Last update: April 5, 2012 09:55:12 AM E-mail Print

 

KAROO EN OOS-KAAP -  Die land se Jersey-vesting

FCT Coetzee 

 

DIE Jerseybeesras het betreklik onlangs eers in Suid-Afrika bekend geword. Die eerste Jerseys is slegs tagtig jaar gelede van Jersey-eiland ingevoer. Die baanbreker was mnr. Adriaan van der Byl van die plaas Roodebloem naby Mowbray in die Kaap.

Vandag is die ras die tweede belangrikste suiwelras in Suid-Afrika. Die feit dat die ras ; hierdie onderskeiding behaal het ten spyte van vooroordeel en strawwe mededinging, bewys dat dit sekere eienskappe besit wat dit gewild maak onder die boere, selfs in die mees onherbergsame dele van ons land.

Dit is seker nie onvanpas om bier melding te maak van die besondere rol wat die Landboukollege Elsenburg gespeel het in die ontwikkeling en verspreiding van die Jersey nie. Elsenburg is die eerste staatsinrigting wat 'n Jerseykudde gehad het. Dit is vandag die oudste geregistreerde kudde in die land, en melkrekords is gehou sedert die ontstaan van die kudde.

Die kudde is in Januarie 1901 begin met ses verse, almal dogters van die bul Bridegroom no.1. Vol. 1, S.A.S.B. en afkomstig van die kudde van mnr. Van der Byl. Baie jare lank het die Elsenburgse kudde teelmateriaal voorsien aan die beste telers van daardie tyd, ook die in die Karoo. Later het Elsenburg ook diere na Grootfontein oorgeplaas waar hulle 'n belangrike rol in die vestiging van die kudde van hierdie inrigting gespeel het.

 

EERSTE STOETTELERS

Sover bekend, was die eerste stoettelers van Jerseys in die Karoo en Oos-Kaapstreek die broers Wright van Westoe, Highlands. Hulle het in 1897 vier verse en 'n bul van Jersey-eiland ingevoer. Daarna het verskeie telers na vore getree, onder andere mnre. Rayner en Roberts van Mortimer wat in 1905 Vyf Jerseys van Argentinië ingevoer het. In 1922 het wyle mnr. Walter Rubidge van Graaff-Reinet die rekordprys van R241.50 vir 'n 14 maand oue bulletjie, Elsenburg Gloy 151, betaal.

In 1924 het die broers Wright drie koeie van Elsenburg gekoop wat die grondslag gevorm het van die beroemde Westoe-kudde. Mettertyd het die ras sodanig ontwikkel en versprei in die streek dat baie van die heel beste kuddes hier voorgekom het. Selfs vandag nog speel die Karoo en Oos-Kaapstreek 'n besondere rol, nie alleen in Jersey-stoetteling van die land nie, maar ook in die stoetteling van aIle veerasse.

 

EKONOMIESE RAS

Weens die gunstige geografiese ligging van die streek, en ook weens die klimaats- en voedingsomstandighede wat in die Karoo en aangrensende gebiede heers, het die streek ook 'n besondere rol gespeel in die algemene aanvaarding van die Jerseyras as 'n ekonomiese suiwelras.

Dit is algemeen bekend dat die klimaat en die voedingsomstandighede op Jersey-eiland baie gunstig vir melkbeesboerdery is. Omdat die klimaat en voedingsomstandighede in die Westelike Provinsie heelwat ooreenstemming toon met die van Jersey-eiland, is dit dus nie verbasend dat die ras aldaar aangepas en gewild geword het nie.

Toe die skraalgeboude Jersey egter uitbrei na die Karoostreek, en te doen kry met uiterste temperature, swak voedingstoestande en endemiese siektes, het baie boere hul koppe bedenklik geskud. Die Jersey het egter sy vuurproef skitterend deurstaan en selfs gedy onder hierdie vreemde en ongunstige toestande. Dit het die Jerseyras se naam gemaak! Hoewel die Karoo en Oos-Kaap nie beskou kon word as die bakermat van Jersey-stoetteling in Suid-Afrika nie, kan daar met oortuiging gesê word dat die Jerseyras homself hier, op sy pad na die binneland, bewys het en sy posisie gekonsolideer het, en uit hierdie vesting die res van die land verower het.

Aanpassingsvermoë is nie die enigste vereiste wat aan 'n ras gestel word om gewild te wees nie. Produksievermoë is ewe belangrik. Dit is dus voldoende om te noem dat 'n Graaff-Reinetse kudde in 1937-38 alreeds die hoogste kuddegemiddeld vir Jerseys gehad het, en die sesde plek beklee het in die land, alle rasse ingesluit. Hoewel die Grootfonteinse kudde eers in 1936 tot stand gekom het, het die kudde in 1942-43 die derde hoogste kuddegemiddeld vir Jerseys in die Republiek gehad. Terloops, vier van die vyf beste Jerseykuddes van daardie jaar, het uit die Karoo gekom.

 

GROOTFONTEINSE KUDDE

Die Grootfonteinse kudde het begin toe nege verse en een bul van Engeland ingevoer is. In 1938 is weer vier en in 1939 'n verdere Vyf verse van Engeland ingevoer. In 1947 is agt koeie van Elsenburg na Grootfontein oorgeplaas. Daarna is geen verdere vroulike diere in die kudde gebring nie, en die teenswoordige kuddes is opgebou uit nege stammoeders.

Die kudde was op een tydstip die houer van twee Suid-Afrikaanse rekords. Albei hierdie rekords is opgestel deur die nageslag van ingevoerde koeie. Grootfontein Primrose die 2de 3738, was van 1954 'n aantal jare lank die koei met die hoogste leeftydsproduksie van bottervet. Ongelukkig; het hierdie koei geen nageslag nagelaat nie.

Die ander koei, Grootfontein Violet 3889, wat in moeder ingevoer was, is tans nog die houer van die Suid-Afrikaanse Junior-2-bottervetrekord en die Suid-Afrikaanse Junior-3-melkrekord vir koeie wat drie keer per dag gemelk word. 'n Dogter van hierdie koei, Grootfontein Vesta 7542PR, is verlede jaar in die ouderdom van 17 jaar van kant gemaak nadat sy meer as twee ton bottervet in haar leeftyd geproduseer het. Tot dusver het die kudde alreeds digby negentig produksietoekennings van Silwermedalje en hoër ontvang.

Omdat die Jerseykudde sy deel moet bydra tot die voorsiening van vars melk aan die inrigting, was die uitgangspunt nog altyd die ekonomiese produksie van vars melk sonder spesifieke pogings om rekords te slaan. Geen koei word dus ook vrygestel van die praktiese werk van studente en kortkursusgangers nie. Hierdie praktiese benadering; kon ook baie bydra om die Jerseyras se posisie as produseerders van vars melk te verstewig, en om stoetteling op 'n meer ekonomiese grondslag te plaas.

 

TEELDIERE

Na die Tweede Wêreldoorlog het die Jerseyras besondere vordering gemaak. Die naoorlogse tekort aan botter en bottervet het op sigself die Jerseyras baie sterk na vore gebring as 'n bottervetras. Verder was daar 'n algemene verhoging in koopkrag wat die vraag na botter en ander suiwelprodukte baie sterk laat toeneem het. Die toestand het toe ontstaan dat die Suid-Afrikaanse telers nie kon voorsien in die steeds stygende vraag na goeie teeldiere nie. Die feit dat wolpryse toe begin styg het en die ongekende hoë prys van 1950-51 bereik het, het al hoe meer boere aangemoedig om kapitaal te begin belê in stoetdiere.

Hierdie ekonomiese oplewing, gepaard met die skaarste aan teeldiere, het die grootskaalse invoer van stoetbeeste van Jersey-eiland, die Verenigde State, Kanada, Engeland en elders, tot gevolg gehad. Dit het ook gelei tot 'n geweldige styging in die prys van teeldiere en wel in so 'n mate dat dit, ten spyte van herhaalde waarskuwings van die kant van die Jersey–veetelersvereniging self, sowel as die Departement van Landbou, die onekonomiese grens bereik het. Afgesien hiervan is daar - as gevolg van die oorlogtydse besetting van Jersey - wat die hou van melkrekords in 'n groot mate ontwrig het - baie diere ingevoer wat oor geen melkrekords beskik het nie.

Op hierdie manier het baie minderwaardige diere hul pad na Suid-Afrika gevind waar hulle teen hoë pryse verkoop is. Dit is dan ook nie verbasend nie dat baie boere wat ongelukkig genoeg was om van hierdie diere te koop, vertroue in die ras verloor het en die ras dikwels baie skade berokken het. Gelukkig is daar ook baie goeie diere ingevoer. Die feit dat baie van die ingevoerde diere van gelykstaande en selfs minderwaardiger gehalte as ons eie was, het gelei tot 'n beter waardering van die Suid-Afrikaans geteelde diere en ons eie gevestigde telers.

 

GEWILDHEID

Daar word dikwels aangevoer dat die Jersey-"boom" die regstreekse gevolg was van die wol-"boom" of plotselinge prysstyging. Dit is bekend dat die totale ledetal van die Jerseytelersvereniging geleidelik gestyg het tot 1956-57; die styging in ledetal plaasgevind het ongeag die patroon van die wolpryse ; die styging in die getal lede uit die Karoo en Oos-Kaap feitlik dieselfde patroon gevolg het as die van die totale ledetal (deurgaans was die getal lede in die streek 18 tot 20 persent van die totaal, behalwe in 1957-58 toe dit 23.5 persent was); die daling in die getal lede in die streek minder was as die van die totale ledetal. Die laaste twee feite is veral belangrik as in aanmerking geneem word dat boere te doen gehad het met dalende wolpryse en 'n steeds knellender droogtetydperk. Dit dui daarop dat die Jerseyras in hierdie streek nog steeds gewild is omdat dit ekologies en ekonomies so goed inpas by die boerderystelsels van die streek. Dit skyn of die Karoo en Oos-Kaap dus 'n vesting van die Jerseyras gaan bly.

Hoewel Grootfontein spesialiseer in skaap- en wolonderrig, word daar ook deeglike onderrig gegee in grootvee- en suiwelboerdery. Aangesien die Jerseykudde ook intensief gebruik word vir die praktiese onderrig van studente, het baie honderde studente noue kontak met Jerseys gehad. Dit het ongetwyfeld veel bygedra tot die bekendstelling van die ras.

Op die jaarlikse stoetveeveiling word gereeld aanteelvee verkoop, en die uitwerking hiervan op die Jerseybeesbevolking binne, sowel as buite die streek, moet aansienlik wees. Selfs toe pryse buitensporig hoog was, is die diere teen billike pryse aan boere verkoop. Dit het behalwe die uitgesproke waarskuwings teen die hoë pryse, ook baie by. gedra tot die meer realistiese besef van die waarde van die diere.

By wyse van kortkursusse wat vir die eerste keer in 1947 gehou is en sedert 1952 jaarliks aangebied word, lewer Grootfontein ook 'n diens aan Jerseytelers, selfs van ver buite die streek se grense. Omdat hierdie kursusse in noue samewerking met die Jersey-veetelersvereniging aangebied word, word hier ook besondere leiding gegee deur beamptes van die Jersey-vereniging self. Tot dusver het 630 persone al hierdie kursusse bygewoon.

 

Published

Boerdery in Suid-Afrika 37 (6)