Last update: April 11, 2012 09:06:54 AM E-mail Print

 

Struikgewasse as ‘n hulp by gronderosiebestryding – Die nut van garingbome

MKH Rode

 

 

ORAL waar die grondoppervlakte dig begroei is, word feitlik geen grondverspoeling aangetref nie. Sodra die plantegroei egter vernietig word deur faktore soos byvoorbeeld, oormatige beweiding, en daar word nie betyds stappe gedoen om die grondoppervlakte te beskerm nie, ontstaan verspoeling in die ergste graad.

Die onverantwoordelike handelswyse van persone wat min kennis het van die waarde van natuurlike oppervlaktebeskerming, is gewoonlik die oorsaak van gronderosie, en as die oppervlakte eers vernietig is, tree die verwoestingswerk van reën en wind dadelik in. Klein waterlopies word mettertyd omgeskep in slote as gevolg waarvan vleie gedreineer en kosbare grond weggevoer word.

Die verskillende stadiums van erosie is: oppervlakte-erosie, winderosie en slooterosie. Die vraag is dus: hoe kan hierdie erosieprosesse voorkom, gekeer en herstel word?

 

Uitwerking van Plante op Grond

Om erosie te voorkom, vereis kennis van die hoofbeskerming van die grond. Die grondoppervlakte word alleenlik doeltreffend beskerm alle en deur die gewasse wat daarop groei. Hoe dieper die plantegroei en hoe groter die verskeidenheid gewasse wat bymekaar staan, hoe doeltreffender is die beskerming.

Die verskil in uitwerking tussen water wat deur middel van 'n gieter aan die een kant en 'n ongebroke straal aan die ander kant op die grond gegooi word, is algemeen bekend. In die geval van grondverspoeling is die funksie van blare en takke dieselfde as die van 'n gieter.

As gevolg van die weerstand van plante val water in 'n verspreide vorm op die grond en word verhinder om vinnig weg te vloei. Die grond word verder ook los en poreus gehou deur die wortels van plante en grasse waardeur 'n groot hoeveelheid water in die grond opgeneem en die gevaar vir spoel gevolglik verminder word.

 

Bestrydingsmiddels

Waar grondverspoeling sover gevorder is dat diep slote ontstaan het, dien die oprigting van bestrydingswerke slegs as middel om verdere verspoeling te keer. Sulke werke bestaan uit walle om die spoed van water te breek en die wegvoer van grond te verhinder; contourvore om die water te versprei en stadig oor die oppervlakte te lei; oorvalmure in slote om die water tot die hoogte van die omliggende oppervlaktes te lig, en damme om die water te bewaar.

Al hierdie bestrydingswerke dien egter slegs om erosie te keer, maar skade wat reeds aangerig is, kan op hierdie maniere nie herstel word nie. Vir die herstelwerk moet die natuur behulpsaam wees.

In plaas van te wag tot die verspoelde streke deur natuurlike gewasse bedek raak, moet 'n plantegroei kunsmatig aangehelp en deur middel van omheining beskerm word totdat die gevaar vir verspoeling verwyder is.

In dele waar voldoende reënval 'n goeie plantegroei verseker, is dit betreklik maklik om opgedamde slote en kaalgewaaide streke met wilgerbome, populierbome en ander boom- of grassoorte te bepIant.

In streke met 'n lae reënval sal dit vir die doel van gronderosie-herstelwerk weer nodig wees om plantsooorte te kies wat eie is aan die bepaalde streke. Karoobosse, vygies, doringbome en garingbome byvoorbeeld kan maklik in droë streke aangeplant word.

In gevalle waar die grondoppervlakte kaalgewaai en so aard en uitgedor is dat plante nie kan ontkiem en wortel skiet nie, is herstellingswerk baie moeilik. Die beste oplossing hier is om takke al langs contourwalle met klippe vas te pak.

Saad wat deur die wind aangedryf word vind dan beskerming in hierdie bedekte walle. Ontkieming word sodoende vergemaklik en mettertyd verander die droë takwalle in groen plantrye. Reënwater word nou makliker gekeer en versprei met die gevolg dat 'n nuwe plantlewe op die kaal gronde ontstaan. Hierdie nuttige bestrydingsmiddel word in Figuur 1 aangetoon.

 

 

Garingbome as Hulpmiddel

Die garingboom vervul so dikwels die nuttelose funksie om ashope vir die oog te verberg. Sonder aanspraak op enige beskerming weerstaan hierdie waardevolle boom langdurige droogtes, en met die honderde jong plantjies wat onder hierdie boomsoort opskiet is dit een van die doeltreffendste erosiebestrydingsmiddels.

Garingbome wat op contourwalle geplant word, vorm mettertyd 'n onafgebroke ry waarteen die spoed van water gebreek word. Grond wat meegevoer word, word hier uitgeslik terwyl die water self genoegsaam vertraag word om kans te kry om in die grond te sink.

Die garingbome in Figuur 2 het omtrent net die gewenste grootte vir uitplanting. Figure 3,. 4 en 5 toon garingbome wat op contourwalle geplant is.

Dis opmerklik hoe dig ander gewasse tussenin groei.

 

 

Figuur 6 toon 'n ry garingbome met bossieveld aan die bokant. Hierdie veld was agt jaar gelede uitgedroog en ver.spoel. In Figuur 7 word aangetoon hoe geweldig baie slik binne 30 jaar opgevang kan word. Een persoon staan bo-op die slikgrond, terwyl die ander persoon 5 voet laer op die ou grondoppervlakte staan.

Vir die beskerming van gronddamme kan die garingboom ook tot groot voordeel aangeplant word. In gevalle waar sulke .damme geneig is om gou toe te slik, kan garingbome in die toevoerende waterlope geplant word om die spoed van die water te breek en sodoende te verhoed dat grond na die damme meegevoer word. Rye garingbome aan die lugkant van damwalle dien ook as doeltreffende beskerming teen beskadiging deur vee.

Waar die spoelende krag van water by die uitloop van damme nie deur middel van rotsagtige grond gekontroleer word nie, kan garingbome as 'n doeltreffende beskerming teen verspoeling dien (sien .Figuur 8).

Natuurlik geld hierdie spreiwerk van garingbome ook in die geval, waar walle deur diep slote aangebring is, maar dit is nie moontlik om diep slote uitsluitlik met garingbome toe te dam nie. Die herstelling van diep slote kan egter tot 'n baie groot mate bevorder word deur die watertoeloop bokant slote deur middel van boomaanplanting te vertraag. As die slootwallle elke 200 tot 300 tree skuins afgewerk word, en die skuinstes tot in die slootbed met garingbome beplant word, sal die slote mettertyd toeslik en toegroei.

Die feit dat die spoelkrag van water minder word is die belangrikste faktor in verspoelingsherstelwerk. Stadigvloeiende water voer nie grond mee nie, maar voed die aarde en die plantegroei.

Wat hier van garingboomaanplanting beskryf is, is in baie opsigte vir ander gewasse ook van toepassing.

 

 

Vir Kampe en Heinings

Die garingboom het egter ook nog ander voordele. In tyd van droogte dien die opgekerfte blare as waardevolle sappige bykos by droëvoer. Die blompale van die garingboom, opgesaag in twee of meer dele, kan as hangers in heinings dien, en as die pale dig bymekaar in draadheinings ingevleg word (Figuur 9), gee dit, in die geval van tuine en veekampe, beskerming teen wind.

Die pale is vir hierdie doel goed en standhoudend. Dis bekend dat kampe wat van sulke pale gemaak is, al vir 30 jaar diens gedoen het.

Figuur 10 toon hoe die blompale van die garingboom vir die bou van 'n waenhuis of afdak gebruik kan word. Hierdie skuiling dien reeds 20 jaar as 'n nuttige beskermingsplek vir implemente en rytuie. Soortgelyke skuiling kan ook in die veld vir vee opgerig word.

Daar kan dus baie gesê word oor die nuttigheid en voordele van garingboomaanplanting.

Nadele daaraan verbonde is die stadige groei van die gewas, en beskerming wat die jong plantjies nodig het.

Waar paaie of deurgange garingboomlanings onderbreek, moet verhoed word dat water daardeur spoel, soos aangedui in Figuur 11 en 12. Ook moet garingboomrye nie skuins teen hellings aangeplant word nie, omdat die water wat dan daarteen opgedam word al langs die rye af sal spoel.

Garingbome wat na 12 tot 15 jaar doodgaan in lanings moet gereeld vervang word deur nuwe aanplanting, om te verhoed dat openings ontstaan (sien Figuur 13).

lnsluitende die uitgrawe en aanry van jong plantjies, voorbereiding van plant plekke, en die plantwerk self, al die koste van garingboomlanings seker nie meer as 5s. per 100 tree wees nie.

Skrywer wens ten slotte sy dank te betuig aan mnr. S. Rubidge, Wellwood, Graaff-Reinet, vir die nuttige inligting deur hom verskaf. Al die bygaande illustrasies is afkomstig van die plaas Wellwood.

 

Published

Boerdery in Suid-Afrika 14