Last update: August 15, 2011 10:36:56 AM E-mail Print

 

ONDERSOEK NA DIE HULPBRONSITUASIE, EKONOMIESE EN FINANSIëLE POSISIE VAN BOERE IN DIE KERNRAMPDROOGTEGEBIED IN DIE JANSENVILLE- VOORLIGTINGSWYK

N van Loggerenberg

 

'n Boerderyopname is gedurende 1992 in die distrikte Jansenville en Steytlerville gedoen na aanleiding van die ernstige droogte wat daar geheers het en die gevolglike invloed daarvan op die hulpbronne asook die verswakkende finansiële posisie van die boere.

'n Taakspan is daarna in opdrag van die direkteur van Grootfontein Landbou-ontwikkellingsinstituut saamgestel om 'n situasiebepaling van die hulpbronne en die finansiële posisie van boere te doen en 'n verslag daaroor uit te bring. Mnr. Johan Kirsten, assistent-direkteur: Voorligting, Beaufort-Wes, het opgetree as sameroeper van die taakspan en hy is bygestaan deur mnre. Willem Botha van Grootfontein LOI, Kobus Crouse en Stanley Ferreira van die JansenviIIe-voorligtingskantoor en Nico van Loggerenberg en Frik Coetzee van die Direktoraat Landbou-ekonomie op Grootfontein.

 

Boerderystruktuur

Boerderye word hoofsaaklik deur eienaars bedryf en daar word min van huurgrond gebruik gemaak. Meer as die helfte van die boere in die gebied boer op boerdery-eenhede wat kleiner as 2 500 ha is. Met inagneming van huidige weikapasiteite kan hierdie boere minder as 1 000 kleinvee-eenhede aanhou.

Die belangrikste plantegroeitipes wat voorkom, is: karooveld34,5%, bosstruikveld 29,3 % en noorsveld 25,5 %.

Hoof veevertakkings wat beoefen word, is hoofsaaklik Angorabokke (60 %), gevolg deur wolskape en dan vleisskape. Wolskape kom veral op die groter boerdery-eenhede voor terwyl vleisskape op die kleiner boerderyeenhede oorheersend is.

Die infrastruktuur vir weiveldbeheer (veewatervoorsiening, aantal weikampe per trop en skeiding van veldsoorte) is in baie gevalle onvoldoende. Dit kan doeltreffende veldbestuur belemmer.

 

Hulpbronsituasie

Die uitwerking van die uiters lae en oneffektiewe reën gedurende 1990 was dat baie van die gebied se plante dood is. 'n Veldopname het getoon dat die persentasie meerjarige lewende plante in die kern rampdroogtegebied tussen 43 en 46 % is. Die veldtoestand gemeet aan die hoë persentasie plantvrektes, kan tot toenemende erosie lei.

Ekonomiese en finansiële posisie van boere in die kern rampdroogtegebied tydens die rampdroogte-hulpskema

Die opname het getoon dat ongeveer 85 % van die boere deelneem aan die rampdroogte-hulpskema waarvolgens boere ten minste een derde van hul aantal kleinvee-eenhede volgens departementele drakrag moet verminder om te kwalifiseer vir droogtesubsidie. Droogtesubsidie se bydrae tot die totale inkomste het gewissel tussen 22 en 47%.

Data wat van boere verkry is, is met behulp van die OORLEEF-program van die Direktoraat Landbou-ekonomie verwerk. Ontledings het getoon dat totale

inkomste voldoende is om boerdery uitgawes en huishoudelike uitgawes na te kom, maar dat boere met vaste finansiële verpligtinge (rente en delging van skuld) moeilik die verpligtinge kan nakom. Hoë voerkoste en lae produkpryse gedurende die rampdroogtetoestande het groot druk op die finansiële vermoë van boere geplaas.

Die effek van die opheffing van die ramp-droogtehulpskema op die ekonomiese en finansiële posisie van boere

Ontledings het getoon dat boere met die opheffing van die ramp-droogtehulpskema, ten spyte van baie laer voerkoste, drastiese kontantvloeiprobleme sal ondervind weens minder bemarkbare vee asook 'n verdere inkomsteverlaging omdat hulle geen droogtesubsidie sal ontyang nie. Genoemde faktore sa! groot druk op boere plaas om op kort termyn finansiële verpligtinge na te kom.

Strategieë wat boere kan volg na opheffing van die rampdroogte-hulpskema:

Uit die begrotings blyk dit dat die opsie om vee aan te koop met byvoorbeeld 'n Landbanklening (Ieningstermyn 7 jaar en rentekoers 15,5 %) die beste opsie kan wees indien die boer oor voldoende kredietwaardigheid beskik.

 

Strategie vir veldherstel

Twee strategieë vir veldherstel is geëvalueer, naamlik:

Begrotings met behulp van die OORLEEF-program dui daarop dat boere wie se weikapasiteit met 'n derde verminder het boerdery-uitgawes en huishoudelike uitgawes sal kan nakom (hoofsaaklik weens beter produkpryse wat intussen gerealiseer het en baie laer voerkoste), maar dat veral kleiner boere vaste finansiële verpligtinge nag moeilik kan nakom. Indien steeds voortgegaan word met die rampdroogte-hulpskema word daar deurgaans 'n positiewe netto besteebare inkomste verkry indien die skuldlas nie te hoog is nie.

Veldherstel moet die hoogste prioriteit geniet en dit is net moontlik met 'n verlaging van veegetalle. Die enigste alternatief wat finansieel haalbaar is vir boere is dat in plaas van onlysting na goeie reëns, 'n veldherstelskema met 'n voldoende insentief vir vee-onttrekking in die afgebakende gebied vir 'n bepaalde tydperk voortgesit word.

 

Published

Karoo streeknuusbrief 2