Last update: April 4, 2012 10:36:49 AM E-mail Print

 

Moderne begrippe oor veldbenutting

P.W. ROUX

 

DIE VEEBOER is die belangrikste faktor in die beheer van veld. Dit is by uitstek by hom dat die toekomstige behoud of ondergang van die Suid-Afrikaanse weivelde berus.

Dit is die doel van hierdie artikel om van die jongste kennis oor veldbeheer oor te dra en toe te lig, asook om leiding te gee op die praktiese terrein van veldbeheer. Hoewel die artikel hoofsaaklik betrekking het op die ekstensiewe kleinveestreke is die beginsels hierin vervat ook van algemene toepassing. Die agtergrond waarteen veldbeheermaatreëls gesien moet word, asook sommige van die belangrikste natuurlike prosesse waarop bulle berus, word ook geskets.

 

Plantmigrasies

In Suid-Afrika, soos ook elders in die wêreld, is grootskaalse natuurlike plantmigrasies aan die gang;. Hierdie migrasies geskied vanuit die noorde en die suide. Elf sulke roetes is deur Acocks (1953) geïdentifiseer. So byvoorbeeld migreer die fynbossoorte soos die renosterbos Elytropappus rhinocerotis, harpuisbos Chrysocoma tenuifolia, die doringboomsoorte Acacia spp., blinkblaar R. lucida, swarthaak Acacia melifera var. detinens, driedoring Rhigozum tricotomum, kriedorings Lycium spp. en etlike honderde meer. Dit moet dus besef word dat daar in die plantegroei natuurlike indringerprosesse aan die gang is, bo en behalwe die plantegroeiveranderings wat deur die mens veroorsaak word.

Aangesien die meeste van die indringers ongewenste soorte is wat die boerdery betref kan aangeneem word dat daar 'n natuurlike neiging in die veld is om ten opsigte van kwaliteit te verswak. Die prosesse vind baie geleidelik plaas, maar onder die wangebruik van veld, asook weens droogtes, word die indringerproses geweldig versnel.

Die oorsaak van die migrasie van plante is heel waarskynlik geleë in geologiese erosie en geleidelike klimaats- en omgewingsveranderinge. Klimaatsverandering het beslis in die verre verlede grootskaalse plantegroeiveranderings in Suid-Afrika teweeggebring en dat klimaatsveranderinge wel in resente tye voorkom, word ook genoegsaam gestaaf.

Daar bestaan tans ook op die oorgrote meerderheid van veeplase 'n gaping tussen die huidige plantbedekking en die potensiële bedekking. Dit is in die eerste plek die taak van sowel die navorsers as die boer om te sorg dat hierdie "potensiaal-gaping" so klein as moontlik gemaak word - byvoorbeeld deur gesonde veldbeheermetodes te ontwikkel en toe te pas. Daar is geen plaas waarop die veld nie verbeter kan word nie, en daar is baie plase waarop die veld aansienlik verbeter kan word.

 

Reën en droogte

Reënval is een van die belangrikste faktore vir plantegroei. Baie boere meen dat die reënval besig is om te verminder. Daar kan egter geen getuienis hiervoor in die reënvalrekords gevind word nie.

Wat wel waar is, is dat die doeltreffendheid van die reënval aansienlik afgeneem bet as gevolg van die groot persentasie ontblote oppervlaktes in die veld, die teenwoordigheid van onsmaaklike en onbenutbare plante en verhoogde afloop en verdamping. Dieselfde buie reën wat vandag val, sou 'n honderd of meer jare gelede meer dierevoedsel geproduseer bet as wat tans die geval is!

Afgesien van die regstreekse uitwerking wat droogte op die weiding het, het dit ook tot gevolg dat grondverliese - soos deur wind- en watererosie teweeggebring - versnel word. Na elke droogte gaan daar dus iets van die potensiaal van die grond verlore. Die verlies word vererger waar die erosieprosesse deur beweidingspraktyke aangehelp word. Droogte kan ook beskou word as 'n natuurlike verskynsel wat bydra tot die gestadigde agteruitgang van die veld.

Feitlik die hele Suid-Afrika word van tyd tot tyd deur droogtes geteister. AIle gebiede met 'n reënval van minder as ongeveer 450 mm (18 dm.) per jaar gemiddeld word feitlik gereeld deur seisoensdroogtes van korte duur geteister, deur periodieke droogtes van mindere omvang, maar wat ook jare kan duur, en deur rampdroogtes wat katastrofiese afmetings kan aanneem en ook van lang of korte duur kan wees.

Die sogenaamde skyndroogtes ontstaan gewoonlik wanneer te veel vee op die veld aangehou word sodat daar selfs in redelik gunstige toestande 'n voedseltekort ontstaan wat dan vir 'n "droogte" aangesien word. Die aangewese oplossing is om veegetalle te verminder en veldbeheer op 'n hoer vlak te bedryf, en van kunsmatige voerbronne gebruik te maak.

Dit is gewoonlik noodsaaklik om bykomende voer aan diere gedurende droogtes te verskaf of hulle geheel en al te voer. Maar om vee te voer - selfs om hulle net aan die lewe te hou - is 'n duur onderneming.

 

Droogtevoergewasse

Die vernaamste droogtevoergewasse tot ons beskikking is kaalbladturksvye Opuntia spp., oumansoutbos Atriplex nummularia, Australiese bloubos Kochia brevifolia en garingboom Agave americana. Die eerste drie plantsoorte kan regstreeks bewei word, terwyl die garingboom in 'n gekapte vorm van vee verskaf word.

Droogtevoergewasse het die volgende toepassings:

 

 

 

Die doeltreffendste metode om soutbosse en soortgelyke gewasse aan te plant, is om die plante van saad in plastieksakkies te kweek en dan uit te plant op die voorafbepaalde terrein.

Van die inheemse plante is die spekboom Ponulacaria afra een van die belowendstes en kan met groot voordeel as voergewas en droogtevoergewas in die betreklik rypvrye gebiede aangeplant word.

Seisoensreënval speel 'n baie belangrike rol in die plantegroeisamestelling: So kry ons byvoorbeeld die winterreënstreke met hul tipiese fynbosplantegroei, of die somerreënstreke met hul grasbedekkings, Korttermynse skommelinge en verskuiwings van die seisoensreënval - byvoorbeeld meer reën word vir 'n aantal jare later of vroeër in die groeiseisoen ontvang as gewoonlik, is van die grootste belang.

Hierdie korttermynse neigings het 'n diepgaande uitwerking op die plantegroeisamestelling en is ook grootliks verantwoordelik vir die dinamiese geaardheid van Suid-Afrikaanse plante. Die uitwerking van seisoensreënvalverskulwings is veral opmerklik in plantegroei-oorgangsgebiede soos die Kaapse Middellande, Suidelike O. V .S. en alle ander plantegroeispanningsones, soos die tussen bosveld en grasveld tussen bossieveld en grasveld, woestyngrasveld en bossieveld, woude en grasveld, en so meer.

 

Weigewoontes

Vroeër jare is die natuurlike weivelde deur 'n groot verskeidenheid van plantvretende wildsoorte bewei. Vandag is skape en/of beeste - soms ook bokke - die vernaamste benutters van die veld. Voorheen het die wildgetalle natuurlik aangepas by die plantegroei en algemene omgewingstoestande, maar tans word die plantegroei geforseer om by die veegetalle, wat deur die mens kunsmatig opgebou word, aan te pas.

Die aanpassing van die veld in laasgenoemde omstandighede, veral waar veegetalle hoog is, geskied deur 'n toename van die minder nuttige plantsoorte, indringergras- en bossoorte, 'n toename in gifplante, onkruid en pioniersoorte, asook 'n afname in veldkwaliteit, kwantiteit en produksie.

Vanuit 'n plantekologiese beskouing is veral die skaap, in teenstelling met wildsoorte, 'n vreemde faktor in die natuurlike plantegroei van Suid-Afrika. So byvoorbeeld vreet die springbok (op 'n droë-gewigsbasis) ongeveer 39 persent gras, terwyl die Dorper 65 persent en die Merino 75 persent gras in dieselfde veldtoestande vreet. Hieruit kan afgelei word dat skape naastenby twee keer so straf is op gras as springbokke.

Die nadelige uitwerking wat plaasvee, in teenstelling met wild ook op die Amerikaanse veld gehad het, word deur Heady (1968) beskryf. Die wildsoorte het in die verlede, en tans waar hulle nog in wildreservate voorkom, feitlik die volle spektrum van plantegroei benut (Bell, 1971) en selektiewe beweiding het feitlik nie voorgekom nie. Tans is selektiewe beweiding deur vee een van die mees nadelige prosesse vir die veld.

As gevolg van bogenoemde toestande kan verwag word dat die plantegroei voortdurend by die toe stand sal aanpas en feitlik nooit 'n stabiele eindpunt bereik nie. Dit is daarom soveel te meer noodsaaklik dat veld met die grootste sorg bewei moet word.

Die bees kan vandag beskou word as die veesoort wat in huidige omstandighede die minste skade aan plantegroei doen. Waar moontlik moet die bees altyd as weier voorkeur geniet. Die bok (boerbok en Angorabok) staan tweede op die lys, terwyl die skaap (Merino, Dorper, en so meer) derde staan. Perde, muile en donkies is die mees beskadigende beweiers en moet sover as moontlik van veld afgehou word.

Dit is van die grootste belang dat "beesveld" Die deur skape alleen bewei moet word nie. Die beesfaktor moet, veral in die grasvelde, so hoog as moontlik gehou word, terwyl die skaap sover as moontlik 'n ondergeskikte rol moet speel.

Kunsmatige metodes word tans ondersoek om te verhoed dat skape die veld te kort vreet. Daar is reeds belowende resultate met weihalters behaal. Die weihalters verhoed die skaap om te na aan die grondoppervlakte te vreet en sodoende jong plantjies en plantkrone, veral van grasse, te vernietig.

 

 

Selektiewe beweiding

Selektiewe beweiding kan bestempel word as "die uitvreet en uiteindelike vernietiging van die lekker . plante." Wanneer 'n boer sy veekudde verbeter, soek hy die swakker dier uit en raak van bulle ontslae. Wanneer vee op die veld wei, is die basiese proses omgekeerd - hulle soek die beste plante uit en laat die ongewenste soorte agter, en so verswak die veld dan.

Daar bestaan tans nog geen weidingstegniek of -stelsel waardeur selektiewe weidingsprosesse prakties uitgeskakel kan word nie, net so min as wat oneweredige hergroei van plante uitgeskakel kan word. 'n Swaar weidingsdruk (byvoorbeeld deur die sogenaamde nie-selektiewe beweiding) , kan wel met 'n redelike mate van sukses toegepas word om die meeste plante in 'n kamp kort te vreet. Dit slaag egter nie op die heterogene Karoovelde nie, maar kan wel in die meer homogene grasvelde aangewend word waar die reënval 450 mm per jaar gemiddeld en hoër is. In die laer reënvaltoestande is die herstelperiode van plante na so 'n swaar weidingsdruk te lank en die pad vir die indringing van ongewenste bossie- en grassoorte word wawyd oopgemaak.

Die beste uitweg uit hierdie dilemma is om te sorg dat die veld teen 'n redelike weidingsdruk bewei word om te verhoed dat die smaaklike plante te kort gevreet word, en hul herstelperiode te lank word, en dat die beste moontlike geleentheid tot hul herstel verskaf word. Sulke toestande word verskaf in wisselweidingstelsels. Waar toepaslik, soos in die grasvelddele met 'n hoë reënval, kan die sogenaamde multi-kampstelsels met groot voordeel toegepas word.

Maar geen stelsel van beweiding kan slaag waar veegetalle so hoog is dat meer veld gevreet word as wat normalerwys geproduseer kan word gedurende 'n periode van rus nie.

 

 

Ses weke lank

Een van die belangrikste oorsake van veldagteruitgang is die nadelige uitwerking wat beweiding op kiemplante en jong gevestigde plante het.

Die bevolkingsamestelling van die smaaklik en gewenste plantsoorte, soos in die veld waargeneem kan word, is "skeef". Dit beteken dat die getalle kiemplante, jong plante, volwasse, ou en seniele plante uit verhouding is om te voldoen aan die handhawing van 'n normale plantbevolking. Wat die smaaklike plante betref, is daar tans in baie velde te veel ou en seniele plante teenwoordig. In teenstelling hiermee beskik die onsmaaklike, ongewenste en indringerplantsoorte oor min of meer normale bevolkingstrukture. Dit is dus voor die handliggend dat die ongewenste soorte uiteindelik die gewenste soorte gal verplaas – indien die situasie vir die gewenste soorte nie gunstiger gemaak word nie.

Een van die grootste oorsake van 'n skewe bevolkingstruktuur is beweiding van die veld na reëns veral gedurende die groeiseisoen. Dit geld selfs ook in wisselweidingstoestande. Om dus 'n normale bevolkingstruktuur te herstel, moet die veld, sover prakties moontlik, vir ten minste ses weke na goeie reëns aan beweiding onttrek word. Hierdie beginsel kan een van die beste wapens teen veldagteruitgang en vir veldherwinning wees.

Daar heers in baie velde reeds die ongunstige toestand dat saad van die gewenste plante al feitlik afwesig is. Sulke veld moet baie lank kans kry om te rus. So 'n toestand maak verder ook die gebruik van kunsmatige metodes nodig, soos die hersaai van die veld, inplant van ander gewasse (veldversterking), losmaak van die grond en die toediening van bemestingstowwe en brakwerende middels (soos landbougips) .

 

 

Wat gedoen moet word

Om ten volle reg te laat geskied aan veeboerdery in die algemeen, is dit van belang dat die volgende aspekte aandag en uitvoering moet geniet:

 

Drie belangrike beginsels

Die eerste en belangrikste beginsel ter verbetering van die veld is om die plantbedekking wat tans op die plaas is teen verdere agteruitgang te beskerm. Vanaf hierdie vastrapplek moet alles in werking gestel word om die potensieaalgaping te vernou, dit wil sê, die veld te verbeter deur die toepassing van wisselweidingstelsel en so meer, of die aanwending van spesiale maatreëls.

Die tweede beginsel is dat veld nie oorbewei moet word nie, dit wil sê, veegetalle moet so binne perke wees dat die veld na beweiding binne 'n redelike periode kan herstel. Daar moet dus nie meer materiaal afgevreet word as wat geproduseer kan word nie. Veegetalle moet so laag moontlik gehou word.

En derdens: Die spaar van veld is die belangrikste . enkele maatreël wat toegepas kan word om veld na beweiding te laat herstel. Met wisselweidingstelsels is die voordeligste spaarperiodes in die stelsels ingebou. Swak veld kan vir lang tye gespaar word, maar dit sal nodig wees om te verhoed dat bestaande plante oorgroei en/of verhout of verhard.

Die spaar van veld gedurende die aktiewe groeiperiodes of groeiseisoene hou baie groot voordele vir veldontwikkeling -en veldherstel in. As 'n spesiale maatreël, wat geweldig baie voordeel inhou, veral vir gras, kan beweiding slegs gedurende die wintermaande toegelaat word. Waar nodig, soos in die suurder grasvelde, kan geskikte veelekke verskaf word om benutting en vertering deur die vee in die winter aan te help. .

Veld moet verkieslik nie na. beëindiging van 'n droogte bewei word nie, maar vir ten minste ses weke gespaar word. Ook hou die spaar van veld na reëns besonder groot voordele in, soos vroeër verduidelik:

Geen veld behoort gedurende 'n droogte bewei te word nie en allermins moet diere op droogtegeteisterde veld gevoer word. Diere moet in klein kampies gevoer word waarin die nodige fasiliteite vir droogtevoeding aangebring is. Gedurende 'n rampdroogte moet slegs 'n kernkudde en stoetvee gevoer word. Die ander vee moet of vetgemes of so voordelig moontlik van die hand, gesit word.

 

Die groepkampstelsel

Die groepkampstelsel is een van die eenvoudigste, mees praktiese en buigsame metodes waarvolgens wisselweidingstelsels, multikampstelsels en spesiale weidingsbehandelings prakties op die plaas uitgevoer kan word:

Die weikampe word in drie groepe van of twee of vier of vyf of meer, volgens die aard van die stelsel wat toegepas moet word, gegroepeer. Elke groep met sy kampe wat oor die hele plaas versprei lê, word as 'n eenheid beskou en word aangedui byvoorbeeld as Groep A. So ook sal daar Groepe B en C wees.

Kampgroepe A, B en C word dan onder 'n wisselweidingstelsel geplaas wat op 'n sirkelvormige kaart (skyfkaart) aangebring word waarop die maande en jare verskyn vir die volle duur .van die weistelsel. Deur op datum te bly, dui die kaart presies aan watter groep kampe bewei kan word. Die kampe van 'n groep kan dan na goeddunke bewei word en 'n wisselweidingstelsel, of weistelsel, kan dan so met die grootste gemak en akkuraatheid uitgevoer word. Spesiale behandelings, soos winterbeweiding, kan op die skyfkaart aangebring word.

 

 

Spesiale maatreëls

Die volgende maatreëls kan met groot voordeel in die veld toegepas word:

Om gras vinnig te bevorder, veral in leegtes en waterbane, moet slegs winterbeweiding vir 'n aantal jare toegelaat word. om karoobossieveld te bevorder moet geen beweiding vanaf die herfs tot die einde , van die lente toegelaat word nie.

Waar die veld as gevolg van te lank spaar, of baie gunstige klimaatsomstandighede, hand-uit geruk het, kan sulke plante met 'n hoë veebelading vir 'n kort periode - 15 tot 30 dae - intensief bewin word. Na die behandeling moet die veld lank genoeg rus. Die datum van toepassing van die "kortvreet-periode" sal afhang van die soort veld. Die voordeligste is om die beweiding gedurende die seisoen toe te pas waarin die plant, wat onderdruk moet word vreetbaar is, en die wat bevorder moet word in 'n rustende of nie-aktiewe groeistadium is.

Dit is soms nodig, soos met indringer-onkruide, bosse en houtagtige plante om meganiese en/of chemiese bestrydingsmetodes toe te pas. Maar die uitkap van ongewenste bosse, struike en bome is 'n duur en veeleisende taak. Hoewel chemiese middels ongewenste plant kan dood, is die toepassing daarvan tans nag byna net tot landerye beperk. In die oop veld is chemiese bestrydingskoste hoog. Alle hoop word daarop gevestig dat geskikte middels gevind sal word waarmee ongewenste plante suksesvol en ekonomies bestry sal kan word.

Soms kan vee gebruik word om ongewenste plante te onderdruk. So byvoorbeeld is boerbokke al suksesvol gebruik om die hergroei van doringbome na ontbossing suksesvol te onderdruk.

Daar moet ten slotte beklemtoon word dat kennis en die toepassing van kennis die sleutel tot suksesvolle veeboerdery is. Ondervinding alleen is nie goed genoeg nie.

 

Published

Boerderykeur. Braamfontein : Promedia