Last update: March 29, 2012 08:52:42 AM E-mail Print

 

MEERV0UDIGE BENUTTING VAN VELD

Dr Pieter Botha

Weidingnavorser

Grootfontein 

 

 

KENNIS van beide die veld en die vreetgewoontes van diere is belangrik vir doeltreffende veldbestuur.

Die plantspesieseleksie van die verskillende tipes diere varieer baie. So mag plantmateriaal wat deur sommige tipes diere vermy word, vir ander weer die enigste bron van voedsel wees.

Die dieet van verskillende tipes diere op dieselfde veld varieer as gevolg van weigewoontes, anatomiese spesialisasies, fisiologiese behoeftes en tekorte, asook liggaamsgrootte van die dier.

Die aantal diere wat dus per eenheidsoppervlak aangehou kan word, sonder om die veld of die dier te benadeel, sal dus varieer van diertipe tot diertipe.

Hoe nader die verskillende tipes diere aan mekaar verwant is, hoe meer sal bulle seleksiepatroon ooreenstem. Die verskillende skaaprasse sal byvoorbeeld 'n nouer verband in hul seleksiepatroon as skare en beeste of skare en bokke toon. Daar kom egter wel verskille in die spesieseleksie van die verskillende skaaprasse voor, na alle waarskynlikheid as gevolg van die teling en die produk, hetsy wol of vleis wat geproduseer word.

In 'n proef op Grootfontein is dieet oorvleueling tussen Dorpers, Merino's, Boerbokke en Afrikaner beeste op 'n gemengde grasbossieveld (40 % gras . 60 % bossies) ondersoek. Die bevindinge word in Tabel 1 aangetoon.

 

 

Die grootste gemiddelde oorvleueling was tussen die Dorper en Merinoskape (61 % ) en die kleinste oorvleueling tussen die Dorpers en die beeste (32 % ). Tussen die grootvee en kleinvee was die gemiddelde oorvleueling ongeveer 35 %. Die grootste oorvleueling was gedurende die lente by welke geleentheid beide groepe hoofsaaklik op die karoobossies gekonsentreer het. Die kleinste oorvleueling tussen die twee groepe diere was gedurende die somer (30 % ). By hierdie geleentheid het die grootvee hoofsaaklik op gras en die kleinvee hoofsaaklik op die opslag en karoobossies gekonsentreer.

Wanneer ons egter kyk na die gemeenskaplike spesies wat die verskillende diersoorte gevreet het, is die saak heelwat anders. Soos in Tabel 2 aangetoon, het die diere baie dieselfde spesies geselekteer. Maar omdat die hoeveelhede baie verskil het, is die persentasie oorvleueling in hierdie geval heelwat laer.

Daar is dus 'n gedeelte van die dieet van die verskillende tipes diere wat eie is aan daardie tipe, maar ook 'n gedeelte wat gedeel word met ander tipes of rasse.

 

 

Dus wanneer die boer die verhouding waarin verskillende veerasse aangehou kan word wil bereken, is die inskakeling van die oorvleueling in hul dieet noodsaaklik. Dit sal gevolglik moontlik wees om die drakrag per eenheidsoppervlakte te verhoog deur gebruik te maak van 'n gemengde kudde. Die boer moet dus voorsiening maak vir hierdie oorvleueling of te wel dan die gesamentlike dieet wanneer veeverhoudings bepaal word.

In die proef op Grootfontein het die botaniese samestelling van die veld oor die tweejaar tydperk 'n verandering ondergaan.

'n Toename in die beskikbare hoeveelheid van die smaaklike bossiekomponent is oor die tweejaar periode gevind. Dit is waarskynlik te wyte aan die feit dat veral die kleinvee gedurende die lente en tot 'n mindere mate gedurende die herfs veral op die onsmaaklike bossies gekonsentreer het. Gevolglik het die smaaklike bossies die voordeel van 'n natuurlike rusperiode gedurende een van die aktiewe groeistadia gehad.

Die onsmaaklike bossiekomponent het ook die voordeel van 'n natuurlike rusperiode geniet as gevolg van verhoogde seleksie van smaaklike bossies gedurende die herfs. Die onsmaaklike bossies is egter tot 'n groot mate geselekteer tydens die ander aktiewe groeistadiums van die komponent. Gevolglik het dit minder natuurlike rus ontvang en was die toename in hoeveelheid dus kleiner.

As gevolg van die hoë mate van seleksie van hierdie komponent tydens hierdie aktiewe groeistadium, het die graskomponent 'n afname in hoeveelheid oor die tydperk getoon.

Hierdie veranderinge kan hoofsaaklik aan die spesieseleksie van die diere toegeskryf word, alhoewel die invloed van die klimaat, veral reënval, nie buite rekening gelaat kan word nie.

In 'n proef waar Angoras en Merino's op dieselfde kampe geloop het, is gevind dat die massa van die bokke baie meer konstant gebly het as die van die skape.

Wanneer Angoras en skape saam gewei het, was die gemiddelde liggaamsmassa van elke diersoort egter swaarder as wanneer die diere afsonderlik wei.

Angoras en Boerbokke word ook dikwels gebruik om, as gevolg van hulle relatief lae selektiewe weigewoontes, digte struikveld "oop te maak" of meer toeganklik vir ander diere te maak. Dit moet egter in gedagte gehou word dat hierdie "oopmaak" van veld die potensiële beginpunt is van veldagteruitgang.

Na afloop van 'n proef waar die produksie van skaap en bees in verskillende verhoudings bepaal is, is tot die gevolgtrekking gekom dat die skaap : beesverhouding kan varieer. Die variasie is van 1 : 1 tot 6 : 1 en wissel afhangende van die dominante grassoorte, hul groei, vorm en smaaklikheid.

Net soos met bokke, kan beeste ook gebruik word om veld meer toeganklik vir kleinvee te maak deur byvoorbeeld die lang gras af te vreet.

'n Ander tipe van meervoudige benutting wat ingeskakel kan word, is deur wild saam met vee te gebruik. Wild benut in baie gevalle plantegroei wat nie deur vee benut word nie. Dr Liversidge het byvoorbeeld bepaal dat in Noordwes-Kaapland baie min kompetisie bestaan tussen Springbokke en skape, veral omdat Springbokke in die betrokke gebiede baie minder gras (ongeveer 39 % ) as die Merino (ongeveer 15 % ) gevreet het.

Dus, deur diere met verskillende spesievoorkeure op dieselfde veld aan te hou, kan die produksie in diereprodukte per eenheidsoppervlakte verhoog word. Verder word 'n wye verskeidenheid plantspesies benut, wat nie alleen 'n hoër produksie tot gevolg het nie, maar ook kan bydra tot die bewaring van die verhouding tussen smaaklike en onsmaaklike plantspesies.

 

Published

Karoo Streeknuusbrief Lente 1984