Last update: April 2, 2012 08:58:53 AM E-mail Print

 

Die gehalte van die Suid-Afrikaanse Merinoskeersel oor dertig jaar

 

F.E. MARX

Landboukollege Grootfontein

 

 

Wol is na katoen die belangrikste natuurlike tekstielvesel. Die wêreldproduksie van wol oor die afgelope vyf jaar was gemiddeld 1 470 miljoen kg skoonwol per jaar. Van hierdie totaal was 518 miljoen kg Merinowol. Merinowol verteenwoordig dus net meet as 35 persent van die totale wolproduksie. Ten spyte hiervan is Merinowol die belangrikste wolsoort in die woltekstielbedryf.

Die samestelling van die Suid-Afrikaanse wolskeersel toon dat Merinowol tagtig persent van die skeersel uitmaak. Die belangrikheid van Merinowol in die Suid-Afrikaanse ekonomie blyk daaruit dat dit een van die belangrike verdieners van buitelandse valuta is deurdat dit 10 tot 15 persent bydra tot die RSA se bruto uitvoer - staafgoud uitgesluit.

Die tekstielbedryf stel al hoër vereistes aan die verskillende soorte roumateriaal, wat hoofsaaklik neerkom op hoer gehalte. Dit volg dus dat daar 'n groot verantwoordelikheid op die skouers van wolprodusente rus om toe te sien dat 'n balans gehandhaaf word tussen hoeveelheid en gehalte.

Gedurende die bestaan van die Britse Wolkommissie, in die jare 1940-1945, is 'n Iys van handelstipes vir wol opgestel, wat saam met skoonopbrengs as basis vir prysbepaling van wol gedien het. Na die ontbinding van die organisasie het die handelstipes behoue gebly, ofskoon veranderings mettertyd aangebring is.

Wanneer Merinovagwol, wat ook die vagstukke-en rugwollyne insluit, deur die handel waardeer word, word dit in handelsgroepe volgens gehalte in spinwol, goeie kambol, gemiddelde kambol, minderwaardige kambol of verkolingswol verdeel. Elkeen van hierdie groepe word afsonderlik volgens lengte en fynheid in prystipes onderverdeel. Die hoedanighede en vereistes waaraan Merinovagwol moet voldoen om by een van die gehaltegroepe geklassifiseer te word, is soos volg:

 

Spinwol

Dit is gesond gegroeide vagwol van goeie kwaliteit en 'n aantreklike voorkoms ten opsigte van kleur, stapelformasie en tip. Dit moet deeglik afgerande en goed geklaste wol wees, om sodoende egaligheid in lengte en fynheid te verseker en dit moet feitlik vry van saad of klits wees.

Lengteklasse is van 25 tot 90 mm en langer (E tot AA) en veseldikte van 18 mikron en fyner tot 24 mikron (74s+ tot 58/60s).

Alleenlik lyne wat met 'n lengte - en fynheidsimbool gemerk is, kwalifiseer vir spinwol mits dit aan al die vereistes voldoen. Op 'n skoonwolbasis bereken, is dit gemiddeld die hoogste prys groep.

 

Goeie kambol

Wanneer 'n tekortkoming, soos byvoorbeeld 'n merkbaar verweerde of punterige tip, variasie in lengte en fynheid, ens., voorkom en daar saad of klits tot 2 persent in 'n lyn aanwesig is, word dit gewoonlik as 'n goeie kambol waardeer. Die wol moet gesond gegroei wees.

Lengteklasse is van 15 tot 90 mm en langer (EE tot AA) en veseldikte van 18,5 mikron en fyner tot 27 mikron (70s tot 56s).

Goed afgerande en aantreklike vagstukke- en rugwolklasse voldoen soms ook saam met die hooflyne aan die vereistes van 'n goeie kamboltipe.

 

Gemiddelde kambol

As 'n tekortkoming in 'n groter mate voorkom, soos  byvoorbeeld tengerigheid, swak kleur (effe geel), toutjiesagtige stapels en redelike kwaliteit en saad of klits tot 3 persent bevat, word hooflyne, vagstukke- en rugwollyne as gemiddelde kambol tipeer. Lengteklasse is van 15 tot 90 mm (EE tot A) en veseldikte van 18,6 tot 27 mikron (70s tot 56s).

 

Minderwaardige kambol

Wanneer swakhede van 'n ernstige aard voorkom soos tengerheid, hoë graad van verwering, geel of roesbruin kleur, swak kwaliteit, waterige stapels en kortwol tot 6 persent en langwol tot 4 persent saad of klits bevat, word hooflyne, vagstukke en rugwol as minderwaaldige kambol tipeer.

Lengteklasse is van 15 tot 90 mm (EE tot A) en veseldikte van 20 tot 27 mikron (66s tot 56s).

 

Verkolingswol

Dit is alle wol, maar meestal kortwol van 'n C-lengte en onder, wat 'n oormatige hoeveelheid saad of klits bevat. In die vagwolklasse maak dit 'n baie lae persentasie uit en daarom word dit buite rekening gelaat vir enige verdere vergelykings.

Die Suid-Afrikaanse Wolraad verskaf sedert 1945/50 tot op datum jaarliks volledige statistieke ten opsigte van totale vetwolploduksie, skeerselsamestelling, lengtes, fynhede, gehalte, pryse, skoonopbrengs, ens., van die Suid-Afrikaanse wolskeersel.

Die bevindings van Marx (1963) en de Klerk en de Lange (1970) het aangetoon dat die gehalte van Merinovagwol aan die afneem is. Hulle het gevind dat 'n betekenisvolle afname in veselfynheid 'n gelyktydige vermindering in spinwoltipes tot gevolg gehad het.

 

 

In Tabel 1 word die gemiddelde persentasie samestelling van die Suid-Afrikaanse Merinowolskeersel aangetoon ten opsigte van fynwol (20 mikron en fyner) en gehaltegroepe oor 5 jaar periodes vanaf die 1950/51 tot 1979/80 seisoen.

Soos blyk uit Tabel 1 het die persentasie fynwol van 20 mikron en fyner vyfjaarliks gemiddeld van 69 persent in 1951/55 tot 4 persent in 1976/80 verminder. Oor dieselfde periode het spinwol wat die hoogste prys wol op 'n skoonwolbasis is, drasties gedaal van 44,1 tot 4,3 persent. Oor dieselfde periode het spin- en goeie kambol gesamentlik gedaal van 88,8 tot 61,9 persent. Vanaf 1965 toe die gemiddelde kamboltipe ingestel is, het die gemiddelde kamboltipe toegeneem van 10,9 tot 28,6 persent. Vanaf die 5 jaar periode 1951-55 tot 1961-65 het die persentasie minderwaardige kambol verdubbel van 11,1 tot 22,3 persent.

Daarna was daar egter 'n daling en was die persentasie slegs 9,1 persent vir die 5 jaar periode 1976-80. Ofskoon die interstandaard-klassifikasies volgens die Suid-Afrikaanse Wolraad se statistiese oorsig vanaf 1961/62 en weer in 1974/75 verander het en die syfers nie streng vergelykbaar is nie, gee dit tog 'n redelike getroue weergawe van die gehalte en fynheid verandering wat die skeersel oor die afgelope dertig jaar ondergaan het.

Soos blyk uit Tabel 1 kan daar sonder vrees van teëspraak aangevoer word dat die Suid-Afrikaanse Merinowolskeersel aansienlik sterker geword het. Verder blyk dit baie duidelik dat die skeersel ook gehalte ingeboet het as gelet word op die geweldige afname in die persentasie spinwol en die gesamentlike toename van die persentasie gemiddelde en minderwaardige kambol van 30,9 persent (1966-70) tot 37,1 persent (1976-80).

'n Ekonomiese ontleding van die Suid-Afrikaanse skeersel (vagwol) in die 1979/80 seisoen word in Tabel 2 verskaf.

 

 

Veronderstel die betrokke skeersel se samestelling kan soos volg verander word:

- Die helfte van die goeie kambol word spinwol

- Die helfte van gemiddelde kambol word goeie kambol

- Een derde van die minderwaardige kambol word gemiddelde kambol

 

Met hierdie samestelling sou dieselfde skeersel R4,7 miljoen meer behaal het. 'n Bedrag van R4,7 miljoen is seer sekerlik nie te versmaai nie.

Die vraag kan gevra word watter faktore verantwoordelik gehou kan word vir die afname in die gehalte van die skeersel.

So os reeds genoem, het die afname in wol van 20 mikron en fyner hand aan hand gegaan met 'n afname in die persentasie spinwol. Ten spyte van die feit dat wol tot 24 mikron vanaf 1974 (voorheen tot 23 mikron) as spinwol in aanmerking kom, het die persentasie spinwol verder gedaal met soveel as tien persent tot 1980.

Dit volg dus dat daar beslis ook ander faktore moet wees wat nadelig inwerk op die gehalte van die Suid-Afrikaanse Merinowolskeersel.

 

Published

Karoo Agric 2 (1), 13-14