Last update: August 17, 2011 01:56:25 PM E-mail Print

 

Die koste van verkorreling van voerrantsoene

 

A.G. Bezuidenhout en J.M. Jansen van Rensburg

Cradock Proefstasie, Posbus 284, Cradock, 5880

 

INLEIDING

Vermorsing van ruvoere deur herkouers is een van die belangrikste probleme by die doeltreffende benutting daarvan. Die selektiewe vreetgewoontes van skape het ook dikwels tot gevolg dat slegs die meer smaaklike gedeeltes van rantsoene geselekteer word. Dit is algemeen bekend dat die verkorreling van voere die smaaklikheid, inname en produksiewaarde van die rantsoen beïnvloed.

Die verkorreling van voere en rantsoene het die volgende voordele tot gevolg:

Die koste verbonde aan verkorreling is egter deurslaggewend by die oorweging van hierdie metode van verwerking van voere en rantsoene. Die omvang van hierdie uitgawe is dikwels onbekend en het aanleiding gegee tot hierdie ondersoek.

 

PROSEDURE

Die volgende inligting is van ses verkorrelingseenhede (pilmasjiene) op verskillende plase in die Visriviervallei verkry: lewering, arbeid benodig en arbeidskoste, elektrisiteitsverbruik en -koste asook die onderhoudsbenodigdhede en koste daarvan. Die koste van elektrisiteit is verkry deur die tariewe per 100-KVA-punt te gebruik, naamlik die basiese maandelikse tarief en die koste per eenheid vir meer as 1 000 eenhede.

Die totale kapitale koste van 'n volledige verkorrelingseenheid is ook vasgestel. So 'n eenheid sluit die volgende in:

 

RESULTATE EN BESPREKING

Die ses verkorrelingseenhede se gemiddelde lewering was 0,793 t voerkorrels per uur. Hierdie tempo van verkorreling was vir rantsoene wat 65 tot 80 % lusernhooi bevat bet. Die gemiddelde direkte koste van die ses eenhede, met pryse soos gedurende J unie 1991, word in Tabel1 aangetoon. Volgens die gegewens in Tabel1 is die gemiddelde direkte koste (maal en verkorreling) R27,60 per t voer. Die ondersoek het getoon dat  ongeveer drie arbeiders nodig is vir die volledige proses van verkorreling. Ongeveer 70 % van die elektrisiteitskoste is deur die hamermeul verbruik.

 

Gedurende Junie 1991 was die totale kapitale koste vir 'n volledige verkorrelingseenheid ongeveer R131 000. Indien so 'n eenheid oor 'n periode van 7 jaar en teen 'n rentekoers van 19,5 % gefinansier word, sal die gemiddelde jaarlikse kapitaal- en rentekoste per ton voerkorreIs wissel volgens die hoeveelheid voer wat jaarliks verkorrel word soos in Fig. 1 aangetoon. Die jaarlikse hoeveelheid voer wat verkorrel word het dus 'n belangrike invloed op die kapitaal- en rentekoste per ton voer en volgens Fig. 1 halveer hierdie koste vir elke addisionële 400 t voer wat jaarliks verkorrel word.

 

 

Die rentekoers waarteen die kapitale koste van 'n verkorrelingseenheid gefinansier word, het ook 'n belangrike invloed op die koste per ton voerkorrels geproduseer. Volgens Fig. 2 styg die kapitaal- en rentekoste per ton voer met 9 tot 11 % vir elke 4 % verhoging in rentekoers indien 800 t voer jaarliks verkorrel word.

 

lndien 800 t voer jaarliks verkorrel word, sal die totale koste (direkte koste en kapitaal- en rentekoste) van verkorreling wissel van R82,92 in jaar een tot R55,55 per ton in jaar sewe. Die gemiddelde koste is dus R69,24 per ton (6,9 c/kg).

Verkorreling van voerrantsoene kan voordelig aangewend word in diereproduksiestelsels. Die winsgewendheid daarvan sal grootliks deur die hoeveelheid wat jaarliks verkorrel word, die rentekoers en die algemene bestuur van so 'n verkorrelingseenheid beïnvloed word, terwyl die prys van die diereprodukte wat geproduseer word, van deurslaggewende belang sal wees.

 

BEDANKINGS

Die persone en instansies wat inligting vir hierdie ondersoek verskaf het, se samewerking word opreg waardeer.

 

VERWYSINGS

CLOETE, J.G. & ROSSOUW, J. W., 1971. Ou Merinoskape - verkorrelde rantsoene. Boerd. .S Afr. 46 (11),13.

VOSLOO, LP., 1967. Verkorreling van rantsoene vir skape.  Boerd. S. Afr.43 (7), 44.

 

Published

Karoo Agric, Vol 4, No 3, 1991 (12-13)