie. In Tabel 1 word die voedingswaarde van 'n aantal belangrike voersoorte aangetoon.

 

 

Om vas te stel wat die goedkoopste voersoort is, moet die koste per voedingseenheid bereken word. As mielies R60 per ton kos en die voedingseenhede van mielies is 78 per 100 kg (Tabel1) dan volg dit dat:

 

1 000 kg (1 ton) kos R60

  100 kg kos dan  = R6

m.a.w. 78 voedingseenhede  kos R6

  1 Voedingseenheid kos = 7,7 sent

 

Die berekening kan vereenvoudjg word indien die volgende formule gebruik word, naamlik: Koste per voedingseenheid (sent) =

 

In die geval van lusern, geneem teen R34 per ton en volgens Tabel1 met 'n voedingseenheid van 40, volg dit dan dat:

Koste per voedingseenheld =  = 8,5 sent

In bogenoemde voorbeelde was mielies dus goedkoper per voedingseenheid as lusern.

Die koste per voedingseenheid moet dus altyd in gedagte gehou word, hetsy die voer aangekoop of self geproduseer word. Plaaslike produksiekoste kan soms so hoog wees dat dit meer ekonomies sal wees om voer aan te koop.

Teen koste per voedingseenheid bereken, gebeur dit dikwels dat kragvoere goedkoper as ruvoere aangekoop kan word. Daarna sal die boer geneig wees om in die voedingsprogram op kragvoere te konsentreer. Australiese navorsing het aan die lig gebring dat skape uitsluitlik op kragvoer, by. mielies, kan oorleef. Die voorbehoud is egter dat die diere geleidelik daaraan gewoond gemaak moet word en dat 1 tot 1,5 persent gedefluorineerde landboukalk by die rantsoen ingesluit moet word. Plaaslike navorsing bet egter getoon dat wanneer slegs kragvoerrantsoene voorsien word die mortaliteit bale hoog is. Gevolglik word aanbeveel dat kragvoer saam met ruvoer voorsien word.

 

HOEVEELHEID VOER

Die hoeveelheid voer word bepaal deur die energie-inhoud van die rantsoen, die tipe skaap en die kondisie van die skape wat gevoer word. Wanneer kraalvoeding toegepas word, kan skape op klein hoeveelhede voer oorleef soos in Tabel 2 aangedui word.

 

 

Dit beteken droë skape moet ongeveer 2,3 kg mielies, 3 kg hawer of 4,5 kg lusern per week of 330 g mielies, 430 g hawer of 640 g lusern per dag ontvang om aan die lewe te bly. Soos reeds genoem, word aanbeveel dat ruvoer saam met die kragvoer voorsien word. Dit is byvoorbeeld gevind dat skape wat daagliks 340 g lusernhooi en 170 g mielies ontvang het, hul liggaamsmassa van 30 tot 35 kg oor 'n langer tydperk kon handhaaf as skape wat slegs lusern of slegs mielies ontvang het.

In Tabel 3 word 'n aantal rantsoene aangedui wat geskik is vir droogtevoeding. Verder word die minimum hoeveelhede van elke rantsoen aangedui wat weekliks per skaap verbruik word. So byvoorbeeld sal 'n laatdragtige ooi weekliks 2,6 kg van rantsoen I of 6,9 kg van rantsoen VII verbruik. Hierdie rantsoene asook die hoeveelhede moet egter slegs as 'n leidraad beskou word omdat die gehalte, beskikbaarheid en koste van voere in 'n groot mate sowel die hoeveelheid as die samestelling van rantsoene beïnvloed.

 

 

HOE DIKWELS OM TE VOER

Hier kan weer eens nie 'n spesifieke voorskrif neergelê word nie. Die voerintervalle word deur die tipe skaap en tipe voer bepaal.

Dit is 'n bekende feit dat wanneer veral klein hoeveelhede kragvoer op 'n keer gevoer word die swakker vreters nie 'n kans gegun word om te vreet nie. Die probleem kan grootliks oorkom word deur meer voer op een slag oor 'n langer periode te voorsien. Proefresultate is egter baie uiteenlopend en dit wil voorkom of die periodes tussen voertye nie te lank moet wees nie. Droë skape moet verkieslik 2 of 3 keer weekliks gevoer word, terwyl dragtige en lammerooie verkieslik daagliks gevoer moet word.

 

WATERVOORSIENING

Die grootste gedeelte van 'n dier se liggaam bestaan uit water. Hoewel dit dikwels as vanselfsprekend aanvaar word, is dit uiters belangrik dat skape gedurende droogtetye voldoende koel en sover moontlik vars drinkwater sal ontvang. Veral in die westelike dele van die land is die drinkwater soms baie brak en die brakinhoud styg gewoonlik namate dit droër word. In die kampe moet drinkplekke so strategies moontlik geplaas word, om onnodige lang loopafstande uit te skakel, terwyl spesiale aandag ook aan die drinkbakke in voerkampies gegee moet word.

 

VROEGSPEEN VAN LAMMERS

Die pasgebore lam is geheel afhanklik van die ooi en kan net deur die ooi gevoed word. Om voldoende melk te kan produseer moet die ooi egter in 'n redelike goeie kondisie wees en sy het dus meer voer nodig. Hoe gouer die ooi uitgeskakel en die lam direk gevoer kan word hoe minder voer gaan verlore in die proses van omskakeling van voer na melk.

As lammerooie gedurende droogtetye dus hoofsaaklik van byvoeding afhanklik is, is dit gewens om die lam so vroeg moontlik te speen. Die ideale speenouderdom hang af van die grootte van die lam, maar meestal kan Merinolammers op 'n ouderdom van 6 tot 9 weke suksesvol gespeen word, mits –

 

WANNEER OM OP TE HOU MET VOER

Oor die algemeen is boere geneig om te gou die byvoedingsprogram te staak nadat dit gereën het. Dit is nie slegs vir die veld uiters nadelig wanneer die skape die jong plantjies te gou afwei nie, maar ook vir die diere. Hoewel die jong groen weidings bale proteïen, minerale en water bevat, het dit 'n ernstige tekort aan energie. Gevolglik daal die liggaamsmassa van skape op sulke weidings aanvanklik. In die geval van droogtegestremde skape kan dit verliese in die hand werk. Daarom is dit gewens dat die droogterantsoene nog enkele weke nadat dit gereën het voorsien moet word.

Ten slotte kan herhaal word dat droogtes, en veral langtermyndroogtes, net met die nodige reserwes oorbrug kan word. Dit navorser kan riglyne gee oor die aanwending van hierdie voorrade maar dit is die boer wat finaal hieroor moet besluit. Die suksesvolle boer sal hom daarin onderskei dat hy sy noodvoorrade in die vorm van veld, droogtebestande voergewasse en opgebergde voer met vindingrykheid en inisiatief sal aanwend en kombineer.

 

Published

Bladskrifreeks : Wolproduksie D.3.2/1975