Last update: March 26, 2012 11:33:40 AM E-mail Print

 

Navorsing op die Angorabokproefplaas te Jansenville

 

P D Grobbelaar & F C Hayward

Diereproduksienavorsing

Landboukollege Grootfontein

Privaatsak X529

MIDELBURG K P

5900

 

Tans word agt navorsingsfasette op die Jansenvilleproefplaas uitgevoer. Ses fasette handel oor die produksie van Angorabokke en die eienskappe van Angorabokhaar. Een faset gaan oor die bepaling van veeverhoudings in die Noorsveld terwyl 'n ander faset oor interne- en eksterne parasiete by Angorabokke handel. Laasgenoemde faset word deur die Bosluisnavorsingseenheid van die Universiteit Rhodes, in samewerking met die Karoostreek, uitgevoer.

 

FASETTITEL: TEELTVERBETERING VAN DIE ANGORABOK: SELEKSIE VIR VRUGBAARHEID EN HAARPRODUKSIE

Die doel van hierdie faset was om die vrugbaarheid en haarproduksie van die Angorabokkudde te Jansenvilleproefplaas deur seleksie te verbeter. Weens die aankoop van ramme en die skenking van 'n aantal ooie deur die Angorabokbedryf, beantwoord hierdie faset nie meer aan sy oorspronklike doel nie. Uit al die beskikbare diere op die proefplaas en die geskenkte diere, kon 'n eerste kudde van 150 diere geselekteer word waarvan 112 uit die bestaande kudde van 38 uit die geskenkte groep afkomstig is. Van hierdie kudde word vir opleidingsdoeleindes aangewend terwyl die res van die diere uitsluitlik vir proefdoeleindes gebruik word.

 

FASETTITEL TEELTVERBETERING VAN DIE ANGORABOK: INVLOED VAN OUDERDOM OP PRODUKSW EN EIENSKAPPE VAN BOKHAAR

Die doel van hierdie faset is om die invloed van die veroudering van die Angorabok op haarproduksie en die fisiese eienskappe van die vesels vas te stel. Hierdie faset is alreeds vir 93 maande onder veldtoestande aan die gang. Ooie, kapaters en ramme word in die ondersoek gebruik.

 

LIGGA AMSMASSA

Dit blyk dat onder veldtoestande (Sukkulente Bergstruikveld) die ooie en ramme op ongeveer 60 maande ouderdom in massa begin stabiliseer. Die kapaters neem nag steeds effens in massa toe. By die Merino is gevind dat onder ad lib toestande ooie en ramme hul maksimum liggaamsmassa tussen 24 en 36 maande bereik. Die Angora-ooie, -kapaters en -ramme weeg op 85 maande ouderdom onderskeidelik 41,0; 58,9; en 58,1 kg (Tabel 1).

 

RU- EN SKOONHAAR

Die gemiddelde jaarlikse ru-haarproduksie van ooie, kapaters en ramme op ongeveer 7 jaar ouderdom is 3,5; 4,6; en 4,9 kg onderskeidelik (Tabel 1). Seisoenale skommelings kom voor, maar oor jare is daar 'n kurviliniêre verband gevind en blyk dit dat Angorabokke 'n maksimum ru- en skoonhaarproduksie onder veldtoestande op 'n ouderdom van tussen 3 en 4 jaar bereik. Merinoskape daarenteen bereik onder ad lib toestande hul maksimum produksie tussen 2 en 3 jaar en onder veldtoestande ietwat later op ongeveer 3,5 jaar ouderdom.

 

VESELDIKTE

Dit blyk dat wat veseldikte betref, al drie die geslagsgroepe onder veldtoestande hul maksimum dikte tussen 48 en 60 maande ouderdom bereik waarna die dikte geleidelik afneem. Die gemiddelde veseldikte van die ooie, kapaters en ramme op die ouderdom van 85 maande word in Tabel 1 aangetoon en is onderskeidelik 38,0; 41,4; en 42.5 mikron.

 

KEMP-/EGTE HAARVESELS

Die voorkoms van egte kempvesels by die eksperimentele groepe bly relatief gering en is gemiddeld deurgaans minder as een persent (Tabel 1). Die persentasie kemp toon ook geen toename nie, behalwe in die geval van die ramme waar dit met ongeveer 'n halwe persent met ouderdom toegeneem het. Die persentasie gemeduleerde vesels bly relatief konstant met 'n groter seisoensvariasie. Ramme neig om oor die algemeen 'n groter persentasie gemeduleerde vesels te besit. Geslagsverskille is meestal gering en inkonsekwent indien dit voorkom.

As gevolg van die lae voorkoms van kemp en gemeduleerde vesels, is die persentasie egte haarvesels vir die drie geslagsgroepe redelik hoog ongeveer 97 persent (Tabel 1). Omrede die ramme 'n groter persentasie gemeduleerde vesels besit, is die persentasie egte haar dus ook ongeveer een persent minder as vir die ander twee geslagte.

 

FASETTITEL: KLEINVEE; DIE INVLOED VAN ENERGIEBYVOEDING OP PRODUKSIE EN GEHALTE VAN HAAR DEUR ANGORABOKKE OP SUKKULENTE BERGSTRUIKVELD IN DIE KAROO EN ARIEDE GEBIEDE GEPRODUSEER

FASETTITEL; KLEINVEE: DIE INVLOED VAN ENERGIEBYVOEDING BY ANGORABOKKE OP SUKKULENTE BERGSTRUIKVELD IN DIE KAROO EN ARIEDE GEBIEDE

Die doel van hierdie twee fasette is om die invloed van verskillende peile van energiebyvoeding, strategies voorsien, op produksie en reproduksie van Angorabokooie en die haarproduksie en haareienskappe van Angorabokooie en hul lammers wat op die Noorsvlakte wei te bepaal. Vir hierdie doel is 150 ooie ewekansig in 3 groepe van 50 elk verdeel. 'n Beweidingsdruk van 1,7 ha per bok word gehandhaaf.

Diere word elke 14 dae geweeg. Midribhaarmonsters word gedurende normale 4 maande skeertye naamlik Maart Julie en November van aIle proefdiere gene em en vir ontleding van die verskillende haareienskappe gebruik. Ooie word gepaar gedurende Mei en lam gedurende Oktober terwyl die kleinbokkies op ongeveer 4 maande ouderdom gespeen word.

Die volgende behandelings word toegepas :

 

Groep                         Byvoeding per bok per dag

1 (Kontrole)                Geen

2                               300 g sjokolademielies

3                               600 g sjokolademielies

 

Byvoeding word strategies aan die ooie voorsien en wel gedurende die volgende tydperke :

Tydperk (weke)              Fisiologiese stadium

  2                                   Voor paring

  6                                   Gedurende paartyd

  4                                   Laat dragtigheid

12                                   Laktasie

Lammers ontvang vir 32 weke na speen byvoeding, met ander woorde tot en met die derde skeer (± 12 maande ouderdom).

 

OOIE

Die gemiddelde liggaamsmassa (kg) van die ooie tydens skeertye word in Tabel 2 aangetoon. Daarvolgens is dit duidelik dat die liggaamsmassa tussen die verskillende groepe nie baie verskil me. Volgens verwagting moes die ooie van Groep 3 wat 600 g sjokolademielies per bok per dag ontvang het, beter as die kontrole (Groep 1) en die 300 g sjokolademielies (Groep 2) gevaar het. Na lamtyd (November) het Groep 2 hoogs betekenisvol swaarder as Groep 1 en 3 geweeg, ongeveer 3,3 kg, terwyl na speentyd (Maart) het die 600 g mieliegroep weer betekenisvol swaarder as die ander twee groepe geweeg, ongeveer 2,5 kg.

 

 

SKOONHAARMASSA

Die gemiddelde skoonhaarmassa (kg) van die ooie in die verskillende groepe tydens skeertye word in Tabel 3 aangetoon. Daar word geen betekenisvolle verskille binne skeertye tussen groepe aangetref nie. Volgens Tabel 3 is dit duidelik dat dragtigheid en laktasie 'n merkbare invloed op haarmassa het. 'n Gemiddelde verskil van ongeveer 0,4 kg per bok is tydens dragtigheid gevind, terwyl tydens laktasie 'n verskil van slegs 0,2 kg gevind is. Die kleiner verskil tydens laktasie kan te wyte wees aan die feit dat Groepe 2 en 3 vir die volle laktasieperiode mieliebyvoeding ontvang het, terwyl tydens dragtigheid slegs mielies aan groepe 2 en 3 gevoer is en wel gedurende die laaste derde van dragtigheid. Die kontrolegroep wat geen byvoeding ontvang het nie, het nie baie minder haar geproduseer as die twee byvoedingsgroepe nie.

 

VESELDIKTE

In Tabel 4 word die gemiddelde veseldiktes van die grootbokhaar vir die verskillende skeertye aangetoon. Binne die verskillende skeertye bestaan daar geen betekenisvolle verskille tussen die groepe nie. Tydens die laktasieperiode het die gemiddelde veseldikte van die haar met ongeveer een mikron afgeneem. Die kontrolegroepe wat geen byvoeding ontvang het nie, se veseldiktes is dieselfde as die van die byvoedingsgroepe.

 

KLEINBOKKIES

Die kleinbokkies is gespeen op ouderdom 4 maande en is op ongeveer 5 maande ouderdom geskeer. Ten opsigte van die kleinbokkies kan die volgende genoem word:

 

LIGGAAMSMASSA

Die gemiddelde liggaamsmassa van die kleinbokkies in die verskillende groepe op ouderdom 5 maande word in Tabel 5 aangetoon. Dit blyk dat Groep 3 se kleinbokkies hoogs betekenisvol 3,2 kg swaarder weeg as die van die kontrolegroep en betekenisvol,8 kg swaarder weeg as die van Groep 2. lndien die tweelinge se gemiddelde liggaamsmassas apart bereken word (sonder korreksiefaktore) is gevind dat daar by Groepe 1 en 3 slegs 1 kg verskil is tussen die gemiddelde liggaamsmassa van enkelinge en tweelinge (Tabel 7). By Groep 2 is geen verskille gevind tussen enkelinge en tweelinge nie.

 

SKOONHAARMASSA

In Tabel 6 word die gemiddelde skoonhaarmassa van die kleinbokkies aangetoon. Slegs by Groep 3 kon 'n betekenisvolle verskil waargeneem word en wel dat hierdie groep se gemiddelde skoonhaarmassa 0,29 kg swaarder was as die van Groep 1. Die skoonhaarmassa van 1984 se speenbokkies was ook ongeveer 0,25 kg per bokkie swaarder as vir die vorige jaar. Hierdie toename in skoonhaarmassa is grootliks die gevolg van 'n toename in gemiddelde veseldikte (Tabel 6) vanaf ongeveer 24 mikron na 28 mikron en 'n gemiddelde toename in reguitlengte van 1,6 cm teenoor die vorige jaar (1983) se bokkies.

 

VESELDIKTE

Die gemiddelde veseldikte van die kleinbokkiehaar word in Tabel 6 aangetoon. Daarvolgens blyk dit dat daar geen betekenisvolle verskille in veseldikte tussen die verskillende behandelingsgroepe voorgekom het nie. Die gemiddelde veseldiktes van die vorige jaar (1983) se speenbokkies was 23 tot 25 mikron, teenoor die 28 tot 29 mikron van 1984 se speenbokkies (Tabel 6).

 

FASETTITEL : KLEINVEE: DIE INVLOED VAN ENERGIEBYVOEDING SAAM MET GEKAPTE NOORS OP DIE MASSA EN KW ALITEIT VAN HAAR DEUR DROë ANGORABOKKE IN DIE KAROO EN ARIEDE GEBIEDE GEPRODUSEER

FASETTITEL: KLEINVEE : BEPALING VAN DIE OPTIMALE PEIL VAN ENERGIEBYVOEDING AAN DROë ANGORABOKKE OP GEKERFDE NOORS IN DIE KAROO EN ARIEDE GEBIEDE

Die doel van hierdie twee fasette is om die optimale peil van byvoeding aan droë Angorabokke op gekerfde droë Noors te bepaal, sowel as om die invloed daarvan op die massa en kwaliteit van die haar geproduseer te bepaal.

Om hierdie doel te bereik is 36 volwasse Angorabokkapaters gebruik wat in 6 groepe van 6 diere elk verdeel is. Twee kontrolegroepe is gebruik met een groep wat slegs droë gemaalde Noors ad lib ontvang het, terwyl die ander kontrolegroep en die oorblywende groepe droë gemaalde Noors wat met 5 persent Kalori 3 000 behandel is ad lib ontvang het. Verder het die ander vier groepe onderskeidelik 200, 300, 400 en 500 g sjokolademielies per bok per dag ontvang. Die diere het vir vier maande bogenoemde behandelings ontvang.

Hierdie faset is onlangs afgehandel en die resultate word tans verwerk. Voorlopige resultate en afleidings is as volg:

 

FASETTITEL VELD: BEPALING VAN VEEVERHOUDINGS IN DIE NOORSVELD VOLGENS DIEETSELEKSIE DEUR ANGORA- EN BOERBOKKE EN MERINO- EN DORPERSKAPE

Die doel van hierdie faset is om die dieetseleksie deur Angorabokke, Boerbokke, Dorper- en Merinoskape, op Noorsveld, gedurende verskillende seisoene van die jaar te bepaal ten einde die oorvleueling in dieetseleksie van die verskillende diersoorte te bepaal. Sodoende sal die verhouding waarin hierdie diersoorte op Noorsveld aangehou kan word bepaal word.

 

DIERE

Vyf oesofagiaal gefistilleerde diere van elke geslag van die vier genoemde rasse word gebruik.

Monsterneming vind elke drie maande vir vier agtereenvolgende dae plaas. Die volgende bepalings word gedoen :

  1. Botaniese  same stelling van die dieet van die proefdiere
  2. Botaniese samestelling van die veld deur middel van plantopnames
  3. Hoeveelheid plantmateriaal beskikbaar aan die diere deur middel van snyproewe

Die resultate van die monsterneming word in Tabel 7 aangetoon.

 

Soos verwag is, het die dieet van die diere varieer tydens die verskillende seisoene. Gras het byvoorbeeld gedurende die somer die grootste gedeelte van die dieet van beide geslagte uitgemaak

Die minder smaaklike bossies het gedurende die herfs en winter die grootste deel van die dieet van die ooie uitgemaak. Veral Monechma pseudopetalum en Pentzia incana was baie gesog. Hierteenoor het die kapaters gedurende die winter op smaaklike struike, in besonder Grewia robusta, gekonsentreer. Die kapaters het gedurende die herfs bykans gelyke hoeveelhede smaaklike en minder smaaklike bossies, smaaklike struike en gras geselekteer. Helichrysum rosum, Grewia robusta en gras was die belangrikste enkele bydraers tot die dieet van die kapaters tydens die betrokke seisoen.

 

FASETTITEL: 'n OPNAME VAN INWENDIGE EN UITWENDIGE PARASIETE VAN ANGORABOKKE OP DIE JANSENVILLEPROEFPLAAS

Hierdie faset het onlangs begin en word deur die Universiteit van Rhodes se bosluisnavorsingseenheid uitgevoer. Geen resultate is nog beskikbaar nie.

 

'n OPNAME VAN KOKSIDIOSE BY BEHANDELDEANGORABOKKE

Aangesien koksidiose by diere 'n wesenlike probleem kan word, is daar besluit om die diere wat alreeds in die een faset gebruik word, te gebruik in hierdie ondersoek. Drie groepe diere word gebruik waarvan twee groepe verskillende peile van sjokolademielies, wat 'n teenmiddel vir koksidiose bevat, ontvang. Die kontrole groep kry slegs veldweiding in die Noorsvlakte.

Elke veertien dae word mismonsters van die diere gene em en na die Veterinêre Streekslaboratorium op Middelburg gestuur vir koksidiose-eiertellings. Hierdie opname het begin op 1985.06.22. Die hoogste eiertellings tot dusver was 2 400 by die kontrole groep. AI die tellings is betreklik laag.

 

Published

Karoo Agric 3 (7), 31-35