Last update: March 30, 2012 09:33:03 AM E-mail Print

 

MODERNE SKAAPSELEKSIE

G Erasmus

Hoof: S A Vagtoetssentrum

Middelburg K P 

 

Wyle Prof F X Laubscher bet ongeveer 20 jaar gelede 'n behoorlike geskarrel in die hoenderhok veroorsaak met sy stelling dat dit nie gaan oor hoe 'n skaap lyk nie, maar wat hy kan doen. Noudat die geskarrel bedaar het en hierdie stelling as 'n logiese feit deur die meeste telers aanvaar word, het dit miskien tyd geword om rustig te besin oor die vraag: Wat moet 'n skaap nou eintlik kan doen?

Met die eerste oogopslag lyk die antwoord voor-die-hand-liggend, maar, as ons werklik tot die kern moet kom, is dit nie so eenvoudig nie. Trouens, genetici probeer dit al jare ontwyk deur daarop te wys dat dit bulle taak is om te se hoe diere geneties verander kan word, maar dat die teler moet sê wat verander moet word.

Die kwessie van "teelbeleid" was nog altyd 'n warmpatat wat mens gelukkig vinnig ontslae van kan raak deur die geykte stelling dat elke teler dit vir homself moet besluit. Dit is natuurlik korrek, want dit is die teler wat die vrugte sal pluk as hy reg besluit het of die gelag sal moet betaal indien sy besluit verkeerd was.

Aan die ander kant, kan die wetenskaplike ook nie van sy verpligting wegskram om ten minste leiding in hierdie opsig te gee nie deur die verskillende opsies wat bestaan onder die telers se aandag te bring.

Ek wil my vandag op hierdie terrein waag, maar eintlik wil ek hê u moet self besluit oor wat 'n ram, 'n ooi en 'n lam moet kan doen. Veral die kommersiële kuddeboer moet bier die leiding gee, want dit is aan sy behoeftes wat die stoetteler moet voldoen.

Ek wil u egter waarsku om nie te gulsig te wees nie - geen skaap kan in alle opsigte uitstyg nie. U moet u vereistes in prioriteitsvolgorde plaas. U sal opmerk dat dit nogal aansienlik tussen boere kan verskil afhangende van hul boerdery-opset en omgewingstoestande. Net soos geen spesifieke skaap ewe goed aan almal se vereistes kan voldoen nie, is dit ook 'n bietjie te veel om te verwag dat een genotipe onder alle toestande ewe goed sat gedy.

Daarom bestaan daar nie iets soos 'n "universele teelbeleid" Die en is dit ongesond en selfs gevaarlik om alle telers in dieselfde rigting te dwing. My ondervinding van ons telers (alle rasse) is dat hulle vindingryke individue is en hierdie eienskap moet vir die vooruitgang van ons veebedryf nie gesmoor word nie maar eerder, met die regte leiding, ten volle benut word.

Kom ons kyk na die moontlike vereistes wat aan 'n skaap gestel kan word. U kan natuurlik aanvul waar nodig.

 

'n RAM moet :

 

'n OOI moet :

 

'n LAM moet :

 

Hoewel die ram vir 70 persent of meer van die genetiese vordering verantwoordelik is, is die werklike vereistes wat aan die ooi en die lam gestel word veel meer. Wanneer die kuddeboer 'n ram koop, doen hy dit met die hoop dat dit veral goeie ooi-nageslag sal lewer. Wat sommige eienskappe betref, kan hy 'n redelike goeie aanduiding by die ram kry. As hierdie die eienskappe met die hoogste prioriteit is, is daar nie veel probleme nie en kan hy sy aankope met 'n redelike mate van vertroue doen.

As hy egter dinge soos hoe vrugbaarheid en goeie moedereienskappe 'n hoë prioriteit gee, sal hy aansienlik dieper moet delf.

Daar sal na die vroulike familie van die ram (hoe nader familie hulle is, hoe beter) se prestasies in hierdie opsig gekyk moet word.

Met die koms van gesofistikeerde rekenaars is die moontlikheid geskep om rekords van skape tot bruikbare inligting te verwerk. Totale ooiproduktiwiteit kan, byvoorbeeld, as volg bereken word:

OP =

Skoonvaggewig word met drie gemaal omdat dit tans ongeveer driekeer meer werd is per gewig as lewende lamvleis. Die metaboliese liggaamsgewig is die lewende gewig van die ooi tot die mag 0,75 en is 'n aanduiding van haar voerverbruik.

Hierdie indeks Iê klem op wol- en vleisproduksie volgens hul relatiewe ekonomiese belangrikheid en hierdie relatiewe gewigte kan natuurlik aangepas word volgens huidige prysverskille en/of langtermyn verwagtings. Wolskaapboere moet nie bang wees om die vleisproduksie moontlikhede van hul kuddes te benut of selfs te verhoog nie.

Nadat die kuddeboer sy prioriteitslys van vereistes opgestel het, kan hy 'n teler of telers uitsoek waar dieselfde vereistes voorrang in 'n doeltreffende teeltprogram geniet. Dit is meer belangrik as om dan die regte ramme uit hierdie stoet te selekteer.

Omdat teeltverbetering van diere 'n langtermynbesigheid is, is dit vir die teler nodig om sekere langtermynvoorspellings te maak. Die volgende is enkele vrae wat die wolskaapteler aan homself kan stel :

 

U sien die vraag: wat moet 'n skaap kan doen? Is nie so eenvoudig nie. Voordat ons egter oor teeltverbetering kan begin praat, sal ons hierdie vraag in duidelike, ondubbelsinnige terme moet kan antwoord.

 

Published

Karoo Streeknuusbrief Winter