Last update: September 2, 2011 01:56:05 PM E-mail Print

 

EKONOMIESE ASPEKTE VAN SPILPUNTBESPROEIING

D S Vorster

Direktoraat : Landbouproduksie-ekonomie

Karoo/Oos-Kaapstreek

Landboukollege Grootfontein

 

 

INLEIDING

Verskeie redes bestaan waarom spilpuntbesproeiing vinnig besig is om toe te neem. Hoër opbrengste kan verkry word, sekere risiko’s en koste (byvoorbeeld arbeid) verlaag, water word beter benut en belastingvoordele by aankoop en selfs hoer status is bydraende faktore.

Hierteenoor bestaan sekere slaggate waarvan die boer kennis moet neem voordat 'n spilpunt aangekoop word. Groter bestuursvaardighede word vereis, ontydige brekasies en hoe kapitaalbelegging is van die belangrikste. Deeglike vooraf beplanning en begrotings is dus noodsaaklik.

Indien die grond geskik en water beskikbaar is, is dit belangrik dat elke persoon wat 'n gemeganiseerde besproeiingstelsel aankoop, die stelsel laat ontwerp volgens sy spesifieke omstandighede. Verskillende vervaardigers of agente se pryse kan aansienlik varieer, en behoort verskillende kwotasies verkry te word. Sorg moet gedra word dat die stelsel korrek ontwerp en aIle toerusting, insluitend aflewering en AVB ingereken is. Hierdie twee aspekte kan 'n noemenswaardige invloed op spilpuntkoste hê.

Ter illustrasie vir die berekening van besproeiingskoste met 'n gemeganiseerde stelsel, word 'n syfervoorbeeld van 'n 30 hektaar spilpunt met lusernproduksie gebruik. Pryse en koste is soos vir September 1987.

 

EKONOMIESE ONTLEDING

In 'n ekonomiese ontleding word die aankoopprys van kapitaalitems (byvoorbeeld masjinerie) versprei oor die produktiewe leeftyd daarvan. Rente, alhoewel nie noodwendig betaalbaar, word as 'n koste-item in aanmerking geneem. Dit is dus 'n "geleentheidskoste", want die geld kon belê word vir 'n rente-verdienste indien die kapitaalitem nie aangekoop was nie. Die verskillende koste-items se berekening kan as volg gedoen word.

 

Vaste koste

Vaste koste sluit rente, delging en versekering in. Die rentekoers gebruik is 'n reële (na inflasie) rentekoers sodat depresiasie - en rentekoste in huidige geldterme nie oorbeklemtoon word nie. 'n Algemeen aanvaarbare koers in die verband is 6 %. Benewens die rentekoers word vaste koste beïnvloed deur die aankoopprys en verwagte lewensduur van die item.

Tabel 1 (a) gee 'n uiteensetting van die pryse, verwagte leeftyd en vaste koste van 'n 30 hektaar spilpuntstelsel se verskillende items. Die vaste koste bedrag is die paaiement soos bereken teen 6 % rente oor die termyn (jaar) en kosprys soos gespesifiseer. Grondvoorbereiding is nie in die berekening ingesluit nie.

Tabel 1 (b) toon die pryse en vaste koste van die masjinerie en implemente benodig vir lusernhooiproduksie.

 

Dit is duidelik dat 'n hoe kapitaaluitleg benodig word vir gemeganiseerde besproeiing. Die kostes hieraan verbonde, sowel as die veranderlike kostes moet uit produksie verhaal kan word ten einde die stelsel ekonomies te regverdig. Let daarop dat die reële rentekoers die huidige toerusting se koste weergee, maar onder inflasionêre toestande nie genoegsaam voorsiening maak vir vervanging van kapitaalitems nie.

 

Veranderlike koste

Veranderlike koste wissel na gelang van gebruik van die stelsel. Slegs veranderlike koste van die spilpunt se berekening word hier uiteengesit, terwyl die masjinerie, implemente en ander insette (byvoorbeeld kunsmis, arbeid) se veranderlike koste by die produksiekoste van lusern ingereken word. Tabel 2 gee 'n uiteensetting van die veranderlike koste.

 

Elektrisiteit

Hierdie item se koste word bereken volgens die motorgrootte (Kw), die jaarlikse gebruik (ure) en die elektrisiteitskoste per uur. lndien enjins gebruik word, word die elektrisiteitskoste vervang met brandstofkoste volgens die jaarlikse verbruik en brandstofprys.

Elektrisiteitskoste kan aansienlik wissel by spilpuntbesproeiing na gelang van die hoogte en afstand wat gepomp word, asook die waterlewering verlang (volgens gewasbehoeftes en oppervlakte). Jaarlikse lynkoste (aansluitingsfooie) word ook in berekening gebring.

 

Smering, herstel en onderhoud

Dieselenjins se smeringskoste word beraam as 10 % van brandstofkoste. Elektriese motors benodig sowat 1 liter olie per 1 500 Kw-uur.

Vir petrolenjins word herstel- en onderhoudskoste as 12 % van die aankoopprys beraam, vir dieselenjins as 10 %, en vir elektriese motors op RO,0006 per Kw-uur.

Herstel- en onderhoudskoste vir 'n turbine of sentrifugale pomp word teen 2 % van die aankoopprys beraam.

Vir die spilpuntstelsel is die ingenieurstandaard vir hierdie item 1,5 % van die aankoopprys.

 

KONTANTVLOEI (Finansiële ontleding)

'n Kontantvloei-ontleding is belangrik omdat dit inligting verskaf insake die hoeveelheid en tyd waarop geld benodig word; die invloed op winsgewendheid uiteensit; beplanning van kapitaalbehoeftes weergee; en die onderneming se betaalvermoë bereken.

Alhoewel die meeste boere 'n lening kan bekom vir die aankoop van 'n spilpunt, besorg die terugbetaling van die lening en praktiese bestuur van die stelsel dikwels probleme. Die rede vir eersgenoemde is dat die netto kontantvloei van 'n besproeiingstelsel gewoonlik gedurende die aanvangsjare negatief is. Met goeie bestuur word dit egter na 'n aantal jare positief.

Indien kontant uit eie fondse beskikbaar is vir die aan. koop van die stelsel, is dit gewoonlik 'n goedkoper bron van finansiering as om van geleende kapitaal gebruik te maak. Die rede hiervoor is dat die na-belasting rente wat betaal word op lenings hoer is as wat verdien kan word op eie kapitaal. Tans Ieen die Landbank geld vir spilpuntstelsels teen sowat 15 % (versekering ingesluit) oor 'n 10 jaar termyn. Handelsbanke se koerse is hoer en die afbetalingstermyn korter. Dit verhoog die jaarlikse paaiement en plaas verdere druk op die boer se terugbetalingsvermoë, alhoewel die totale rentebedrag in Randwaarde minder sal wees as wanneer geld oor 'n langer termyn geleen word.

In Tabel 3 word 'n aanduiding gegee van die jaarlikse paaiement betaalbaar vir verskillende termyne, rentekoerse en aankooppryse.

 

LUSERN : VERANDERLIKE KOSTE

Tabel 4 toon die veranderlike kostes betrokke by produksie van lusernhooi in die Visriviervallei. Die vestigingsjaar se koste is heelwat hoer as in die produksiejare as gevolg van voor die hand liggende redes. 'n Billike termyn van 6 produksiejare kan vir berekeningsdoeleindes gebruik word.

Arbeidskoste sluit in besproeiing, bewerking en oeskoste se arbeidsbenodigdhede. Die waterkoste is slegs die prys van die waterreg, terwyl masjinerie en implementekoste die veranderlike koste ten opsigte van bewerking is (herstel- en onderhoud, smering, brandstof).

 

OPSOMMING : KOSTES EN UITGAWES

In Tabel 5 word 'n opsomming van die kostes en uitgawes gedoen. Die ekonomiese ontleding dui die langtermyn jaarlikse koste van die spilpunt, masjinerie en implemente en produksiekoste aan. Die kontantvloei-ontleding toon die uitgawes wat jaarliks betaaIbaar is indien die spilpuntstelsel oor 10 jaar afbetaaI word teen 15 % rente, en die masjinerie oor 5 jaar betaaI word.

 

Indien die boer reeds die masjinerie en implemente beskikbaar het of tweedehands kan aanskaf sa! dit sy kontantverpligtinge ooreenkomstig verminder. As die masjinerie kontant gekoop word sal die kontantverpligting in die eerste jaar egter baie hoer wees en moet die implikasie daarvan op sy betaaIvermoë in ag geneem word.

Soos uit die opsomming gesien kan word, het die meer intensiewe produksiestelsel 'n hoë koste struktuur. Die vraag is dus of die hoer kostes verhaal kan word uit verhoogde produksie, en die stelsel in geheel ekonomies geregverdig is.

Teen 'n prys van R140-00 per ton lusernhooi is 'n opbrengs van byna 19 ton nodig om aIle kontantvloei verpligtinge gedurende die eerste sewe jaar na te kom, volgens die aannames gebruik. Bestuursvergoeding en oorhoofse koste nie in die uiteensetting genoem, moet dus verhaal word deur 'n hoer produksie as genoemde. Deur beweiding van die lusern met skape of bokke sal masjineriekoste verlaag, maar word goeie bestuur van die weidingstelsel, gesondheid, reproduksie en voorsiening van wintervoer belangrik. Alternatiewe gewasse kan ook ondersoek word ten einde die hoogste inkomste uit die stelsel te verkry .

 

LIGPUNTE

Alhoewel die vorige uiteensetting konsentreer Op die hoë kostestruktuur van spilpuntbesproeiing, speel ander faktore wat die langtermyn winsgewendheid van sodanige stelsel kan regverdig ook 'n rol.

 

Inflasie

Met volgehoue inflasie styg pryse van produkte en insette. In absolute Randwaarde styg die jaarlikse inkomste uit gewasverbouing, alhoewel die reële inkomste gewoonlik daal as gevolg van die pryskoste-knyptang, tensy doeltreffender geproduseer word.

Die jaarlikse paaiemente betaalbaar op die besproeiingstelsel, masjinerie en implemente bly egter in Randterme konstant, en word dus oor tyd "goedkoper" weens inflasie. Indien die jaarlikse paaiemente en verpligtinge gedurende die eerste sowat 5 jaar bygebring kan word, behoort die netto kontantvloei oor die langtermyn aansienlik positief te wees.

 

Belasting

Die aankoopprys van toerusting, asook rente betaalbaar, is aftrekbaar vir inkomstebelastingdoeleindes. Indien 'n boer byvoorbeeld 30 10 belasting betaal, kos die toerusting in werklikheid slegs 70% van die oorspronklike koste omdat die res in elk geval aan belasting prysgegee sou word.

 

Gewaskeuse en bestuur

Wanneer meet as een gewas jaarliks met dieselfde toerusting verbou word, daal die vaste koste per eenheid produksie. Die addisionele gewas se Bruto marge (Bruto produksiewaarde minus veranderlike koste) is effektief dan 'n bonus, en kan die verskil beteken of die stelsel ekonomies geregverdig is al dan nie.

Noukeurige beplanning van die produksiesiklusse en goeie bestuur ten einde optimale produksie te verseker is in hierdie verband essensieel.

 

Besproeiing vs weiveld

Tans behaal veeboere op weiveld gemiddeld 'n Netto Boerdery Inkomste (NBI) van ongeveer R5 per R100 kapitaalbelegging. NBI/R100 kapitaal is die norm waarvolgens boerderye onderling vergelyk kan word, onafhanklik van die ondernemingsvorm, skuldlas-verhouding, omvang of samestelling daarvan. Met besproeiing kan 'n NBI/R100 van tot R20 behaal word, maar kan 'n negatiewe syfer ook verkry word onder nalatige bestuur.

 

Ander aspekte van belang

Die grond waarop besproei word moet 'n hoe produksiepotensiaal hê. So os uitgewys moet hoe kostes van spilpuntbesproeiing verhaal word uit hoe produksie. Daarbenewens moet die watergehalte en waterbron betroubaar wees. Besproeiing uit boorgate is in hierdie opsig riskant.

Spilpuntbesproeiing is 'n langtermyn projek. Lndien die boer na twee jaar sou besluit 'n ander stelsel sal beter by sy boerderypatroon inskakel, is daar nie 'n mark vir verkoop of verhuur van die duur spilpuntstelsel nie, en is die herverkoopwaarde tans baie laag. Daar moet dug vooraf deeglik begin word oor die aankoop van sodanige toerusting, en of die bestaande of alternatiewe stelsels Die meer voordelig gal wees Die (byvoorbeeld vloedbesproeiing).

Gewoonlik daal die per hektaar koste hoe groter die spilpuntstelsel is wat aangekoop word. Daar moet egter in gedagte gehou word dat ekstra masjinerie en implemente benodig sal word indien meer as 30 tot 40 hektaar onder spilpuntbesproeiing is. Daar is dus nie veel sprake van skaalvoordele nie. Hoe groter die stelsel, hoe hoër word die risiko ook in terme van erosie en tekort aan voldoen de bestuur.

 

GEVOLGTREKKING

Vele aspekte is van belang by spilpuntbesproeiing, waarvan die belangrikste is dat dit ekonomies regverdigbaar moet wees. Hiervoor is deeglike vooraf besinning en beplanning noodsaakIik. Koste-ontledings moet gedoen word om likiditeit (kontantvloei) en solvasiteit (oorlewing) van die boerdery te verseker. Die metode van finansiering, gewaskeuse en bestuur van die stelsel, met vele aanpassings ten einde optimale produksie te verkry, is dus die wagwoord.

 

VERWYSINGS

BEGHIN, S.M., 1986. Looking at alternatives. Department of Agriculture and Water Supply, Directorate Agricultural Production economics. Unpublished.

DEPT. LANDBOU- EN WATERVOORSIENING, DIREKTORAAT LANDBOUPRODUKSIE-EKONOMIE, Julie 1987. Combud bedryfstakbegrotings, Karoostreek. Departement Landbou en Watervoorsiening.

DEPT. LANDBOU- EN WATERVOORSIENING, LANDBOUPRODUKSIE-EKONOMIE, Oktober 1986. Enkele Landbou-ekonomiese begrippe. Departement Landbou en Watervoorsiening.

GORDIJN, R.J. & BEGHIN, S.M., 1986. The economics of centre pivots in the Winterton/Bergville/Colenso area. Department of Agriculture and Water Supply, Directorate Agricultural Production Economics. Unpublished.

ODENDAAL, A., 1985. 'n Metode om die besproeiingskoste van 'n stelsel te bereken. Departement van Landbou en Watervoorsiening, Direktoraat Landbouproduksie-ekonomie. Ongepubliseerd.

SEYFFERDT, M. Boeresake, Middelburg K P. Persoonlike mededeling.

VAN WYK, J.G., 1986. Spilpunt ekonomie. Departement van Landbou en Watervoorsiening, Direktoraat Landbouproduksie-ekonomie. Ongepubliseerd.

 

Published

Karoo Agric, Vol 3, no 10, 1987, 14-18