Last update: April 11, 2012 01:33:31 PM E-mail Print

 

Noukeurigheid by Beoordeling en Klassering van die Merinovag

V. Bosman 

 

Dit blyk uit statistieke dat die Merinoskaap in die Unie gemiddeld sewe pond vetwol gee. Stoetmerinoskape gee ewenwel heelwat meer wol, en selfs twintig tot dertig pond is niks buitengewoons nie.

Merinotelers wat die wolvag volgens sekere eienskappe beoordeel, het deur strenge seleksie skape geteel wat baie wol gee. Die beoordelaar hou rekening met faktore soos lengte, digtheid van die vag, fynheid van die vesels en ook die grootte van die skaap waarvan natuurlik die veloppervlakte afhang.

By 'n studie van hierdie eienskappe van die wolvag in die wolnavorsingslaboratorium op Grootfontein was dit moontlik om almal haarfyn te meet en die vag van enige Merinoskaap op 'n rekenkundig presiese manier te beskryf. 'n Stoetram met 'n wolvag van vier duim vesellengte, 64's kwaliteitnommer, vyftig duisend vesels per vierkantduim veloppervlakte en 'n veloppervlakte van twaalf vierkantvoet, kan byvoorbeeld elf-en-viervyfde pond skoon wol of ses-en-twintig pond vetwol gee (45 persent skoonopbrings). So ‘n stelsel van ontleding is dikwels van baie waarde vir die Merinostoetteler en is nodig in verband met proewe met skape waar akkuraatheid van uitdrukking noodsaaklik is. Hierdie metode word gebruik op Grootfontein by die bestudering van Merino-erflikheidsleer.

Dis ook bewys dat eienskappe soos vesellengte, getal vesels per vierkantduim veloppervlakte, fynheid van vesels en veloppervlakte van die skaap, 'n direkte invloed op die gewig van die wolvag uitoefen en dis moontlik gevind om 'n formule uit te werk wat die verband tussen veseleienskappe en die gewig van die wolvag aantoon. Die Merinorekenliniaal, waarmee die gewig van 'n wolvag bepaal kan word as mens die eienskappe daarvan weet, is gegrond op die gegewens aldus verkry. [Sien verwysing (1)].

Die Merino-rekenliniaal het getoon hoeveel invloed elke veseleienskap op die gewig van die wolvag uitoefen en ook in hoeverre daar by die seleksie van skape met elke eienskap rekening gehou moet word. As 'n stoetram, b.v., wol van middelmatige gehalte het met veertig duisend vesels per vierkantduim veloppervlakte en 'n veloppervlakte van twaalf vierkantvoet, sal hy vir elke halfduim van die vesellengte iets oor die twee pond vetwol, of een pond skoonopbrings (skoonopbrings 45 persent), gee. As die vesellengte van wol op so 'n stoetram vier duim is, sal elke tienduisend vesels per vierkantduim veloppervlakte die gewig van die vetwol met vyf-en-eenvyfde pond, of die skoonopbrings met twee-en-een-derde pond (skoonopbrings 45 persent) vermeerder.

Die studie het ook betrekking op die klassering van Merinoskape volgens wolproduksie. Voorbeelde word in onderstaande tabel gegee:-

Tabel 1 Wolvaggewig en faktore wat dit beïnvloed

Gewig van vetwolvag (45 persent skoonopbrengs) op ‘n veloppervlakte van 12 vierkantvoet (pond)

Kwaliteitnommer

(Veselfynheid)

Vesellengte

(duim)

Getal vesels per vierkantduim

7

7

7

 

12

12

12

 

16

16

16

 

22

22

22

 

30

30

30

 

70’s

64’s

60’s

 

70’s

64’s

60’s

 

70’s

64’s

60’s

 

70’s

64’s

60’s

 

66’s

64’s

60’s

3

3

 

3

 

3

 

3

4

 

4

4

 

26.700

17 800

15 500

 

46 200

30 500

22 700

 

51 200

34 300

30 300

 

70 400

43 100

36 400

 

76 300

57 200

49 700

 

Die berekening van die wolvag berus op 'n skoonopbrings van 45 persent en 'n veloppervlakte van twaalf vierkantvoet, wat die grootte is van 'n goed uitgegroeide stoetram. Daar sal noodwendig veranderings in die tabel wees vir kleiner skape maar eenvoudigheidshalwe word 'n konstante syfer geneem. Die wolvaggewigte in die eerste kolom word volgens grootte van sewe tot dertig pond gegroepeer. Die faktore wat gewig beïnvloed word in die tweede. derde en vier de kolomme van die tabel aangegee. Die kwaliteitsnommer van veselfynheid in die tweede kolom varieer van sterk tot fyn wol, in elke geval. Die vesellengtes varieer van 2½ tot 4 duim en die getal vesels per vierkantduim veloppervlakte word in die laaste kolom gegee. Opgemerk sal word dat laasgenoemde aanmerklik vermeerder met die vermeerdering van die wolproduksie en dit word ook beskou as 'n uiters belangrike faktor vir hoë wolproduksie. Vesellengte speel ook, soos blyk uit die tabel, 'n vername rol.

'n Groot aantal berekenings van dergelike aard is gemaak met Merinoskape en die getal vesels per vierkantduim was oor die algemeen die vernaamste faktor wat die wolproduksie beïnvloed het. As 'n skaapboer sy Merinoskape volgens wolproduksie in "kuddes ", "uitgesoekte kuddes ", en " stoetkuddes " verdeel sal die aantal vesels per vierkantduim varieer van 15,000 tot 25,000 in die geval van die " kuddes," van 30,000 tot 60,000 in die geval van die "stoetkuddes " en die grootste wees in die geval van die " uitgesoekte kuddes" wat tussenin kom. Skaapboere verskil van mening oor die klassering van skape en baie keer berus die beslissings op minderwaardige eienskappe wat die wolproduksie gladnie beïnvloed nie. Dis ook waargeneem dat wat een skaapboer 'n" stoetkudde " sal beskou, 'n ander een 'n "uitgesoekte kudde" sal noem. Dit was derhalwe onmoontlik om 'n byna absolute ooreenstemming onder beoordelaars te verkry ten einde bepaalde standaarde, langs die lyne in hierdie studie aangedui, neer te lê.

Die kwaliteit en hoeveelheid van die wolvag is van groot belang in verband met ekonomiese wolproduksie en die klassering van Merinoskape volgens hoedanighede wat daarop betrekking het, en dit word aan die hand gegee dat hierdie faktore die meeste aandag moet geniet. Die studie het 'n moontlike metode vir die gesonde beoordeling van Merinowolvag aangetoon, sowel as 'n metode vir die vasstelling van tipes volgens wolproduksie.

 

Published

Boerdery in Suid-Afrika 9