Last update: April 11, 2012 02:44:27 PM E-mail Print

 

Slaghoenders: Uitvoer van Henne

A. M. Gericke

 

IN die Unie word groot aantalle slaghoenders verkoop. Of hulle nou klein, groot of oud is, hulle is in die meeste gevalle nie vet genoeg om aantreklik op die mark te lyk nie. Vet word beteken hier dat die hoenders vleis aansit om goed-gevulde borste te kry. Die oorsese mark en baie verbruikers in die Unie hou ook weer nie van te veel vet nie.

 

'n Winsgewende Byverdienste

Oral in die Unie het eierboere hul verskyning gemaak, maar omdat eierboere die ligte tipe hen verkies, waarvan die meeste geel van vel is, kom daar nie baie wenslike slaghoenders op ons plaaslike marke nie. In die laaste jare kon boere nie te veel maak van eiers nie, en dus is dit belangrik dat ons pluimveeboere 'n inkomste uit 'n ander bron moet probeer kry. In hierdie opsig kan die produksie van vleis- of slaghoenders in 'n winsgewende byverdienste ontwikkel word.

Daar is 'n goeie aanvraag vir slaghoenders van goeie kwaliteit in die Unie en dit kan jare neem voor daar enige tekens van oorproduksie sal bestaan. Dis twyfelagtig of dit ooit winsgewend sal wees om op kommersiële skaal te boer met die regte tipe vleishoender, soos die opreggeteelde Indian Game. Hierdie hoendersoort lê min eiers, groei stadig uit en het growwe vleis, maar aan die ander kant is die Indian Game die mees ideale tipe slaghoender, en word baie gebruik vir kruisteling met ander opreggeteelde hoenderrasse, soos die Sussex.

 

Wenslike Faktore

Die produsent moet die hoender beskou uit die oogpunt van tipe, snelheid van ontwikkeling, kwaliteit en grootte. Meeste lande het hul eie vleishoendertipes. Party verkies 'n hoender met 'n geel vel, ander weer een met 'n wit vel. Albei soorte kan egter grootgemaak word vir slagdoeleindes.

Die mees uitstaande slaghoenders met wit vel is die Ligte Sussex, Old English Game, Orpington, Dorking, Bresse, Faveralle en Coucou de Malines. Hoenders met geel vel, soos die Indian Game, Rhode Island Red, Plymouth Rock en Wyandotte kan deur goeie teel- en voermetodes in goeie vleishoenders ontwikkel word. In oorerwing is wit vel oorheersend oor die van geel. As ons aanneem dat dit die pluimveeboer betaal om slaghoenders te produseer, is dit duidelik dat 'n dubbeldoelras, soos die Ligte Sussex, Rhode Island Red, Plymouth Rock en die Orpington, die beste is om te gebruik. Hierdie hoenders groei vinnig uit, kry gou gewig vir elke ons voedsel wat hulle tot agtien weke ouderdom gebruik, en het 'n fyn kwaliteit vleis.

Resultate verkry met 137 kuikens wat afsonderlik op Grootfontein geweeg is, toon definitief aan dat haantjies verkoop moet word wanneer hulle van 18 tot 20 weke oud is, want daarna sit hulle minder gewig aan vir die hoeveelheid voedsel wat hulle gebruik, en die winste word geleidelik minder as sulke hoenders nie bemark word nie.

As die boer minder as 8d. per lb. lewende gewig kry, moet die hennetjies tot die end van hul eerste lêjaar gehou word. Gedurende haar eerste lêjaar lewer 'n hennetjie 'n goeie wins oor die koste van grootmaak en voeding. By die geelvel-soorte is daar nog groter voordele, want as die hen baie lê verbleik die kleur, sodat die vel by die end van die lêjaar spierwit is wanneer die hoender geslag word.

Die voorkeur vir witvel-hoenders het waarskynlik tradisie geword in die ouer lande van die wêreld, terwyl al die nuwer lande geneig is om voorkeur te gee aan 'n hoender met 'n geel vel. Kleur is 'n bepaalde raskenmerk, en niemand kan vasstel hoe vet of hoe maer 'n hoender is deur net na die kleur te kyk nie. In die verlede het mense gedink dat 'n spierwit kleur 'n teken is dat die hoender in slegte kondisie is en toe het geelvel-hoenders baie populêr geword. Hoenderboere moet hul eie marktoestande bestudeer en besluit watter ras met die grootste wins verkoop kan word. Vir die uitvoerhandel word 'n hoender met 'n wit vel verkies.

 

Uitvoerresultate

Gedurende November 1932 het die Grootfontein-Landbouskool 'n aantal slaghoenders uitgevoer. Dit was nie in die seisoen, en dus het hulle maar 10d. per lb. behaal, wat 'n goeie prys is as mens reken dat pryse vir slaghoenders op die oomblik van 20 tot 30 persent onder die normale prys op die Londense mark is.

Gedurende Mei van hierdie jaar, is 'n ander besending Wit Leghorn-henne uitgevoer. Die doel hiermee was hoofsaaklik om vas te stel of daar 'n mark is vir Leghorn-henne wat afkomstig is van pluimveeplase. In die Unie word hierdie hoenders feitlik verniet weggegee, omdat verbruikers sê dat sulke hoenders taai is. Hierdie kondisie kan baie verander deur die hoender op die regte manier vet te maak. Daar bestaan geen gevaar dat hierdie klas lêhen tot nadeel sal wees van pluimveeboere wat slaghoenders uitvoer, want daar is verskillende grade slaghoenders op die oorsese mark, en die slagters ook moet klante voorsien wat 'n klein inkomste het. Verskepers moet oplet dat hulle die kas noukeurig merk volgens die inhoud, d. w .s. henne of kuikens.

 

Behoorlike Bereiding vir die Mark

Henne sal 'n beter prys in die Unie behaal as hulle behoorlik markklaar en op 'n aantreklike manier bemark word. nie feit dat dit nog nie gedoen word nie, is vandag die groot oorsaak waarom sulke lae pryse vir slaghoenders in die Unie betaal word. .

Verbruikers “eet gewoonlik met hul oë", maar dit kan ook ewe waar wees dat groot- en kleinhandelaars " met hul oë koop ". Hoe gouer ons die waarheid hiervan insien, hoe beter vir die ontwikkeling van winsgewende pluimveeboerdery.

Ten minste drie weke voordat henne vir die mark geslag word, is dit noodsaaklik dat hulle uitgesoek en gegroepeer word in bepaalde grade, volgens grootte, vorm van liggaam, reguit borsbeen en afwesigheid van kneusplekke en beserings. Dis onwenslik om 'n verskil van meer as een lb. in gewig te hê. Hoenders in 'n slegte kondisie, of wat kneusplekke op die liggaam het, moet langer gehou word eer hulle geslag word en moet spesiale aandag ontvang.

Alle hoenders moet vir 24 uur vas voordat hulle geslag word. Hulle word dan doodgemaak deur die brein te deurboor deur die bek, en die slagaar binne die keel te sny. Die hoenders word droog gepluk en met die borste na boontoe gepak in kaste wat 'n dosyn elk kan bevat, die bene van een ry word bedek deur die liggame wat teenoor lê. Die bene, voete en bek word deeglik skoongemaak, en geen van hierdie dele moet van die liggaam verwyder word nie,

Die volgende is die besonderhede van die nege kaste Leghorn-henne (12 in 'n kas) wat in Mei verpak en na die Smithfieldse vleismark uitgevoer is:-

Netto gewig per kas.

lb.

Bruto gewig per kas.

lb.

Gewig van leë kas.

lb.

Grootte van kas in duim

(binne afmetinge)

45

38

32

42

34

42

34

33

36

57

49

43

53

46

53

44

44

46

12

11

11

11

12

11

10

11

10

26 x 16½x 5

23 x 16½x 5

21 x 16½x 5

23 x 16½x 5

22 x 16½x 5

23 x 16½x 5

22 x 16½x 5

21 x 16½x 5

22 x 16½x 5

336

435

 

 

 

Lys van Koste

Seevrag, 435 lb. totale gewig, teen 1d. per lb.        £1   16   3

Hawekoste                                                            0   6    8

Vragbrief en posgeld                                              0   1    4

Agentfooie                                                            0   5    0

Koelkamerkoste                                                     0  15   2

Spoorwegvervoer van Middelburg na Port Elizabeth    1   5    3

9 kaste teen 2s. Elk                                                0  18   0

Koste van die Southern Railway                               0  1   11

                                                                          £5  9   7

 

Die henne is verkoop teen 7¾d. per lb., sodat die inkomste verkry van 336 lb. hoendervleis dus £10. 17s. bedra. Die wins was £5. 7s. 5d. of 1s, per hoender.

 

Lewende en slaggewig

No. van kas

Lewende gewig per hoender

(gemiddelde van 12 henne)

Gewig per hoender toe dit doodgemaak en gepluk is

(gemiddelde van 12 henne)

Persentasie verlies weens doodmaak, pluk en afkoeling

 

1

2

3

4

5

6

7

8

9

lb. Onse

4        11

3        15

3         5

4     4

3        11

4     4

3      9

3       9

3       10

 

lb. Onse

4        0

3        4

2      13

3       10

3        2

3        9

2       15

3        0

3    1

 

 

14.7

14.7

17.0

14.7

18.6

16.2

17.5

15.8

15.5

Gemiddelde persentasie

15.12

 

Agtien weke oud hennetjies wat in goeie kondisie was, het 10½ persent, en haantjies 12 persent van hul lewende gewig verloor met slag, pluk en bloei. Leghorn-henne weer het 15 persent van die lewende gewig verloor.

 

Verslag

In verband met die kwaliteit en kondisie van die bevrore hoenders, berig die firma Juniper en Mpy. as volg:-

" Ons kan se dat hulle baie mooi verpak is, die kwaliteit was uitstekend, en as sulke hoenders verskaf word, behoort daarvoor 'n taamlike aanvraag op hierdie mark te wees. Hoewel hierdie besending bestaan uit ou hoenders, blyk dit nogtans dat produsente die regte tipes het vir die produksie van jong hoenders, en dit sal goed wees as u (d.i. die Handelskommissaris) die besender in kennis stel van die groot aanvraag op hierdie mark vir jong hoenders, en dat ons die witvel-hoender verkies. As hulle jong hoenders kan produseer om aan die vereistes van hierdie mark te voldoen, en die hoenders kan verskeep sodat hulle vroeg in die jaar, van Januarie tot Mei, hier aankom, moet die boere aangemoedig word om dit te doen."

Hierdie resultate en pryse met die hennetjies en henne wat uitgevoer is, is bemoedigend. Daar is rede om te glo dat hoenders op 'n groot skaal van die Unie uitgevoer kan word en in 'n goeie kondisie op die Londense mark sal aankom. As ons eers hoenders in groot getalle slag, kan hulle akkuraat gegradeer word, en dis die noodsaaklikste deel van verpakking.

In die verlede het hoenders, lewendig of voorberei, in 'n slegte toestand op die mark aangekom. Produsente skenk min aandag aan die metodes om so 'n bederfbare produk vir die mark vet te maak en voor te berei. Dis die beginsel van die Departement van Landbou om belangstelling op te wek in die vetmaak en bereiding van slaghoenders deur geskikte kursusse aan die Landbouskole te hou. 'n Kursus in slaghoenders sal van 16 tot 20 Oktober aan die Grootfontein-Landbouskool gehou word.

 

Published

Boerdery in Suid-Afrika 8