Last update: March 29, 2012 09:18:30 AM E-mail Print

 

Tien maatreëls vir goeie veldbestuur

 C Donaldson

 

 

1 BEKAMP VOLGENS VELDSOORTE

DIE plaas moet beplan of herbeplan word sodat veldverskille geskei word volgens veldsoorte soos bepaal deur fisiografiese (byvoorbeeld helling, erosie, grondgebruik, ligging) en plantegroei. eienskappe (byvoorbeeld plantegroeitipes en -vorm, samestelling en smaaklikheid).

Die afkamp van verskillende veldsoorte hou heelwat bestuurs- en benuttingsvoordele in. Dit skakel byvoorbeeld gebied-selektiewe beweiding uit en verseker uniforme produksiepotensiaal binne elke kamp.

Die boer kan gerus sy plaaslike landbouvoorligter in verband met plaasbeplanning raadpleeg.

 

2 KEN DIE VELDPLANTE

Elke veeboer behoort die belangrikste plante op sy plaas te kan identifiseer, veral die plante met hoe weidings- en ekologiese waardes, asook die ongewenste indringers.

Dit sal hom in staat stel om die toe stand en produksiepotensiaal van sy veld te kan bepaal asook om die regte besluite oor sy vee en veldbestuurspraktyke te kan neem.

Afgesien daarvan dat die tennis van plante noodsaaklik is vir lewenskragtige veldbestuur, kan dit 'n hoogs interessante stokperdjie word. 'n Goeie begin sou wees om die belangrikste plante op die plaas te versamel en te laat identifiseer.

 

3 BEPAAL VELDTOESTAND

Elke veeboer behoort die huidige toestand, groeikrag en potensiële botaniese samestelling van sy veld gereeld jaarliks te bepaal. Geskikte tegnieke vir die bepaling van veldtoestand is beskikbaar.

 

4 PAS VEEGETALLE BY KORREKTE WEIDINGSKAPASITEIT AAN

Die oorskatting van die dravermoë van die veld kan uitgesonder word as die vernaamste oorsaak van veldagteruitgang, gronderosie en verwoestyning.

Hoe veeprestasies en stabiele of verbeterde veldtoestand kan normaalweg alleenlik verkry word deur die toepassing van 'n konserwatiewe drakrag. Die boer moet dus gereeld die dravermoë van sy veld en die prestasies van sy diere noukeurig bepaal om die nodige veegetal aanpassings geredelik te kan maak.

Uit die resultate van die Veeverminderingskema (1969 tot 1978) bet dit dan ook duidelik na vore gekom dat die netto boerdery inkomste oor die langtermyn verhoog word deur minder diere aan te hou as wat gewoonlik gedra word.

Langtermyn weidingskapasiteite is op die basis van navorsing en ondervinding vir die vernaamste Redelike Homogene Boerderygebiede reeds neergelê. U Iandbouvoorligter kan u inlig oor die aanbevole Iangtermyn weidingskapasiteitnorm vir u spesifieke gebied. Weidingskapasiteit sal noodwendig deur veldtoestand bepaal word.

 

5 PAS BASIESE WElDINGBEGINSELS TOE

Goeie veldbestuur berus op die inagneming van basiese plantekologiese en -fisiologiese beginsels Hierdeur kan permanente en praktiese oplossings tot die probleme van veldagteruitgang en verlaagde diereproduksie gevind word.

Dit is dus belangrik dat die veeboer met hierdie beginsels vertroud moet raak.

 

6 MAAK VOORSIENING VIR GENOEG KAMPE

AIle veldbenutting- en veldbeheerpraktyke word gebaseer op die beginsel van wisseling van vee tussen twee of meer kampe, primêr om aan die groeivereistes van die veld en aan die voedingsbehoeftes van die vee te voldoen.

Gemeet aan hierdie vereistes word die minimum aantal kampe benodig vir Karooveld op 2 tot 3 per trop vee gestel. Deur verskillende troppe vee saam te voeg kan addisionele kampe verkry word vir gebruik gedurende kritieke periodes vir die veld en die diere. Tropgroottes tussen 250 en 350 kleinvee word normaalweg aanbeveel.

 

7 PAS GOEIE VELDBENUTTINGSTELSELS TOE

Daar bestaan 'n wye verskeidenheid stelsels deur middel waarvan die meeste van die algemene benuttingsprobleme in die Karoo oorbrug kan word. Bekende twee- en driekampstelsels vir Karooveld is eenvoudig om toe te pas en is net so effektief soos die meer gesofistikeerde multikampstelsels.

'n Eenvoudige en baie doeltreffende weiveldbestuurstelsel is om een derde (of 'n kwart) van die veld te spaar en twee-derdes (of driekwart) afwisselend te bewei. Elke jaar word 'n nuwe derde (of kwart) van die plaas gerus en die orige twee-derdes (of driekwart) in rotasie bewei.

Die Groepkampbenadering van veldbeheer verteenwoordig egter die grondslag waarop veldbeheer in die Karoo in al sy vorms doeltreffend en met groot buigbaarheid toegepas kan word.

Riglyne oor die Groepkampbenadering word op bladsy 22 uiteengesit.

 

8 RUS DIE VELD

Die rug van veld maak 'n belangrike deel uit van veldbeheer en veldverbeteringspraktyke. Die tipe rug wat gebruik word sal hoofsaaklik afhang van die veldtipe, die toestand van die veld, die benuttingsprogram en die tyd van die jaar.

Die algehele rug van veld is 'n natuurlike verskynsel. Daarom behoort aIle natuurlike weidings ten minste elke drie of vier jaar vir 'n jaar of die hele groeiseisoen gerus te word. Sulke lang rusperiodes sal tot die volgende lei:

 

Die lengte en frekwensie van die rusperiode sal ook bepaal word deur die benuttingsprogram. Dit kom daarop neer dat hoe strawwer en meer intensief die benuttingspatroon is, hoe langer moet die rusperiodes wees.

Die moderne neiging is egter om te probeer om die veld voortdurend groeikragtig te hou deur middel van gereelde kort rusperiodes met 'n ligte beweiding tussen die rusperiodes - 'n stelsel wat veral goeie resultate lewer onder optimum toestande van aktiewe groei wanneer grondvog nie beperkend is nie.

Gedurende die groeiseisoen is rusperiodes van 6 weke tussen opeenvolgende weiperiodes gewoonlik voldoende vir grassoorte, terwyl bossies en stadig-groeiende struike normaalweg rusperiodes van 4 maande tot 18 maande vereis.

 

9 MAAK GEBRUIK VAN VERSKILLENDE VEESOORTE

Die weigewoontes en dieetseleksie van verskillende veerasse en –soorte moet as basis dien om die tipe vee by die plantegroei van die plaas aan te pas.

Waar die weiding van so 'n aard is dat dieetseleksie van verskillende veesoorte nie baie oorvleuel nie, sal die meervoudige benutting van die plantegroei deur die regte verhouding van verskillende veesoorte 'n belangrike rol in die verhoging van veeproduksie per hektaar speel. Hierdie praktyk sal ook dien om die toename en indringing van sekere plantsoorte te voorkom.

 

10 WEES VOORBEREID VIR DROOGTES

Seisoenale, periodieke en langdurige droogtes is natuurlike verskynsels van die ekstensiewe veeboerderystreke. Geen natuurlike hulpbron kan verbeter word en geen veeboerdery kan slaag (sonder hulp van buite) indien die boer nie voorsorg maak vir die droogtes wat onafwendbaar voorkom nie.

Voorsorg vir seisoens- en periodieke droogtes moet gemaak word deur die toepassing van die korrekte veebelading, die voorsiening van gespaarde noodweidingskampe en die toepassing van korrekte veld- en veebestuurspraktyke.

Langdurige droogtes sal nie oorbrug kan word nie tensy die boer nie vroegtydig sy veegetalle verder drasties verminder of 'n voerreserwe of voerbank in die vorm van hooi, kuilvoer of aangeplante voergewasse opbou nie. Die grootskaalse aanplanting van droogtevoergewasse, veral soutbossoorte, turksvye en garingboom is 'n realistiese noodsaaklikheid in die Karoostreek.

 

Published

Karoo Streeknuusbrief Lente 1984