Last update: April 3, 2012 08:20:07 AM E-mail Print

 

Prestasies van die Dorper as slaglam in die Karoo

NJ van Schalkwyk 

 

 

Reeds gedurende die dertigerjare is die noodsaaklikheid besef van 'n skaapras wat 'n hoë gehalte karkas in die droër dele van Suid-Afrika kan produseer. Deur navorsing en teling is die Dorper in 1942 uit die Dorset Horn en Persieskaap "gebore".

Na raming verteenwoordig Dorpers ongeveer 30 persent van die totale skaapbevolking in die Karoo. Dit is 'n goeie aanduiding van die relatiewe belangrikheid van hierdie ras in die streek.

Die winsgewendheid van slaglamproduksie word in die eerste plek bepaal deur reproduksietempo, doeltreffendheid van voeromsetting, karkaskwaliteit en pryse. Deur begrotings op te stel wat op sekere aannames gebaseer is, is gepoog om die invloed van hierdie faktore op winsgewendheid te bepaal.

 

Reproduksietempo

Hoewel die Dorper bekend is vir sy hoë reproduksievermoë, is dit juis hierdie eienskap wat nog nie ten volle benut word nie. Studiegroepresultate toon dat die groep van beste-derde-boere 'n lampersentasie van 140 behaal teenoor die 86 persent van die swakste-derde groep boere.

Die resultaat van begrotings met verskillende lampersentasies, en alle ander faktore konstant, verskyn in tabel1.

Die begrotings is op die volgende aannames gebaseer:

  1. 1 kleinvee-eenheid (K.V.E.) = 1 groot skaap = 1,5 gespeende lam, = 2 ongespeende lammers.  

  2. lampersentasie =

  3. mortaliteit: grootskaap 3%, jong skape 2% en lammers 5%.

  4. seleksie: alle ramlammers en 25% van die ooilammers word op speenouderdom verkoop. Finale seleksie van jong ooie is op 15 maande, terwyl 25% van die teelooie jaarliks vervang word.

  5. Slaggewig, gradering en veilingspryse

 

 

Velingsprys c

 

Slaggewig Kg

Gradering

Karkas

Afval

Vel

Uitskot teelooie

Jong ooie

Ongespeende lammers

20

20

15

BXI

IAX

70% super

30% graad Ix

130,6

138,1

157,9

145,8

108

108

80

194

194

170

 

6. Bruto inkomste per K. V .E. = inkomste nadat bemarkings- en vervoerkoste van R6,60 per bemarkte skaap afgetrek is.

 

TABEL 1: Bruto inkomste per K. V. E. teen verskillende lampersentasies

Lampersentasie

Bruto inkomste per KVE/R

140

14,08

130

13,62

120

12,80

110

11,91

100

11,03

90

10,03

 

Uit Tabel 1 is dit duidelik dat die inkomste per K.V.E. aansienlik verhoog kan word deur 'n verbetering in lampersentasie. Indien die lampersentasie van 'n kudde van 1000 K.V.E. van 90 tot 120 verhoog word, bring dit 'n verhoging van R2770 in bruto inkomste mee.

Om 'n hoë lampersentasie te verkry, moet bestuur aandag gee aan veral:

  1. paarpraktyke

  2. voeding- en veral prikkelvoeding met buite-seisoensparing

  3. seleksie vir vrugbaarheid en teen swak reproduseerders

  4. die gebruik van koggelramme vir buite-seisoensparing

  5. toets van ramme vir vrugbaarheid en waarneming ten opsigte van geslagsdrif en dekbehendigheid.  

 

Veilingspryse

Om die invloed van veilingspryse te bepaal, is dieselfde aannames as die hierbo aanvaar met 'n lampersentasie van 130 en 'n wisselende gemiddelde veilingsprys. Die resultaat verskyn in Tabel 2.

 

TABEL 2: Bruto inkomste en veilingsprys

Bruto inkomste per KVE (R)

11,10

11,73

12,36

12,99

13,63

14,26

14,89

Gemiddelde

veilingsprys (c)

115

120

125

130

135

140

145

 

Direk allokeerbare koste

Vir die 1977/78-jaar was die bruto inkomste en direk allokeerbare uitgawes van posrekordboere soos volg:

 

                                                         R/K.V .E.

Bruto produksie                                    16,74

Minus direk allokeerbare uitgawes:

Gekoopte voer                                     - 0,16

Self geproduseerde voer                          0,06

Veeartseny en medisyne                          0,19

Bemarkingskoste                                    1,52

Vervoer gehuur                                      0,38

Kontrakwerk                                          0,04

Diverse koste                                         0,03

Bruto marge (wins)                              R14,36

 

Die grootste enkele koste is bemarking (slagfooie, kommissie, ens.) en die vervoer van die skape na die mark. Die veeartsenykoste van 19c/K. V .E. is baie laag. 'n Volledige doseer- en entprogram behoort ongeveer 73c/K.V.E. te wees en dit wil dus voorkom of die gemiddelde boer ten opsigte van hierdie item te min bestee.

Vir suksesvolle slaglamproduksie moet 'n hoë aanteeltempo gehandhaaf word en moet die lammers so vroeg as moontlik slaggereed wees.

 

Published

Boerderykeur