Last update: April 12, 2012 08:05:15 AM E-mail Print

 

Kontak-insekmiddel of Maaggifstof

B Smit

 

MEESTE van ons insekplae kan in een van twee groepe geklassifiseer word -

kouende insekte of suiende insekte..

 

Kouende Insekte

Die kouende insekte het kake wat so gevorm is dat hulle hul kos daarmee kan byt en kou. Hulle lewe meesal op die blare, stamme en vrugte van plante. Goeie voorbeelde hiervan is sprinkane, volwasse torre, en die larwes of ruspes van motte en skoenlappers.

Om sulke insekte dood te maak kan ons 'n sogenoemde maaggifstof gebruik. Dit is 'n gif wat op die kos van die insek toegedien word, gewoonlik in die vorm van 'n spuitstof, en kom in die maag van die insek saam met die kos telande.

As vrugtebome en tuinplante gespuit moet word behoort die gif nie die plante te beskadig nie maar moet die insek vergif sodra dit in sy maag kom. Loodarsenaat is so 'n gif. Dis onoplosbaar in water en is 'n onskadelike wit poeier wanneer dit op die blare van ons appelbome gespuit is, maar as die insek, byvoorbeeld die klein larwe van ‘n kodlingmot, dit in sy maag kry, verbind dit met die spysverteringsvogte van die ruspe, word daarin opgelos, verteer, en vergif die ruspe op die manier.

Die feit dat loodarsenaat onskadelik is vir plante, dog giftig vir insekte, verklaar waarom dit so 'n nuttige insekmiddel is en gewoonlik gebruik word teen kouende insekte.

 

Suiende Insekte

Suiende insekte kan inteendeel nie op hierdie manier vergif word nie. Hulle bekdele is so gevorm dat hulle die blare, stamme en vrugte van plante kan steek en die sap van binne af uitsuig. Vrug-suiende insekte, luise en dopluise is goeie voorbeelde hiervan. Dit baat nie om plante wat met hierdie insekte besmet is met 'n maaggifstof soos loodarsenaat te spuit nie, want hul kos bestaan uit sap binne in die plant en die gif kan dus nie in hul mae te lande kom nie:

 

Kontakmiddels

In die geval is 'n kontakmiddel nodig wat die insek sal doodmaak as dit uitwendig in aanraking met sy liggaam kom. Dit word of deur die vel van die insek opgeneem of versmoor nulle deur hul asemhaalgaatjies te verstop. In sommige gevalle mag dit ‘n giftige gas afgee wat die insek inasem en hom dan doodmaak. Die kontakmiddel moet werklik in aanraking met die insek self kom. Onder hierdie insekmiddels is tabak-ekstrak die nuttigste, en dit word. gebruik vir die bestryding van bloedluise, plantluise en ander plae. Om dit beter aan die insek te laat klewe word dit gewoonlik met seep gemeng. Dit beskadig nie plante nie en kan op teer plante, soos perskebome, gebruik word, Ander standaard kontakinsekmiddels is kalkswawel wat gebruik word vir die bestryding van dopluise op sagtevrugtebome in die winter, harpuiswas vir dopluise op sitrusbome, en baie soorte olie-emulsie.

Sprinkaangif is natrium arseniet. Dis oplosbaar in water en verbrand derhalwe enige blare waarop dit gespuit word. Vroeër was dit gebruik vir die uitroeiing van turksvyplante deur dit eenvoudig op die plante te spuit. Om hierdie rede kan dit nie op vrugtebome of tuinplante gespuit word nie. Om sprinkane uit te roei word dit gebruik beide as 'n maaggif en as 'n kontakmiddel. As dit op die gras en bossies gespuit word waar die sprinkane vreet dan het dit die uitwerking van 'n maaggif. Die gras word wel vernietig, maar in sulke gevalle is dit van minder belang. As dit direk op die sprinkane gespuit of gepoeier word dan het dit die uitwerking van 'n kontakmiddel deurdat dit deur die vel brand en hulle op die manier doodmaak.

 

Gif-lokmiddels

Beide loodarsenaat en natrium arseniet word algemeen gebruik vir die bereiding van 'n gif om insekplae te bestry. In hierdie geval word hulle as maaggifstowwe gebruik, maar suiker of triekel is daarby gevoeg om dit vir die insekte smaaklik te maak. Die Mally-vrugtevlieglokmiddel bestaan uit loodarsenaat waarby 'n suiker-oplossing gemeng is om die vrugtevlieë te lok en dood te maak, terwyl beide loodarsenaat en natrium arseniet gemeng word met semels en suiker as lokmiddel vir miswurms Parysgroen is 'n ander arseengif wat dikwels gebruik word in die bereiding van 'n lokmiddel vir miswurms. Dis 'n maaggif en word baie in Amerika gebruik om ertappels te spuit vir die bestryding van die Colorado ertappeltor.

 

Published

Boerdery in Suid-Afrika 4