Last update: April 11, 2012 01:54:07 PM E-mail Print

 

Die Produksie en Bemarking van Slag-pluimvee in die Buiteland

A. M. Gericke

 

GEDURENDE die afgelope twee jaar is proefbesendings slagpluimvee met bevredigende resultate na die Londense mark gestuur. In 1932 is jong hoenders afkomstig van Grootfontein teen 10d. per lb. verkoop, terwyl tweejaar-oud-Leghorn-henne in 1933 teen 7¾d. per lb. verkoop is. Gedurende hierdie jaar is weer besendings verskeep, en die jong hoenders het 1s. per lb. gehaal en die ou henne 7d. Die laaste rapport is baie bemoedigend, en volgens aanduidings is daar blykbaar 'n styging in die pryse van pluimveevleis in die buiteland.

 

Pryse

Soos in Skets 1 aangetoon word, word die beste pryse vanaf omtrent die eerste week in Februarie tot die end van Junie Hoewel daar vanaf September tot Desember 'n bepaalde styging in pryse is, is die pryspeil tog nie so hoog soos vanaf Februarie tot die end van Junie nie. Om die beste pryse vir pluimvee te kry, behaal, terwyl die pryse die laagste is vanaf begin Julie tot middel September. moet hulle dus gedurende bepaalde seisoene bemark word, en vir die hoogste pryse, gedurende April en Mei. Die skets toon ook 'n tipiese vergelyking tussen bevrore hoenders afkomstig van Hongarye wat verkoop word in mededinging met pas-geslagte hoenders afkomstig van Engelse plase.  

 

 

Die gemiddelde pryse vir pluimveevleis, afkomstig van 'n paar lande, op die Smithfieldse mark, word in die volgende tabel aangegee:-

1933

Land

Kleur van vleis

Gemiddelde prys, 1933

Hoenders afkomstig van Surrey

Hoenders afkomstig van Holland

 

Engeland

 

Holland

Holland

Hongarye

 

Wit

 

Geel

Wit

Wit

 

1s. 3d. Tot 1s. 5d

 

11½d. tot 1s. 1d.

1s. 1s. Tot 1s. 3d.

10d. Tot 11½d.

 

Uit hierdie tabel blyk dat hoenders met wit vleis teen twee pennies meer as hoenders met geel vleis verkoop word.

Hoenders uit die Unie uitgevoer sal nooit teen dieselfde prys verkoop word as die wat afkomstig is van Surrey nie. Engelse produsente is naby die mark en verkoop vars hoenders in mededinging met bevrore pluimvee afkomstig van alle dele van die wêreld. Maar hoewel produsente in die Unie nooit die hoogste pryse kan kry nie, kan bevrore pluimvee ongetwyfeld teen 'n wins verkoop word, veral gedurende die skaars seisoen van die jaar. Slegs die handel in pluimveevleis van hoë kwaliteit is beperk, omdat die gewone verbruiker nie kan bekostig om 1s. 3d. tot 1s. 6d. per lb. te betaal nie. Dis dus grotendeels 'n saak om hoenders te produseer waarvoor die verbruiker bereid is om 'n gemiddelde prys van 1s. per lb. te betaal. Die boer moet homself daarop toelê om pluimveevleis van goeie kwaliteit teen die laagste koste te produseer.

 

Die Beste Bemarkbare Ouderdom

Produsente slag soms nie hul hoenders op die ouderdom wanneer hulle met die grootste wins bemark kan word nie. Jonghane moet op die ouderdom van 18 tot 20 weke geslag word, omdat hulle hierna stadiger groei en ook minder gewig aansit. Die groeityd kan in twee tydperke verdeel word, naamlik 'n tydperk van verhaasde groei, wanneer die hoender vinniger groei namate, die liggaam groter word, en 'n tydperk van vertraagde groei wanneer die hoender stadiger groei, terwyl die liggaam groter word.

 

Suiwer Meelkosrantsoene

Die volgende tabelle gee die gemiddelde lewende gewig van kuikens wat op twee verskillende suiwer meelkosrantsoene gevoer is:-

 

 

Die hoenders waarvan die gewigte in tabel 1 aangegee word, is op die volgende suiwer meelkosrantsoen gevoer:-

 

 

Die voedingsverhouding van hierdie meelkos is 1: 4.44. As lusernmeel uitgelaat word, bevat dit 3.34 persent vesel, 13.3 persent verteerbare proteïen en 71.4 persent totale verteerbare voedingsbestanddele per 100 lb. meelkos, terwyl die voedingsverhouding 1 :4.37 is. Hoewel die voedingsverhouding 'n bietjie nou is, word goeie resultate verkry as die hoenders hierdie meelkos saam met groenvoer kry.

Die gewigte wat in Tabel 2 aangegee word is die van kuikens wat op die volgende suiwer meelkosrantsoen gevoer is

 

Vesel

Verteerbare proteïen

Totale verteerbare voedingsbestanddele

50 lb mieliemeel

14 lb semels

20 lb pollard

10 lb vleismeel

5 lb lusernmeel

3 lb beenmeel

1 lb gemaalde kalkklipmeel

103 lb meelkos

100 lb meelkos

1.15

1.33

0.94

-

1.5

-

 

-

4.92

4.78

3.45

1.61

3.14

5.42

0.5

0.678

 

-

14.78

14.35

39.45

5.572

15.3

7.8

0.84

0.88

 

-

69.84

67.81

 

Die voedingsverhouding van hierdie meelkos is 1:3:73. Hoewel hierdie verhouding baie nou is, was daar nie 'n opmerklike verskil in die gewigte van die twee groepe hoenders nie. Daar was egter maar taamlik min hoenders in die tweede groep, en dus kan daar geen definitiewe gevolgtrekkings gemaak word in verband met die relatiewe verdienstelikhede van die twee rantsoene nie. Meelkos No.1 kan definitief aanbeveel word omdat goeie resultate in die loop van die laaste drie jaar behaal is. Nadat hierdie hoenders vir 10 dae vetgemaak is, is hulle geslag en verpak vir uitvoer.

 

Besonderhede in Verband met Kruisings

Die volgende is die besonderhede van jonghenne afkomstig van die Indiese veghaan x Ligte Sussex henne wat vir slagdoeleindes gekruis is:-

 

 

Nadat hulle vir 36 uur uitgehonger is, daarna geslag en gepluk en afgekoel is, het die jonghenne en jonghane onderskeidelik 19.9 en 13 persent van hul lewendige liggaamsgewig verloor.

Al hierdie hoenders is teen 1s. per lb. verkoop, sodat £26. 2s. vir die netto-gewig van 522 lb. verkry is.

 

Uitgawes

Die volgende onkostes is gemaak : -

Skeepsvrag (681 lb. bruto-gewig, teen1d. Per lb.)                £2  16  9

Hawekoste                                                                         0    7  8

Ladingskoste en Seëls                                                         0   1   4

10 kaste                                                                            0  10  0

Agentskapfooie                                                                  0     5  0

Koste van Southern Spoorwegmaatskappy                           0    4  11

Koste van koelopberging                                                     0    9  10

Voedingskoste, 1s. 4d. per hoender (120).                           8    0    0

TOTALE UITGAWES                                                      £12  15   6

Netto-inkomste £26 2s - £12.15s 6d                                £13    6   6

 

Die produsent aan die kus behoort 'n wins van £10 tot £12 op 120 hoenders te maak as hulle teen 1s. per lb. op die oorsese mark verkoop word, terwyl die produsent in die binneland nog die spoorwegkoste van sy huis af tot by die koelkamers aan die kus daarvan moet aftrek. Die wins op hierdie besending het 2s. 2½d. per hoender bedra. Werkskoste verbonde aan grootmaak,voer en pluk is nie in berekening geneem nie. Hierdie koste hang hoofsaaklik af van die plek waar die plaas geleë is, naamlik op die platteland of in die dorp, en die getal hoenders wat tot op die vetmaakstadium grootgemaak word.

Die tweede besending het uit die volgende hoenders bestaan:-

 

 

Die jonghane afkomstig van die Leghorn-Australorp-kruis het 18.8 persent in gewig verloor nadat hulle uitgehonger, geslag, gepluk en afgekoel is, terwyl die Australorp-henne 16.4 persent en die Leghorn-henne 21.2 persent verloor het.

Die verlies in gewig hang af van die weer die toestand van die hoenders en hoe handelbaar hulle was toe hulle uitgehonger is. Die verlies in gewig van die Sussex x Indiese veghoender-jonghenne is buitensporig groot, en kan hoofsaaklik daaraan toegeskryf word dat hulle so rusteloos was gedurende die uithongeringstydperk.

Te oordeel na proewe wat in die verlede gedoen is, verloor jong hoenders van 11 tot 12 persent in gewig nadat hulle uitgehonger, geslag en vir 24 uur afgekoel is. As hulle vir 36 uur uitgehonger word verloor hoenders nog 5 tot 6 persent van hul lewendige liggaamsgewig. As produsente koelkamers naby die slaghuis het, is dit genoeg om die hoenders net vir 24 uur uit te honger, mits hulle vir ten minste tien dae net op sagte meelkos gevoer is

Die vyf dosyn hoenders van die tweede besending het £6. 18s.4d, gehaal.

 

Uitgawes

Die volgende onkoste is gemaak:

Skeepvrag, 274 lb bruto-gewig, teen 1d. per lb.            £1  2  10

Hawekoste                                                                  0  6   5

Ladingskoste en Seëls                                                  0  1   4

5 kaste teen 1s                                                           0   5  0

Agentskapfooie                                                           0   5  0

Koste van Koelopberging                                              0  4 10

                                                                                £2  5  5

Wins £6. 18s. 4d.- £2. 0s. 5d                                     £4 12 11

 

Die wins per hoender het 1s. 6½d. bedra. Wat henne betref moet in die oog gehou word dat hulle in werklikheid vir hul voerkoste betaal het deur die inkomste verkry van die eiers wat hulle gedurende die lêtydperk gelê het.

Oor die algemeen gesê was die pryse wat vir hierdie besendings gehaal is, bevredigend. Drie verskillende verpakkings is gemaak, en die een waarin die hoenders op hul rugge lê met hul bene op die bors afgebind, as die beste beskou. Hierdie verpakking het populêr geword hoofsaaklik omdat die kleur van die bene, sowel as die toestand van die krop en maag geïnspekteer kan word sonder dat die hoenders uitgepak hoef te word.

In 'n verslag wat van die kopers ontvang is, word verklaar dat die karkasse van Suid-Afrikaanse pluimvee te droog is. Dus is dit duidelik dat ons meer vogtigheid in die liggaam moet kry deur die hoender op nat meelkos te voer. Die feit dat die karkas droog is kan ook toegeskryf word aan 'n lae vogtigheidsgehalte van die lug in die koelkamer. Hoenders met wit vleis word verlang. Die kondisie van die hoenders op aankoms was bevredigend. Hoewel Leghorn-henne nie gewens is nie, is daar geen rede waarom 'n wins nie gemaak kan word as hulle teen 7d. per lb. verkoop word nie.

Hoenders wat meer as 60 lb. Per dosyn weeg, word nie vir uitvoer aanbeveel nie; hiervoor is die hoender wat van 3½ tot 5 lb. weeg, die populêrste.

 

Rapport van Hoofpluimveebeampte

In die rapport van die hoofpluimveebeampte word nog verder aanbeveel dat net hoenders van een ouderdom verpak moet word en nie sommige met harde bene by die punt van die bors nie en anders met kraakbeen. In die rapport word die volgende aanbevelings in verband met bemarking gemaak:

1. Verminder die prys van bemarking.

2. Gradeer eenvormig ten opsigte van kwaliteit, gewig, vorm en grootte.

3. Slag net wanneer die hoenders in die regte en gewenste toestand is.

4. Slag en berei die hoenders op die regte manier.

5. Berg op, verskeep en verkoop in die mees winsgewende seisoen.

6. Stuur volgens die beste, veiligste en goedkoopste metodes per spoor van die binnelandse marke na die kus toe.

In die uitgawe van die Londense Morning Post vir Woensdag, 22 Mei 1934, verskyn 'n artikel "Chickens too Dear ", waarin beweer word dat hoewel daar baie minder hoenders van die buiteland af ingevoer word, Engelse boere geleidelik meer pluimvee geproduseer het, en boere in die Verenigde Koninkryk dring daarop aan dat die belasting op hoenders afkomstig van die buiteland verdubbel moet word.

Die belasting van 3d. per lb. (nie toepaslik op Suid-Afrika nie) op buitelandse pluimvee, het nie die Engelse nywerheid gehelp nie, omdat hierdie hoenders opgekoop word deur mense wat nie die Engelse produk kan bekostig nie. Vooraanstaande Smithfieldse pluimveehandelaar verklaar ook dat die meeste van die ingevoerde hoenders nie meegeding het met die tuis-geproduseerde produk nie,omdat hulle 'n baie kleiner klas hoender is.

Produsente in die Unie behoort dus optimisties te wees wat die bemarking van slagpluimvee oorsee betref. As henne vir een jaar net vir eierproduksie gehou en die hane op 'n ouderdom van 18 weke geslag kan word, sal mens ongetwyfeld 'n beter inkomste van pluimveeboerdery verkry. 'n Dubbeldoelhoender met wit vleis en bene en 'n goedgeronde bors sal die mees ideale hoender wees vir die ontwikkeling van 'n goeie slaghoender.

Die kenmerke van goeie vleis wat die produsent behoort te help om pluimvee vir die mark te berei, kan kortliks as volg opgesom word:

1: Karkas van 'n goedgevoerde hoender.

2. Stewig en elasties as daaraan gevat word.

3. Sappig, nie nat of pap nie.

4. Eenvormige kleur, sonder bruin of verkleurde kolle.

5. Vel glad en vry van letsels en haaragtige vere.

Hoewel hierdie proefbesendings van groot waarde was, bestaan daar geen twyfel dat goeie pryse ook vir hoenders van goeie kwaliteit op marke in die Unie verkry kan word nie.

 

Published

Boerdery in Suid-Afrika 9