Last update: March 26, 2012 02:19:17 PM E-mail Print

 

EVALUASIE VAN AFRINO x MERINO KRUISINGS

J.J. Olivier, J.A.N. Cloete & K.S. Viljoen

Landboukollege Grootfontein

 

Vier groepe van 50 kommersiële Merino-ooie is gedurende die herfs van 1983 en 1984 met 4 Ronderib Afrikaner (RA), 4 Merino (M), 4 S A Vleismerino (SAVM) en 4 Afrino (A) ramme gepaar. Gedurende 1983 is 'n addisionele groep van 50 Merino-ooie met 4 Dorperramme gepaar en in 1984 is 50 F3 en F4 Afrino-ooie met 4 Afrinoramme gepaar. Al die groepe is as een trop onder natuurlike veldtoestande op die Carnarvon-proefplaas bestuur. Alle F1 nageslag is geslag. Vyf-en-twintig persent is op 100 dae, 25% op 120 dae, 25% op 35kg lewendige massa en 25% op 40kg lewendige massa geslag. Resultate word verskaf. 

 

Published

SAVDP Kongres 1986