Last update: August 16, 2011 02:54:30 PM E-mail Print

 

PROSOPIS - ONKRUID OF INDRINGER?

 

J.L. Vosloo - direkteur: Direktoraat Hulpbronbewaring,

Pretoria

 

OORSPRONKLIK is slegs die term onkruid gebruik en is slegs klem gelê op vreemde plante. Dit is nog steeds so. Met indringerplante word bedoel vreemde plante wat om die een of ander rede verdig en waar optrede nodig is om die produksiepotensiaal van die grond te behou. Daar is 'n verbod geplaas op die verspreiding van onkruid.

Tans is daar 'n hele aantal vreemde plante wat as indringerplante verklaar is en wat in werklikheid as onkruide beskou moet word. Prosopis is tans 'n indringerplant en nie 'n onkruid nie, omdat daar tot dusver geen optrede beoog is nie en omdat daar nie voldoende personeel beskikbaar was om enige optrede moontlik te maak nie. Die toestand het nou drasties verbeter en meer personeel sal eersdaags beskikbaar wees.

 

Prosopis moet tot onkruid verklaar word voordat boere enige geldelike hulp vir bestryding kan kry. Dit sal moontlik ook net in sekere gebiede as onkruid verklaar word.

 

Published

Karoo Streeknuusbrief, No 2, 1992