Last update: March 27, 2012 11:25:03 AM E-mail Print

 

KRAGVOER EN DIE VLEISSKAAP - Feite oor doeltreffende benutting van voerenergie

PG Marais

 

DIE VOERENERGIE wat 'n vleisskaap inneem is nie alles beskikbaar vir omsetting in die uiteindelike produk nie; 'n groot deel hiervan gaan verlore in die vorm van mis en urine.

Volgens mnr Das Marais, dierevoedingnavorser van Grootfontein, wissel die ordegrootte van energieverlies deur mis-, urine- en metaan uitskeiding, ensovoorts, aansienlik tussen voere. Daar kan egter oor die algemeen aanvaar word dat die somtotaal van al hierdie verliese kleiner is vir kragvoere as vir ruvoere, sê hy.

Mnr Marais meld verder dat die metaboliseerbare energie (ME) van kragvoere altyd meer doeltreffend deur die dier benut word vir produksie as die ME van ruvoere. Derhalwe is dit duidelik dat 'n heelwat groter persentasie van die voerenergie in kragvoere in die produk (lamsvleis) omgebou word as in die geval van ruvoere.

Die verskil in doeltreffendheid van benutting van kragvoer-ME en ruvoer-ME word egter beïnvloed deur die produksiefunksie (onderhoud, groei, vetmesting, laktasie, ensovoorts) waarin die dier verkeer.

 

 

In Tabel 1 kan gesien word dat die verbetering in ME-benutting indien kragvoere in plaas van ruvoere van onderhoud gebruik word, slegs 15 eenhede is, terwyl dit vir groei en vetmesting tot 88 eenhede kan beloop.

Vir die praktiese aanwending van kragvoere en ruvoere in die vleisskaaponderneming is dit dus, volgens mnr Marais, duidelik dat dit nie lonend is om kragvoere te gee as die produksiefunksie waarin die skaap verkeer onderhoud is nie. Dit is egter wel lonend as die produksiefunksie groei of vetmesting is.

 

Published

Karoo streeknuusbrief Winter