Last update: August 18, 2011 02:37:09 PM E-mail Print

 

DIE INVLOED V AN LEKAANVULLING OP PRODUKSIE EN REPRODUKSIE VAN MERINOSKAPE OP VIER SOORTE KAROOVELD

 

P G Marais, F C Hayward, G A Jacobs,

J A N Cloete en A Koen

Landboukollege Grootfontein, Middelburg KP

 

 

INLEIDING

Alhoewel die aanvulling van fosfaat vir weidende diere sedert 1920 in Suid-Afrika gepropageer word en ook in die praktyk toegepas word, is die voedingsbehoeftes ten opsigte van hierdie element vir skape nog steeds 'n onbekende faktor.

Die skeikundige ontledings van Karooweidings toon aan dat dit oor die algemene laag in fosfor is. Die fosforinhoud van die meeste Karoobossies wissel vanaf 0,10 % gedurende die wintermaande tot 0,20 /,0 gedurende die somermaande. In die geval van grasse wissel die fosforinhoud van ongeveer 0,06 % gedurende die winter tot 0,15 % gedurende die somer (Du Toit, Louw & Malan, 1940; Louw, 1962; Louw, Steenkamp & Steenkamp, 1968, a,b,c).

Volgens Du Toit, et al. (1940) behoort weidings minstens 0,14 % fosfor te bevat om in die normale behoeftes van skape te kan voorsien. Heeson, Johnson, Bolin & Hickman (1944) kom tot die gevolgtrekking dat 0,07 tot 0,12 % fosfor in rantsoene 'n fosfortekort by lammers bewerkstellig. Hierdie outeurs rapporteer verder dat 'n fosforinhoud van 0,15 tot 0,23 %voldoende was om in die behoeftes van lammers te voorsien.

Preston & Pfander (1964) bereken weer dat jong groeiende lammers met 'n liggaamsmassa van 35 kg, ongeveer 2,8 g fosfor per dag benodig vir 'n massatoename van 180 g/dag. Die aanbeveling van die National Research Council (NRC, 1985) is dan ook in noue ooreenstemming met laasgenoemde aanbeveling. Dit beteken dat wanneer 'n lam 1 kg droë materiaal sou inneem, die weidings ongeveer 0,28 % fosfor sal moet bevat. Die ARC (1980) stel die daaglikse behoeftes van 'n 50 kg skaap met 'n daaglikse massatoename van gemiddeld 47 g op 3,5 g fosfor. In hierdie geval moet die fosforinhoud van die weiding 0,35 % wees, as 'n droë materiaal inname van 1 kg per dag aanvaar word. Verder het Sykes & Dingwall (1976) die reeds bestaande vermoedens (Belonje, 1975) bevestig naamlik dat die fosforbehoeftes van skape heelwat kleiner is as wat algemeen aanvaar word.

Uit bogenoemde is dit derhalwe duidelik dat die fosforinhoud van Karooweidings, veral gedurende droë tye, nie aan die minimum vereistes wat vir skape gestel word, voldoen nie. Gevolglik is dit algemene praktyk om aan te beveel dat fosfor aangevul behoort te word.

Proefwerk wat met fosforaanvullings in die Karoo uitgevoer is, het uiteenlopende resultate gelewer. So vind Van der Vyver & Van Niekerk (1965) byvoorbeeld dat die aanvulling van mono-natriumfosfaat aan jong lammers 'n verbetering van 38 % in groeitempo tot gevolg gehad het. Cloete (1971) rapporteer weer geringe voordelige reaksie met ooie met lammers, terwyl Steenkamp (1967) geen reaksie met Merinohamels kon vind nie. Hierdie verskille kan waarskynlik daaraan toegeskryf word dat skape tydens verskillende fisiologiese stadiums in hul fosforbehoeftes verskil. ‘n Tweede verklaring kan gevind word in die feit dat hierdie resultate op verskillende veldtipes verkry is. Derhalwe blyk dit dat die aanvulling van fosfor nie noodwendig vir aIle skape ekonomiese voordele inhou nie. Volgens die resultate van Louw (1979) word die fosforbehoeftes van 'n dier hoogs betekenisvol deur die verteerbare energie-inname beïnvloed. Word die verteerbare energie inname vanaf onderhoudsbehoeftes tot 'n vetmestingspeil verhoog, verhoog die fosforbehoeftes dienooreenkomstig. Gevolglik blyk dit dat fosforverbruik ondoeltreffend met 'n wanverhouding van energie-inname sal wees en omgekeerd. Hierdie gevolgtrekking word deur die bevinding van Myburgh & Du Toit (1970) bevestig, deurdat verteerbare energie en proteïen Die ten volle tydens 'n onvoldoende inname van fosfor verbruik word Die. Cloete (1971) het gevind dat met die aanvulling van energie, proteïen en fosfor in verskillende lekke op Karoo-bossieveld (pentzia spp.) vrektes gedurende langdurige droogtes verminder kon word.

In die lig van laasgenoemde resultate (Cloete, 1971), word lekke wat met proteïen, energie en fosfor aangevul is, vir algemene gebruik op Karooweidings aanbevee1. Die ekonomiese implikasies, inname en nut van sodanige lekke is nog Die onder gekontroleerde toestande prakties uitgetoets Die. Met hierdie projek is gepoog om die invloed van fosforaanvullings op Karooveld, gedurende al die stadiums van produksie en reproduksie te evalueer.

 

PROEFPROSEDURE

Proefdiere

Ses groepe van 30 elk is uit 'n groep van 180 tweetand Merino-ooie geloot. Die groepe is volgens liggaamsmassa gestratifiseer. Geen reserwe diere is aangehou nie en in geval van verliese is diere uit ander groepe deur middel van loting verwyder.

 

Proefterrein

Die proefterrein is geleë op die Carnarvon proefstasie en het bestaan uit vier veldsoorte, naamlik leegte-, vlakte-, doloriet- en boesmangrasveld, wat elk in ses 30 ha kampies verdeel is.

EIke veldsoort is afsonderlik deur al ses groepe vir 'n tydperk van drie maande bewei. 'n Beweidingsdruk van ongeveer 4 ha/skaap/jaar is gehandhaaf. Vanaf lamtyd tot speentyd het die beweidingsdruk tussen groepe na gelang van die aantal lammers gebore verskil.

Die program wat vir die beweiding van die veldsoorte voorgeskryf is, het meegebring dat elke veldsoort oor 'n tydperk van vier jaar gedurende elke seisoen van die jaar bewei is (Tabel 1). Binne elke veldsoort is elke groep elke 14 dae van kampe verwissel.

 

Behandelings en uitleg

Die ses groepe skare bet die behandelings soos in Tabel 2 aangedui ontvang.

 

Groep A en B het 'n lek wat proteïen, energie en veesout (NaCI) bevat en wat gewoonlik vir gemengde Grasbossieveld aanbeveel word: ontvang. Groepe C en D het elk addisionele energie en NaCI soos gewoonlik vir Bossieveld aanbeveel word ontvang. Groep A en C het ook addisionele fosfor ontvang. Groep E en F was twee kontrolegroepe wat geen addisionele energie en proteïen ontvang het Die. Groep E het net NaCl met melassestroop ontvang, terwyl Groep F geen lek aanvulling ontvang nie.

Die soutkonsentrasie in die lekke vanaf Groepe A tot D het gedurende die proef gevarieer ten einde die inname daarvan te beheer. Daar is gepoog om die innames van Groepe A tot D so te beheer dat droë ooie ongeveer 100 g per dag en laatdragtige en lammerooie ongeveer 200 g per dag sal inneem. AIle lekke is op elk van die vier verskillende veldsoorte aangebied.

Alle proefdiere is met die aanvang van die proef gedurende Februarie 1977 en daarna elke jaar gedurende Augustus geskeer. Aanvanklik is groepparing elke jaar (1977, 1978, 1979) in Oktober toegepas, maar die paartyd is gedurende die laaste drie jaar van die proef (1980, 1981, 1982) na Aprilmaand verskuif. Ses ramme wat tussen die groepe gewissel het, is gebruik. Elke ram het vir sewe dae by elke groep geloop.

Die lammers van elke groep het by hul moeders tot ongeveer 4 maande ouderdom geloop, waarna hulle gespeen is. AIle speenlammers is as 'n groep vir ongeveer 30 dae in een kamp aangehou. Gedurende hierdie periode het hulle geen lek aanvulling ontvang Die. Van die gespeende ooilammers is gebruik om ouer ooie in dieselfde groep te vervang of om verliese aan te vul.

Die groep met die kleinste aantal jong ooitjies het bepaal hoeveel ouer ooie in elke groep jaarliks vervang moes word.

Tydens skeertyd is die totale rouwol-produksie van elke skaap aangeteken, terwyl skoonopbrengs, veseldikte en kartelfrekwensie op midrib-wolmonsters bepaal is.

 

Resultate en bespreking

In Tabel 3 verskyn die gemiddelde lek innames (g/skaap/dag) gedurende die verskillende seisoene op die verskillende veldtipes. Hierdie resultate word in Fig. 1, 2, 3 en 4 grafies uitgebeeld.

 

Vanuit Fig. 1,2,3 en 4 is dit duidelik dat daar Die in al die gevalle aan die voorgenome lek innames van 100 g/droë skaap/dag en 200 g/dragtige of lammerooi/dag voldoen kon word nie. Word die lek innames van die vier veldtipes afsonderlik nagegaan, is dit duidelik dat die innames SODS op ranteveld en boesmangrasveld ingeneem, deurgaans hoer as die van die ander twee veldtipes was. Die variasie in lek innames tussen seisoene was ook kleiner by eersgenoemde veldtipes as die van die ander twee veldtipes. Op die bossieveld het dit geblyk dat die hoogste innames gedurende die lente verkry word en verder het die innames tussen die twee herfs en die twee somerwaardes binne seisoene aansienlik gewissel. Hierdie wisseling in inname kon grootliks aan die kwaliteit van die natuurlike veld op daardie stadium toegeskryf word, omrede dit gedurende die laaste herfs en somer aansienlik droër as gedurende die eerste twee seisoene was. Afgesien van die laaste herfs- en somerseisoen het die lenteseisoen die hoogste inname tydens die proeftydperk op die bossieveld gerealiseer. Volgens Fig. 2 was die Lek innames in die somermaande op ranteveld die hoogste van al vier seisoene per jaar. 'n Soortgelyke tendens word ook in Fig. 3 en 4 vir boesmangrasveld en leegteveld geïllustreer.

 

 

Afgesien van die innames van Groep E (sout en melassestroop) was daar Die noemenswaardige inname verskille tussen behandelings nie. 'n Verklaring hiervoor is dat die innames kunsmatig beheer was. Die geringe verskille wat wel voorgekom het toon aan dat die innames van Groep D feitlik deurgaans op aIle veldsoorte en seisoene hoër was.

In Tabel 4 verskyn die gemiddelde liggaamsmassa van ooie op verskillende veldtipes per seisoen en word in Fig. 5,6,7 en 8 uitgebeeld.

 

 

Uit Fig. 5, 6, 7 en 8 is dit duidelik dat feitlik geen verskille in liggaamsmassa van ooie binne seisoene, voorgekom bet me. Opmerklik was die feit dat Groep F wat as kontrole geen lek aanvulling ontvang het nie, feitlik dieselfde liggaamsmassa as die onderskeie behandelingsgroepe gehad bet. Geen behandelingseffekte kon geïdentifiseer word nie. Verskille tussen veldtipes per ooreenstemmende seisoen bet voorgekom. 'n Konstante patroon kon egter nie geïdentifiseer word nie, deurdat jaareffekte 'n groot rol gespeel bet. In die breë gesien, wissel die liggaamsmassa van ooie op die leegte- en boesmangrasveld die minste tussen seisoene van die vier veldtipes.

 

 

 

 

Die gemiddelde daaglikse toename (gdt) van lammers afkomstig vanaf die onderskeie behandelingsgroepe verskyn in Tabel 5 en word in Fig. 9 uitgebeeld.

Die 1979 data ontbreek in Tabelle 5,6, en 8 deurdat die reproduksie van hierdie jaar besonders laag was (kyk Tabel 7) en is gevolglik buite rekening gelaat. Volgens die gemiddelde daaglikse toename van lammers (Fig. 9) kon behandelingseffekte weer eens nie duidelik binne jare geïdentifiseer word nie. Wat wel duidelik was, is dat jare 'n groter rol as behandelings gespeel het.

 

 

 

 

 

Na aanleiding van die gekorrigeerde speenmassa (gekorrigeer tot 120 dae ouderdom, geslag en geboortestatus) (Tabel 6) en soos in Fig. 10 aangetoon, bestaan daar ook geen duidelike behandelingseffekte nie. Trouens net soos in die geval met die gdt (Fig. 9) was die waardes van Groep F nie laer as die van die behandelingsgroepe nie.

 

 

Ten opsigte van die reproduksiedata van ooie vanaf die onderskeie behandelingsgroepe (Tabel 7) het dit duidelik geblyk dat 'n definitiewe behandelingseffek nie geïdentifiseer kon word nie. Trouens die responsies van Groep F was in sommige gevalle hoër as die van die behandelingsgroepe. Opmerklik was dat jaareffekte 'n groot rol gespeel het.

Word die ooiproduktiwrteit (rouwolproduksie x 3,0 + liggaamsmassa van lam) vir die onderskeie groepe bereken (Tabel 8) was dit weer eens duidelik dat die jaareffekte aansienlik groter as die behandelingseffekte was. Geen duidelike behandelingseffek kon tussen die onderskeie groepe geïdentifiseer word nie.

Die rouwolproduksie van ooie op die onderskeie behandelingsgroepe het ook nie duidelike behandelingsverskille aangetoon nie (Tabel 9). Duidelike jaarverskille was weer eens waarneembaar.

Ten opsigte van die persentasie skoonopbrengs van wol (Tabel 10) asook die veseldikte (Tabel 11) van die ooie kon geen duidelike verskille, wat aan behandeling gekoppel kan word, opgespoor word nie. Trouens, die verskille tussen jare was groter as die verskille tussen behandelings.

 

GEVOLGTREKKING

Ten opsigte van aIle gemete eienskappe het die aanvulling van fosfor tesame met energie en proteïen, geen voordeel ingehou nie. Trouens, die verskille tussen jare was groter as die verskille tussen behandelings.

 

VERWYSINGS

A.R.C., 1980. The nutrient requirements of farm livestock. No.2. Ruminants. A.R.C. London.

BEESON, W.M., JOHNSON, R.F., BOLIN, D.W. & STICKMAN, C.W., 1944. The phosphorus requirements of fattening lambs. J. Anim. Sci. 3, 63 - 70.

BELONJE, P.C., 1975. An investigation into possible methods to assess the intake of calcium and phosphorus by grazing sheep. D.V.Sc. Thesis. Univ. Pretoria.

CLOETE, J.G., 1971. Drought feeding of sheep. S.A[r. J. Anim. Sci. 1,201 - 214.

DU TOIT, P.J., LOUW, J.G. & MALAN, A.I., 1940. A study of the mineral content and feeding value of natural pastures in the Union of South Africa. Onderst. J. Net. Sci. An. Ind. 14,123.

LOUW, G.N., 1962. Relationship between the chemical composition of divergent veld types in the Karoo and the productivity of Merino sheep. D.Sc. (Agric) Thesis Univ. Stellenbosch.

LOUW, G.N., STEENKAMP, C.W.P. & STEENKAMP, E.L., 1968a. Chemiese samestelling van die vernaamste plantspesies in die Noorsveld Tegniese mededeling No. 77. Pretoria. Dept. Landbou-tegniese Dienste.

LOUW, G.N., STEENKAMP, C.W.P. & STEENKAMP, E.L., 1968b. Olemiese samestelling van die vernaamste plantspesies in die Westelike Bergkaroo in die Fraserburgdistrik. Tegniese mededeling Nr. 78. Pretoria. Dept. Landbou-tegniese Dienste.

LOUW, G.N., STEENKAMP, C.W.P. & STEENKAMP, E.L., 1968c. Chemiese samestelling van die vernaamste plantspesies in die Dorre, Skyn Dorre, Skyn Sukkulente en Sentrale Bo-Karoo. Tegniese mededeling  Nr. 79. Pretoria. Dept. Landbou-tegniese Dienste.

LOUW, G.N., 1979. An evaluation of the application of stock bicks in South Africa. Paper read at Annual Congress of the South African Society of Animal production. March,1979.

MYBURGH, S.J. & DU TOIT, J.De V., 1970. A comparative study on the efficiency of water soluble phosphates and a dry phosphate lick for sheep fed on mature grass hay. Onderst. J. Vet. Res. 37(2),127 -136.

N.R.C., 1985. Nutrient requirements of domestic animals. Nutrient requirements of sheep. Nat. Acud. Sci. N.R.C.Washington.

PRESTON, K.L. & PFANDER, W.H., 1964. Phosporus metabolism in lambs fed varying phosphorus intakes. J. Nutr. 83,369 – 378

STEENKAMP, C.W.P., 1967. Die voedingswaarde van die weidings in die Petrusville - Hopetownse sandveldgebied. M.Sc. (Agric) Tesis. Univ. Stellenbosch.

SYKES, A.R. & DINGWALL, R.A., 1976. The phosphorus requirements of pregnant sheep. J. Agric. Sci. Comb. 86,578 - 594.

VAN DER VYVER, P.H.B. & VAN NIEKERK, B.D.H., 1965. Supplementary feeding of sheep on winterveld in the Karoo. Fmg. S.Afr. 41,13.

 

Published

Karoo Agric 4 (2) 11-18