Last update: April 10, 2012 07:42:52 AM E-mail Print

 

Verbasende Vooruitgang in Wolproduksie

J. C. DE KLERK

 

Die wolseisoen van 1956/57 het die.eerste elftaljare wat verloop het sedert die einde van die Tweede Wêreld Oorlog beëindig. Hoewel elf jaar maar 'n baie kort tydperk in die ontwikkeling van enige landbouproduk is, tree daar tog soveel belangrike veranderings in die wolbedryf op die voorgrond dat dit geregverdig is om op 'n paar hiervan te let.

1. In die eerste naoorlogse seisoen, 19461/47, het die Suid-Afrikaanse skeersel 669,194 bale ter waarde van £14,711,034 beloop. In 1956/57, d.w.s. tien jaar daarna, het die skeersel vermeerder tot 1,074,613 bale 'n vermeerdering van 60 persent -en is,verkoop vir £72½ miljoen:

2. Dit is reeds algemeen bekend dat die Suid-Afrikaanse skeersel in die naoorlogse jare aansienlik sterker geword het sonder om enige van sy besondere en unieke eienskappe te verloor.

Die volgende syfers (tabel 1), wat verkry is uit die Statistiese Oorsig van die Suid-Afrikaanse Skeersel, opgestel deur die Suid-Afrikaanse Wolraad is insiggewend:

 

 

Opmerklik van die syfers is die vinnige afname van fynhede van die meerderheid 70s. en oor die ewe-eens vinnige toename in wol van 64s. fynheid. Waar medium-wol van 64s. en 64/70s. fynheid voor 1946, 60% van die skeersel verteenwoordig het, verteenwoordig dit tans 87% van die skeersel. Ook opvallend is die groot uniformiteit van veselfynheid met slegs 'n geringe afwyking of na sterk of na fyn wat as 'n groot prestasie vir Suid-Afrikaanse wolprodusente beskou moet word, met inagneming van die groot uiteenlopende klimaatstreke.

3. Die gemiddelde skoonopbrengs van die skeersel vir die tydperk onder bespreking dui op 'n definitiewe neiging dat Suid-Afrika geleidelik 'n skoner wol produseer wat nie alleen die tipe daarvan beïnvloed nie, maar ook die prysbasis.

Seisoen            Gemiddelde skoonopbrengs

1646/47                      46.48%

1951/52                      49.75%

1956/57                      52.95%

Hierdie gegewens toon dat die Unie se wol tans nagenoeg 5 persent ligter in kondisie is as 10 jaar gelede.

4. Volgens die afname (persentasie) van spinwol en ooreenstemmende styging in goeie kambolwol in die tydperk onder bespreking, wil dit voorkom asof daar tans meer wol met saad besmet is as voorheen.

Bostaande gegewens toon veral 'n toename in goeie kambolwol- en gewone penswoltipes vir die afgelope paar jaar. Saadbesmetting en veral wortelsaadgras, speel hier 'n belangrike rol, dog die omvang daarvan hang baie af van klimaatsomstandighede. Die gegewens beklemtoon egter die feit dat boere versigtiger is om vagte noukeuriger vir sa ad af te rand. Deur die wol dus versigtiger vir saad af te rand is daar dus 'n skynbare afname van spinwol-gehaltes en ooreenstemmende toename in goeie kambolwol-gehaltes.

5. 'n Ontleding van die verskillende vaglengtes dui daarop dat, op 'n persentasiebasis bereken, daar die afgelope paar jaar steeds meer medium- en kortwol in die Unie geskeer word. Die daling in spanlengtes is veral opvallend en moet die hoof oorsaak waarskynlik daarin gesoek word dat daar te min verskil gemaak word in die prysbasis van AA- en A-lengtes wol van andersins dieselfde gehalte.

Die volgende (tabel 2) is die verwerkte lengteklasse vir merino-vagwol vir die jare 1946/47, en 1956/57.

6. 'n Ander mylpaal wat verdien om genoem te word, is die hersiening en opknapping van die wolklasstandaarde en regulasies i.v.m. die klassering, verpakking en merk van wol.

Nadat daar vir 'n aantal jare geen veranderings aan die klasstandaarde aangebring is nie, is daar tog wel in Oktober 1949 byklasse vir vagstukke (superstukke) ingebring wat vandag een van die bes betalende klasse van die Suid-Afrikaanse skeersel uitmaak.

Sowat twee jaar gelede is daar, op aandrang uit verskeie oorde, stappe gedoen om sekere standaarde van die wolklasstandaarde verpligtend te maak. Na beraadslaging is die nuwe regulasies vir die klassering, verpakking en merk van wol aangekondig. (Sien Buitengewone Staatskoerant No. 1265 van 13.7.1956.)

 

Published

Boerdery in Suid-Afrika 34 (2)