Last update: April 2, 2012 07:50:59 AM E-mail Print

 

Die teeltverbetering van Merinoskape - op pad na 2000

 

Gert Erasmus

SA Vagtoetssentrum, NIVS

Middelburg KP

 

 

1.  INLEIDING

Voordat daar vorentoe, op pad na 2000, gekyk kan word, is dit nodig om, soos Langenhoven gesê het, eers 'n slag om te kyk en te leer uit die verlede.

Stoetteling by die Merino het 'n lang en glorieryke geskiedenis. Dit is veral in die Karoostreek waar die pioniertelers van die ras hul onuitwisbare merk op ons land se veebedryf gemaak het. Hierdie telers het, noudat ons aan hulle pogings kan terugdink, seker heel logies te werk gegaan en hul betreklik variabele genepoele eerstens van gene met redelik duidelike ongewenste effekte gesuiwer. Tweedens het hulle, weer eens heel logies, geselekteer vir mooier, witter en "ryker" wol, duideliker en reëlmatiger kartels, 'n sagter aanvoeling en 'n mooier, groter bouvorm. Hoewel die wol sag moes wees, moes dit natuurlik nie oopval op die skaap se rug Die en derhalwe is daar ook vir groter stapels, wat nie maklik kan omval Die, en ook vir digtheid, sodat die vesels styf teen mekaar druk, geselekteer. Die maklikste om laasgenoemde te verkry was met plooi-ontwikkeling, maar dit moet besef word dat die nadele van te veel plooie reeds met die sg. "Vermont invasion" aan die einde van die vorige eeu ervaar is. Vir die verkryging van goeie staankrag met behoud van sagtheid en duidelike kartels het daar ook 'n oplossing gekom: maak die vesels dikker en "smeer" bulle met 'n sagte vloeibare olie. Dit was, veral wat die veseldikte betref, nie heeltemal bewustelik gedoen nie, maar die resultate was skouspelagtig en hierdie pogings van sommige pioniertelers word vandag nog deur baie geloof en (miskien onbewustelik) steeds nageboots. Seleksie vir dikker vesels het ook meegehelp om produksie vinnig te laat styg weens die positiewe genetiese verband tussen hierdie twee eienskappe. So het die Merino dan geneties , ontwikkel tot 'n hoogs produserende dier sonder hulp van die telingswetenskap en met bitter min leiding van die wolhandel- en- vervaardigingsbedryf.

Die genoemde pioniertelers se kuddes het 'n duidelike onaantasbare genetiese voorsprong bo die van die gewone boer gehad en die hele eertydse teeltsisteem was derhalwe geskoei op opgradering na hierdie geneties voortrefliker en suiwerder sg. "ouerstoeterye". Van die meer voortreflike kommersiële kuddes het later tot satelliet- of "dogter"-stoeterye ontwikkel en so het die huidige hiërargiese teeltstruktuur dan tot stand gekom. Enige hiërargiese opset (ook die in enige firma of organisasie) skep by die mens wat hom daarin bevind 'n ernstige begeerte om bo uit te kom. In stoetteling word die posisie in die hiërargie bepaal deur die aantal stoetramme wat verkoop word. Die verskaffing van kudderamme mag lonend wees, maar die innige begeerte van elke stoetteler was, en is nog altyd, stoetramverkope. 'n Teeltstruktuur is nooit staties nie en verskuiwings binne die hiërargie vind gedurig plaas soos ook by die Merino, maar nou is dit so dat namate die proses van opgradering vorder, die aanvraag na stoetramme noodwendig aI hoe minder moet word omdat die kuddes aI hoe meer geneties begin oorvleuel. In 1974 reeds kon slegs 1,5 % van aIle Merinoramme deur geregistreerde telers verkoop, as stoetramme gedefinieer word (Erasmus, 1977).

Na hierdie kort blik agtertoe, kan die pad na 2000 met meer lig betree word.

 

2. TEELTDOELSTELLINGS

Dit bly steeds moeilik om teeltdoelstellings by Merinoskape duidelik gedefinieer te kry. Ons het met twee produkte, wol en vleis, te doen wat in relatiewe ekonomiese waarde geweldig kan verander. Wat vleisproduksie per se en biologiese doeltreffendheid van albei betref, is heelwat bruikbare inligting beskikbaar wat gebruik kan word om doelstellings te formuleer. Ons weet byvoorbeeld dat aanteeltempo en groeisnelheid die belangrikste eienskappe is wat inkomste uit vleis bepaal. Ons is bewus van die talle fisiese en fisiologiese probleme wat met plooiontwikkeling gepaard gaan. Ons weet dat grootte normaalweg met hoër vrugbaarheid maar ook met 'n hoër onderhoudsbehoefte gekorreleerd is. Dit is ook bekend dat doeltreffendheid van wolproduksie gekoppel is aan hoer vagmassas en hoër veseldikte. Daar is selfs eienskappe geïdentifiseer wat met die oorlewingsvermoë van lammers verband hou. Hierdie is enkele voorbeelde van die riglyne wat ons het om vleisproduksie en die fisiologiese doeltreffendheid van wolskape deur teling te verhoog. In baie gevalle is genetiese parameters ook reeds bekend, maar belangriker, ons het reeds, wat doelstellings betref, talle duidelike rigtingwysers op die pad na 2000.

In die geval van wolproduksie, geld, soos vir enige ander produk, die basiese ekonomiese beginsel van hoeveelheid x prys = inkomste. Hoeveelheid wol is 'n duidelike omskryfde doelstelling. Dit kan as massa skoonwol per skaap of selfs" per eenheid insettinge gemeet word. Die komponente wat bydra tot hoor produksie per skaap is reeds bekend en ons is vinnig besig om verskillende belangrike interaksies te ontrafel en te kwantifiseer sodat ons met vertroue ons doelstellings vir die pad vorentoe kan formuleer. Dit is bloot 'n geval van biologiese ontdekkings en statistiese manipulasie van resultate om bruikbare modelle daar te stel.

Produktepryse word egter nie deur biologiese wette bepaal nie, maar wel deur ekonomiese grille. Geen ander veebedryf kan werklik die probleem met wolskape in hierdie verb and begryp nie. Nie alleen is dit die relatiewe waarde van die twee produkte wat ter sprake is nie, maar ook die moontlike prysverskille as gevolg van gehalteverskille van die produkte. Wat vleisgehalte betref, kan ons tevrede voel met wat navorsing reeds opgelewer het, al was dit dan net om te bewys dat erflike verskille in hierdie opsig nie so belangrik is nie.

Wanneer wolgehalte gedefinieer moet word, moot dit vanselfsprekend ook 'n geval wees van "he who pays the piper calls the tune". Ongelukkig wil dit dikwels voorkom asof die vervaardiger of nie altyd weet wat hy wil he nie of dit nie duidelik aan die koper oordra nie; of miskien is wol glad nie eers so 'n ingewikkelde produk as wat ons wil voorgee nie en is dit so dat die kenmerke wat bydra tot gehalteverskille drasties gereduseer kan word. AI waarvoor daar tans konkrete, ekonomiese bewys is, is dat kleedstofwol redelik saadvry, gesond en treksterk, vry van vreemde of gekleurde vesels en so laag as moontlik in"veseldikte moot wees. Hiervoor, weet ons, word daar betaal. Maar wat van al die ander hoedanighede? Die wolveseleienskappe wat 'n rol in verwerking mag speel is onlangs in 'n volledige oorsig deur Hunter ( 1980) behandel. Hy kom tot die volgende gevolgtrekking: "With the exception of mean fibre diameter and length, it is surprising how little we know of the effects of the various fibre properties and dimensions on producing performance and yarn and fabric properties, particularly in the light of changing technology". Genoemde oorsig sluit 'n omvattende studie van Turpie en Gee (1980) op 'n wye reeks van 250 lotte ruwol in waarin die effek van sewe subjektief beoordeelde en 32 objektief gemete eienskappe op kam en spin ondersoek is.

Vir die genetikus en die teler is dit nie voldoende om te se dit en dit is nogal belangrik of kan miskien belangrik wees nie - daar moet 'n geldwaarde aan die eienskap gekoppel word, nie alleen om seleksiekriteria te bepaal nie, maar ook om te sorg dat ons nie met 'n minderwaardige (goedkoop) produk, weens moontlike nadelige genetiese korrelasies in ons seleksieprogram, beland nie. Die pad na 2000 het dus, in hierdie opsig, nog baie lig nodig.

Wat egter soos 'n paal bo water staan, is die onmiskenbare effek van veseldikte op prys en derhalwe op inkomste.

Ironies genoeg is dit 'n eienskap wat a! te dikwels in stoetteling afgemaak word met die bekende stelling: "Merinowol kan nie te sterk wees nie, solank dit nog die tipiese eienskappe van Merinowol toon". Die vraag is net: Het hierdie "tipiese eienskappe", soos sagtheid, duidelike kartels en goeie olievloei, 'n groter geldwaarde as veseldikte? Dit is te betwyfel en ons het ten minste konkrete bewys wat die belang van veseldikte betref, maar nie van die "tipiese eienskappe" nie. Inteendeel, ons weet dat baie sagte, hoe kwaliteit wol dikwels ondergekarteld is en dat dit tot allerhande probleme lei (Veldsman - persoonlike mededeling, Venter 1976 en persoonlike mededeling).

Die effek van veseldikte op prys het veral gedurende die huidige en voorlaaste seisoen skerp toegeneem, soos in FIG. 1 gesien kan word:

 

 

Die vraag is nou: Is Turner (1973) nog korrek om te beweer dat seleksie vir hoer vagmassa, met behoud van veseldikte, meer lonend sal wees as seleksie vir laer veseldikte met behoud van vagmassa tot by 'n gemiddelde vagmassa van 4,5kg skoonwol. Met tot 33 sent per kilogram per mikron verskil, verander die prentjie drasties. Maar non is die belangrike vraag: Gaan hierdie tendens voortduur? Dit word redelik algemeen verwag, maar om die wolmark te voorspel, kan gevaarlik wees! Wat egter weereens duidelik word is dat behoorlike marknavorsing vir die wolbedryf 'n noodsaaklikheid is.

 

3. SELEKSIE BY DIE MERINO

Wat wolproduksie betref, kan geen ras met die Merino kompeteer nie. Hierdie meerderwaardigheid kan aan seleksie toegeskryf word en bewys dat ". . .  great is the power of man in accumulating by his selection successive slight variations", soos Charles Darwin beweer het.

Genetiese navorsing op die Merino in Australië, onder leiding van mense soos Morley en Turner, was hoof. saaklik daarop gemik om hierdie bate van die Merino verder en meet doeltreffend deur seleksie te verbeter. Die resultate was uiters bemoedigend en dit is aanvaar dat die wetenskap hier 'n groot rol kon speel – die oorerflikheid van vagmassa was redelik hoog en die enkele nadelige genetiese korrelasies, so is beraam, kon redelik maklik hanteer word. Na hierdie aanvanklike en latere navorsing, weet ons vandag dat seleksie vir hoër skoonvagmassa onder meet lei tot:

(1) hoër skoonopbrengspersentasie (met die moontlike gevaar van meet verwering),

(2) langer stapels(ditto),

(3) dikker vesels (laer prys),

(4) ondergekarteldheid (verwerkings - en verdere verweringsprobleme ),

(5) meet plooie (talle fisiese en fisiologiese probleme),

(6) laer weerstand teen same persing van die wol.

Wat laasgenoemde betref, vind Watson, Jackson & Whiteley (1977) dat benewens die hoe negatiewe genetiese korrelasie met vagmassa, saamdrukbaarheid hoog oorerflik is. Hulle lei af dat "if textile requirements dictate that resistance to compression as well as fibre diameter must be controlled during Merino breeding, progress in clean wool weight will be severely restricted".

Dit blyk dus dat wanneer vir hoër vagmassa geselekteer gaan word, soveel ander gekorreleerde eienskappe in toom gehou moet word, dat bitter min vordering prakties moontlik is. Die vraag ontstaan nou onwillekeurig: Moet die verhoging van vagmassa steeds 'n hoe prioriteit in seleksie by die Merino geniet? Behalwe vir genoemde nadelige gekorreleerde responsies moet dit ook aanvaar word dat baie Merinostoeterye in Suid-Afrika reeds 'n absolute limiet in vagmassa, met tradisionele seleksiemetodes,bereik het (Erasmus, 1977). Dieselfde afleiding word ook vir die Australiese Merino (Ferguson, 1976) gemaak. Dit is algemeen in Australië, en ook hier, veronderstel dat seleksie op grond van gemete vagmassa die stagnasie sal verbreek. Ferguson (op cit) verklaar egter: "However, I am less confident than formerly that fleece measurement will result in continued progress now that the results of experimental programmes initiated during the past 25 years are becoming available". Hy grond sy sienswyse op die feit dat seleksievordering in vagmassa met Seleksieproewe in Australië na tussen sewe en nege jaar feitlik deurgaans gestaak het. Of dit as gevolg van beperkte getalle is, sal deur die resultate in groepteelskemas behaal, uitgewys word. Die beperkte vordering in genoemde seleksieproewe is egter nie verbasend nie aangesien seleksie vir hoër vagmassa, hoe ondoeltreffend ook aI, reeds oor honderde jare subjektief uitgevoer is. Die hoë oorerflikheid wat tans nag beraam word is ook misleidend aangesien additiewe genetiese variasie seIde by 'n limiet uitgeput is (Falconer, 1960; Enfield, 1974; Hammond, 1974).

Is 'n klemverskuiwing in seleksie by die Merino vanaf wolproduksie na ander ewe belangrike inkomstebepalende eienskappe soos vrugbaarheid, groeitempo of selfs veseldikte dan nie tans logies nie? Dit moot egter gedoen word sonder 'n vermindering van die ras se belangrikste bate, 'n hoe vagmassa, en derhalwe bly objektiewe meting van vagmassa 'n noodsaaklikheid. Wat ook in gedagte gehou moet word is dat dit onwaarskynlik, indien nie onmoontlik is, dat aIle Merinotelers reeds 'n absolute limiet in vagmassa of 'n limiet as gevolg van nadelige gekorreleerde responsies bereik het nie. Seleksie daarvoor moet dus volgehou word vir moontlike vordering en teen moontlike agteruitgang. Laer seleksiedruk beteken ook nie minder akkurate seleksie nie en derhalwe sal vagmassa steeds vir seleksiedoeleindes gene em moet word.

 

4. VLEISPRODUKSIE UIT DIE WOLSKAAPKUDDE

Aangesien wolskape ongeveer 70 persent van die skaapvleis in die Republiek lewer, is die skaapvleisbedryf dus grootliks gekoppel aan tendense en toekomsvooruitsigte van die wolbedryf. Daar kan dus aanvaar word dat die Merino 'n steeds groter wordende rol in vleisproduksie sal moet vervul om die groeiende bevolking op pad na 2000 met genoeg skaapvleis te voorsien. Dit ly dus geen twyfel nie dat vleis-eienskappe soos byvoorbeeld groeisnelheid verbeter sal moet word tesame met 'n verhoging in vrugbaarheid.

Seleksie vir meerlinggeboortes word tans as die beste met ode beskou om aanteeltempo binne 'n skaapras geneties te verbeter (Turner, 1976). Aanteeltempo blyk 'n poligeniese eienskap met drumpelwaarde-uitdrukking te wees. Die sogenaamde "Booroolas" wat in Australië deur die Sears broers uit suiwer "Egelabra"- Merino’s ontwikkel is, het egter nuwe vrae oor die genetika van aanteelvermoë laat ontstaan. Hierdie Merino’s se byna ongelooflike hoë aanteelvermoë kan beslis nie aan blote seleksie, ten spyte daarvan dat Australiese navorsers dit aanvanklik wou doen, toegeskryf word nie. Die Booroolas dra hierdie eienskap geredelik oor in kruisings met ander Merino’s (Robertson, 1976) en ook met ander rasse soos die Romney (Allison et al, 1978). 'n Verhoging in lampersentasie van 70% is by Merino’s verkry terwyl 'n lampersentasie (persentasie gemerk)van 129% by ¼ Booroola, ¾ Romney-kruisings teenoor 90% by die suiwer Romney verkry is. Dit blyk dus asof enkelgene of 'n groep gekoppelde gene, wat 'n groot mate van dominansie openbaar, hier betrokke is. Groter samewerking tussen genetikus en fisioloog is nodig om meer lig op hierdie belangrike saak te werp.

 

5. AANP ASBAARHEID EN DIFFERENSIASIE

Suid-Afrika is 'n land van verskeidenheid. Daar word onder 'n wye reeks uiteenlopende toestande met skare geboer. Dit is baas onmoontlik om te verwag dat een genotipe onder al hierdie toestande moet gedy en maksimum produksie lewer. Groter mate van differensiasie in teeltverbetering is dus nodig. Ons hoef nie altyd net te dink aan verskillende rasse nie maar ook in terme van verskillende teellyne binne rasse wat verskillend ontwikkel is om die verskeidenheid van toestande optimaal te benut. Dit is vanselfsprekend dat seleksiemaatstawwe drasties kan verskil, maar dit is ook belangrik dat diere geselekteer moet word onder dieselfde toestande as die waaronder huIle nageslag verwag word om te produseer om aanpasbaarheid te verseker.

 

6. RASVERBETERING

Massaseleksie vir produksiekenmerke by wolskape is tot dusver oor die algemeen aanbeveel weens die betreklike hoe beraamde oorerflikheid van hierdie eienskappe en. die feit dat hulle geredelik by albei geslagte gemeet kan word. Die inskakeling van die wolskaaprasse by die Suid-Afrikaanse Stamboekvereniging, wat ook rekords van gemete prestasies sat verwerk, skep egter die moontlikheid om ook rekords van ouers en koIlaterale verwantes in seleksie te benut asook om nageslagtoetsing vir veral eienskappe soos speenmassa te doen. Nageslagtoetsing vir aIle eienskappe sal natuurlik noodsaaklik word indien KI op groot skaal in die skaapbedryf toegepas word. Dit word egter nie in die nabye toekoms voorsien nie.

Wat egter wel voorsien word is dat die steeds dalende aanvraag na stoetramme, soos vroeër genoem, al hoe meer tot ramme van bekende teelwaarde (nageslaggetoets) beperk gaan word. Hierdie ramme sal in aIle waarskynlikheid deur KI in die stoetbedryf gebruik word, maar wat kuddeteling betref, is dit onwaarskynlik dat KI op groot skaal toegepas sal word. Die stoetteler moet hom dus voorberei vir 'n kleiner stoetrammark vir slegs beproefde vaars en die Wolskaapskema en Stamboekvereniging vir behoorlik beplande nageslagtoetsing.

Die inskakeling van die wolskaaprasse by die Stamboekvereniging skep egter twee moontlike gevare. Eerstens kan dit gebeur dat 'n oordrewe waarde aan stambome geheg word en tweedens kan dit die verkleining van teelteenhede stimuleer as gevolg van die feit dat deeglike rekordhouding van ouerskap baie moeilik in 'n groot teeleenheid onder ekstensiewe toestande is. Hierdie is iets wat die wolskaapbedryf nie kan bekostig nie aangesien stoeterye by 'n ras soos die Merino reeds klein (ongeveer 230 ooie) is (Erasmus, 1977).

Dit dien daarop gelet te word dat rekordhouding van produksieprestasies op nasionale vlak van min genetiese waarde is indien die relatiewe genetiese meriete van die diere onbekend is. 'n Stelsel van vergelyking met kontrolekuddes soos deur Erasmus (1976) en Van der Merwe en Poggenpoel (1977) beskryf, blyk tans die beste metode te wees om dit te doen. Dit bied ook 'n oplossing vir die probleme wat deur die kunsmatige toestande waaronder die meeste stoetdiere verkeer, veroorsaak word. Dit is logies dat binnekudde prestasietoetsing uitgebrei moet word om ook tussen-kudde prestasie-inligting te verskaf. Die skeiding tussen stoettelers en kommersiële boere sat nog lank bly bestaan en relatiewe informasie van stoeterye sal vir die kommersiële produsent van onskatbare waarde wees. Hierdie ontwikkeling moet dus op pad na 2000 die hoogste prioriteit geniet.

 

7. TEN SLOTTE

Die pad na 2000 bied opwindende uitdagings vir teler sowel as wetenskaplike. Samewerking tussen die twee is vir die Merinobedryf noodsaaklik. Gelukkig is dit so dat die meeste telers reeds besef dat teling as 'n wetenskap benader moet word. Aan die ander kant, moet die wetenskaplike ook ag slaan op de Lange (1979) se waarskuwing dat, weens die onvolmaaktheid van die bestaande modelle, teling nie alte dogmaties benader moet word nie. Dit gaan vir almal nodig wees om meer ondersoekend op te tree en nie oorvereenvoudigde verwagtings te koester of te laat koester nie.

 

DANKBETUIGING

Skrywer betuig graag sy dank teenoor Prof Almero de Lange van die Universiteit van die O V S vir vele stimulerende besprekings oor Merinoteling maar aanvaar volle verantwoordelikheid vir idees uitgespreek.

 

VERWYSINGS

ALLISON, A.J., STEVENSON, J.R. & KELLY, R.W., 1978. Reproduction and wool production of progeny from high fecundity (Booroola) Merino rams crossed with Merino and Romney ewes. Proc. Wid. Conf. Anim. Prod. Beaunos Aires, 1978.

DE LANGE, A.O., 1979. Die aard van die geen: implikasies vir die diereteler U.O.V.S. Landboufakulteit Jubileemblad: 44-46.

ENFIELD, F .D., 1974. Recurrent selection and response plateaus. 1st World Congress on Genetics applied to Livestock Production. Proc. Vol. 1: 365-371.

ERASMUS, G.J., 1976. Sheep breeding programmes in South Africa. In: Sheep Breeding. Proc. Int. Congr. Muresk. Edited by GJ. Tomes, D.E. Robertson & RJ. Lightfoot. West. Aust. Inst. Technol. Perth. 40-45.

ERASMUS, G J., 1977. Die teeltstruktuur van die Suid-Afrikaanse Merino. M.Sc. (Agric.)-verh. Univ. O.V.S.

FALCONER, D.S., 1960. Selection of mice for growth on high and low planes of nutrition. Genetic Res. 1: 91-113.

FALCONER, D.S., 1961. Introduction to quantitative genetics. Oliver & Boyd. London.

FERGUSON, K.A., 1976. Australian sheep breeding programmes - aims, achievements and the future. In: Sheep Breeding. Proc. Int. Congr. Muresk. Edited by GJ. Tomes, D.E. Robertson and RJ. Lightfoot. West. Austr. Inst. Technol. Perth. 13-25.

HAMMOND, K., 1974. Drosophila as an experimental model in animal breeding research. 1st World Congress on Genetics applied to Livestock Production. Proc. Vol. 1: 425-437.

HUNTER, L., 1980. The effects of wool fibre properties on processing performance and yarn and fabric properties. Proc. 6th Int. Wool Text. Res. Cont Pretoria. Vol. 1: 133-188.

LERNER, IM. & DONALD, H.P., 1966. Modem developments in animal breeding. Academic Press. London.

ROBERTSON, D.E., 1976. Ovulation and lambing results with Booroola and Booroola-cross Merino ewes in Western Australia. In: Sheep Breeding. Proc. Int. Congr. Muresk. Wes. Austr. Inst. Technol. Perth.

TURNER, HELEN N., 1973. Trends in the Australian Merino. Z. Tierziichtg. Ziichtgsbiol. 90, 278-296.

TURNER, HELEN N., 1976. Methods of improving production in characters of importance. In: Sheep Breeding. Proc. Int. Congr. Muresk. Edited by GJ. Tomes, D.E. Robertson and RJ. Lighfoot. West. Austr. Inst. Technol. Perth.

TURNER, HELEN N. & YOUNG, S.S.Y., 1969. Quantitative genetics in sheep breeding. Mac Millan Co. (Australia.)

TURPIE, D.W.F. & GEE, E., 1980. The properties and perfonnance during topmaking and spinning of a wide range of South African wools. Proc. 6th Int. Wool Text. Res. Conf. Pretoria. Vol. Ill: 293-311.

VAN DER MERWE,C.A. &POGGENPOEL, D.G., 1977. The practical application of scientific principles in Merino sheep breeding. S. Afr. Tydsk. Veek. 7: 71-78.

VENTER, J.J., 1976. Gehalte-aspekte van Merinowol. D.Sc. (Agric.)-proefskrif. Univ. Pretoria.

WATSON, N., JACKSON, N. & WHITELEY, KJ., 1977. Inheritance of the resistance to compression property of Australian Merino wool and its genetic correlation with follicle curvature and various wool and body characters. Aust. J. Agric. Res. 28: 1083-1094.

 

Published

Karoo Agric 2 (2), 5-12