Last update: April 3, 2012 02:08:34 PM E-mail Print

TEELTBEGINSELS

deur J.E. NEL Landbounavorsingsinstituut van die Karoostreek

 

Dit is bekend dat die makmaak en teelt van diere 'n kuns is wat reeds in prehistoriese tye deur die mens beoefen is. Die meeste van ons bekende plaasdiertipes is reeds makgemaak en volgens bepaalde gebruike geteel voordat skrif ontwikkel was, sodat daar met reg gesê kan word dat die teelt van diere ouer as die geskiedenis self is. Die feit dat die makmaak van diere 'n ou kuns is, terwyl die kennis van moderne erflikheidsleer nog maar 'n betreklike jong wetenskap is, wys daarop dat die mens sonder 'n kennis van die presiese werking van oorerwing wel deur die eeue in staat was om voortreflike en goeie diere te teel.

Die moderne geneties-gegronde metodes van seleksie en teling het egter nuwe moontlikhede kom open, sodat teeltvordering vandag gemaak kan word met 'n sekerheid en spoed wat voorheen ondenkbaar was.

'n Praktiese probleem is egter om die beskikbare kennis vanaf die navorser by die teler te kry en om die teler van die praktiese en ekonomiese bruikbaarheid daarvan te oortuig. Dikwels is dit dan ook 'n kwessie van instelling en gesindheid tussen mense wat bepaal hoeveel trefkrag die bestaande kennis in die praktyk sal hê.

Die oorsprong van erflikheidsleer is, net soos by ander wetenskappe, daarin geleë dat mense vrae gevra het oor dinge wat hulle nie kon verstaan nie. En dan het hulle na die beste van hul vermoë daarvoor verklarings probeer gee. Dit het gelei tot baie wanbegrippe en bygelowe wat oor die jare been oorvertel is en selfs vandag nog in 'n mate voortbestaan. Met nuwere kennis het nuwe antwoorde gekom en so ook nuwe hulpmiddels op baie gebiede - ook op die gebied van skaapteelt.

'n Wanbegrip wat eeue lank bestaan het, en waarvan die splinters vandag nog onder boere aangetref word, is die van telegonie, dit wit sê die idee dat 'n moederdier "onsuiwer" raak nadat sy met 'n manlike dier van 'n ander ras gepaar en nageslag gelewer het. Volgens hierdie bygeloof sou 'n mens nie kan verwag om rasegte Merinolammers te kry van 'n Merino-ooi wat die vorige jaar met bv. 'n Dorperram gepaar was nie.

Nog 'n wanbegrip wat langer as 2 000 jaar as evangelie verkondig is, maar wat later as gevolg van oordrywing belaglik geword het, is die van die oorerwing van verworwe eienskappe.

Vandag weet ons egter dat net variasie of verskille as gevolg van die genetiese komponent na die nageslag oorgedra word. As twee ramme dus dieselfde genetiese samestelling het (soos bv. by identiese tweelinge die geval is) maar een is a.g.v. goeie voeding groot en lewer sê 11,4 kg wol terwyl die ander enetjie a.g.v. swak voeding klein is en slegs 8,7 kg wol produseer, sal hierdie twee ramme se teelwaarde nogtans ongeveer dieselfde wees.

Die praktiese probleem lê egter gewoonlik daarin dat dit moeilik is om te sê watter persentasie van die voortreflikheid van twee ramme, of twee stelle ramme, wat deur verskillende telers aangebied word, aan hul genetiese samestelling en watter persentasie aan goeie omgewingstoestande toegeskryf kan word.

 

ERFFAKTORE OF GENE

In verband met die manier van die oorerwing van die verskillende kenmerke by mense en diere het daar verskillende wanbegrippe bestaan totdat die bekende Gregor Mendel, 'n Oostenrykse monnik, rondom 1860 sy eksperimente met ertjies uitgevoer bet.

Deur aan die Natuur eenvoudige vrae te vra en die antwoorde wat hy gekry het deeglik te bekyk en rekenkundig in klasse in te deel, het hy natuurwette ontrafel wat gedien het as die grondslag van moderne erflikheidsleer en dus ook van diereteelt. Hy het naamlik aangetoon dat bepaalde eienskappe deur bepaalde erffaktore, wat ons vandag gene noem, van die ouer na die nageslag oorgedra word.

Ons weet vandag dat aIle lewende materiaal uit selle opgebou is. Die miljoene selle van 'n volgroeide organisme verskil onderling bale van mekaar in grootte, vorm en chemiese en fisiese eienskappe, maar tog is almal eenders in een opsig, nl. dat elkeen van bulle die oorspronklike stel erffaktore (gene) van die eerste sel, nl. die bevrugte eisel, bevat. Hierdie stel gene van elke sel is in: die selkern waar hulle, amper soos krale in 'n string, op die draadagtige chromosome gerangskik is. Die chromosome kom in pare voor en elke diersoort het 'n vaste aantal chromosoompare. So het die mens bv. 23 pare, die bees en bok elk 30 pare en die skaap 27 pare. Die ongelyke aantal chromosoompare in die verskillende diersoorte is die vernaamste rede waarom kruisings tussen diersoorte gewoonlik nie moontlik is nie.

Die erffaktore of gene se belangrikste funksie of werk is dat bulle d.m.v. bepaalde kodestelsels of boodskappe die verskillende ontwikkelingsprosesse in die liggaam beheer. Dit bepaal dus hoeveel beenstruktuur,longweefsel, bloedselle, spiere, wolfollikels, ens. daar in die liggaam gevorm moet word.

Op hierdie manier gebeur dit dat verskillende diersoorte van mekaar verskil en dat binne 'n bepaalde diersoort, by. skape, daar verskillende rasse bestaan. So het die Merino by. gene of erffaktore wat bepaal dat 'n follikel in die vel 'n wolvesel laat uitgroei, waar die follikel in die Afrikanerskaap se vel haarvesels sal laat uitgroei. Binne die Merinoras self is daar egter ook verskille tussen diere en hierdie verskille, of variasie soos dit ook genoem kan word, kan toegeskryf word aan sowel genetiese as omgewingsverskille en ook aan 'n wisselwerking tussen hierdie twee faktore.

 

KWALITATIEWE OORERWING

Wanneer 'n mens te doen het met eienskappe wat deur 'n enkele genepaar beheer word, soos by. wit teenoor swart vagkleur by Merinoskape, bruin teenoor blou oogkleur by die mens, ens., dan is die uiterlike voorkoms of fenotipe van die nageslag in 'n groot mate yoorspelbaar vanaf die fenotipe van die ouers, want die omgewing speel bier geen rol nie. Dit word kwalitatiewe oorerwing genoem. Ongelukkig is daar by wolskape baie min kenmerke wat deur sulke enkele genepare beheer word. Feitlik aIle ekonomies-belangrike kenmerke by wolskape word deur baie verskillende genepare beheer en boonop speel die omgewing ook In rol by die voorkoms en prestasie van die dier.

 

KWANTITATIEWE OORERWING

In teenstelling met kwalitatiewe kenmerke kan kwantitatiewe kenmerke nie in duidelik afgebakende klasse (soos M wit M swart vagkleur by Merinoskape) verdeel word nie, omdat daar slegs graadverskille tussen diere bestaan. 'n Groep ongeselekteerde tweetand- Merino-ooie kan byvoorbeeld ooie wees wat In rouwolmassa van enigiets tussen 'n onderste waarde van sê drie kilogram en In boonste waarde van sê ses kilogram produseer.

Die meeste eienskappe van ekonomiese belang by wol skape , soos bv. rouwol-, skoonwol- en liggaamsmassa, stapel- en vesellengte, groeisnelheid, ens. toon hierdie tipe van oorerwing. Hierdie kenmerke word, net soos kwalitatiewe kenmerke, deur gene beheer met die verskil dat die waarde wat In individu aanneem ten opsigte van In kwantitatiewe kenmerk afhang van 'n hele aantal genepare, asook die omgewingstoestande wat dit ondervind.

Die verskillende waardes wat 'n bepaalde kwantitatiewe kenmerk kan aanneem, soos byvoorbeeld die verskille in vagmassas by In groep tweetand- Merino-ooitjies, word variasie genoem.

 

VARIASIE

Variasie of verskille tussen diere is die grondslag waarop seleksie en teeltverbetering gebaseer is. Dit hou vir die teler hoop of teleurstelling in, want die nageslag van elke teeldier lewer weer nuwe variasie op. Dit is die teler se taak om op grond van hierdie variasie die beste teeldiere uit te soek. Dit is nie altyd so maklik nie omdat die variasie sowel in oorerwings- as 'n omgewingskomponent het, en slegs die gedeelte van die variasie wat aan oorerwingsagtergrond toegeskryf kan, word is oordraagbaar aan die nageslag. Die teler moet dus besluit in watter mate die voortreflikheid van 'n bepaalde dier aan oorerwingsinvloede of aan omgewingsinvloede toe te skryf is. Hierdie besluit is veral moeilik wanneer 'n man op 'n vendusie ramme moet koop.

Die erflike variasie word hoofsaaklik veroorsaak deur die feit dat enige dier slegs In monster van die erffaktore wat sy ouers besit, ontvang. Hierdie monster kan in die geval van In enkele dier bloot toevallig goed of swak wees. Indien 'n mens egter ongeveer 50 nageslag van 'n goeie ram, d.w.s. 'n ram wat 'n relatief hoë persentasie goeie erffaktore in sy genetiese samestelling het, vergelyk met 50 nageslag van 'n swak ram, dan verwag ons dat die nageslag van die goeie ram gemiddeld beter sal vertoon as die nageslag van die swak ram. Dit is logies omdat die kans of waarskynlikheid om 'n goeie monster erffaktore in 'n spermsel of saadsel te kry, groter is in die geval van 'n goeie ram. Nogtans is dit nie onmoontlik nie dat die beste lam van die swak ram beter sal vertoon as die gemiddelde van die goeie ram.

'n Tweede bron van variasie is die proses van geslagtelike voortplanting. Dit skep die geleentheid vir die samevoeging van twee monsters erffaktore afkomstig vanaf twee verskillende diere, nl. die vader en die moeder. 'n Derde bron van variasie is veranderde omgewingstoestande waaraan aIle individue in 'n meerdere of mindere mate blootgestel is.

Dit gebeur nogal dikwels in die praktyk dat mense, omdat bulle hierdie feite omtrent variasie nie verstaan nie, baie teleurgestel is as 'n stoetram waarvoor baie geld betaal is 'n paar prulle ook teel. Die regte benadering is om te aanvaar dat enige ram, hoe goed hy ook al is, nog steeds 'n klein proporsie minderwaardige diere sal teel.

Die toets vir 'n ram is nie hoe egalig sy nageslag lyk nie, maar wel wat die gemiddelde gehalte van sy nageslag is in vergelyking met die nageslag van ander ramme - waar hierdie nageslagte almal onder dieselfde of vergelykbare toestande grootgeword het.

By alle eienskappe waarvan die oorerflikheid redelik hoog is, is dit verkeerd om te redeneer dat aangesien 'n ram goed is sy nageslag se bloed reg is en dat selfs sy middelmatige nageslag goed sal teel. Sulke middelmatige nageslag sal nie goed teel nie, want hulle is middelmatig omdat bulle toevallig 'n swak monster erffaktore van hul vader ontvang het. Soos reeds genoem is dit nie uitgesluit nie dat 'n swak of middelmatige ram ook enkele goeie lammers kan gee, maar hier moet ons die toets altyd stel in terme van die gemiddelde waarde van 'n hele groep nageslag per ram.

'n Tipiese verskynsel by kwantitatiewe kenmerke is dat die variasie van 'n ongeselekteerde groep diere, sê speenlammers, wanneer dit d.m.v. 'n grafiek aangedui word, 'n klokvormige of sogenaamde "normale" kromme toon. Dit beteken dat die meeste diere in die groep 'n massa het wat nie te ver afwyk van die gemiddelde vir die groep nie. Lammers wat bale ligter of baie swaarder as die gemiddelde is word al hoe skaarser namate bulle verder weg van die gemiddelde af is.

 

OORERFLIKHEID

Aangesien die vertoning of voortreflikheid van enige diere, byvoorbeeld ramme, twee komponente het naamlik 'n erflike en nie-erflike (soos hierbo bespreek) , ontstaan die vraag hoe die teler kan besluit watter een van die groep die hoogste teelwaarde het en dus gemiddeld die beste nageslag sal lewer.

Nageslagtoetsing sal hier die regte antwoord wees, maar nou vind ons dat nageslagtoetsing gewoonlik tydrowend en selfs duur is. Dit dwing 'n mens om na 'n alternatief te soek.

Hier het die statistici die teler te hulp gekom met die verskaffing van metodes om die oorerflikheid vir afsonderlike eienskappe te bereken. Die oorerflikheid word gewoonlik uitgedruk in terme van 'n persentasie en dui aan in watter mate die waargenome variasie, d.w.s. waarneembare verskille tussen diere, 'n genetiese oorsaaklikheid het, m.a.w. in watter mate 'n dier se eie voortreflikheid na sy nageslag oordraagbaar is. Is die oorerflikheid hoog, sê 40% of hoër, kan die teelwaarde van die individu bepaal word op grond van sy eie vertoning teenoor die van sy jaarmaats en is 'n nageslagtoets nie noodsaaklik nie. As die oorerflikheid egter laag is, is die dier se eie vertoning nie 'n betroubare aanduiding van sy teelwaarde nie. 'n Akkurater beraming kan dan verkry word deur nageslagtoetsing en/of deur inligting oor naverwantes.

Die graad van oorerflikheid gee 'n mens dus 'n idee van die seleksiemetode wat gevolg moet word. As die oorerflikheid van 'n eienskap hoog is, kan massaseleksie, d.w.s. seleksie op grond van die dier se eie vertoning en prestasie, toegepas word en bevredigende teeltvordering sal moontlik wees.

In gevalle waar massaseleksie toegepas kan word behoort al die diere wat aan seleksie onderwerp gaan word, onder sulke eenderse omgewingstoestande as moontlik aangehou te word - in dieselfde kampe byvoorbeeld, vir ewe lang periodes op lande, in voerkrale, ens. Dit sal tot gevolg hê dat meer van die verskille tussen individuele diere dan geneties van aard is. Die oorerflikheid van gemete kenmerke is in die algemeen hoër as die van beoordeelde kenmerke omdat die fout van beoordeling deel van die omgewingsvariasie is. Voorbeelde van eienskappe met 'n hoë oorerflikheid is bv. groeitempo by vleisskape en feitlik al die woleienskappe (soos wolmassa) by wolskape.

As die oorerflikheid laag is, sal nageslagtoetsing nodig wees en sal groot vordering vanaf die telingskant in elk geval nie moontlik wees nie. Groter vordering met sulke kenmerke waarvan aanteelvermoë 'n voorbeeld is moontlik deur die verbetering van omgewingstoestande en bestuur. Wat die verhoging van aanteelvermoë betref word hier gedink aan faktore soos die beste paringspraktyke, die gebruik van genoeg vrugbare ramme met voldoende geslagsdrif; prikkelvoeding, beste paarseisoen, doeltreffende versorging van lammerooie, siektebeheer, ens.

 

GENETIESE VORDERING

Die oorerflikheid is egter nie die alia en die omega van teeltverbetering nie. Teeltvordering word gewoonlik aangegee deur die formule -

R = , waar R = Teeltvordering per jaar H2 = Oorerflikheid, S = Seleksiedifferensiaal en I = Generasie-interval.

Die seleksiedifferensiaal is die verskil tussen die gemiddelde waarde van die groep uitgesoekte teeldiere en die ongeselekteerde groep waaruit hierdie teeldiere uitgesoek is. So kan die gemiddelde massa van In ongeselekteerde groep tweetandramme bv. 60 kg wees en die gemiddelde massa van die vyf wat vir stoetteelt uitgesoek word, 65 kg. Dan is die seleksiedifferensiaal 65 - 60= 5 kg.

Die formule toon dat groter teeltvordering gemaak word namate die seleksiedifferensiaal groter word. Aangesien die oorerflikheid 'n vaste waarde het waaraan nie veel gedoen kan word nie, ontstaan die vraag wat die boer of teler kan doen om die seleksiedifferensiaal te verhoog en langs daardie weg teeltvordering te verhaas.

 

Daar is drie dinge wat hy kan doen, naamlik:

Hou die aantal eienskappe waarvoor geselekteer word so laag moontlik.

Die seleksievordering per eienskap is stadiger wanneer die aantal eienskappe waarvoor daar gelyktydig geselekteer word meer word. Die teler moet voorkeur gee aan die belangrikste ekonomiese eienskappe en aan eienskappe wat 'n redelike hoë oorerflikheid het. Verder moet hy waar moontlik gebruik maak van genetiese korrelasies. Dit is waar 'n bepaalde erffaktor meer as een eienskap beïnvloed sodat wanneer vir die een eienskap geselekteer word, die ander een ook outomaties saam sal verander.

Meet die eienskappe so akkuraat moontlik

Gebruik die skaal waar moontlik in plaas van die hand en oog. Waar subjektiewe beoordeling noodwendig gedoen moet word, soos wat by sekere kenmerke van wolskape die geval is, kan die nodige kursusse gevolg word om 'n mens se standaarde op die merk te kry.

Behou jaarliks so In klein proporsie as moontlik van die beskikbare jong diere

Dit beteken dat 'n groot proporsie geprul word sodat die standaard van die oorblywendes hoër sal wees. Dit is veral belangrik by ramme en is slegs moontlik as die lampersentasie hoog is. Die verhoging van aanteelvermoë is dus van die allergrootste belang - ook vir teeltvordering.

Die generasie-interval is die gemiddelde ouderdom van die ouers wanneer hulle nageslag gebore word, of die gemiddelde tydperk wat dit neem om een generasie met 'n nuwe generasie te verplaas. By wolskape is dit ongeveer vier tot vyf jaar. Uit die formule is dit duidelik dat teeltvordering per jaar versnel kan word deur die generasie-interval te verkort. Aangesien ooie gewoonlik aangehou word totdat hul tande slyt, kan die generasie-interval in die praktyk eintlik net verkort word deur ramme nie te lank te gebruik nie. Dit is te verstane dat dit onekonomies is om 'n duur aangekoopte ram of stel ramme na slegs twee jaar deur 'n ander een te vervang. So iets is egter wel moontlik wanneer ramme in 'n geslote teeleenheid self geteel word, soos by. by 'n stoetteler. Vir die vinnigste genetiese vordering in 'n geslote kudde word aanbeveel dat die helfte van die ramme elke jaar vervang word. 'n Ram word dug slegs vir twee jaar gebruik en dan verkoop.

Uit hierdie bladskrif is dit dug duidelik dat In kennis van die basiese beginsels by teling ook vir die praktiese boer van groot waarde is en hom kan help om produksie op te stoot.

 

Published

Bladskrifreeks : Wol produksie B1/1975