Last update: April 4, 2012 10:32:49 AM E-mail Print

 

RUBBERRING BLYKBAAR BESTE vir stertafsit by Dorperlammers

 

deur

A.M. MULDER, I.L. TERBLANCHE EN L.P. NEL

Sentrale Landbounavorsingstasie van die Karoostreek

 

MET die knipmes, of met die rubberring - watter is die beste metode van stertafsit by Dorperlammers?

Die meeste skaapboere in ons land het tot dusver geen ander metode en apparaat as die knipmes gebruik om jong lammers se sterte mee af te sit nie. By Merinolammers met hul dun stertjies is hierdie metode algemene praktyk. By die Dorperlam met die dikker stert egter, kan die mesmetode moontlik 'n nadelige uitwerking hê.

 

PROBLEME

By Dorperlammers kom die boer voor die volgende probleme te staan .

Onder ekstensiewe boerderytoestande is dit soms moeilik om gereeld aIle pasgebore lammers in die hande te kry, met gevolg dat die stert soms al redelik dik is wanneer dit afgesit moet word.

Onder intensiewe toestande, weer, kan die boer die risiko loop om lammers te verloor as hy die mes gebruik en die wonde met tetanuskieme besmet raak..

Met die mesmetode kan die sterte soms net so kort afgesny word as met die rekmetode. Omdat sommige lammers redelike dik sterte het en dit dan te na aan die lyf afgesny word, word 'n baie groot wond gelaat wat geweldige bloedverlies veroorsaak, aangesien die slagaartjies na aan die liggaam groter word en die bloed moeiliker daar stol. Word die stert langer afgesny kan dit weer die voorkoms van die karkas bederf.

Met die oog op die probleme is 'n proef met Dorperlammers aan die Landboukollege Grootfontein uitgevoer. Die doel van die proef was tweeledig: eerstens om vas te stel volgens watter metode die lammers eerste 'n verlangde lewendige slagmassa van 31,8 kg sa! bereik; en tweedens om te bepaal in watter groep die minste vrektes voorkom.

Vir die doel van die proef is 96 pasgebore Dorperlammers gebruik, helfte enkelinge en helfte tweelinge. Soos hieronder aangedui is hierdie groepe verder in twee subgroepe onderverdeel, naamIik een groep wat kragvoerbyvoeding ontvang het en 'n ander wat geen byvoeding ontvang het nie:

 

Groep A = Enkelinge + byvoeding

Groep B = Enkelinge sonder byvoeding

Groep C = Tweelinge + byvoeding

Groep D = Tweelinge sonder voeding.

 

'n Verdere indeling is gemaak deurdat, op weekoud, een helfte van elke groep se sterte met die mesmetode en die ander helfte s'n met die rubberringmetode afgesit is. Die ooie met hul lammers is in vier kampe van sowat 42,8 hektaar elk geplaas, en weekliks tussen die kampe geroteer.

Die kragvoerbyvoeding is as kruipvoeding vryelik aan die twee groepe lammers beskikbaar gestel. Die lammers is op twaalf weke gespeen. Na speen het die twee groepe lammers nog dieselfde kragvoerrantsoen ontvang. AIle lammers is op 31,8 kg geslag.

Die resultate wat verkry is, word in Tabel 1 aangetoon.

In Tabel 2 word die persentasie vrektes binne een week na stertafsit verstrek.

 

 

Uit die gegewens in Tabel 1 is dit duidelik dat, in groepe A en C wat kragvoerbyvoeding ontvang het, die lammers waarvan die sterte met die rubberring afgesit is, baie gouer die slagmassa norm van 31,8 kg bereik het as die wat onder die mes deurgeloop het. Hierdie verskille was statisties betekenisvol. By Groepe B en D is dit duidelik dat, onder ekstensiewe toestande met swak veldweiding waar die lammers langer neem om die verlangde massa te bereik, daar min verskil tussen die mes- en rubberringmetode was.

Die gegewens in Tabel 2 toon dat die vrektes onder enkelinglammers laer was as onder tweelinglammers. Moontlik kom dit deurdat ooie wat tweelinglammers soog, minder meIk per lam produseer as ooie met enkelinglammers; ook dat bloedverlies die tweelinglammers 'n groter knou gee as die enkelinglammers. Verder is dit duidelik dat aIle vrektes by die mesmetode voorgekom het, en dat daar by die rubberringmetode geen ongevaIle was nie.

Stertafsit met die rubberring hou dus blykbaar besliste voordele in – des te meer waar die Dorperlammers op goeie veldweiding is, of byvoeding ontvang.

 

Published

Boerdery in Suid-Afrika 47 (11)