Last update: March 29, 2012 07:24:20 AM E-mail Print

 

Lamseisoene met betrekking tot optimale produksie

 

EM van Tonder

Veterinêre Streekslaboratorium

Landboukollege Grootfontein

Privaatsak X528

MIDDELBURG K P 5900

 

INLEIDING

Die invloed van lig op die geslagseisoen van diere is herhaaldelik bevestig. In teenstelling met ander diere, waar verhoogde dagligbestraling geslagsaktiwiteit stimuleer37, reageer skape op vermindering in Iig28. 'n Gereelde ritme van korter lig en langer donker periodes is belangriker vir die stimulasie van oestrus as 'n vermindering in ligintensiteit20 .

In Britse vleisrasse strek die geslagseisoen van September tot Maart en stem die hoogtepunt ooreen met die kortste dag 73, 15 . Dieselfde patroon was ook deur Yeates75 en Watson69 in Merino's gevind. Latere werk op Britse vleisrasse54, 55, Merino's40, 58, 71, 76 en ander rasse op 'n vergelykende basis 30, 63, 64 bevestig ook die seisoenale voorkoms van geslagsaktiwiteit by skape en die fotoperiodiese beheer daarvan.

Ofskoon in Suid-Afrika die indruk bestaan bet dat Merinoskape dwarsdeur die jaar op hitte kom47, is die teendeel bewys32, 50 . In 'n volledige studie op verskillende rasse en kruisrasse is sonder enige twyfel bepaal dat die geslagsjaar van skape van Oktober tot September strek, met die hoogtepunt gedurende Mei en die sterkste styging in geslagsaktiwiteit tydens die skerpste afname in dagliglengte23.

 

FAKTORE WAT GESLAGSAKTIWITEIT BEïNVLOED

Rasverskille

Beskawing van diere deur middel van seleksie, beter beskutting, verbeterde voeding en doeltreffende siektebeheer, neig om onder andere ook die teelseisoen te verleng19 . By skape is daar dan ook duidelike verskille tussen rasse16,21,30,54,66,70. In Suid-Afrika het Kupfer32 en Roux50 rasse in afnemende duurte van die teelseisoen as volg geklassifiseer: Swartkop Persie, Ronderib Afrikaner, Karakoel, Wolpersie, Merino en die Britse Vleisrasse. Hugo23 het verskillende rasse in kort, intermediêre en lang teelseisoene ingedeel, met die Britse vleisrasse, die Merino en die Swartkop Persie, onderskeidelik as voorbeelde. Volgens hom is die gemiddelde periode van geslagsrus by Merino's 220 dae teenoor 117 dae by die Swartkop Persie.

Meervoudige ovulasie weerspieël deur meerling geboortes verskil ook duidelik tussen rasse18, 60.

 

Oorerwing

Die oorerflikheid van reproduksievermoë is van 'n lae orde 31.43,48,61,62,77.

Seleksie met die doel om reproduksie te verhoog, kan tweërlei wyse aangepak word. Dit kan enersyds berus op uitskakeling van ooie wat oorslaan, maar dit blyk van min waarde te wees 45, 61,67,68.77. Seleksie vir multi-ovulasie wat ook redelik laag oorerfbaar is 45,48,61,62 gee baie beter resultate, Die soseer om die meerlinge nie maar veral deur verlaging van die persentasie droë ooie.

 

Voeding

Voedingspeil het 'n uiters belangrike invloed op geslagsaktiwiteit en reproduksie as geheel.

Lae voedingspeile gedurende die geslagseisoen het 'n sterk onderdrukkende effek op die aantal ooie wat op hitte kom asook die aantal hittesiklusse wat dié ooie wys 23 . Betekenisvolle verkorting van die duurte van oestrus met afname van voedingspeil van hoog na medium het Hugo23 oortuig dat die lengte van die hittesiklus baie gevoelig is vir veranderinge in voedingspeil. Sedertdien is herhaaldelik bevind dat ooie op hoër peile van voeding vroeër op hitte kom, groter geslagsaktiwiteit toon en langer op hitte bly 1,25.26,33,51,52,53.

Betekenisvolle verskille is ook gevind in die aantal eiselle afgeskei tussen ooie op hoë, medium en lae voedingspeile 68. In geheel word die invloed van voeding op geslagaktiwiteit duidelik weerspieël in lampersentasies van ooie op hoë en lae voedingspeile waar tot 28 persent verskille gerapporteer is 7,21,27,68,72, terwyl 'n verskil in meerlinge by tweetand-ooitjies tot soveel as 10 persent kan wees 63,72 .

Die voordelige uitwerking van voeding op geslags-aktiwiteit word in die praktyk benut deur prikkelvoeding. Ooie wat vir 'n tydperk van 3 weke voor paring prikkelvoeding ontvang het, het soveel as 15 persent hoër lampersentasies gegee as ooie wat dit nie ontvang het nie 7,25,26,51,52.53.

Wat die invloed van oorvoeding betref, is daar uiteenlopende menings. Quinlan46 en Quinlan & Maré47  het bevind dat oorvetheid 'n nadelige effek op die geslagsaktiwiteit van ooie het, terwyl Barton5 en Marshall & Hammond38 dit beskryf het as die grootste oorsaak van onvrugbaarheid by tweetand ooie. Wallace68 het egter oor 'n aantal jare die hoogste besettingsyfer na eerste dekking en ook hoër lampersentasies gekry by ooie op hoë voedingspeil vanaf speen tot dekking en wat hy as oorvet beskryf het.

 

Ouderdom

Die invloed van ouderdom op vrugbaarheid van die ooi is welbekend, maar die ouderdom waarop maksimum vrugbaarheid bereik word, was 'n bron van meningsverskil. Kelly28 het in 'n stadium die ouderdom op 8 jaar geraam, maar dit later as 3,5 jaar aangegee terwyl ander werkers dit op 5 jaar gestel het 26,56,59.

In Suid.Afrika het Hugo23 gevind dat die aantal ooie wat hitte wys 'n hoogtepunt bereik op 'n ouderdom van sowat 19 maande terwyl die gemiddelde aantal hitteperiodes van die kudde steeds stelselmatig toeneem. Die optimale ouderdom waarop maksimum geslagsaktiwiteit, dit wil sê die maksimum aantal hitteperiodes per ooi teenoor die moontlike maksimumperiodes in 'n jaar bereik word is 5 jaar, terwyl die maksimum lengte van die teelseisoen (gemiddelde aantal siklusse) op 4,5 jaar bereik word.

 

Klimaat

Dit wil blyk dat afgesien van voeding, klimaat ook 'n invloed op geslagsaktiwiteit het. 'n Aanduiding hiervan is dat skape op die Skotse Hooglande slegs twee hitteperiodes wys, terwyl die teelseisoen in die laagliggende dele veel langer is36. Dit is ook gevind dat blootstelling aan koue geslagsaktiwiteit onderdruk36,39.

Asdell3 het beweer dat hoe somertemperature 'n onderdrukkende uitwerking op geslagsaktiwiteit by ooie het, maar latere gegewens dui daarop dat hoë temperature eerder met bevrugting inmeng en embrionale verliese veroorsaak10,41,75,76.

 

Wolproduksie

Wolproduksie beïnvloed vrugbaarheid en reproduksie op verskeie maniere. Hugo23 het gevind dat hoër wolproduksie die duur van beide die teelseisoen en die hitteperiode verkort en puberteit vertraag, terwyl Bosman6 laer lampersentasies by goed-ontwikkelde hoë produserende Merino - ooie as by minder-ontwikkelde laer produserende ooie uit dieselfde kudde gekry het.

Inkster27 het ook in verskeie proewe gevind dat die lampersentasie 16 tot 17 persent hoër en die lamperiode korter was in Merino-ooie wat kort voor paring geskeer was as in ongeskeerde ooie. In latere eksperimente het hy die verskille toegeskryf aan laer lam mortaliteite.

 

Geboorte en laktasie

Volgens Roux50 wys Merino-ooie nie bronstigheid terwyl die lammers nog suip nie, ofskoon hulle mag ovuleer. Hy het gevind dat periodes van sowat 154 en 201 dae onderskeidelik verloop tussen lam en die voorkoms van bronstigheid in ooie wat in September en in Julie - Augustus gelam het. Volgens Quinlan & Maré47 vind ovulasie sonder tekens van hitte plaas binne 10 tot 15 dae na lam en kan bronstigheid wel voorkom binne 17 dae indien die lammers verwyder word, terwyl Granger3 meld dat ooie beset geraak het binne 29 tot 61 dae na lamming, sonder dat die lammers verwyder is.

Onder optimale toestande het  ooie bronstigheid getoon, gemiddeld 68,7 dae nadat hulle in Julie - Augustus gelam het65. Negentig persent van die ooie was op hitte voordat die lammers op 90 dae gespeen is.

Die uiteenlopende waarnemings is klaarblyklik die gevolg van die bepaalde geslagseisoen by skape en kan verwag word dat ooie wat nader aan die hoogtepunt van die natuurlike teelseisoen lam, gouer na lam hitte sal wys.

 

PAAR- EN LAMSEISOENE

Dit sou verwag word dat paring by skape gedurende die natuurlike teelseisoen voorkeur sou geniet ten einde hoër lampersentasies te verkry. In Suid-Afrika is daar egter twee tradisionele paartye naamlik herfs en lente, waar seker die meeste kleinveeboere lente as hoofpaarseisoen verkies. Verskeie redes word hiervoor aangevoer waarvan sommige geldig mag wees en andere nie.

Aangesien herfs- en lenteparing uitloop op lente- en herfslamming onderskeidelik, moet die twee seisoene beide ten opsigte van paring sowel as lamming vergelyk en oorweeg word.

 

Herfs- teenoor lenteparing

Dit is bewys dat besetting baie hoër is gedurende die periode van maksimum toename van geslagsaktiwiteit onmiddellik voor die hoogtepunt van die teelseisoen as enige ander tyd69.

In Suid-Afrika is gevind dat slegs 40 persent ooie hitte gewys het gedurende 'n periode van 4 maande wat vanaf 15 Oktober gestrek het, teenoor 80 persent vir 'n gelyke periode wat op 15 April 'n aanvang geneem het23. Volgens Bosman6 het in 'n bepaalde stoet oor 'n periode van 6 jaar 87,4 tot 88,4 persent ooie gedurende herfsparing op hitte gekom teenoor 46,8 persent in die eerste jaar met stelselmatige toename tot 84,6 persent in die laaste jaar gedurende lenteparing. In kuddeskape op dieselfde plaas is oor 'n aantal jare gevind dat gemiddeld 83,9 persent van die ooie wat in die herfs gepaar is, gelam het met 'n gemiddelde lampersentasie van 90,2 persent, terwyl 67,0 persent van die wat in die lente gepaar is, gelam het met 'n gemiddelde lampersentasie van 70,3 persent35.

In 'n onlangse studie oor 'n tydperk van 6 jaar op Merinostoetooie van die Landbounavorsingsinstituut te Grootfontein het Marais34 die volgende bevind :

Aangesien hierdie skape onder gewone veldtoestande aangehou was, kom die invloed van voeding baie sterk na vore. Die massa lam gespeen per ooi gepaar was gemiddeld 2,5 kg hoër by lentelammers as by herfslammers as gevolg van die hoër lampersentasie.

Reproduksiesyfers van die Afrinokudde op die Carnarvonproefplaas toon 'n soortgelyke patroon44. Vanaf 1971 tot 1978 was die ooie in die lente en sedert 1980 in die herfs gepaar. Gedurende 1971 tot 1978 was gemiddeld 79,5 persent ooie in die lentepaarseisoen gedek en was die gemiddelde aantal lammers per ooie gelam 125,7 persent teenoor 98,8 persent ooie gedek en 151 persent lammers vir die herfspaarseisoene van 1980 en 1981. Die gemiddelde speenpersentasie vir die twee periodes is 72,7 persent en 130,0 persent onderskeidelik.

Die verhoogde lampersentasies wat gedurende herfsparing verkry word, is die gesamentlike resultaat van meer ooie wat hitte wys en 'n hoër voorkoms van multi-ovulasie wat kanse op bevrugting van ten minste een eisel verhoog en dus aanleiding gee tot 'n hoër konsepsiesyfer en hoër insidens van meerlinge tot gevolg het6, 23,34,35,44.69.

'n Te lang paar- en dus lamseisoen is nie baie wenslik nie en is 'n periode van 6 tot 8 weke meer aanvaarbaar. Deur die paartyd in die herfs van 8 tot 10 weke te verleng, kon geen verhoging in die besettingsyfer verkry word nie, terwyl 'n verlenging van die paartyd van 8 tot 16 weke gedurende lente 'n verhoging in konsepsie van 34,2 tot slegs 40 persent meegebring het23 . 'n Beperking van die lentelamseisoen tot 8 weke kan dus veral by jong ooie baie swak konsepsie. syfers tot gevolg hê. Oor 'n 4 jaar periode het Hugo23 ook gevind dat die hoogste persentasie besetting gedurende die herfs binne 'n gemiddelde periode van 8 dae na inplasing van die ramme voorgekom het, terwyl gedurende die lentepaartyd die periode afgeneem het van 100 dae gedurende die eerste jaar tot 30 dae in die vierde jaar. Die gemiddelde paardatum het dus vervroeg van 24 Februarie in die eerste jaar tot 15 Desember in die vierde jaar sodat werklike lenteparing, veral in jong skape, eintlik nie plaasgevind het nie, maar wel somerparing wat met ouderdom van laat tot vroeë somer verander het. In 'n beperkte lentepaarseisoen sal 'n groot persentasie jong ooie op die ouderdom van ongeveer 18 tot 19 maande dus ook oorgeslaan word en eers weer 'n jaar later, op die ouderdom van twee en-'n-half jaar gedek kan word en gaan 'n hele lamseisoen dus verlore.

In hierdie studies23,34,44 kom die invloed van ouderdom op die geslagseisoen baie sterk na yore gedurende lenteparing, terwyl dit nie die geval is by herfsparing nie. Die invloed is hoofsaaklik te wyte aan 'n verlenging en vervroegde aanvang van die geslagseisoen. Hoe meer jong ooitjies daar dus in 'n kudde is, hoe swakker sal die resultate met lenteparing wees.

Gebaseer op die reproduksiepeil en winsgewendheid van 'n kudde sal die keuse van 'n paarseisoen ook beïnvloed word deur die ras of kruisras waarmee geboer word. Die lengte van die geslagseisoen vorm, geneties gesproke, 'n epistatiese reeks waar die langer geslag. seisoen deur die korter geslagseisoen oorheers word 3,23. Kruisings van rasse met kort geslagseisoene sal dus altyd na die korter seisoen neig soos wat kruisings van die Merino weer na 'n intermediêre seisoen sal neig en dus in 'n lentepaarseisoen swakker resultate lewer as rasse met die langer seisoene. Aangesien hoë omgewingstemperature 'n verlaging in die vrugbaarheid van ramme veroorsaak11,12,14,24. 42, sou die koeler weer in die herfsmaande suksesvolle dekking bevorder. Afgesien hiervan kan hoë omgewingstemperature bevrugting nadelig beïnvloed en embrioverliese veroorsaak10,15, 6,41. Dit kan dus verantwoordelik gewees het vir die hoër persentasie (15,8 persent) prenatale verliese wat Marais34 by lentegepaarde ooie ondervind het.

Aangesien voedingstoestande in die hoof skaapweistreke gedurende die herfs gewoonlik gunstig is, sou dit optimale geslagsaktiwiteit verseker en word prikkelvoeding op natuurlike wyse bewerkstellig. Lenteparing aan die anderkant sou onder normale omstandighede in die dele onder swak voedingstoestande plaasvind wat die geslagsaktiwiteit nog verder nadelig sal beïnvloed. So byvoorbeeld het in 'n proef te Carnarvon slegs 3 ooie uit 162 gelam en 41ammers geproduseer nadat hulle in 1978 tydens 'n periodieke droogte gedurende Oktober - November gepaar is34. Die Merino-ooie wat tydens die paartyd 'n gemiddelde liggaamsgewig van 35 kg gehandhaaf het, was egter fisies nie in so 'n swak kondisie nie.

Ten einde egter so 'n reproduksieverlies te voorkom, moet met lenteparing onder sulke omstandighede daar nietemin van kunsmatige voeding of byvoeding gebruik gemaak word.

 

Herfs- teenoor lentelamming

Afgesien van verskil in lampersentasie tussen die twee paartye is daar ook werklike of beweerde voor- en nadele verbonde aan elke van die twee lamseisoene.

Die praktiese implikasie van 'n herfslamseisoen waar lenteparing gewoonlik begin tot middel Oktober 'n aanvang neem, is dat die rusperiode tussen speen en daaropvolgende paartyd baie korter is as by ooie wat in die lente lam, veral as die lentepaarseisoen noodgedwonge verleng word om 'n beter lampersentasie te kry23. Die korter rusperiode val verder ook nog saam met swak weidingstoestande wat gewoonlik gedurende die tyd in die ekstensiewe skaapweistreke ondervind word. Kunsmatige prikkelvoeding is dus gewoonlik 'n vereiste.

Paring tydens die hoogtepunt van geslagsaktiwiteit in die herfs is gekonsentreer in 'n kort periode23 met die gevolg dat die lentelamseisoen ook baie kort is, in teenstelling met 'n herfslamseisoen wat altyd meer verspreid is selfs al sou paring oor 'n gelyke periode geskied. Vanuit 'n bestuurs- en bemarkingsoogpunt beskou, sou 'n korter lamseisoen dus verkieslik wees.

Die koeler weer wat gewoonlik in die herfsmaande ondervind word, is baie meer bevorderlik vir die groei en ontwikkeling van jong lammers57 . Verder word die jaarlikse reënval in die ekstensiewe kleinveegebiede normaalweg gedurende die laatsomer en herfs ondervind met gevolglike goeie natuurlike weidingstoestande. Die twee faktore is ongetwyfeld verantwoordelik vir die hoër gemiddelde speenmassa by herfslammers, ten spyte daarvan dat hulle by geboorte ligter weeg34. Herfslamtyd is wat die grootmaak van lammers betref dug meer voordelig.

Indien klimaatstoestande die gewone patroon volg, mag dit weer gebeur dat weidingstoestande swak is wanneer die herfsgebore lammers gedurende Augustus . September gespeen word en wanneer hulle dan ongeveer 'n jaar later die wisselstadium bereik. Hierdie nadele geld veral in die Karoo en aangrensende areas en nie in die werklike somerreënval gebiede nie.

'n Beweerde voordeel ten gunste van 'n herfslamseisoen is dat interne parasiete en lammersiektes 'n baie laer voorkoms het gedurende die herfsmaande in vergelyking met die lente en somer maande. Dit is egter nie die geval nie, aangesien interne parasiete, behalwe moontlik die lintwurms, se seisoenale voorkoms in die dier van streek tot streek wissel 4,49,66 en in streke soos die Karoo- en Grensgebied normaalweg hul hoogtepunt gedurende die laat somer, herfs en wintermaande bereik49,66. Met betrekking tot lammersiektes soos bloedpens en kolibassillose, sal die insidens gedurende die warm lente- en somermaande hoër wees as gedurende die herfs en winter, maar dit is by uitstek siektes wat onder ingekraalde diere of op aangeplante weidings voorkom.

Aan die anderkant is daar siektes soos Slenkdalkoors, Wesselsbronsiekte en bloutong waarvan die voorkoms gekoppel is aan die jaarlikse reënval en dus in groot dele van die skaapweistreke hoofsaaklik in die laat somer en herfs hul verskyning maak en groot lammerverliese tot gevolg kan hê.

 

ALGEMENE BESPREKING EN AANBEVELINGS

Die belangrikste voordeel van 'n herfsparingspraktyk is die hoër lampersentasie wat verkry word en uiteindelik 'n hoër speenpersentasie en massa lam per ooi gespeen. In Marais34 se proewe het dit op gemiddeld 2,5 kg per ooi te staan gekom. Hierdie voordeel is die resultaat van verskeie faktore naamlik hoër geslagsaktiwiteit en dus hoër persentasie ooie, insluitende jong ooitjies wat beset raak, hoër persentasie meerlinge, hoër ramvrugbaarheid en laer embrionale verliese met die onderliggende invloed van koeler weer en die beskikbaarheid van natuurlike prikkelvoeding.

Die hoër persentasie meerlinge by herfsgepaarde ooie is onder natuurlike omstandighede vir baie vee-eienaars nie aanvaarbaar nie, omdat dit gewoonlik gepaard gaan met hoër lamverliese. Ten spyte hiervan het beide Marais34 en Olivier44 onder ekstensiewe toestande laer lamverliese by lentelammers ondervind. Alles in ag genome sal die hoër lam- en speenpersentasie by herfsgepaarde ooie die moeite en koste verbonde aan meer intensiewe bestuurspraktyke gedurende en na lamming ruimskoots vergoed.

Die grootste enkele nadeel verbonde aan herfsparing is dat lamming gedurende die lente geskied wanneer voedingstoestande normaalweg ongunstiger is ofskoon goeie voedingstoestande mag voortduur in die lente en somer as gevolg van goeie reëns in die voorwinterperiode. Dit moet egter onthou word dat periodieke droogtes ook gedurende die laat somer- en herfsmaande ondervind word. Dit word egter gevoel dat dit steeds lonend sat wees om op 'n tydelike basis byvoeding aan lammerooie gedurende die lente en vroeë somer te verskaf terwille van die hoër reproduksie-persentasie. Dit kan enersyds op natuurlike wyse geskied deur van gespaarde weiding gebruik te maak, veral na goeie reënval in die voorwinter periode of om gedurende periodieke droogtes van kunsmatige byvoeding gebruik te maak. Dieselfde mag egter geld vir jong herfslammers wat gedurende Augustus en September gespeen word ofskoon baie van hulle direk vanaf hul moeders bemark sou kon word.

Afhangende dan van die duur en intensiteit van 'n droogte en die tempo van byvoeding wat verskaf moet word, sou ooie wat gedurende die lente lam, gebaseer op Marais34 se gegewens, ten minste 100 tot 150 dae byvoeding kan ontvang voordat hulle finansiële voorsprong op lentegepaarde ooie uitgewis sou wees. Dit moet egter daarop gewys word dat in Marais34 se studies byvoeding nooit nodig was nie en die herfsgepaarde ooie oor die hele tydperk van ses jaar hul jaarlikse gemiddelde finansiële voorsprong behou het.

Herfsparing beïnvloed ook nie die keuse van rasse of kruisrasse waarmee geboer kan word nie, terwyl dit wel die geval is met 'n lentepaarpraktyk. Die beter groei en ontwikkeling van herfslammers as gevolg van die koeler weersomstandighede en die werklike praktiese belang daarvan is moeilik bepaalbaar aangesien dit gepaard gaan met faktore soos beter voedingstoestande. Die agterstand wat lentelammers in die opsig sou hê kan egter tot 'n groot mate beperk word deur die voorsiening van skaduwee.

Die aansprake dat lammersiektes en interne parasiete meer beperk is tot die lente- en somermaande is veral wat die ekstensiewe skaapgebiede betref nie korrek nie. Die probleme kan in elk geval met behulp van hoogs doeltreffende entstowwe en middels en moderne boerderymetodes beheer word en behoort in die lig van die besliste voordele van herfsparing nie 'n beslissende faktor te wees by die keuse van die paar- of lamseisoen nie.

In geheel gesien, behoort herfsparing die eerste oorweging te wees en doelbewus nagestreef te word. Dit mag egter nie altyd moontlik wees nie, veral waar skaapboerdery as sekondêre bedryf ingeskakel is en daar geen alternatief vir lenteparing is nie.

Vanuit 'n praktiese oogpunt is dit nie altyd wenslik om slegs een paar- en lamseisoen te hê nie en is ten minste twee lammeroeste per jaar meer aanvaarbaar. Daar is ook wel besliste voordele verbonde aan twee paarseisoene naamlik 'n aansienlike verhoging van die jaarlikse lamproduksie, 'n verlaging van postnatale lamverliese deur beter beheer van kleiner groepe ooie en 'n aansienlike besparing op ramkoste34. Vanuit 'n bestuursoogpunt beskou, mag selfs meer paartye per jaar oorweeg word.

Indien twee lamseisoene oorweeg word, is dit belangrik dat die twee tradisionele paarseisoene naamlik herfs- en lenteparing, met sekere aanpassings mekaar moet aanvul eerder as om as alternatiewes teenoor mekaar opgeweeg te word. Indien aIle faktore in aanmerking geneem word, wil dit voorkom of die beste resultate verkry kan word deur herfsparing as hoofpaartyd en lenteparing as 'n aanvuIlende paartyd toe te pas. Nog beter resultate kan verseker word deur die lentepaartyd te verskuif na November - Desember wanneer geslagsaktiwiteit hoër is en die ouer ooie met die langer geslagseisoen gedurende die tydperk te paar. Daar is dus twee aparte groepe ooie, naamlik 'n herfspaargroep wat bestaan uit die jonger ooie insluitende jong ooitjies wat die eerste keer gepaar word en die lentepaargroep wat die ouer ooie insluit. AIle ooie wat die voorafgaande paarseisoen oorgeslaan het, sa! outomaties by die ander groep bygevoeg word.

So 'n stelsel sal egter vereis dat aIle ooie in die herfspaargroep voor die paarseisoen ondersoek moet word om die ouer ooie wat na die lentegroep oorgeplaas moet word, te identifiseer. Om te verhoed dat hierdie ooie een lamseisoen oorslaan, word aanbeveel dat huIle aan die begin van die herfspaarseisoen eerste by die ramme geplaas word. HuIle sal dan eerste lam en die lammers kan dan betyds gespeen word sodat die ooie aan die einde van die lentepaarseisoen by die lentegroep gevoeg kan word. Dit sou beteken dat hierdie ooie twee lammers binne 'n periode van ongeveer 15 maande moet produseer en dus moontlik meebring dat huIle gedurende en na lamtyd byvoeding gegee moet word ten einde die lammers op 'n vroeër ouderdom te speen en die ooie 'n redelike ruskans te gee voordat huIle weer gepaar word.

 

VER WYSINGS

1 ALLEN D M & LAMMING G E, 1961. Nutrition and reproduction in the ewe. Journal of Agricultural Science. 56,60 - 79.

2 ANDERSON J, 1958. The induction of oestrus in the ewe. The Veterinary Journal. 94: 328 - 334.

3 ASDELL A A, 1946. Patterns of Mammalian Reproduction. Ithaca: Colmstock Publishing Company Incorporated.

4 BARROW DB, 1964. The epizootology of nematode parasites of sheep in the Border area. Onderstepoort Journal of Veterinary Research. 31, 151 - 162.

5 BARTON R A, 1947. Proceedings of the 10th Annual meeting of sheep farmers, Palmerston North, New Zealand, Massey Agricultural College.

6 BOSMAN S W, 1955. Aangehaal deur Hugo, 1955.

7 COETSEE C G, VERMEULEN E J & DYASON J E, 1964. Flushing will improve your lamb crop. Farming in South Africa. 40, 52 - 53.

8 DRINAN J P & DUN R B, 1965. Skin folds and Merino breeding: 3 The association between skin fold and the productivity of Merino ewes in fourteen New South Wales flocks. Australian Journal of Experimental Agriculture and Animal Husbandry. 5, 345 - 352.

9 DUN R B, 1964. Skin folds and Merino breeding. 1. The net reproductive rates of flocks selected for and against skin folds. Australian Journal of Experimental Agriculture and Animal Husbandry. 4, 376 - 385.

10 DUTT R H, 1963. Critical periods of early embryonic mortality in ewes exposed to high ambient temperature. Journal of Animal Science. 22, 713 - 722.

11 EL SHEIKH A S, HULET C V, POPE A L & CASIDA L E, 1955. Mortality and fertility of spermatozoa as affected by increased ambient temperature. The effect of level of feeding on the reproductive capacity of the ewe Journal of Animal Science. 14, 919 - 929.

12 FOOTE W C, POPE A L, NICHOLS R E & CASIDA L E, 1957. The effect of variations in ambient temperature and humidity on rectal and testis temperatures of sheared and unsheared rams. Journal of Animal Science. 16, 144 - 150.

13 GRANGER W, 1947. Conception in lactating ewes. Austmlion Veterinary Journal. 23, 143 - 145.

14 GUNN R M C, SANDERS R N & GRANGER W, 1942. Studies in fertility in sheep. 2. Seminal changes affecting fertility in rams. Council of Scientific Industrial Research. Bulletin No 148.

15 HAFEZ ESE, 1950. Sexual season of the ewe and daylight environment. Nature: London. 166, 822 . 823.

16 HAFEZ ESE, 1951. Inhibitory action of artificial light on the sexual season of the ewe. Nature: London. 168,336.

17 HAFEZ ESE, 1952. Studies on the breeding season and reproduction of the ewe. Journal of Agricultural Science. 42, 189 - 265.

18 HAFEZ ESE, 1962. Reproduction in Farm Animals. Philadelphia: Lea & Febiger.

19 HAFEZ ESE, 1966. Introduction to Comparative Reproduction. Comparative Aspects of Reproductive Failure, New York: Springer- Verslag, New York Incorporated.

20 HART D S, 1950. Photoperiodicity in Suffolk sheep. Journal of Agricultural Science. 40, 143 - 149.

21 HART D S. 1961. Ewe fertility. Canterbury Chamber of Commerce, Agricultural Bulletin No 378.

22 HART G H & MILLER R F, 1937. Relation of certain dietary essentials to fertility in sheep.  Journal of Agicultural Research (Washington DC). 55, 47.

23 HUGO W J, 1955. Die probleem van lae vrugbaarheid in Suid-Afrikaanse Skaapkuddes. D Sc verhandeling, Universiteit Stellenbosch.

24 HULET C V, VOIGTLANDER A L, POPE A L & CASIDA L E, 1956. The nature of early season in fertility in sheep. Journal of Animal Science. 15, 607 - 616.

25 HUNTER G L, 1962. Observations on oestrus in Merinos. Proceedings of the South African Society of Animal Production. 1, 67 - 69.

26 HUNTER G L, 1964. The effects of season and mating on oestrus and fertility in the ewe. Proceedings of the South African Society of Animal Production. 3, 196 - 206.

27 INKSTER I J, 1967. Proceedings of the Ruakura Formers' Conference Week. New Zealand Department of Agriculture.

28 KELLY R B, 1939. Female aspects of relative fertility in sheep. Australian Veterinary Journal. IS, 184 - 198.

29 KELLY R B, 1946. Studies on the breeding performance of ewes. Bulletin of the Council of Scientific Industrial Research, Australia. Bulletin No 205.

30 KELLY R B & SHAW H E B, 1943. Fertility of Sheep. The fertility of the ewe. Bulletin of the Council of Scientific Industrial Research, Australia. Bulletin No 166.

31 KENNEDY J P, 1967. Genetic and Phenotypic relationships between fertility and wool production in 2 year old Merino Sheep. Australian Journal of Agricultural Research. 18, 515 - 522.

32 KUPFER M, 1928. The sexual cycle of female domesticated mammals. The ovarian changes and the periodicity of oestrus in cattle, sheep, goats, pigs and horses. 13th and 14th Report of the Director of Veterinary Education and Research, Union of South Africa. 1211 - 1270.

33 LAMOND D R, 1963. The effect of nutritive status on oestrus, ovulation and Graafian follicles in Merino ewes. Australian Journal of Agricultural Research. 14, 483 - 491.

34 MARAIS P G, 1973. Die Relatiewe Produktiwiteit van Herfs- en Lentegepaarde Ooie. M Sc verhandeling. Universiteit van Oranje Vrystaat.

35 MARINCOWITZ G, 1957. Best lambing season for Merinos in Eastern Karoo. Farming in South Africa. 33, 52 - 53.

36 MARSHALL FHA, 1956. Physiology of Reproduction. London: Longmans, Green & Co.

37 MARSHALL FHA & BOWDEN F P, 1934. The effect of irradiation with different wave-lengths on the oestrous cycle of the ferret, with remarks on the factors controlling sexual periodicity. Journal of Experimental Biology. 11, 409 -422.

38 MARSHALL FHA & HAMMOND J, 1947. United Kingdom, Ministry of Agriculture and Fisheries. Bulletin No 39.

39 McKENZIE F F & PHILLIPS R W, 1932. Report of the University of Missouri. 34.

40 McKENZIE F F & TERRILL C E, 1937. Oestrus, ovulation and related phenomena in the ewe. Research Bulletin Montana Agricultural Experimental Station. No 264.

41 MOULE G R, 1960. The major causes of low lamb marking percentages in Australia. Australian Veterinary Journal. 36, 154 - 159.

42 MOULE G R & KNAPP B, 1950. Observations on the intra testicular temperatures of Merino rams. Australian Journal of Agricultural Research. 1, 456 - 464.

43 NEL J E, 1967. Die lnvloed van Kuddesamestelling op Produksie en Reproduksiekenmerke van Merinoskape. PH D verhandeling, Universiteit Stellenbosch.

44 OLIVIER J J, 1981. Persoonlike mededeling.

45 PURSER A F, 1965. Repeatability and heritability of fertility in hill sheep. Animal Production. 7,75 -82.

46 QUINLAN J, 1930. The vitality of the Spermatozoon and the liberated ovum in domestic animals, with special reference to the relation of the time of copulation during oestrus to conception. Journal of the South African Veterinary Medical Association. 3, 1 - 7.

47 QUINLAN J & MARé G S, 1931. The physiological changes in the ovary of the Merino Sheep in South Africa and their practical application in breeding. 17th Report of the Director of Veterinary serllices and Animal Husbandry. Union of South Africa. 664 - 703.

48 REEVE E C R & ROBERTSON F W, 1953. Factors affecting multiple births in sheep. Animal Breeding Abstracts. 21; 211 - 224.

49 ROSSITER L W, 1964. The epizootology of nematode parasites of sheep in the coastal area of the Eastern Province. Onderstepoort Journal of Veterinary Research. 31, 143 -150.

50 ROUX L L, 1936. Sex physiology of sheep. Onderstepoort Journal of Veterinary and Animal Husbandry Science. 6, 465 - 717.

51 SMITH I D, 1962. The effect of plane of nutrition upon the incidence of oestrus in the Merino ewe in Queensland. Australian Veterinary Journal. 38, 338 - 340.

52 SMITH I D, 1964. The effect of seasonal variations on body weight upon oestrus activity in Merino ewes. Proceedings of the 5th International Congress on Animal Reproduction, Trento. 3,484 - 488.

53 SMITH I D, 1965. The influence of level of nutrition during winter and spring upon oestrus activity in the ewe. World Review of Animal Reproduction. 4,95 - 102.

54 SMITH I D, 1966. The onset of the breeding season in South Down ewes in subtropical Australian Journal of Agricultural Science. 66, 295 - 296.

55 SMITH I D, 1967. The breeding season in British breeds of sheep in Australia. Australion Veterinary Journal. 43,59 - 64.

56 SPENCER D A, SCHOTT R G, PHILLIPS R W & AUNE B, 1942. Performance of ewes bred rust as lambs compared with ewes bred first as yearlings. Journal of Animol Science. 1,27 - 33.

57 STARKE J S, 1953. Fat lamb production as a means of increasing mutton supplies. Farming in South Africa. 1,23-27.

58 STEWART A M & MOIR R J, 1943. Fertility in Merino Sheep in North-West Australia. 1. Observations on the incidence of oestrus in Merino ewes at Warralong station. 2. A survey of the fertility of Merino sheep in north-western Australia. Australian Veterinary Journal. 19,152 -164.

59 TERRILL C E & STOEHR J A, 1939. Reproduction in range sheep. Proceedings of the American Society of Animal Production. 32nd Annual Meeting. 369 - 375.

60 THOMSON W & AITKEN F C, 1959. Cited by Hafez 1962.

61 TURNER H N, 1966. Selection for increased reproduction rate. Wool Technology and Sheep Breeding. 13,69 - 74.

62 TURNER H N, HAYMAN R H, TRIFFET L K & PRUNSTER R W, 1962. Response to selection for multiple births in the Australian Merino: a progress report. Animal Production. 4, 165 - 176.

63 UNDERWOOD E J & SHIER E L, 1952. The incidence of oestrus in ewes grazing on sub-terranean clover pastures. Australion Veterinary Journal. 28, 157 - 158.

64 UNDERWOOD E J, SHIER E L & DAVENPORT J, 1944. Studies in sheep husbandry in Western Australia. V. The breeding season of Merino, crossbred and British breed ewes. Journal of the Department of Agriculture, Western Australia. 21,135 -143.

65 VAN NIEKERK B D H & MULDER A M, 1965. Duration of pregnancy and of postpartion anoestrus in autumn-mated Dorpers, Dohne Merino and Merino ewes. Proceedings of the South African Society of Animal Production. 4,205 - 212.

66 VILJOEN J H, 1964. The epizootology of nematode parasites of sheep in the Karoo. Onderstepoort Journal of Veterinary Research. 31, 133 - 142.

67 WALLACE L R, 1958. Proceedings of the Ruakuro Farmers' Conference Week. New Zealand Department of Agriculture.

68 WALLACE L R, 1961. Influence of live weight and condition on ewe fertility. Proceedings of the Ruakuro Farmers' Conference Week. New Zealand Department of Agriculture. 1 - 11.

69 WATSON R H, 1953. Studies on seasonal variation in the level of fertility in Merino ewes. 1. Observations on mating, pregnancy, and lambing at intervals of four months. Australian Journal of Agricultural Research. 4,349 - 359.

70 WATSON R H & RADFORD H M, 1955. A note on the hours of daylight associated with the seasonal increase in sexual activity in Merino ewes. Australian Veterinary Journal. 31, 31 - 32.

71 WATSON R H & RADFORD H M, 1966. Seasonal variation in fertility in Merino ewes. The reproductive wastage associated with mating in winter, spring, summer or autumn. Australian Journal of Agricultural Research. 17, 335 - 345.

72 WODZICKA-THOMAZEWSKA M & DOBBIE J, 1967. The effect of size, nutrition, and pre-tupping shearing on two-tooth fertility. Proceedings of the Ruokura Farmers' Conference Week. New . Zealand Department of Agriculture. 1 -_12.

73 YEATES N J M, 1947. Influence of variation in length of day upon the breeding season in sheep. Nature: London. 160,429 - 430.

74 YEATES N T M, 1949. The breeding season of sheep with particular reference to its modification by artificial means using light. Journal of Agricultural Science. 39,1 - 43.

75 YEATES N T M, 1956. Heat tolerance in animals. Australian Veterinary Journal. 32, 242 - 245.

76 YEATES N T M, 1956. The effect of light on the breeding season, gestation and birth-weight of Merino sheep. Australian Journal of Agricultural Research. 7,440 - 446.

77 YOUNG S S Y, TURNER H N & DOLLING C H S, 1963. Selection for fertility in Australian Merino sheep. Australian Journal of Agricultural Research. 14,460 - 482.

 

Published

Karoo Agric, Vol 3, No 5, 1985, 17-24