Last update: April 10, 2012 12:29:09 PM E-mail Print

 

Die Trekperd

VI (a) Kwale en Gebreke by Perde.

Dr. L. L. Roux 

 

DEUGDELIKHEID by 'n perd kan omskryf word as 'n liggaamsgesteldheid wat hom in staat stel om die werk waarvoor sy bou hom geskik maak, na behore te doen. Sekere tekortkomings wat 'n volbloedperd sou verhinder om die vinnige werk wat van hom verwag word te doen, sou byvoorbeeld die werk wat deur 'n trekperd verrig moet word, weinig of glad nie beïnvloed nie. Deugdelikheid is dus ‘n betreklike begrip wat beoordeel moet word volgens die werk wat van die perd vereis word.

 

 

Die hoofoorsake van ondeugdelikheid net vir sover dit trekperde betref, sal hier kortliks behandel word.

Onder skoonheidsgebreke verstaan ons verskillende soorte letsels wat nie as ondeugdelikhede beskou word nie; as hulle groot en lelik is, verminder hulle die waarde van die perd, maar hulle strem nie sy werkverrigting nie. Littekens van genese snyplekke, beenuitwasse deur skoppe of kneusings veroorsaak, moet, as hulle nie die normale beweging nadelig beïnvloed nie, suiwer en alleen as skoonheidsgebreke beskou word; maar gebreke wat die normale beweging in die weg staan, soos littekens aan die buigsy van die spronggewrig, die knie of die koot, moet by werkperde as ondeugdelikhede beskou word.

By die trekperd is dit gewoonlik die ledemate wat ons met ondeugdelikheid assosieer. Die oorsaak. lê in verkeerde bou, gekenmerk deur ligte, sagte been, holknieë, bene wat voor of onder die lyf staan, sabelbenigheid, te reguit spronggewrigte, steil kote, deursakkende kote, hoewe wat nie in verhouding is nie, swak, skulpagtige horing en na binne of na buite gerigte tone wat onreëlmatige beweging veroorsaak en aankap of struikel ten gevolge kan hê. Ander foute in die liggaamsbou behalwe die van die bene lei gewoonlik nie tot ondeugdelikheid van die bene nie, hoewel hulle 'n gebrekkige gang kan veroorsaak; Regaf skouers kan bv. die oorsaak van struikel wees; skraal perde wat lank van rug is, word gou moeg, wat ook struikel en aankap ten gevolge kan hê.

Perde wat goed gebou is, vertoon selde gebreke aan die bene, tensy hulle meganiese besering opgedoen het. Selfs goed geboude diere word soms verkeerd behandel deur hulle bv. te ooreis, veral as hulle nog baie jonk, ongeskik of in slegte kondisie is weens rantsoene wat ongeskik is of waaraan iets ontbreek. Gebrek aan fosfor of kalk lei tot patologiese beenontwikkeling, waardeur die perd meer geneig is tot siektes aan die bene en selfs tot beenbreuk.

Volgens die Amerikaanse landboudepartement word die volgende ondeugdelikhede deur die Veeteeltburo as voldoende beskou om 'n merrie nie deur 'n staatshings te laat dek nie: beenspat, ringbeen, sybeen, kortasemigheid, hanetred, snuiwerigheid, periodieke oogontsteking; (maanblindheid) en blindheid, volkome of gedeeltelik.

Die logiese veronderstelling skyn te wees dat hierdie toestande, of liewers die bou wat daaraan ten grondslag lê, erflik is. Bou is. ongetwyfeld erflik, maar daar bestaan geen rede waarom een van bovermelde afwykings aan 'n goed gevormde been, dekking deur ‘n staatshings moet uitsluit nie: die bou is erflik, nie die siekte nie. Periodieke oogontsteking kom wel in Suid-Afrika voor, hoewel baie selde, maar in die praktyk kan dit as 'n ondeugdelikheid van geen betekenis beskou word. Gedeeltelike blindheid deur 'n besering veroorsaak, behoort die merrie se teelwaarde nie te beïnvloed nie en so 'n toestand behoort nie haar afkeuring as teeldier ten gevolge te hê nie. Kortasemigheid (longemfiseem) is geen erflike toestand nie, en 'n merrie waarby dit nie erg is nie, kan met sukses vir teel gebruik word. Daar was 'n strydvraag omtrent die erflikheid van piepasem en suiwerigheid maar dis nog nooit proefondervindelik of deur ontleding van versamelde gegewens omtrent die nageslag van piepers en snuiwers opgelos nie. Piep. en snuit is dikwels die nasleep van 'n siekte soos galkoors, longontsteking, nuwesiekte, ens., wat met hoë koors gepaard gaan, en daar skyn geen gegronde rede te bestaan waarom merries wat daaraan ly as gevolg van akute koorssiektes, nie toegelaat moet word om deur ‘n stoethings gedek te word nie.

 

Soorte Ondeugdelikheid

Onderstaande is die mees voorkomende ondeugdelikhede wat in ons land by trekperde voorkom (sien illustrasie):-

(1) Nekbuil is 'n fistelagtige toestand van die slymbeurs wat bo-op die nek teen die kopkroon aan lê. Dit gebeur dikwels dat aangrensende weefsels-bande, spiere en been in 'n nekrotiese proses ingetrek word.

Dit is die gevolg van besering en ontsteking van die kopkroon streek, wat dikwels ontstaan as die perd moet buk om by 'n deur in te gaan en dan sy agterkop stamp.

Absesvorming vind plaas, gevolg deur etter-afskeiding. Aangesien daar onvoldoende afvoer is, genees die abses selde vanself en is n operasie gewoonlik noodsaaklik. Dit is raadsaam om nie lank met die behandeling van sulke gevalle te wag nie, aangesien hulle anders miskien dodelik afloop.

(2) Skoffistel is 'n fistelagtige toestand in die skofstreek. Dit word veroorsaak deur besering en besmetting, gevolg deur weefselafsterwing (nekrose). Dikwels word die weefsels langsaan (been-, band-, spier-, kraakbeen- en senu-) ook aangetas. Absesvorming word opgevolg deur etterafskeiding. Weens onvoldoende afvoer vind genesing :selde vanself plaas. 'n Operasie is gewoonlik nodig; uitstel van die operasie sou tot die dood kan lei.

(3) Borssweer is 'n fisteIagtige toestand aan die bladrand van die nek, kort bo die skouergewrig. Dis die gevolg van borsplaatbeserings. Absesvorming word gevolg deur fistelvorming. In die spier wat daaronder lê, ontstaan 'n chroniese etterende ontsteking. 'n Operasie is gewoonlik nodig om genesing te weeg te bring; uitstel van die operasie sou tot die dood kan lei.

(4) Elmboogbuil en dikhak is ontstoke toestande van die slymbeurs op die punt van die elmboog en op die hak. Hulle ontstaan gewoonlik deur regstreekse besering van die slymbeurs. Onvoldoende kooigoed in die stal is dikwels die oorsaak van 'n elmboogbuil, terwyl skop teen die stalmuur of die trok gedurende vervoer per spoor dikwels dikhak veroorsaak.

As hierdie toestand akuut is, sal die perd miskien kruppel loop, maar as dit chronies word, hinder dit 'n trekperd nie by sy werk nie. Chroniese elmboogbuil en dikhak moet dus meer as skoonheidsgebreke ,dan as ondeugdelikhede beskou word. 'n Fistelagtige toestand van een van hierdie slymbeurse deur absesvorming na besmetting moet dikwels operatief behandel word om genesing te bewerkstellig.

(5) Seningqal is ‘n swelling van die seningskede agter die koot deur vulling met gewigsvog. Dit kom sowel aan die voor- as aan die agterbene voor. Die swellings kom en gaan en is aan weerskante van die buigsenings net bo die koot sigbaar. Hierdie toestand is die gevolg van aanhoudende harde werk, hoewel dit soms ook voorkom by jong perde wat nog maar min gewerk het. SeninggalIe veroorsaak gewoonlik geen kruppelheid nie en moet slegs as skoonheidsgebreke beskou word. By ou perde veroorsaak hulle somtyds 'n belemmering van die normale beweging en gee die dier 'n stywe, rukkerige gang.

(6) Rinqbeen is 'n beenuitwas van die koot- of die hoefgewrig. Eersgenoemde word hoë ringbeen en laasgenoemde lae ringbeen genoem. Die toestand kom by trekperde waarskynlik meer by die voor- of die agterbene voor. Partykeer is dit beperk tot die gewrigsbande (ringbeen om die gewrig) of partykeer word die gewrigskraakbeen aangetas (gewrigsringbeen). Ringbeen hoef nie noodsaaklik 'n ring om die gewrig te vorm nie. Dit kan aan een kant of van voor wees of, minder dikwels agter die koot. Dit veroorsaak 'n sekere mate van belemmering van die normale gewrigsbeweging; 'n perd wat ringbeen het, is dus amper altyd kruppel en van min nut behalwe vir die stadigste soort werk. Perde wat aan gewrigsringbeen ly, is baie kruppel en kan nie vir werk gebruik word nie.

Net soos dit die geval is met die meeste ander siektes van die ledemate, kom ringbeen voor by perde wat verkeerd gebou is, bv met kort, steil kote of baie lang skuins kote. Ooreising deur slegte beslag of te groot inspanning sou die onmiddellike oorsaak kan wees.

(7) Sybeen word veroorsaak deurdat die sydelingse kraakbeen van die hoef geleidelik in been verander. Hierdie sydelingse kraakbene speel 'n belangrike rol in die skokbreekmeganisme en hul verbening veroorsaak onbuigsaamheid, Sybeen kom baie by trekperde voor en as die perd se hoewe klein is, is dit 'n baie ernstige toestand.By perde met breë, oop hoewe is dit nie so ernstig nie en kan hulle lank stadige werk doen sonder om. kruppel te word. Perde met sybeen vereis sorgvuldige aandag ten einde te voorkom dat hulle steilhoef ("Boxy foot ") kry; Die dragte van die hoef is geneig om smal en hoog te word en die straal om uit te teer. Dit kan voorkom word deur sorgvuldige beslag.

Sybeen kom gewoonlik slegs aan die voorbene voor, bale selde aan die agterbene.

Die toestand is dikwels die gevolg van besering van die kroonrand in die streek van die sydelingse kraakbeen, maar kort kote en klein smal hoewe is aanleidende oorsake.

(8) Horingskeur is 'n skeur in die wand of sool van die hoewe ewewydig aan die horingpypies. Die skeure kan van die draagrand van die hoef tot die kroonrand strek, maar hulle kan ook korter wees. Die skeur reik partykeer tot by die gevoelige weefsel (lewe) of is soms oppervlakkig. As die skeur gekompliseer is en tot aan die lewe van die hoef reik,ontstaan kruppelheid.

'n Horingskeur kom meestal voor as die horingweefsel droog en bros is en is gevolglik altyd 'n ernstige toestand totdat die oorsaak verwyder en die skeur met sukses behandel is.

(9) Hoefbevangenheid is 'n ontsteking van die gevoelige laminae van die hoef. As die akute stadium verby is, ontstaan daar dikwels as nasleep 'n chronies bevange hoef. Hierdie hoewe is maklik herkenbaar. Die sool gaan bol staan, veral by die punt van die straal; op die horing verskyn onreëlmatige ringe; die wand staan hol by die toon; die dragte is gewoonlik hoog; die kroonlyn word ongelyk; die straal teer dikwels uit; die hoef vertoon neiging om lank en smal te word; en die horing is droog en bros. Die perd loop amper altyd kruppel, veral op harde, ongelyke grond. Chroniese hoefbevangenheid is 'n ernstige ondeugdelikheid. Versagtingsmiddels bring wel verbetering, maar 'n dier wat daaraan ly, kan geen harde werk doen nie.

(10) Skuifelbeentjies is beenuitwasse aan die pyp. Aan die yoorbene kom hulle meestal voor aan die binnekant van die pyp. Hulle kom selde aan die agterbene voor; maar wanneer hulle daar wel voorkom, sit hulle aan die buitekant en is hulle die gevolg van meganiese besering. Skuifelbeentjies aan die voorbene kom by perde met 'n ligte beenstelsel voor en is die regstreekse gevolg, van verrekking van die bande waarmee die skuifelbeen aan die pyp verbonde is. Die toestand is die gevolg van skudding, slegte beslag en ongelyke grond.

Gewoonlik veroorsaak skuifelbeentjies akute kruppelheid solank hulle ontwikkel, maar dit verdwyn meestal as die benerige eelt gevorm is. Skuifelbeentjies wat nie die normale beweging strem deur op senings of die kniegewrig te druk en geen kruppelheid veroorsaak nie, moet dus as 'n skoonheidsgebrek en nie as 'n ondeugdelikheid beskou word nie. Baie groot skuifelbeentjies op die binnevlak van die pyp moet altyd as 'n ondeugdelikheid beskou word, aangesien, hulle altyd deur die anderkantse hoef beseer kan word.

(11) Bolspat is 'n ontsteking van die spronggewrig (tibiotarsus-gewrig). Die kapsel raak met synovia (gewrigsvog) gevul en die spronggewrig lyk dik en sag. Die ergste swelling kom net onder die vooruitstekende put op die binnevlak van die voorkant van die spronggewrig voor, terwyl daar twee kleiner swellings is, een aan elke kant. As 'n mens op die groot swelling druk, bult die ander twee meer uit, vandaar dat die toestand ook kruisgal" genoem word, wat eintlik 'n toepasliker naam is. Bolspat veroorsaak nie altyd kruppelheid nie, maar daar bestaan gevaar dat die toestand akuut word en. dan wel kruppelheid veroorsaak as gevolg van sterk spanning. Gevolglik moet die toestand as ‘n ernstige ondeugdelikheid beskou word.

(12) Waaigal is 'n ontsteking van die seningskedes aan die agterkant van die spronggewrig. Dit geld hoofsaaklik twee skedes: een bo die spronggewrig waar die swelling aan weerskante van die groot sening voorkom en die ander net voor die been wat die. Punt van die spronggewrig vorm. Laasgenoemde swellings strek partykeer langs die binnekant van die spronggewrig tot by die swilvrat. Die swellings is sag en verskietend. By buiging van die spronggewrig word hulle baie sag en weer stywer as daar gewig op die been kom. Waaigal kan gelyk voorkom met bolspat. Eersgenoemde kom meestal voor by perde met klein, reguit spronggewrigte en lang, deursakkende kote. Soms veroorsaak dit kruppelheid en soms nie: maar weens die gevaar wat daar bestaan vir akuutwording van die ontsteking as gevolg van spanning gedurende die werk, moet dit as 'n ondeugdelikheid beskou word.

(13) Dikhak: Sien onder " Elmboogbuil" (No.4)."

(14) Hakspat is 'n verrekking van die senings of bande agter die spronggewrig net bo by onderste punt. Dit kom voor by perde met swak sabelbene. 'n Mens let die toestand op as jy langs die agterbeen staan; dan sien jy die uitsteeksel wat die reguit lyn verbreek tussen die punt van die spronggewrig en die koeël. Hakspat is die gevolg van oorspanning. Eers is dit 'n akute ontsteking wat. Kruppelheid veroorsaak. Later verdwyn die kruppelheid, maar die seningeelt wat agterbly nadat die ontsteking bedaar het, bly altyd 'n swak punt. Die toestand kan hom maklik weer voordoen as gevolg van oorspanning; gevolglik is hakspat in die reël 'n ernstige ondeugdelikheid.

(15) Beenspat is 'n beenuitwas op die binnevlak van die spronggewrig, na die onderent toe en voor die middellyn. Dit kom voor by perde met swak of sabel bene, hoewel dit soms ook by 'n goed gevormde spronggewrig voorkom. Die regstreekse oorsaak is spanning op die beentjies van die spronggewrig en op die gewrigte wat hul vorm.

'n Mens let beenspat die beste op deur die spronggewrigte van voor te vergelyk, terwyl betasting die diagnose sal bevestig. Beenspat is 'n baie ernstige ondeugdelikheid en in die meeste gevalle gaan dit met kruppelheid gepaard. Somtyds kom perde met goeie spronggewrigte weer reg nadat die beenvereelting plaasgevind het. Perde met slegte spronggewrigte herstel selde. As hulle dit wel doen, word hulle dikwels weer kruppel as daar werk van hulle geverg word.

(16) Kootmok is 'n chroniese of uitswetende ontsteking van die vel van die onderste gedeelte van die ledemate, maar gewoonlik aan die agterkant van die koot en die koeël van die agterbene.

Dit skyn 'n siekte te wees wat uit die gestel voorkom - 'n plaaslike openbaring van 'n fout in die gestel, wat te voorskyn tree as geskikte omgewingsfaktore bestaan. Veral die swaar perderasse word aangetas, vernaamlik die met ruie haarbosse. Dit hang saam met onhigiëniese stalling, gebrek aan voldoende beweging, stalle met slegte afwatering en werk op modderige plekke. Dit kom dikwels gelyk voor met die hoefsiektes vrotstraal en kanker wat ook onder dergelike omstandighede ontstaan. Die aanvalle kan herhaald voorkom. Herhaling veroorsaak 'n chroniese verdikking van die aangetaste ledemate, olifantsgeswel, wat as 'n ondeugdelikheid beskou moet word. Om herhaling te voorkom, moet 'n einde aan die toestande wat dit veroorsaak, gemaak word.

 

Ondeugdelikhede as Gevolg van Asemhalingsgebreke

Snuif en piep.-Hierdie toestande veroorsaak belemmering van die asemhaling wanneer daar baie van 'n perd se kragte geverg word. Die oorsaak van die toestand is verlamming van albei stembande of van slegs een, meestal die linker. Die oorsaak van die verlamming is 'n ontaarding van die wederkerende strottehoofsenu wat die spiere van die strottehoof voed. Piep en snuif word as erflike toestande beskou, maar dis nog nie deur navorsing bewys nie. Hulle is dikwels die nasleep van 'n aanval van 'n akute siekte wat met hoë koors gepaard gaan,soos nuwesiekte, longontsteking en galkoors. Perde wat aan 'n siekte ly wat met hoë koors gepaard gaan, moet dus 'n lang tyd gegee word om te herstel.

Die abnormale geluid kom slegs voor by die inasem en dan word die perd benoud. Dit wissel in intensiteit van 'n ligte piepgeluid tot 'n snuiwende hees geluid. Die ongesteldheid is waarneembaar as 'n mens die perd vinnige werk gee om te doen of, in die geval van trekperde, deur hulle 'n vrag te laat trek. In ernstige gevalle tree dit op by 'n vinnige draf. Die siekte neem stadig toe; dit begin met piepasem, en eindig met snuifasem. Piepers en snuiwers kan geen swaar werk doen nie. Albei hierdie aandoenings moet dus as ernstige ondeugdelikhede beskou word.

Die vraag doen hom voor of dit 'n gesonde beleid is om diere met sulke gebreke te laat teel. Die meeste verenigings vir die verbetering van perderasse neem geen piepende of snuiwende merries aan vir dekking deur hulle hingste nie. Daar word egter nog oor gestry en daar bestaan geen gegronde rede om merries uit te sluit wat die ongesteldhede opgedoen het as nasleep van 'n akute siekte van die asemhalings- of ander organe nie.

 

Kortasemiqheid

Longemfiseem is 'n chroniese toestand wat veral die swaarder rasse tref. Dit word gekenmerk deur bemoeilikte asemhaling en 'n chroniese fluitende hoes. Dit kan deur aanhoudende swaar of vinnige werk veroorsaak word. Die toestand volg gewoonlik op 'n chroniese hoes gedurende die winter as die perde hooi vol stof gevreet het: By die uitaseming kan 'n dubbele beweging waargeneem word wat veral sigbaar is by die flankspiere (dubbele flankeslag). Die neusgate is effens oopgesper. Die perd vreet goed maar bly sleg groei. Die aandoening word erger deur die perd lywige voer te laat vreet. Dit is ongeneeslik, en met verloop van tyd word die perd nutteloos. Kortasem-merries kan vir teel gebruik word, tensy die verskynsels baie erg is.

 

VI (b) Perdesiektes

Sekere siektes wat by perde voorkom, veral perdesiekte en slapsiekte, het die vooruitgang en uitbreiding van die perdeteelt in Suid-Afrika baie belemmer. Onderstaande aantekenings oor hierdie twee 'siektes is as waarskuwing bedoel, veral vir beginnelinge. Hulp en raad omtrent hierdie en alle ander siektes wat by perde voorkom, kan van die Direkteur ,van die Veeartsenydiens, Pk. Onderstepoort, Pretoria, verkry word. Veronagsaming van die aanbevole voorbehoedmaatreëls sou tot die verlies van waardevolle diere kan lei.

 

Perdesiekte

Die volgende inligting omtrent die siekte is aan "Animal Diseases in South Africa ", deur M. W. Henning, Professor in die Veeartsenykunde, Universiteit van Pretoria, ontleen.

Perdesiekte is 'n siekte wat aan die perdegeslag eie is; perde is die vatbaarste, muile is meer daarteen bestand en die meeste donkies is volkome immuun teen natuurlike besmetting.

Daar bestaan aanduidings dat die siekte miskien deur naginsekte oorgedra word. Onlangse ondersoek dui daarop dat Culicoides waarskynlik in verband met die oordraging van perdesiekte staan (sien Boerdery in Suid-Afrika, Julie 1944).

Die siekte kom slegs in die somerreëngebiede voor, en is die strafste in nat seisoene. In die Transvaalse laeveld en bosveld, in Natal en in Oos-Kaapland kom die siekte die meeste voor. Die westelike, suidelike en noordwestelike dele van Kaapland kan as vry van die siekte beskou word. Die orige dele, d.w.s. die Transvaalse hoëveld, die Oranje-Vrystaat en noordelike en noord-oostelike Kaapland is onder normale omstandighede betreklik gesond vir perde, maar perdesiekte het tog ook al in hierdie dele voorgekom en ernstige verliese veroorsaak.

In die reël kom die eerste gevalle van die siekte in Januarie en Februarie voor; hoewel die ernstigste uitbrekings gewoonlik in Maart en April val, maar die siekte kan selfs later sy verskyning maak as daar laat reëns val. Geen gevalle kom meer na omtrent 9 dae na die eerste ryp voor nie.

Besmetting vind plaas wanneer vatbare diere aan die naglug blootgestel word. Laaggeleë dele, vleie, moerasse, ens., is die gevaarlikste plekke.

Daar word vermoed dat individuele diere verskillende grade van bestandheid het, wat weer afhang van die aanwesige virusstam. Diere wat van ‘n natuurlike besmetting herstel het, word “gesout” genoem, Immuniteit teen perdesiekte, hetsy as gevolg van natuurlike blootstelling of deur kunsmatige besmetting, is gewoonlik van 'n baie onbestendige aard, en 'n taamlike persentasie diere loop die gevaar om die siekte meer as eenmaal te kry.

Van perde wat die siekte het, moet nie te veel geverg word nie; hulle moet goed opgepas word, teen uiterste koue en hitte beskerm word en ruimskoots vars water en geskikte voer kry.

Die kans op besmetting kan tot 'n minimum beperk word deur perde tussen sononder en sonop op stal te hou, die stalle slegs in hooggeleë dele te bou en muskietvry te maak en ook deur die perde se vel met 'n insekte-afweermiddel soos paraffien in te smeer.

Entstof teen perdesiekte is al baie jare op uitgebreide skaal gebruik. Meer onlangs is aansienlike verbetering aangebring deur die byvoeging van verskillende virusstamme - soos vir die eerste maal deur Alexander (1936) gerapporteer en deur die ontwikkeling van die nuwe meerwaardige neurotropiese muisentstof, waarvan die uitwerking op 'n groot aantal perde en muile vir die eerste maal deur Alexander, Neitz en du Toit (1936) beskryf is. Sedert die eerste uitgifte is die entstof verbeter deur byvoeging van nuut ontdekte stamme van die perdesiektevirus uit verskillende dele van die land (H. Theiler, 1938). Telers in perdesiektestreke word ten sterkste aangeraai om hul perde elke jaar in te ent. Die entstof word deur die Direkteur, Veeartsenydiens, Pk. Onderstepoort, berei en word elke jaar slegs gedurende die tydperk 15 Junie tot 15 Desember verstrek. Inenting is eenvoudig en perde-eienaars kan dit self doen. Dit is egter van die grootste belang dat die gebruiksaanwysings wat saam met. die entstof verskaf word, sorgvuldig nagekom word.

 

Slapsiekte

Drr Robinson en de Kock het in Boerdery in Suid-Afrika van Julie 1938 op die gevaar van verdere verspreiding van slapsiekte in Suid-Afrika gewys.

Die siekte word as 'n aansteeklike veneriese siekte van die perdegeslag beskryf. Dit word veroorsaak deur 'n mikroskopiese parasiet wat by paring van die een dier op die ander oorgedra word. Die eerste verskynsels doen hulle in die streek van die geslagsorgane voor; dan kom die parasiete in die bloedstroom en uiteindelik tas hulle die senugestel aan en veroorsaak verlamming met dodelike afloop. Die siekte het 'n verloop van 'n jaar of langer; gedurende die vroeë stadia bestaan daar gevaar vir besmetting. Diere kan ook 'n latente soort slapsiekte hê, en sulke gevalle lewer 'n besonder groot gevaar vir besmetting op. Verder word beweer dat, aangesien behandeling niks help nie, die hoop gekoester. word dat boere dwarsdeur Suid-Afrika met die Departement van Landbou en Bosbou sal saamwerk in sy pogings om hierdie gevaarlike en verraderlike siekte, waar dit ook al ontdek word, uit te roei of te bestry.

Sodra die siekte vermoed word, behoort dit aangegee te word. Boere behoort alle moontlike voorsorgmaatreëls te neem teen die invoer van die siekte op skoon plase, veral deur besmette hingste wat klinies gesond skyn te wees en tog die parasiete by hul dra. In besmette gebiede behoort slegs hingste wat behoorlik getoets is, op skoon plase gebruik te word. Besmette merries wat daarenteen geen kliniese verskynsels vertoon nie, kan skoon hingste besmet, en op hierdie manier kan die siekte hom versprei sonder dat die eienaar dit weet.

 

Published

Boerdery in Suid-Afrika 19