Last update: August 16, 2011 02:27:05 PM E-mail Print

 

MUSKIETBOOMGEVAAR ONDERSOEK

M Meyer

 

BOERE in die distrikte Britstown en De Aar het posvraelyste voltooi oor die omvang van die besmetting van hul eiendomme met die Muskietdoringboom (Prosopis) en die wyse van beheer van hierdie indringer.

Die muskietboom is na die winter oortrek met peule en is dikwels as voer- en koelteboom gebruik. Die probleem her ontstaan omdat die saad maklik versprei en 'n werklike gevaar geskep her deur ernstige indringing in sekere dele van die Karoo.

Die Karoostreek her in samewerking met die Bewaringskomitees van Britstown en De Aar 'n projek van stapel gestuur om deur middel van 'n voorligtingsprogram boere te oorreed om bestaande besmettings te probeer beheer en verdere besmetting te verhoed.

Die vraelys is die eerste slap in die program en medewerkers her tot dusver besonder goed gereageer met die terugstuur van vraelyste.

Na die verwerking van die vraelyste sal 'n voorlegging aan die Direktoraat Hulpbronbewaring gemaak word om die moontlikheid van finansiële hulp te ondersoek. 'n Boeredag word ook vir 15 April 1992 beoog waartydens die omvang en gevaar van die probleem weer eens beklemtoon en verskillende metodes van beheer aan boere gedemonstreer sal word.

Mm. Mullie Meyer, Assistentdirekteur: voorligting van die betrokke Substreek waarbinne die probleem voorkom, tree as projekleier op en gal die onderskeie aksies koördineer.

Die "ontploffing" van die Prosopis (muskietboom)-besmetting in die Noordwestelike Karoo gee rede tot groot kommer, het mnr. Stoney Steynberg, direkteur van die Karoostreek, gesê tydens 'n inligtingsboeredag op die Carnarvonproefstasie van die Departement van Landbou-ontwikkeling wat deur 120 boere bygewoon is.

Hy sien die besmetting as 'n uiters gevaarlike bedreiging vir die gebied wat met erns aangepak moet word. Beamptes van die Karoostreek in samewerking met die boereverenigings van De Aar en Britstown is besig om die probleem aan te spreek deur riglyne vir die beheer van hierdie indringer op te stel, sonder om boere onnodig met regulasies en verpligtinge te belaai.

'n Verdere probleem wat aandag verg, is die halfmiljoen ha ontblote grond, of sogenaamde kaalkolle, in die Karoostreek. Volgens mnr. Steynberg is dit een van die hoogste prioriteite in die Karoostreek om hierdie kaalkolle teen lae koste in samewerking met die boer te rehabiliteer.

 

Published

Karoo streeknuusbrief 1