Last update: August 16, 2011 08:43:59 AM E-mail Print

 

Veldbeheerbeginsels in die Karoo

LG du Pisani

 

 

Volgehoue stabiele veeproduksie in die Karoo is afhanklik van volgehoue voerproduksie, wat ook weer afhanklik is van veld in 'n goeie toestand en gesonde veldbeheer, het dr. Louis du Pisani, assistentdirekteur: Weidingnavorsing by die Grootfontein Landbou-ontwikkellingsinstituut, gesê op die Forum vir die Ekologie van Ariede Streke wat op De Aar gehou is.

Die belangrikste veldbeheerbeginsels wat bydra tot 'n optimale veldtoestand, sluit die volgende in:

Dr. Du Pisani het gesê dat ten einde gesonde veldbestuur te kan toepas, is dit nodig om die weidingekosisteem te verstaan. Slegs dan is dit moontlik om veldbeheerbeginsels doeltreffend toe te pas. Aangesien die weidingekosisteem betreklik ingewikkeld is, verloor boere dikwels moed of motivering met veldbestuur. Gevolglik is verskeie veldbestuurstelsels wat op veldbeheerbeginsels gegrond is, in die Karoostreek ontwerp. Deur die toepassing van een van hierdie stelsels kan die boer verseker dat daar aan die beginsels van gesonde veldbeheer voldoen word.

 

 

Published

Karoo streeknuusbrief 1