Last update: March 29, 2012 09:32:04 AM E-mail Print

 

PAS DIE GROEPKAMPBENADERING VAN VELDBEHEER TOE

 

G van N du Toit en M Vorster

Grootfontein

 

 

DIE Groepkampbenadering van veldbeheer het ontstaan uit 'n behoefte vir groter buigbaarheid in konvensionele wisselweidingstelsels.

Hierdie benadering behels basies die groepering van die weikampe op 'n plaas in twee, drie of vier groepe. Figuur 1 is 'n voorbeeld van 'n gegroepeerde plaas.

 

 

Die groepe word bewei volgens die ritme van 'n konvensionele wisselweidingstelsel, soos in Tabel1 aangetoon word.

 

 

Groep A word dus in weijaar 1 bewei vanaf September tot einde Januarie en weer vanaf begin Mei tot einde Augustus. In die tyd moet Groep Bros. Groep B word in weijaar 1 vanaf begin Februarie tot einde April bewei terwyl groep A ros. In weijaar 2 word die behandelings omgeruil, terwyl weijaar 3 ooreenstem met weijaar 1. Hierdie aksie word ook groeprotasie genoem. Binne so 'n groep kan die boer sy vee en veldbestuur na eie goeddunke toepas. Die verskuiwing van vee tussen kampe binne 'n groep word kamprotasie genoem.

Die enigste reël wat by die benadering geld is dat 'n groep nie bewei mag word indien die wisselweidingstelsel aantoon dat die groep moet rus nie.

Om die Groepkampbenadering van veldbeheer suksesvol toe te pas is 'n aantal basiese vereistes nodig en sekere stappe moet gevolg word.

 

BASIESE VEREISTES

1 Plaasbeplanning

Die plaas moet volledig beplan wees. Dit behels die afkamp van veldsoorte en erosiekolle en die voorsiening van geleentheidskampies en veesuipings.

 

2 Aantal weikampe

Die ideaal is 4 tot 6 kampe per trap, maar die benadering kan gevolg word met so min as drie kampe per trop. lndien die boer nie aan die minimum vereistes kan voldoen nie, is daar een van twee uitweë oop, naamlik:

Hoe meer weikampe beskikbaar is, hoe meer buigbaar sal die benadering wees.

 

3 Veegetalle

Die veegetalle moet in ooreenstemming met die drakrag van die plaas wees.

 

STAPPE VIR GROEPERING VAN KAMPE

As door aan die basiese vereistes voldoen is, moet die volgende stappe gevolg word om die kampe te groepeer: -

 

1 Veldinventaris

Besoek elke kamp en vul 'n veldinventaris in. Die inligting wat benodig word behels die volgende:-

 

2 Keuse van wisselweidingstelsel

Die keuse van 'n wisselweidingstelsel sol bepaal word deur 3 faktore, naamlik.. -

'n Hele aantal stelsels wat gevolg kan word, is uiteengesit in "Die Kleinveebedryf in Suid-Afrika" deur W J Hugo. Hierdie publikasie is verkrygbaar in landboubiblioteke.

 

3 Groepering van kampe

Die keuse van die wisselweidingstelsel sal die hoeveelheid groepe bepaal. Vir 'n driekampstelsel word drie groepe benodig, terwyl 'n tweekampstelsel twee groepe benodig.

In hierdie verband is daar 6 punte war van belang is.. -

 

UITVOERING VAN DIE GROEPKAMPBENAOERING

Die gekose wisselweidingstelsel kan op 'n skuifkaart aangebring word. Die verskillende groepe kan in verskillende kleure op die plaaskaart aangebring word met die ooreenstemmende kleure ook op die skuifkaart, byvoorbeeld Groep A = blou, Groep B = rooi en Groep C = groen.

Die groepe word nou, soos reeds verduidelik, volgens die gekose wisselweidingstelsel bewei. Om te begin word eerstens bepaal in watter maand met die benadering begin sal word. Dan word die groep op die skuifkaart bepaal. Die vee kan nou in enige van die kampe van die gekose groep geplaas word. Die boer kan ook enige stelsel van veebestuur en veldbestuur in die groep toe pas.

Hier word gedink aan praktyke soos kort weiperiodes, kudde-opvolging, kort vreet van sekere uitgegroeide kampe, brand van veld, doelbewus spaar vir paring, termietbestryding, ens. Ook kan kampe onttrek word van beweiding as gevolg van die voorkoms van gifplante en om probleme soos ongediertes, kapok en verlammingsbosluis te vermy.

In goeie reënseisoene kan slegs enkele kampe bewei word, terwyl die ander rus om 'n voerreserwe vir latere droogtes op te bou.

Indien nodig kan kampe verder onderverdeel word of hergroepeer word sonder veel ontwrigting.

Die enigste probleem is dat 'n kamp of kampe in 'n spesifieke groep vir een of ander rede uitermate oorbelaai mag word. Oorbelading is alleenlik geregverdig indien dit vir 'n spesifieke doel aangewend word, soos byvoorbeeld die kortvreet van uitgegroeide veld. Deur gebruik te maak van skaapweidae kan die nadeel grootliks uitgeskakel word.

 

Published

Karoo Streeknuusbrief Lente 1984