Last update: April 2, 2012 02:51:36 PM E-mail Print

 

KUNSMATIGE GROOTMAAK VAN ANGORABOKLAMMERS

 

L de W Louw

 

DIE oorlewing van bokkies vanaf geboorte tot en 'met speenouderdom bepaal grootliks vandag die winsgewendheid van Angorabokboerdery. Berekenings toon dat die vrektes onder Angorabokkies gedurende die voorspeenperiode jaarliks nagenoeg 20 persent beloop. Ongeveer 85 persent van hierdie vrektes vind gedurende die eerste maand na geboorte plaas.

 

Hierdie sorgwekkende hoe syfer kort na geboorte kan aan die volgende redes toegeskryf word:

 

Ten einde vrektes onder Angorabokkies tot en met speen so laag as moontlik te hou, het dit al hoe belangriker geword om bokkies kunsmatig groot te maak.

 

Probleme ten opsigte van kunsmatige grootmaak van bokkies is die volgende:

 

 

Hierdie probleme kan in 'n groot mate deur doeltreffende bestuur uitgeskakel word. Die volgende aanbevelings ten opsigte van kunsmatige grootmaak van bokkies kan dien as leidraad om die beste resultate te verkry.

Dit is baie belangrik dat elke bokkie binne twee uur na geboorte kolostrum (biesmelk) inneem. Biesmelk dien as bron van al die nodige teenliggaampies vir die pasgebore bokkie. Indien 'n bokkie by geboorte te swak is om te suip, kan die bokooi se biesmelk in 'n skoon houer uitgemelk, en deur middel van 'n kunsspeen of maagbuis vir die bokkie ingegee word. Dit gebeur soms dat daar nie biesmelk vir die pasgebore bokkie beskikbaar is nie. Daarom is dit van groot belang dat kunsbies die eerste twee dae na geboorte teen liggaamstemperatuur (± 38°C aan 'n bokkie voorsien word. Kunsbies bestaande uit twee rou eiers, een teelepel lewertraan, een dessertlepel suiker, een teelepel kasterolie (purgeermiddel vir die verwydering van die dermpik) en 1 500ml melk (bok-, koeimelk of melkvervanger) gee goeie resultate. Daar moet gewaak word teen 'n te hoe kunsbies- of biesmelk-inname, omdat dit by bokkies diarree kan veroorsaak.

Die verskaffing van bok- of koeimelk (verkieslik bokmelk) gedurende die eerste week is 'n goeie praktyk. Sou 'n tekort aan bogenoemde ondervind word, kan melkvervanger vanaf die tweede week teen liggaamstemperatuur voorsien word. Hou in gedagte dat jong bokkies koue melkvervanger aan die begin moeiliker aanvaar.

Bokkies wat reeds ongeveer drie dae aan 'n ooi gesuip het, moet vir ten minste twaalf ure vas voordat hulle aan 'n kunsspeen of voerder gewoond gemaak word. Wanneer die bokkies die kunsspene aanvaar het, moet die melk-inname geleidelik styg tot 'n maksimum by ongeveer vyf weke ouderdom. Beperk daarna die melkinname geleidelik tot 'n minimum by 'n ouderdom van ongeveer 8 tot 10 weke. Bied die melkvervanger tydens hierdie stadium van beperking koud aan. Die rede is dat die bakteriese besmetting van koue melk laer is. Probleme met diarree kan op hierdie manier verminder word. Indien diarree onder bokkies voorkom as gevolg van 'n te hoë melkinname, is dit raadsaam om die melkinname tydelik te verlaag, en antibiotika met lou verdunde melk vir die bokkies in te gee. Deur die daaglikse inname van melkvervanger op 'n basis van 18 persent (vloeibare vorm) van die bokkie se liggaamsgewig te bereken, kan 'n mens diarree as gevolg van 'n te hoë inname tot die minimum beperk.

Verstopping onder bokkies kom ook dikwels voor, en kan noodlottig wees. Behandel hierdie probleem deur gliserien toe te dien by wyse van 'n enema.

Die dieet van bokkies met verkieslik vloeibaar wees gedurende die eerste drie weke na geboorte. Dit is belangrik dat vaste voedingstowwe (byvoorbeeld aanvangsmeel) op 'n ouderdom van 3 tot 4 weke aan bokkies voorsien word. Normale rumenontwikkeling word verkry deurdat hulle daaraan begin peusel. Deur die melkinname op 'n ouderdom van ongeveer vyf weke geleidelik te begin beperk, word die inname van vaste voedingstowwe gestimuleer.

Die verskaffing van aanvangsmeel speel 'n belangrike rol by vroeë speen van bokkies. Bokkies van ongeveer vier tot vyf weke oud reageer beter op groenvoer as op goeie gehalte peulgewashooi wanneer dit ad. lib. voorsien word. Dit kan toegeskryf word daaraan dat beide melkvervanger en aanvangsmeel nog voorsien word, en die bokkies hooi sodoende nie so doeltreffend benut nie. As daar later na goeie gehalte peulgewashooi oorgeslaan word, moet dit liefs in 'n heel of gekerfde vorm wees. Dit is so dat die voerinname van bokkies drasties verminder as die hooi te fyn en stowwerig is.

Navorsers vind dat 'n mens kleinveerasse met 'n inherente hoe melkproduksie se lammers op 'n vroeë ouderdom kan speen. By die Angorabok, met 'n relatief laer melkproduksie, moet die kwessie van speenouderdom versigtig benader word. Die rede is dat goeie melkinname die groei en rumenontwikkeling van die dier stimuleer. Ondervinding het geleer dat die stadium van speen meer beïnvloed word deur die bokkie se liggaamsgewig as sy ouderdom.

Skielike speen bespaar die boer heelwat onkoste, maar kan slegs doeltreffend uitgevoer word indien die inname van aanvangsmeel en groenvoer of peulgewashooi voldoende is. Dit geskied wanneer die melkinname relatief 'n klein hoeveelheid van die daaglikse dieet uitmaak, en die dier 'n sterk vreetdrang toon.

Angorabokkies is suksesvol gespeen op ses tot tien kilogram, dit wil se, twee tot drie maal hul geboortegewig. Die bokkie is dan ongeveer tien weke oud.

By die kunsmatige grootmaak van bokkies is die behandeling teen inwendige parasiete (veral lintwurm) en Koksidiose 'n belangrike bestuursaspek. Mismonsters moet gereeld ontleed word om sodoende die mees doeltreffende doseermiddel te gebruik en onkoste so laag as moontlik te hou. Jong bokkies wat Koksidiose onder lede het, kan suksesvol met Sulphamethazine gedoseer word.

 

 

MELKVERVANGER

Melkvervanger kan suksesvol by die grootmaak van bokkies gebruik word. Dit moet egter aan sekere vereistes voldoen. Daar is gevind dat die totale vastestof-inhoud (droë materiaal van reeds aangemaakte melkvervanger) ongeveer 16 persent moet wees, dit is 160 gram poeier per 1 liter water. Dit stem Doreen met die gemiddelde totale vastestof-inhoud van Angorabokmelk. Indien die totale vastestof-inhoud van melkvervanger 20 persent oorskry, kan dit 'n abnormale hoe waterinname by 'n bokkie tot gevolg he, en sodoende die bokkie se elektrolietbalans benadeel. Die proteïeninhoud van melkvervanger moet ongeveer 28 tot 30 persent wees.

 

AANVANGSMEEL

By die samestelling van 'n aanvangsmeel is die volgende van belang. Die proteïen-inhoud van 'n aanvangsmeel is nie kritiek nie, tensy dit saam met 'n melkvervanger met 'n hoe proteïen-inhoud aan bokkies voorsien word. Die regte kalsium- en fosfaatverhouding is noodsaaklik om die vorming van nier- en blaasstene uit te skakel, of tot 'n minimum te beperk. Die klein bokkie is besonder gevoelig vir koues, en sy energiebehoefte per metaboliese liggaamsgewig is hoër as die van ander kleinvee. Daarom is dit baie belangrik dat die energie-inhoud van aanvangsmeel hoog moet wees.

Sou probleme met verkluiming onder bokkies voorkom, is 'n doeltreffende verwarmer of stoot, binnespierse inspuiting van 30ml Kalsium-boroglukonaat, toediening van glukose met warm melk, of brandewyn met suiker, of tee met suiker deur die bek, alles moontlike hulpmiddels.

Voorbeelde van aanvangsmeel vir Angorabokkies tot ongeveer 8 weke ouderdom is as volg:

 

                                                   A%           B%

Geelmieliemeel                  (a)         70             64

Lusernmeel                      (b)         20             24

Vismeel                                           8             10

Gedefluormeerde kalk                       1               1

Sout                                              1               1

 

(a) Gemaal deur 'n 3,25mm sif

(b) Gemaal deur 'n 6,5mm sif

 

Bogenoemde rantsoen kan ad. lib. (selfvoerder) saam met vars gesnyde lusern (hooirak) of groen aangeplante weiding verskaf word.

Aanvangsmeel kan voor speen of daarna geleidelik met 'n groeimeel, energie-proteïen- of energielek vervang word.

'n Voorbeeld van hierdie groeimeel, proteïen- en energielek vir Angorabokkies van ongeveer 12kg liggaamsgewig (8-10 weke ouderdom) kan as volg saamgestel word:

 

A. Groeimeel                %

Geelmieliemeel             45

Lusernmeel                 50

Vismeel                        5

 

Voorsien daagliks aan elke bokkie 500 tot 600 gram van hierdie rantsoen. Dit gaan gepaard met vrywillige inname van groen aangeplante weiding, groenvoer of lusernhooi.

 

B. Energie-proteïenlek          %

Geel mieliemeel                    35

Lusernmeel                         40

Melasse                              10

Sout                                  15

 

C. Energielek                        %        of         %

Geelmieliemeel                     70                    80

Lusernmeel                          -                       -

Melasse                              10                      -

Sout                                  20                    20

 

Die daaglikse inname per bokkie moet tussen 50 en 100 gram wees. Indien die inname te laag is moet die soutinhoud verlaag word. Verskaf goeie gehalte lusernhooi ad. lib.

Monensin-natrium-preparaat kan by die bogenoemde rantsoen en lekke ingewerk word. Dit is 'n doeltreffende middel om Koksidiose tot die minimum te beperk. (Let wel, dit is uiters giftig en moet streng volgens voorskrif hanteer word). Die regte hoeveelheid moet in die rantsoen ingevoeg word. 'n Bokkie moet slegs 13mg per dag daarvan inkry. Dus moet daar eers bepaal word wat die bokkie se gemiddelde daaglikse inname vir 'n bepaalde rantsoen of lek is voordat dit bygevoeg word. Neem in ag dat Monensin-natrium die inname van 'n lek of rantsoen onderdruk. Verlaag dus die soutinhoud van veral lekke (meer gekonsentreer) as Monensin-natrium bygevoeg word.

'n Energielek kan deur melassestroop vervang word. Gevlekte haar (as gevolg van die stroop) kan tot 'n minimum beperk word, indien dit in 'n houer (± 30cm hoog) deur ‘n drywende plat houtplank (± 6,5mm dik) met 'n gaatjie in die middel en dieselfde deursnee as die houer bedek is.

 

Die nodige fasiliteite om bokkies suksesvol kunsmatig groot te maak is:

 

Vergelykende studies tussen bokkies wat kunsmatig grootgemaak en die wat deur hul moeders gesoog is, is op Grootfontein uitgevoer. Die moeders van voormelde lammers is, soos aangedui in die voetnota onderaan Tabel 2, op verskillende energie- en proteïenvoedingspeile aangehou. Besonderhede van die lammers word ten opsigte van gewigstoename en haarproduksie tot en met vyf-maande ouderdom in Tabel 2 aangedui. Ongeveer 'n week na die geboorte van 'n tweeling, is die swakste bokkie weggeneem en kunsmatig op melkvervanger groot gemaak.

Uit Tabel 2 blyk dit dat, ten spyte van die lae gemiddelde geboortegewig van die melkvervangergroep, hul speengewig goed met die van die twee hoë proteïengroepe vergelyk. Die melkvervangergroep was ook ten spyte van die vroeë ouderdom en ligter liggaamsgewig by speen, nogtans op 5-maande ouderdom heelwat swaarder as die van die veldgroep wat op 'n later ouderdom op die veld gespeen is. Die G.D.T. van die melkvervangergroep tot op 4-weke ouderdom was heelwat laer as die van die twee hoe proteïengroepe. Hierdie tendens kan aan aanpassingsprobleme ten opsigte van die kunsmatige bestuurstoestande toegeskryf word. Kompenserende groei het egter sodanig by die melkvervangergroep ingetree dat slegs die G.D.T. van die HP:HE-groep hoër was.

 

 

Vanuit 'n haarproduksie-oogpunt gesien, toon die resultate van hierdie ondersoek ook dat goeie voeding van die bokkie in 'n groot mate kan kompenseer vir tekorte as gevolg van 'n swak "moeder-invloed". Hierdie siening word ook ondersteun deur die resultate wat ten opsigte van bokkies wat met 'n melkvervanger grootgemaak is, verkry is. Laasgenoemde groep, wat met geboorte die ligste geweeg het, het op 5-maande ouderdom die dikste haarvesels gehad. Daarteenoor was die lengte van die haarvesels heelwat korter as die van die ander proefgroepe. Deurdat die totale ruhaargewig van hierdie bokkies op 5-maande ouderdom slegs ligter was as die van die HP:HE-groep, kan kompenserende haargroei in die vorm van verhoogde veseldikte moontlik die rede wees waarom die haarvesels van hierdie groep die dikste was.

Die voorafgaande dui daarop dat Angoraboklammers wat kunsmatig grootgemaak is, op 'n laer liggaamsgewig suksesvol gespeen kan word. Hulle kan ook dieselfde of hoër haaropbrengs toon as bokkies van ooie op die veld of ander ingekraalde toestande, mits aanvangsmeel en groenvoer vroegtydig aan die bokkie beskikbaar gestel  word.

 

Published

Karoo Agric 1 (3), 21-26