Last update: April 5, 2012 10:21:21 AM E-mail Print

 

Grasdraertermietbestryding in die Karoo

H van Ark 

 

Grasdraertermiete het: as gevolg van intensiewe boerderypraktyke sterk op die voorgrond getree as insekte wat groot skade aan veld kan aanrig. Die bestryding van termiete word beïnvloed deur baie klimaats-. en ander faktore, dog ten spyte daarvan is bestryding tog noodsaaklik.

Swaar besmette veld moet eers teen termiete behandel word om sodoende 'n vinniger herstel te verkry met doeltreffende. beweidingstelsels of rustydperke.

TERMIETE (rysmiere) kan vandag as die ernstigste insekplaag van die Karoo beskou word, In goeie veld wat nog nooit bewei is nie, is termiete beslis voordelig, aangesien hulle ondergrond na die oppervlakte vervoer grondbelugting aanhelp, en plantoorbIyfsels ondergronds vervoer. Die mens het egter met sy boerderypraktyke toestande geskep.waarin die termiete as beskadigende insekte moet leer om 'n doeltreffende voortbestaan te verseker.

Swak beweidingspraktyke kan as die hoofoorsaak van intensiewe veldbeskadiging deur termiete beskou word. terwyl droogtes 'n minder belangrike rol speel. 'n Termietkolonie het onder goeie en baie swak veldtoestande ongeveer dieselfde hoeveelheid voedsel nodig en dit is dus vanselfsprekend dat die skade wat in uitgetrapte veld aangerig word, relatief baie hoër is as in veld wat in 'n goeie toestand verkeer.

Aangesien die mens tot sy eie voordeel die natuurbalans versteur, moet hy ook bereid wees om die gevolge daarvan te dra. Insekbestryding moet dus as lopende uitgawe in die praktyk gesien word en nie as onvoorsiene bykomende uitgawe nie.

Termiete is in staat om enige materiaal wat sellulose bevat, te verorber. Indien hulle geboue binnedring, is muurpapier, boeke en klere dus nie veilig nie.

Hoewel termiete normalerwys nie hout sal aanval nie, is daar tog reeds gevalle bekend waar hulle rakke en kaste in geboue beskadig het, waarskynlik as gevolg van 'n ernstige gebrek aan geskikter voedsel.

Lusern, kleingrane en mielies is ook nie veilig as grasdraertermiete aanwesig is nie, en groot skades in die verband het reeds voorgekom.

 

BESTRYDING

'n Meerjarige gras, gekerf in stukkies van 'n halfduim tot 'n duim, word in 'n oplossing van een pond natriumfluosilikaat in agt gelling water gedoop, uitgesprei op 'n harde oppervlak om te droog, en daarna teen ongeveer vier mudsakke per morg op die besmette oppervlaktes uitgestrooi.

Indien die gras in mandjies gepak word wat presies in 'n 44-gelling-drom pas, sal vinnige en doeltreffende benatting van die gras bewerkstellig word. Nadat 'n mandjie met gras in die gif gedoop is, moet die oortollige gif eers terugloop in die drom. Die gifoplossing moet ook gereeld geroer word, aangesien al die gif nie in die water oplos nie en dus geneig is om af te sak.

 

MOEILIKHEDE BY TOEDIENING

Gras is baie skaars in die Karoo, waarskynlik as gevolg van klimaatstoestande, verkeerde beweidingsmetodes, droogte en termiete. Soms is dit ook moeilik om gras van ander streke te kry, en in sulke gevalle kan gedroogte lusern vir die lokaas gebruik word. Daar moet egter onthou word dat 'n meerjarige gras deur die termiete verkies word, en hierdie verskynsel sorg daarvoor dat die termiete die lokaas beslis doeltreffender versamel as ander los materiaal.

Wind is een van die belangrikste faktore wat in aanmerking geneem moet word by die voorbereiding en toediening van die lokaas. As die lokaas uitgestrooi word om te droog, kan die wind dit in hopies waai en diere kan daaraan vreet en vrek. Dieselfde geld by die toediening van die gif, daar die lokaas in hopies, teen bossies vasgewaai kan word.

As die gras te fyn is of nie goed droog is nie, kan klonte gevorm word wat deur diere opgetel kan word.

Indien die lokaas nie fyn uitgestrooi word nie, kan diere dit ook optel.

Lokaas moet liefs nie gedurende reënmaande uitgestrooi word nie. aangesien reën die gif van die gras kan afwas of selfs die lokaas in hopies of in damme kan spoel. Hertoedienings moet na reën gedoen word as die termietkolonie nog nie gedood of kwynend is nie.

Grasdraertermiete versamel voedsel in bepaalde tydperke en hierdie tydperke word baie beïnvloed deur hoë of lae temperature en reënval.

Ten einde die doeltreffendste bestryding te verkry, sal dit dus wenslik wees om die toedienings te maak gedurende tye wanneer die termiete baie bedrywig is.

In die reël verkies die belangrikste grasdraers, naamlik H. mossambicus, gras vir voedsel, maar groeiende lusern kan ook deur hierdie termiete aangeval word. Bogenoemde lokaas kan ook op lusernlande gebruik word, maar diere moet liefs nie op die lusern wei nie, aangesien vergiftiging kan plaasvind. As die lusern gesny word, moet daar ook gesorg word dat geen lokaasstukkies tussen die lusern kom nie, want dit kan fataal wees. Bespuitingsproewe met dieldrin word tans uitgevoer en hierdie proewe kan moontlik 'n oplossing vir hierdie probleem bied.

Een kolonie Hodotermes mossambicus kan soveel as 16 acre bewei,en indien termiete byvoorbeeld lastig is om en in geboue, moet ‘n uitgestrekte oppervlakte behandel word, om sodoende die spesifieke grens van een kolonie vas te stel.

Aangesien veld wat vir beweidingsdoeleindes gebruik word, oor groot oppervlaktes behandel kan word, is die grense van die verskillende kolonies hier nie so belangrik nie.

 

GRASDRAERTERMIETE IN HOPE

In sekere streke soos De Ghoup in die distrik Beaufort- Wes, word as gevolg van grond- en klimaatsfaktore hope gevorm soos by kolonies Microhodotermes viator. Hierdie kolonies wat 'n baie kleiner versamelgebied het, kan bestry word deur 'n gat in die hoop te kap en dieldrin in die gat te gooi. Die gif loop dan met die gange af na die nes toe, wat onder die grondoppervlakte geleë is, en die termiete word dan so gedood.

Die Langneushooimakers (Trinervitermes sp.) maak hope en hulle neste is binne in die hope geleë. As hierdie hope afgesny word met behulp van 'n span osse en 'n staalkabel, en die ondergrondse deel van die nes word met "Medium Solvent Naphtha" behandel, sal doeltreffende beheer verkry word.

Nadat die gif (ongeveer vyf vloeistofonse per nes) toegedien is, moet die ondergrondse nesdeel met 'n lagie grond bedek word om sodoende te verhoed dat die gifgasse ontsnap.

 

Published

Boerdery in Suid-Afrika 37 (7)