Last update: April 11, 2012 02:12:52 PM E-mail Print

 

Voer vir Eierproduksie

A. M. Gericke

 

MET voergee word beoog die verskaffing van die regte soorte en hoeveelhede materiaal wat nodig is vir energie, opbouing van die liggaam en eierproduksie. Baie pluimveeboere is geneig om te dink dat henne eiers kan lê afgesien van die soort voer wat hulle kry, en waar meelkos gevoer word, word soms nie genoeg; aandag aan die voedingsbehoeftes van die liggaam gegee nie.

 

Samestelling van Voersoorte

Alle soorte pIuimveevoer bestaan uit een of meer van die volgende voedingstowwe, wat duidelik van mekaar verskil, t.w. water, minerale. eiwitstowwe, koolhidrate, vette en vitamiene.

Die geskikte rantsoen kan tereg beskryf word as 'n mengsel van bestanddele, bevattende die vereiste voedingstowwe, soos eiwitstowwe, koolhidrate en vette in verhoudings en hoeveelhede wat, as dit deur minerale, vitamiene en water aangevul word, die liggaam deeglik sal voed en ook die nodige bestanddele vir eierproduksie sal verskaf.

Die mees algemene metode om vir eierproduksie te voer, is om deurentyd droë meelkos in outomatiese voerbakke in die hokke te hê. Verder word daar vars skoon water, graan in die krapgoed, groenvoer en mineraalstowwe aan die henne verskaf.

Aangesien die meelkos gewoonlik dierlike proteïen en die byprodukte van sekere graansoorte bevat, word dit gewoonlik die eiervormende materiaal genoem. Weens die hoë eiwitstofgehalte van die eier en die groot liggaamlike behoefte wat 'n lêhen aan eiwitstof het, verskaf die gewone mengsel van graansoorte wat op die plaas geproduseer word, nie die vereiste hoeveelheid of kwaliteit van hierdie materiaal nie, tensy die rantsoen deur een of ander vorm van dierlike eiwitstof aangevul word.

 

Balansering van Rantsoen

Met die balansering van rantsoene is dit nodig om te weet wat die persentasie vesel, verteerbare eiwitstof en totale verteerbare voedingstowwe is, Verder moet met die kies van die voersoorte wat in die mengsel gebruik moet word, deeglike aandag gegee word aan (1) hoeveelheid voer, (2) hoeveelheid van elke bestanddeel, (3) smaaklikheid en aantreklikheid, (4) fisiologiese uitwerking, (5) samestelling, (6) verteerbaarheid, (1) verskeidenheid, (8) geskiktheid vir doel, (9) uitwerking op produk en (10) koste.

'n Lêrantsoen behoort van 3.5 tot 5 persent vesel, 12 tot 15 persent eiwitstof, en 70 tot 75 persent totale verteerbare voedingstowwe te bevat. Die totale verteerbare voedingstowwe kan verkry word deur die vesel, verteerbare eiwitstof, verteerbare koolhidrate en 2¼ keer die verteerbare vette bymekaar te tel. (Vette moet met 2¼ vermenigvuldig word omdat hierdie voedingstof 2¼ keer meer energie per eenheid gewig verskaf as die koolhidrate.) In die analise van voersoorte word die totale verteerbare voedingstowwe gewoonlik gegee, waardeur die produsent die moeite bespaar word om die vesel, eiwitstof, koolhidrate en 2¼ keer die vette bymekaar te tel.

Die meelkosmengsel kan as volg gebalanseer word: -

Mengsel

V.

V.E.

T.V.V.

100 lb koringsemels

100 lb pollard (fyn)

100 lb gemaalde hawer

100 lb mieliemeel

100 lb vleismeel

 

Totaal:

500 lb meelkosmengsel

100 meelkosmengsel

9.5

4.7

10.9

2.0

-

11.5

15.7

9.0

6.9

54.2

39.8

76.5

58.1

78.9

78.0

 

 

27.1

5.42

 

 

97.3

19.46

 

 

331.3

66.26

 

As hierdie mengsel sonder graan gevoer word, sal die beste resultate nie verkry word nie. Die vesel- en eiwitstofgehalte is te hoog, terwyl die totale verteerbare voedingstowwe te min is. Die voedingsverhouding tussen die eiwitstof en koolhidrate in bostaande mengsel is 1 tot 2.4, wat veels te min is vir 'n lêmengsel. As jonghenne net op hierdie meelkos gevoer word, sal hulle geforseer word om te Iê voordat hulle volgroeid is.

Derhalwe word dit wenslik beskou om hierdie meelkosmengsel saam met gelyke dele graan te voer, d.i., 2 ons graan en 2 ons meelkos per hoender per dag. As gebreekte geelmielies gebruik word, kan die hele rantsoen as volg gebalanseer word:-

 

Meelkosmengsel

V.

V.E.

T.V.V.

100 lb meelkos

100 lb gebreekte geelmielies

5.42

2.00

19.46

7.4

66.26

79.8

200 lb rantsoen

100 lb rantsoen

7.42

3.71

26.86

13.43

146.06

73.03

 

Die voedingsverhouding (V.V.) word verkry deur die verskil tussen die syfers vir die verteerbare eiwitstof en die totale . verteerbare voedingstowwe te deel deur die syfer vir verteerbare eiwitstof : -

 =  = 4.44

Die voedingsverhouding is dus 1:4..44. 'n Goeie lêmengsel vir algemene doeleindes kan as volg aangemaak word, en op 'n soortgelyke manier gebalanseer word: - 80 lb. mieliemeel, 25 lb. pollard, 10 lb.. gemaalde hawer, 10 lb. koringsemels, 20 lb. vleis- en beenmeel, 1 lb. beenmeel en 3 lb. gemaalde kalkklip. -

 

Mineraalbronne

Behalwe meelkos en graan moet Iêhenne minerale in een of ander vorm kry. Oesterskulp bevat van 90 tot 95 persent kalsiumkarbonaat, en is van groot waarde vir die liggaam, sowel, as vir die vorming van eierdoppe. Seeskulpe bevat minder kalsiumkarbonaat, en verskaf nie die vereiste hoeveelheid kalsium aan die liggaam nie. Teenswoordig word gemaalde kalkklip of gemaalde oesterskulp met die meelkos gemeng. Met hierdie voerstelsel kry die henne meer gereeld van die kalsium, en mens is seker dat elke hen haar volle deel van hierdie noodsaaklike mineraal kry. Van 3 tot 5 persent gemaalde kalkklip kan gevoer word. Verder kan ook van 1 tot 3 persent beenmeel in die meelkos ingesluit word, want die kalsium- en fosforgehalte daarvan is baie waardevol. By die meelkos kan 1 persent sout gevoeg word; dit maak die voer baie smaakliker.

Elke dag moet vars drinkwater gegee word. Volgens ontleding bestaan 65 persent van die eier uit water; verder word belangrike funksies van die liggaam, soos spysvertering, voedselopname en bloedsirkulasie deur water bevorder.

 

Die Vitamiene

Groenvoer word hoofsaaklik weens die vitamiengehalte en lakserende uitwerking daarvan gevoer. Die vitamiene kan beskryf word as bestanddele van betreklik eenvoudige chemiese samestelling, aanwesig in verskillende konsentrasies in verskeie natuurlike voersoorte, en 'n voortdurende tekort hiervan in die rantsoen lei vroeër of later tot 'n definitiewe patologiese of siektetoestand, wat ons in staat stel om presies te bepaal watter vitamien ontbreek. Hoewel daar vitamiene A, B, C, D, E, F en G is, word A, B, D en E by die voer van pluimvee as die belangrikste beskou.

'n Tekort aan vitamien A is die oorsaak van 'n siekte wat baie lyk op roep, terwyl 'n tekort aan B 'n verlamming van die bene en vlerke as gevolg het. Wanneer daar 'n tekort aan vitamien D bestaan, ontwikkel die been nie, en 'n tekort aan vitamien E het lae vrugbaarheid of verlies van die moederlike instink as gevolg.

As groenvoer gereeld verskaf word, sal daar sonder twyfel nooit van hierdie siektes, wat ontstaan as gevolg van vitamientekorte, voorkom nie. Vitamien A kan verskaf word in die vorm van geelmielies en groenvoer, soos groen lusern, koolblare, ens.; vitamien B word aangetref in die graansoorte wat in die meelkos is; vitamien C word opgebou deur die lewer, en hoenders ly in die reël nooit aan 'n tekort in hierdie opsig, m.a.w. aan skeurbuik nie; vitamien D kan verskaf word in die vorm van afgeroomde melk en groen lusern. Uitgeloopte graan is gewoonlik ryk aan vitamien E, dog dit moet gevoer word eers nadat die groen kleur ontwikkel het. As daar 'n tekort aan vitamiene in die rantsoen bestaan, sal die weerstand van die liggaam so verminder word dat die liggaam vatbaar sal wees vir feitlik enige siektes wat as gevolg van vitamientekorte ontstaan. In hierdie opsig is afgeroomde melk en groenvoer baie waardevol op die pluimveeplaas.

 

Published

Boerdery in Suid-Afrika 9