Last update: August 15, 2011 02:34:09 PM E-mail Print

 

EVALUERING VAN EENJARIGE RAAIGRASKULTIVARS VIR DIE KAROO

 

A.S.J. Barnhoorn, G. Jordaan en L.G. du Pisani

Grootfontein Landbou‑ontwikkelingsinstituut, Middelburg KP, 5900

 

 

Navorsing in die Karoo (Jordaan, 1992) bet getoon dat eenjarige raaigras (en mengsels daarvan) suksesvol as koelseisoenvoergewas onder besproeiing verbou kan word.

Tans is 20 eenjarige raaigraskultivars kommersieel in die RSA beskikbaar. Hierdie kultivars is nie oral ewe goed aangepas nie, en navorsing word gevolglik deurentyd onderneem om die Karooboer oor die beste kultivars te kan adviseer.

Die doel van hierdie artikel is om die produksie‑eienskappe van al die kultivars wat vir ten minste drie seisoene in die Karoo geëvalueer is, te bespreek en aanbevelings te maak.

 

ONDERSOEKPROSEDURE

Sedert die 1989/90‑seisoen word al die beskikbare eenjarige raaigraskultivars en ‑teellyne (geregistreerd en ongeregistreerd) onder vloedbesproeiing geëvalueer. Tot en met die 1991/92‑groeiseisoen is 50 kultivars en teellyne geëvalueer.

 

Proefterrein, grond en klimaat

Die proewe is op Grootfontein en Cradock uitgevoer. Die grond van die proefterrein op Grootfontein is die Dundeegrondvorm van die Sabifamilie, terwyl die op Cradock die Augrabiesgrondvorm van die Hefnaarfamilie is (MacVicar, 1991).

Die klimaat van Grootfontein is tipies van die noordelike steppe, terwyl die van Cradock tipies is van die suidelike steppe (Schulze, 1980). Die grootste verskil tussen hierdie twee klimaatgebiede is die tydperk waarin ryp verwag kan word. Op Grootfontein is die gemiddelde intreedatum vir ryp 23 April en die gemiddelde uittreedatum 14 Oktober. Op Cradock is die intreedatum 25 Mei, terwyl die uittreedatum 18 September is. Grootfontein verteenwoordig dus die koeler gedeeltes van die Karoo, en Cradock die meer gematigde gebiede.

 

Proefprosedure

AI die kultivars en teellyne is jaarliks op persele wat volgens 'n roosterontwerp uitgelê is (drie herhalings), aangeplant. Bruto en netto perseelgroottes van onderskeidelik 10 m2 (2 m x 5 m) en 8 m2 (1,6 m x 5 m) is gebruik. Die saad is in Maart gesaai in rye (150 mm wyd gespasieer) teen 20 tot 25 kg saad/ha.

Grondmonsters is vooraf op elke proefperseel geneem en chemies ontleed. Met die uitsondering van stikstof (N), is al die tekorte voor aanplanting reggestel.

Die bogrondse produksie is telkens geoes sodra die meeste van die kultivars en teellyne 'n hoogte van 200 tot 250 mm bereik bet. Die natmassa van die materiaal is op die land bepaal, terwyl 'n handgrypmonster vir die droëmateriaalproduksiebepaling gedroog is.

Stikstofbemesting is teen 70 kg N/ha (as ammoniumsulfaat) toegedien sodra al die saailinge ongeveer 50 tot 80 mm hoog was. Daarna is 70 kg N/ha na elke snysel uitgestrooi.

 

RESULTATE

Die droëmateriaalproduksie van al die kultivars wat kommersieel in die RSA beskikbaar is en vir ten minste drie seisoene geëvalueer is, word in Fig. 1 en 2 aangetoon.

 

Winterproduksie (Fig. 1a en 2a)

Uit Fig.1a is dit duidelik dat op Grootfontein, Barspectra in die winter aansienlik beter as enige van die ander kultivars presteer bet. Caramba was die naasbeste.

Op Cradock bet geen kultivar ten opsigte van winterproduksie uitstaande presteer nie. Die kultivars Progrow, Barspectra, Midmar, Billion en Concord het die beste produseer.

Tribune bet aansienlik swakker as enige ander kultivar op Grootfontein presteer. Daarenteen was Turtetra en Vitesse die swakste produseerders op Cradock.

 

Lenteproduksie (Fig; 1b en 2b)

Uit Fig. Ib en 2b is dit duidelik dat geen kultivar ten opsigte van lenteproduksie uitstaande presteer bet nie. Hierdie bevinding was te wagte, aangesien eenjarige raaigras hoofsaaklik 'n lenteproduseerder is.

Die kultivars met die beste lenteproduksie op Grootfontein was Turtetra, Tetrone, Midmar, Exalta en Tribune. Midmar en Tetrone bet ook in die winter onder die vyf beste produseerders getel. Op Cradock het Turtetra, Exalta, Tribune, Caramba en Tetrone die beste presteer. Geeneen van hierdie kultivars bet 'n uitstaande produksie in die winter gelewer nie.

Dit is opvallend dat Barspectra en Caramba, wat in die winter die beste op Grootfontein presteer het, die swakste in die lente geproduseer het. Net so het Deltop op Cradock goed in die winter, maar swak in die lente geproduseer.

 

Somerproduksie (Fig. 1c en 2c)

Tribune en Vitesse was uitstaande somerpresteerders op Grootfontein. Tribune was ook in die lente een van die vyf beste produseerders. Ander kultivars met 'n goeie somerproduksie is Exalta en Deltop.

 

Op Cradock het Exalta aansienlik beter as enige ander kultivar geproduseer. Die kultivars Tribune en Caramba behoort ook vermeld te word. AI drie kultivars het ook in die lente goed gegroei.

Die kultivars Progrow en Midmar het die swakste somerproduksie by Grootfontein en by Cradock gehad.

 

Totale produksie (Fig. 1d en 2d)

Op Grootfontein het geen kultivar wat totale produksie beter betel as die ander kultivars presteer Die. Vitesse, Exalta, Energa, Turtetra en Tetrone kan as die vyf beste presteerders beskou word. Exalta was in die lente en in die somer ook van die beste presteerders, terwyl Turtetra en Tetrone in die lente en Energa in die winter goed geproduseer het.

Op Cradock was die produksie van Exalta aansienlik betel as die van enige ander kultivar, hoofsaaklik as gevolg van 'n goeie lente‑ en somerproduksie. Ander kultivars met 'n hoe totale produksie was Caramba (lente en somer), Tribune (lente en somer), Turtetra (lente) en Tetrone (lente).

Die swakste produseerders op Grootfontein was onderskeidelik Progrow, Concord en Midmar. Op Cradock was die kultivars met die swakste totale produksie onderskeidelik Progrow, Midmar en Deltop.

 

BESPREKING EN GEVOLGTREKKINGS

Dit is duidelik dat die produksie‑eienskappe van eenjarige raaigras aansienlik verskil, veral tussen seisoene. Hierdie eienskappe kan gevolglik na gelang van die behoefte binne die voervloei, voordelig aangewend word.

Sommige kleinveeprodusente benodig groenvoer in die winter vir ooie wat in die herfs lam. In gebiede met 'n soortgelyke klimaat as die van Grootfontein (relatief lang, koue winters), word Barspectra en Caramba vir die winter aanbeveel. In gebiede met 'n klimaat soortgelyk aan die van Cradock (relatief korter en meer gematigde winters), word Progrow en Barspectra vir die winter aanbeveel. Indien die voer egter net vir die winter benodig word, sou dit betel wees om 'n kleingraan (bv. Scheeperskoring) in plaas van raaigras aan te plant.

Die meeste kleinveeprodusente benodig groenvoer gedurende die winter en die lente, veral vir ooie wat in die lente lam, maar ook vir ooie wat in die herfs lam en vir die afronding van die lammers in die lente. Vir die kouer gebiede van die Karoo word Midmar, Tetrone en Exalta aanbeveel. Daar kan selfs oorweeg word om 'n mengsel van een van hierdie kultivars en Barspectra aan te plant. Hierdie mengsels is egter nog nie getoets nie en kan moontlik nie die verlangde opbrengs gee nie. Dit is moeilik om 'n enkele kultivar vir die warmer dele van die Karoo aan te beveel aangesien geen kultivar in die winter en in die lente op Cradock bogemiddeld presteer het Die. 'n Mengsel van Turtetra of Exalta met Progrow of Barspectra kan moontlik die gewenste produksie lewer.

Verskeie kleinveeprodusente benodig groenvoer in die lente en in die voorsomer, veral vir ooie wat in die lente lam, asook vir die afronding van die lammers vir die Desembermark. In die koeler gebiede word Tribune en Exalta vir hierdie doeI aanbeveel, terwyl Exalta, Tribune en Caramba vir die warmer dele oorweeg kan word. Hou egter in gedagte dat raaigras wat tot in die somer besproei word, met lusern om water sal kompeteer.

In gebiede waar groenvoer in die winter, lente en somer benodig word, is dit moeilik om 'n enkele kultivar aan te beveel. In die koeler gebiede sal Exalta, Turtetra en Tetrone waarskynlik die beste in hierdie behoefte voorsien. Mengsels van een van hierdie kultivars met Barspectra kan ook oorweeg word. Soos reeds genoem, is hierdie mengsels nag nie geëvalueer nie en bestaan die moontlikheid dat dit nie die gewenste resultate sal lewer nie. Vir die warmer gebiede kan geen individuele kultivar vir aanwending in al drie seisoene (winter, lente en somer) aanbeveel word Die. Exalta, Caramba of Tribune behoort egter die beste resultate te lewer. Mengsels hiervan met Progrow of Barspectra kan ook oorweeg word. 

 

VERWYSINGS

JORDAAN, G., 1992. Gras‑klawermengsel vs. koring as winterweiding. Karoo Streeknuusbrief (1): 15.

MACVICAR, C.N., 1991. Grondklassifikasie en 'n taksonomiese sisteem vir Suid‑Afrika. Memoir 15, Navorsingsinstituut vir Grond en Besproeiing, Dept. van Landbou‑ontwikkeling, Pretoria.

SCHULZE, B.R., 1980. Klimaat van Suid‑Afrika. Deel 8 Algemene Oorsig. Weerburo, Dept. van Vervoer, Pretoria.

 

Published

Karoo Agric, Vol 5, No. 2, 1993 (15-20)