Last update: September 2, 2011 12:26:37 PM E-mail Print

 

Die bevordering van durumkoringproduksie in die Groot Visriviervallei:

Toepassing van 'n wetenskaplik beplande oorredingsfaset

P S VAN HEERDEN

Voorligtingskantoor : Cradock

Cradock

 

INLEIDING

Durumkoring, vir die maak van pastaprodukte, is sedert die vorige eeu in klein hoeveelhede, hoofsaaklik in die Suid- en Oos-Kaap verbou. Hierdie koring kan egter nie 'n goeie brood bak nie en op grond daarvan is dit sedert die vroeë sewentigerjare afgradeer om die produksie daarvan te ontmoedig.

Die Bestuur van die Pastabedryf het die Koringraad gevra om durumkoring in te voer. Tydens die periode 1970 tot 1973 is 44 304 ton durumkoring ingevoer (Pienaar, Roux, De Kock, Traut & Laubscher, 1983).

Ten einde die invoer van durumkoring te beperk, en sodoende buitelandse valuta te bespaar, het die Koringraad gedurende 1970 die Departement van Landbou-tegniese Dienste dringend versoek om te bepaal of oorsese durumkoringkultivars doeltreffend by een van die besproeiingskemas verbou kon word. Na proewe op verskeie plekke is besluit om die Groot Visriviervallei

as 'n durumkoring produksiegebied te proklameer, aangesien die beste produksie onder besproeiing op Cradock Proefperseel behaal is. Proefopbrengste het gewissel van ses tot agt ton per hektaar (Pienaar et al., 1983).

Gedurende 1983 is 'n produksievlak van 10 ton per hektaar met eksperimentele teellyne bereik (Anoniem, 1983), terwyl die 12 ton per hektaar produksievlak tydens 1984 bereik is (De Kock, Persoonlike mededeling).

Die proklamasie van 'n durumkoring produksiegebied het tot gevolg dat durumkoring in daardie gebied op dieselfde prysbasis as 'n klas-A-koring deur agente van die Koringraad ingekoop word (Pienaar et al., 1983). Durumkoring het 'n hoër produksiepotensiaal as broodkoring, en kan dus 'n hoër inkomste as broodkoring lewer. Dit is ook om hierdie rede dat 'n beperking op die verbouing van durumkoring geplaas moet word om produksie van broodkoring te verseker.

Opnames in die Visriviervallei het getoon dat van 2 000 tot 3 000 hektaar vir die verbouing van durumkoring beskikbaar is. Volgens raming kon van 10 000 tot 15 000 ton op hierdie oppervlakte geproduseer word. Dit sou tydens 1983 voldoende vir die binnelandse mark wees (Pienaar et al., 1983).

'n Intensiewe teelprojek vir die verbetering van durumkoringkultivars is sedert 1969 aan die gang (Pienaar et al., 1983), terwyl navorsing op aIle aspekte van durumverbouing sedert 1972 op Cradock Proefperseel gedoen word.

Die doel van die voorligtingsfaset was om boere in die VisriviervaIlei te oorreed om durumkoring korrek te verbou en om ongeveer 10 persent van die oppervlakte van besproeiingsgronde vir durumkoringproduksie aan te wend, ten einde 'n produksiedoelwit van 10 000 ton teen die 1983/1984 produksieseisoen te behaal.

 

WERKSWYSE

Tydens die uitvoering van die faset is 'n werkswyse gevolg wat baie ooreengekom het met die werksmodel vir landbou-ontwikkeling, soos deur Burger & Düvel (1973) voorgestel. Die werksmodel bestaan uit vyf hoofstappe, te wete; oorweging, ondersoek, voorbereiding, uitvoering en evaluasie. Dit maak ook voorsiening vir sekondêre en tersiêre programstappe binne elk van die hoofstappe.

 

Oorweging

Die behoefte om die verbouing van durumkoring, asook die regte produksietegnieke, te bevorder, is oorweeg teen die volgende agtergrond :

 

Ondersoek na die situasie

Ondersoek na die situasie het die volgende aangetoon :

 

Voorbereiding

In breë trekke was die program so beplan dat 'n geïntegreerde kommunikasieprogram, gebaseer op massa-, groep- en individuele kommunikasiemedia, gevolg sou word om besproeiingsboere te oorreed om:

 

Spesifieke doelwitte

Spesifieke jaarlikse doelwitte was geformuleer op grond van die 1978/1979 gemiddelde produksie van 2,1 ton per hektaar (Van Heerden, 1980), eksperimentele produksie van ongeveer 7 ton per hektaar (Pienaar et al., 1983) en geprojekteerde oppervlakte wat na aanleiding van gewaspatroon met durumkoring gevestig kon word (Van Heerden, 1980).

Tabel 1 toon die gestelde doelwitte ten opsigte van produksie per hektaar, oppervlakte en totale produksie vir die periode deur die faset gedek.

 

Om die doelwit wat in Tabel 1 aangetoon is, te bereik, was die volgende voorligtingkundige doelwitte geïmpliseer:

 

Werkskalender

'n Jaarlikse werkskalender het nagenoeg die volgende patroon gevolg (Van Heerden, 1986) :

Januarie

 

Februarie

 

Maart

 

April

 

Mei

 

Program

 

Julie

 

Augustus

 

September tot November

 

RESULTATE

Opmerking

Ten tye van die afsluitingsdatum van die faset (Maart 1984), is besluit om die werksprogram met minstens een jaar te verleng. Doelwitte wat vir die vyfde jaar gestel was, is onveranderd na die sesde jaar oorgedra. Die resultate behaaI is volledig deur Van Heerden (1986) bespreek.

 

Oppervlakte

Tabel 2 toon die doelwitoppervlakte per jaar, oppervlakte werklik gesaai en gesaaide oppervlakte as persentasie van die doelwit aan.

 

Tabel 2 toon hoedat die doelwitoppervlakte progressief oor vyf jaar toegeneem het, vanaf 1 000 hektaar vir die 1979/1980 seisoen, tot 2000 hektaar vir die 1983/1984 seisoen. Oor dieselfde periode het die oppervlakte wat vir durumkoringproduksie aangewend was, toegeneem vanaf 450 hektaar vir die 1979/1980 produksiejaar, tot 1 611 hektaar vir die 1983/1984 produksiejaar. Die oppervlakte gesaai het egter skerp gedaal na 947 hektaar gedurende die 1984/1985 produksiejaar.

Die persentasie doelwitbereiking het volgens Tabel 2 gestyg vanaf 45 persent vir die 1979/1980 produksiejaar, tot 80,6 persent vir die 1984/1985 produksiejaar.

 

Produksie per hektaar

Tabel 3 toon die doelwitproduksie per hektaar, die werklike produksie asook die persentasie doelwitbereiking ten opsigte van durumkoring in die Visriviervallei.

Tabel 3 toon hoe die gestelde doelwitte progressief gestyg het. van 2,5 ton per hektaar gedurende die 1979/1980 produksiejaar tot 5,0 ton per hektaar gedurende die 1983/1984 produksiejaar. Behalwe vir die 1983/1984 produksiejaar, het gemiddelde produksie per hektaar gewissel tussen 2,5 en 3,1 ton per hektaar, en nie gestyg soos die doelwit dit wou gehad het nie.

 

Produksie

Tabel 4 toon die produksiedoelwitte per jaar, die werklike produksie asook die werklike produksie as persentasie van gestelde doelwitte.

 

Tabe1 4 toon hoe die doelwitproduksie progressief toeneem vanaf 2 500 ton vir die 1979/1980 produksieseisoen tot 10 000 ton vir die 1983/1984 produksieseisoen. Die produksiedoelwit van 10 000 ton is onveranderd na die 1984/1985 produksiejaar oorgedra. Oor dieselfde periode het produksie aanvanklik toegeneem vanaf 1 507 ton vir die 1979/1980 produksiejaar, tot 3773 ton vir die 1982/1983 produksiejaar, en toe weer afgeneem na 2 336 ton vir die 1984/1985 produksiejaar.

 

GEVOLGTREKKING

Die oorreding van besproeiingsboere om 10 000 ton durumkoring vir die pastabedryf te produseer, het nie die produksiedoelwit bereik nie. Finansiële oorwegings was gedurende die laaste drie jaar, waartydens die oorredingsfaset geloop het, van deurslaggewende belang by besluitneming ten opsigte van die verbouing van durumkoring. Die verhoudelike ekonomiese voordeel van lusern en/of mielieverbouing bo koringverbouing, was van so 'n aard dat dit vir geen besproeiingsboer ekonomies geregverdig is om durumkoring te verbou nie (Van Heerden, 1986).

Die oorredingsprogram was nie totaal onsuksesvol nie. Hierdie stelling kan gemaak word op grond van die feit dat 80,6 persent van doelwitoppervlakte teen 1983/1984 bereik was, en dat selfs 47,4 persent van doelwitoppervlakte tydens 1984/1985 onder durumkoringproduksie was, ten spyte van die feit dat ekonomiese resultate daarop dui dat geen durumkoring verbou behoort te word nie. Hierdie mate van sukses kan toegeskryf word aan die feit dat 'n goed beplande kommunikasieprogram deurgaans gevolg is. Kenmerke wat aanvaarding kan bespoedig, soos relatiewe voordeel wat bestaan het, maklike verenigbaarheid met bestaande stelsel, lae graad van kompleksiteit, maklike verdeelbaarheid en maklike kommunikeerbaarheid, wat in die kommunikasieprogram ingesluit was, het ook tot die mate van sukses wat behaal is, bygedra (Van Heerden, 1986).

Waar sodanige kommunikasieprogramme in die toekoms beplan word, moet finansiële implikasies baie sterk oorweeg word as deel van die hele beplanningsaksie. Indien produktepryse buite verhouding verander, soos wat wel tydens hierdie faset ondervind was, behoort 'n meganisme te bestaan, of moet dit geskep word, om 'n redelike balans tussen produktepryse te handhaaf. In hierdie verband kan dit genoem word dat persone verbonde aan die pastabedryf genoem het dat die bedryf bereid sal wees om heelwat meer as die bestaande Koringraadpryse aan produsente te betaal om 'n Suid-Afrikaanse geproduseerde durumkoring te verseker (Van Heerden, 1986).

 

VERWYSINGS

ANONIEM, 1983. Jaarverslag van die Departement Genetika. Fakulteit Landbouwetenskappe. Universiteit van Stellenbosh. Stellenbosch.

BURGER, P.J. & DUVEL, G.H., 1973. 'n Werkmodel vir geprogrammeerde landbou-ontwikkeling. S.A. Tydskrif vir landbouvoorligting. 1973: 5 - 12.

PIENAAR, R. DE V., ROUX, H.S., DE KOCK, G.C., TRAUT, H.W. & LAUBSCHER, J., 1983. Durumkoring en die verbouing daarvan in Suid-Afrika. Tegniese mededeling no 171. Departement van Landbou en Watervoorsiening. Pretoria.

VAN HEERDEN, P.S., 1980. Faset K-VI 19/1 (tans Faset no. K 6212/39/1/1). Die bevordering van Durumkoringproduksie in die Visriviervallei. Ongepubliseerde Fasetregistrasie. Die Landbouvoorligter. Departement van Landbou en Watervoorsiening, Cradock.

VAN HEERDEN, P.S., 1986. Die Bevordering van Durumkoringproduksie in die Groot Visriviervallei. Ongepubliseerde Finale Verslag van Faset K 6212/39/1/1. Karoostreek. Departement van Landbou en Watervoorsiening. Middelburg K P.

 

Published

Karoo Agric 3 (10), 22-24