Last update: April 5, 2012 07:15:21 AM E-mail Print

 

Droogtevoer van skape - hoe en wat

Cloete JG, Basson WD & Hugo WJ

 

DIE onlangse droogte wat feitlik landswyd geheers en ongekende afmetings aangeneem het, sal lank onthou word as een van die ergste rampe wat ons land nog getref het.

Sulke periodieke droogtes moet egter beskou word as deel van Suid-Afrika se klimaatspatroon. Dit is dus van die grootste belang dat veral die veeboer in 'n staat van gereedheid moet wees om droogtes te bestry deur:

 

Benut weiveld oordeelkundig

Die natuurlike weiveld bly maar die goedkoopste en belangrikste bron van dierevoedsel. Die bewaring, beskerming en oordeelkundige benutting daarvan, om die veld groeikragtig en meer droogtebestand te maak, moet dus die grondslag vorm van enige program wat vir die bekamping van droogtes beplan word. Van die uiterste belang is dat die veegetalle tot die werklike langtermyndravermoë van die veld beperk word, want ons moet dit nou maar eenmaal te wagte wees dat tye van volopte weer deur tye van skaarste gevolg sal word. Die getalle vee wat die boer aanhou, moet dus altyd met hierdie feit rekening hou.

 

Bou reserwes op

Wanneer omstandighede dit toelaat moet die produksie, aankoop en opberging van voer in enige denkbare vorm die hoogste voorrang op die plaas geniet. Hooi, strooi, mieliestronke, grashooi, pitvoersoorte, kuilvoer, melasse ens kan vir lang tydperke opgeberg word sonder dat hul voedingswaarde noemenswaardig daaronder Jy.

Sulke opgebergde voorrade moet nie as 'n dooie belegging van kapitaal beskou word nie. Inteendeel die voorrade het 'n belangrike kapitaalbesparende waarde wanneer die boer tydens 'n droogte van stapelvoersoorte gebruik moet maak om sy vee aan die lewe te hou.

 

Plant droogtebestande voergewasse

Die meeste boere weet dat turksvye (veral die cochenillebestande soorte) , oumansoutbos en garingboom met goeie gevolg tydens droogtes gebruik kan word. Turksvye kan sowat 160 ton per morg vreetbare materiaal lewer en omdat dit so sappig is kan dit grootliks ook die plek van drinkwater inneem. Die voedingswaarde van turksvye is egter laag en moet dus effens aangevul word wanneer skape hoofsaaklik op turksvyvoeding is.

Omdat dit sout is kan oumansoutbos in die begin miskien probleme oplewer. Skape moet eers wen aan die sout smaak en leer om die bos te vreet. 'n Soutbosplantasie kan egter 'n drakrag van 19 skape per morg vir vier maande van die jaar handhaaf.

Garingboom geniet nog nie die erkenning wat dit verdien nie. Ons wil dit vir u net noem dat 'n boer in die distrik Graaff-Reinet tydens 'n droogte van 1915, 1000 merino-stoetooie aan die lewe gehou het - net op gekerfde garingboomblare.

Bogemelde voergewasse kan gevestig en verbou word onder betreklik droë toestande; daarin veral Iê hul besondere waarde as droogtevoersoorte.

 

Watervoorsiening

Ongeveer twee derdes van die skaap se liggaam bestaan uit water. Dit spreek dus vanself dat volop drinkwater vir skape van die allergrootste belang is. Wanneer hulle nie op turksvye gevoer word en glad nie toegang tot water het nie, kan hulle binne vyf tot tien dae tot 30 pond aan gewig verloor. Hoeveel droë voer 'n skaap sal vreet, hang ten nouste saam met hoeveel water hy drink. Dit help dus nie om die voer te verskaf en nie genoeg drinkwater nie. In die warm somerweer drink skape sowat 5 pinte water per dag.

Voldoende drinkwater op strategiese plekke op die plaas sal voorkom dat die vee onnodige lang afstande loop. Hierdeur word waardevolle energie bespaar en word die beskikbare voervoorrade des te doeltreffender benut.

 

Speen lammers vroeg

Aangesien ooie se voedingsbehoeftes die hoogste is wanneer hulle lammers soog, behoort lammers so vroeg moontlik gespeen te word. Proefwerk het getoon dat lammers suksesvol op agt weke gespeen kan word mits hulle vrye toegang het tot 'n voermengsel wat bestaan uit een deel lusernhooi plus een deel hawer (graan).

 

Belangrike voedingstekorte

Die uiteenlopende geaardheid van die natuurlike weidings in Suid-Afrika bring mee dat daar tydens droogtes verskillende tekorte op verskillende veldsoorte voorkom. Die algemeenste tekort is energie. In die oorwegend grasvelddele kan daar ook tekorte aan proteïene, fosfaat, koper en kobalt voorkom. As gevolg van die hoë kalkgehalte van Karooweidings sal dit nodig wees om veral fosfaat en koper aan te vul. Gedurende langdurige droogtes kan dit ook nodig word om vitamien A aan te vul.

Die samestelling van 'n aantal mineraallekke om hierdie moontlike tekorte aan te vul, is soos volg:

A. Vir die Suurgrasvelddele

Geelmieliemeel of melassemeel - 30pd

Lusernmeel - 35 pd

Mono- of di-kalsiumfosfaat - 7 pd

Sout - 23 pd

Kopersulfaat - ½ ons Mangaansulfaat - ¾ ons

OF

Lusernmeel - 65 pd

Mono- of di-kalsiumfosfaat - 7 pd

Sout - 23 pd

Kopersulfaat - ½ ons Mangaansulfaat - ¾ ons

OF

Geelmieliemeel of melassemeel -65pd

Ureum - 5 pd

Mono- of di-kalsiumfosfaat - 7 pd

Sout - 23 pd

Kopersulfaat - ½ ons Mangaansulfaat - ¾ ons

Van bostaande lekke sal skape ongeveer 6 onse per dag inneem:

B. Vir gemengde veld

Mononatriumfosfaat (waterfos) - 30 pd

Sout - 60 pd

Melasse - 10 pd

Kopersulfaat - 3 onse

Mangaansulfaat - 4 onse

OF

Indien drinkwater gereguleer kan word

10 pd Waterfos per 1,000 gelling water plus wateroplosbare soute van kopersulfaat en mangaansulfaat volgens voorskrif.

Daaglikse inname per skaap is ongeveer ½ ons

C. Vir Karoobossieveld

Mononatriumfosfaat (waterfos) - 30 pd

Sout- 60 pd Melasse -10 pd

Kopersulfaat - 4 onse

OF

Indien drinkwater gereguleer kan word

10 pd Waterfos per 1,000 gelling water plus wateroplosbare kopersulfaat (Salkupro) volgens voorskrif.

lnname is ongeveer ½ ons per skaap per dag.

 

Begin vroegtydig met byvoeding

Die kondisie van die skape sal in 'n groot mate die stadium bepaal waarin met byvoeding begin moet word. 'n Goeie reël is om met byvoeding te begin wanneer skape wat in matige kondisie was, reeds ongeveer 10 tot 15 pond gewig verloor het. Wag die boer totdat die skape te swak is, d. w.s. wanneer hulle meer as 30 persent aan gewig verloor het, kan hy baie van hulle verloor.

Jong aanteelooie, dragtige en lammerooie moet eerste aandag kry. Van ou en minderwaardige diere moet die boer so gou moontlik ontslae raak.

Skape moet nie naby hul suipings gevoer word nie. Deur die byvoeding weg van drinkplekke af te verskaf, word die diere aangemoedig om die nog beskikbare weiding te gebruik. Wanneer die veld egter sodanig verswak het dat dit min of geen voedingswaarde meer het nie, sal dit beter wees om die diere bymekaar te bring in klein kampies wat vir die doel ingerig is, en hulle daar te voer. Hierdeur sal energievermorsing as gevolg van die doellose rondloop van skape uitgeskakel word en die veld teen onnodige uittrapping beskerm word. Dit besnoei ook arbeids- en vervoerkoste.

 

Nie elke dag voer nie

Goeie resultate is behaal deur skape net een of twee keer per week te voer in plaas van om die rantsoen in daaglikse kwotas aan die diere te verskaf. Waar hierdie tegniek gevolg is, is gevind dat minder vrektes voorkom, hoofsaaklik omdat die swakkere diere dan ook geleentheid kry om hul pense behoorlik te vul. Swaar dragtige ooie en lammerooie moet egter verkieslik hul rantsoene in daaglikse kwotas ontvang.

 

VOERSOORTE

Hoewel die beskikbaarheid van voersoorte in 'n belangrike mate bepaal wat gevoer saI word, moet die relatiewe voedingswaarde van voersoorte en ook die koste per voedingseenheld deeglik in ag geneem word. Die voedingswaarde, in terme van netto energiewaarde, van 'n paar algemene voersoorte word in Tabel 1 verstrek.

 

 

Blykens Tabel 1 sal mielies nagenoeg twee keer soveel voedingseenhede verskaf as dieselfde gewig lusernhooi.

Om droogtevoeding so ekonomies moontlik aan te pak moet die prys van die voersoort in verband gebring word met die netto energiewaarde daarvan, d.w.s. mens moet uitreken hoeveel voedingseenhede per eenheid gewig dit verskaf.

Gestel 'n boer het 'n keuse tussen lusernhooi teen Rl8 per ton, mielies teen R34 per ton en bitterlupiene teen R24 per ton. Op grond van die netto energiewaarde van die voersoorte, soos verstrek in Tabel 1, sal die prys (in sente) per voedingseenheid soos volg wees: lusernhooi 2.25c, mielies 2.18c en bitterlupiene 1.56c. Hiervolgens is dit duidelik dat bitterlupiene teen R24 per ton in werklikheid 'n goedkoper voer is as lusernhooi teen R18 per ton.

Die koste - insente per voedingseenheid, soos verskaf deur verskillende voersoorte wat teen verskillende pryse (in rand per ton) bekombaar is, word gerieflikheidshalwe in Tabel 2 verstrek.

 

 

In die geval van ruvoersoorte is voorsiening gemaak vir 'n prysreeks wat wissel van R8 tot R26 per ton. Vir kragvoersoorte wissel die prysreeks van R20 tot R40 per ton.

 

Hoeveel voer ?

Dit spreek vanself dat net 'n klein bietjie byvoeding nodig is as die veld nog in 'n redelike toestand verkeer. Namate die weiding verswak, moet die hoeveelheid byvoeding vermeerder word. Om onder meer te verhoed dat die veld se herstelvermoë beskadig word moet die boer sorg dat die veld nie te veel uitgetrap word nie. Daarom is dit, soos reeds vroeër verduidelik, beter om die skape van die veld te onttrek en hulle in klein kampies op 'n onderhoudsrantsoen te plaas.

In Tabelle 3(a) en 3(b) word droogterantsoene verstrek wat onder die omstandighede hierbo geskets, in die voedingsvereistes van verskillende tipes skape behoort te voorsien.

 

Aanvulling vir skape wat op turksvyvoeding is, word in Tabel 4 aangegee.

Boere moet onthou dat in gevalle waar net pitvoersoorte gebruik word, kalsium in die vorm van landboukalk aan die skape beskikbaar gestel moet word. Verder moet die skape geleidelik aan pitvoersoorte gewoond gemaak word. Hamels en droë ooie kan feitlik net op hooisoorte, soos lusernhooi, gevoer word; maar dit is raadsaam om 'n gedeelte van die lusernhooi deur mielies te vervang in die geval van ooie wat in 'n gevorderde stadium van dragtigheid is. Die rede hiervoor is dat die ontwikkeling van die ongebore lam gedurende die laaste ses weke van dragtigheid, die inname van lywige veselryke voer beperk.

 

Voerfasiliteite

Waar harde grondoppervlaktes op die plaas voorkom soos byvoorbeeld klipbanke of harde panne, kan die pitvoer daar uitgestrooi word en sal geen spesiale voerkrippe nodig wees nie. Skape beskik oor die behendigheid om pitvoersoorte, soos lupiene en heel mielies, maklik van die grond af op te tel. Waak egter daarteen dat die vee nie sand of klein klippies saam met die pitvoer optel nie want dit kan baie nadelig vir hulle wees.

Die pitvoer moet in lang strepe uitgestrooi word. As voerbakke wel gebruik word, moet daar genoeg bakke wees vir al die skape om gelyk toegang tot die voer te hê.

Die voorsiening van skaduwee, veral waar diere in klein voerkampies gevoer word, is van die allergrootste belang. Doeltreffende beskutting teen warm son kan opgerig word van allerhande afvalmateriaal wat normaalweg op enige plaas aangetref word.

TABEL 3(a) - Rantsoene vir byvoeding of veld met aanvang van droogte (Skape nog in 'n redelike goeie kondisie)

 

1. Droë ooie en hamels

(i) Mielies, lupiene, of 'n 50:50 mengsel van mielies en lupiene: 0.19 pd per skaap per dag - d.w.s. 1 sak per 1,000 skape per dag, d.w.s. 6¾ sakke per 1,000 skape per week.

(ii) Lusernhooi (1ste graad): 0.38 pd per skaap per dag - d.w.s. 5½ bale per 1,000 skape per dag, d.w.s. 38 bale per 1,000 skape per week.

(iii) Lusernhooi (swak): 0.44 pd per skaap per dag - d.w.s. 6 bale per 1,000 skape per dag, d.w.s. 44 bale per 1,000 skape per week.

(iv) Mielies en lusernhooi (50:50): 0.09 pd mielies en 0.19 pd lusernhooi per skaap per per dag- d.w.s. ½ sak mielies en 2¾ bale lusernhooi per 1,000 skape per dag d.w.s. 3¼ sak mielies en 19 bale lusernhooi per 1,000 skape per week.

 

2. Lammerooie

(i) Mielies, lupiene, of 'n 50:50 mengsel van mielies en lupiene: 0.33 pd per ooi per dag - d.w.s. 1¾ sak per 1,000 ooie per dag.

(ii) Lusernhooi (1ste graad): 0.66 pd per ooi per dag ; d.w.s. 9½ bale per 1,000 ooie per dag.

(iii) Lusernhooi (swak): 0.77 pd per ooi per dag - d.w.s. 11 bale per 1,000 ooie per dag

(iv) Mielies en lusernhooi (50:50): 0.16 pd mielies en 0.33 pd lusernhooi per ooi per dag d.w.s. ¾ sak mielies en 4¾ bale lusernhooi per 1,000 ooie per dag.

TABEL 3 (b) - Onderhoudsrantsoene vir skape wat geheel en al van byvoeding afhanklik is.

 

1. Droë ooie en hamels

(i) 1½ pd lusernhooi per skaap per dag- d.w.s. 21½ bale lusernhooi per 1,000 skape per dag, d. w .s. 150 bale lusernhooi per 1,000 skape per week.

(ii) 1 pd lusernhooi plus 0.28 pd lupiene per skaap per dag - d.w.s. 14 bale lusernhooi plus 1 sak lupiene per 1,000 skape per dag, d.w.s: 100 bale lusernhooi plus 9 sak lupiene per 1,000skape per week.

(iii) 1 pd lusernhooi plus .0:26 lb mielies per skaap per dag - d.w.s. 14 bale lusernhooi plus 1½ sak mielies per 1,000 skape per dag, d.w.s. 100 bale lusernhooi plus 9 sak mielies per 1,000 skape per week.

(iv) ½ pd lusernhooi plus 0.53 pd lupiene per skaap per dag - d.w.s. 7 bale lusernhooi plus 2¾ sak lupiene per 1,000 skape per dag, d.w.s. 50 bale lusernhooi plus 18¾ sak lupiene per 1,000 skape per week.

(v) ½ pd lusernhooi plus 0.52 pd mielies per skaap per dag- d. w .s. 7 bale lusernhooi plus 2¾ sak mielies per 1,000 skape per dag, d. w.s. 50 bale lusernhooi plus 18¾ sak mielies per 1,000 skape per week.

 

2. Ooie met Lammers

(i) 2½ pd lusernhooi per dag - d.w:s. 35¾ bale lusernhooi per 1,000 skape per dag, d. w.s. 250 bale lusernhooi per 1,000 skape per week.

(ii) 1½ pd lusernhooi plus 0.53 pd lupiene per skaap per dag d.w.s. 21½ bale lusernhooi plus 2¾ sak lupiene per 1,000 skape per dag, d.w.s. 150 bale lusernhooi plus 18¾ sak lupiene per 1,000 skape per week.

(iii) 1½ pd lusernhooi plus 0.52 pd mielies per skaap per dag d.w.s. 21½, bale lusernhooi plus 2¼ sak mielies per 1,000 skape per dag 150 bale lusernhooi plus 18¾ sak mielies per 1,000. skape per week.,

(iv) 1 pd lusernhooi plus 0.80 pd lupiene per skaap per dag - d.w.s. 14 bale lusernhooi plus 4 sakke lupiene per 1,000 skape per dag, d. w.s. 100 bale lusernhooi plus 28 sakke lupiene per 1,000 skape per week.

(v) 1 pd lusernhooi plus 0.78 pd mielies per skaap per dag - d.w.s. 14 bale lusernhooi plus 4 sakke mielies per 1,000 skape per dag, d. w .s. 100 bale lusernhooi plus 27¼ sakke mielies per ,000 skape per week.

As basis vir bostaande berekening is gebruik:

70 pd per baal as gewig van lusernhooi 200 pd per sak as gewig van mielies 200 pd per sak as gewig van lupiene.

TABEL 4 - Rantsoene vir byvoeding waar turksvye beskikbaar is (Turksvye word ad lib gevoer)

 

1. Droë ooie en hamels

(i) Mielies, lupiene, of 'n 50:50 mengsel van lupiene en mielies: 0.56 pd per skaap per dag - d.w.s. 2¾ sakke per 1,000 skape per dag, d.w.s. 19¾ sakke per 1,000 skape per week.

(ii) Lusernhooi (1ste graad): 0.5 pd per skaap per dag - d. w .s. 7 bale per 1,000 skape per dag, d.w.s. 50 bale per 1,000 skape per week.

(iii) Lusernhooi (swak): 0.6 pd per skaap per dag - d.w.s. 8¾ bale per 1,000 skape per dag, d.w.s. 60 bale per 1,000 skape per week.

(iv) Lusernhooi en mielies (50:50): 0.28 pd mielies en 0.25 pd lusern per skaap per dag - d.w.s. 1½ sak mielies en 3¾ bale lusernhooi per 1,000 skape per dag, d.w.s. 9¾ sakke mielies en 25 bale lusernhooi per 1,000 skape per week.

 

2. Lammerooie

(i) Mielies, lupiene, of 'n 50:50 mengsel van mielies en lupiene: 0.98 pd per ooi per dag - d.w.s. 5 sakke per 1,000 ooie per dag.

(ii) Lusernhooi (1ste graad): 1.5 pd per ooi per dag - d.w.s. 21½ bale per 1,000 ooie per dag.

(iii) Lusernhooi (swak): 1.8 pd per ooi per dag - d.w.s. 25¾ bale per 1,000 ooie per dag.

(iv) Lusernhooi en mielies (50:50): 0.49 pd mielies en 0.75 pd lusernhooi per ooi per dag - d.w.s. 2½ sakke mielies en 10¾ bale lusernhooi per 1,000 ooie per dag.

 

Published

Boerdery in Suid-Afrika 42 (4)