Last update: April 5, 2012 09:22:45 AM E-mail Print

 

Bagrada-stinkbesies in die Karoo

 

H van Ark

Landboukollege Grootfontein

 

 

BAGRADA-STINKBESIES kom oor die algemeen hoofsaaklik as groenteplaag voor, maar dit blyk dat hierdie insekte ook skade aan natuurlike weiding kan aanrig.

In die Karoo is die plaag sporadies. Groentesoorte word hier gewoonlik nie baie ernstig beskadig nie, en weiding eintlik net tydens sommige gunstige jare.

Die Bagrada-stinkbesie kom uiterlik baie ooreen met die "harlequin bug" wat groentes in Amerika ernstig beskadig, tog behoort hierdie twee insekte aan verskillende spesies. Aangesien koring ook soms aangeval word, bestaan daar 'n neiging onder boere om die stinkbesie met die koringluis te verwar.

 

Lewensiklus

Die volwasse wyfie Iê haar eiers, ongeveer 15 tot 25, in groepies van 2 of 3 onder kluite. Hierdie eiers broei na 8 tot 14 dae uit en klein, donkerrooi, ongevleuelde nimfe maak hul verskyning. Namate die nimfe deur vyf stadia ontwikkel, vergroot die vlerkknoppe totdat die volwasse stadium bereik word en die vlerke volle dig ontwikkel. Uiterlik lyk die nimfe net soos die volwassenes, behalwe dat hul vlerke nog onontwikkel is en hulle ook swarter van kleur is met net 'n paar geel kolle versprei oor die liggaam. Die vyf nimfstadia saam duur ongeveer 50 tot 80 dae, terwyl die volwasse insekte ongeveer 14 tot 21 dae leef. Die volwassenes is ook swart met 'n paar rooi, oranje of geel kolle en strepies op die liggaam. As klimaatstoestande gunstig is, kan 4 geslagte per jaar voorkom.

 

 

Voedsterplante

In tuine doen die insekte hoofsaaklik skade aan lede van die familie Cruciferae, naamlik kool, blomkool, rape, radyse ens. Kappertjies, violette, asters en dahlias word ook soms aangeval, terwyl kleingrane soos koring, gars en hawer ook as voedsterplante vir die insekte kan dien.

In die natuur word die stinkbesies aangetref op wilde Cruciferae en veldgrasse. Verskillende Karoobossoorte soos Pentzia spp., Chrysocoma spp. en ander word ook soms aangeval.

 

SKADE IN DIE KAROO

Die stinkbesies kom op groente en sierplante in die Karoo voor en as gevolg van die sap-suiging word die plante geel en verlep. 'n Ernstige probleem is hulle egter nie op hierdie plante nie.

Na 1961 se goeie reëns in die Karoo het daar 'n paar gevalle voorgekom waar koring ernstig beskadig is.

Dieselfde reëns was ook daarvoor verantwoordelik dat uiters groot getalle Bagrada-stinkbesies orals op natuurlike weiding voorgekom het. Alhoewel ander insekte ook vir 'n deel van die skade verantwoordelik was, was die Bagrada-stinkbesies die sondebok wat die meeste skade aangerig het veral in die distrikte Fraserburg, Beaufort-Wes, Hanover, De Aar, Victoria-Wes, Colesberg en Middelburg.

Daar was letterlik duisende stinkbesies op die bossies en grasse waar hulle sap uit die plante gesuig het. Baie plante is hierdeur ernstig beskadig en sommiges het selfs verdroog - tot groot nadeel vir die skaapkuddes.

Alhoewel daar gedurende gunstige toestande vier geslagte per jaar kan voorkom, was daar met bogenoemde sporadiese uitbreke hoogstens twee geslagte teenwoordig. Trouens, die klimaatstoestande van die Karoo is sodanig dat aanhoudende besmetting waarskynlik nie sal voorkom nie. Daarom gebeur dit nie elke jaar dat die insekte ernstige skade aanrig nie. Inteendeel, verskeie jare gaan verby voordat daar weer iets van die plaag gehoor word. Ernstige uitbrekings kan egter weer in die toekoms verwag word, veral as dit meer as gewoonlik reën en die insekte 'n kans kry om hul getalle op te bou.

 

BESTRYDING

Reeds sedert 1930 word die insekte op groente bestry. Die jongste aanbevelings is dan ook bestuiwing met DDT, Lindaan of Toxaphene, of bespuiting met een van bogenoemde middels of ook met Rhothane. Die groente kan behandel word sodra die eetbare dele daarvan gevorm het.

Aangesien die bogenoemde middels plante van die familie Cucurbitaceae (pampoene ens.) beskadig, kan hierdie middels nie vir die behandeling van laasgenoemde plante gebruik word nie.

Bagrada-stinkbesies op kleingrane kan ook met bogenoemde middels bestry word.

U moet egter onthou dat aIle insektemiddels giftig is. Vir elke middel wat op eetbare gewasse toegedien word, is daar 'n nawerkende giftigheidsperiode; dit wil sê, die behandelde produkte moenie geëet word voordat die giftigheidsperiode na die laaste bespuiting, verstryk het nie. Vir elk van die bogenoemde middels, op groentes toegedien, is hierdie  giftigheidsperiode 30 dae.

 

Die behandeling van veld met bogenoemde middels lewer egter, heelwat probleme op, naamlik:

 

Published

Boerdery in Suid-Afrika 39 (8)