Last update: April 12, 2012 08:51:47 AM E-mail Print

 

‘n Verdere studie in reënval

EJ van Meerten  

 

Versameling van Gegewens

VIR Middelburg, Kaap, het die skrywer dieselfde syfers gebruik as verlede jaar, d.w.s. die reënval statistieke wat mnr. W. P. Stahl van Middelburg so goed was om te verskaf. Die Magistraat van Aberdeen het goedgunstiglik die syfers van sy distrik verskaf en mnr. S. H. Rubidge van Wellwood, Graaff-Reinet, het die syfers vir hierdie sentrum verskaf. Die Aberdeense syfers gaan nie verder terug as 1879. Die Wellwood syfers begin van 1875 af, en mnr. Rubidge het 'n uitknipsel van die Graaff-Reinet Advertiser van 21 Februarie 1908 aangestuur wat die reënval syfers op die plaas Goliadskraal, nie ver van Wellwood vanaf 1863 tot 1896 aangegee het.

Verder het mnr. C. W. E. Mansvelt van Zwartruggens, Transvaal, goedwilliglik die syfers vir daardie streek vanaf 1906 tot op datum aangestuur, en sy "totale" reënval syfers was aangegee volgens seisoen en nie volgens jaar nie, ofskoon dit ook moontlik sal wees om die jaarlikse reënval van die tabelle te bereken. Laastelik mnr. P. J. Cillie van De Wildt naby. Pretoria, het die syfers van sy streek gestuur vanaf 1912 tot datum. Dit gee die jaarlikse reënval aan. Nou, wat betref hierdie reënval statistieke, moet die aandag gevestig word op die jaar 1900 en die seisoen 1899-1900 op die kaart wat die Aberdeense reënval aangee. Mnr. Smit, die Magistraat op Aberdeen, het die skrywer in kennis gestel dat die Weerkundige Departement die syfers tot aan die einde van 1899 verskaf het. Die syfers van toe af is by die tronk op Aberdeen verkry. Volgens die breedvoerige. Maandelikse register blyk dit dat begin gemaak is met die rekord eers in Desember in 1900, deurdat syfers net vir Desember van daardie jaar aangegee word. Nou is dit onwaarskynlik dat daar hoegenaamd g'n reent gedurende enige ander tydperk in die jaar geval het nie, sodat die reënval van 5.65 dm. gedurende die jaar en die reënval van 2.54 dm. gedurende die seisoen nie as stiptelik juis beskou kan word nie. Die syfers is sekerlik gebruik om die Aberdeense boog uit te lê en terwyl dit baie lae punte en baie swaar droogte aanwys, was dit volgens die Middelburgse boog slegs 'n tyd van min reënval. Dit sal goed wees om in gedagte te hou dat die lae punt vir 1900 op die Aberdeense boog in alle waarskynlikheid 'n bietjie hoër moes gewees het. Die syfers vir Goliadskraal kom voor op 'n aparte tabel en vir studie doeleindes is dit saam met die Graaff-Reinetse boog gebruik. Hulle word egter nie in hierdie artikel weergegee nie.

 

 

Die Kaarte

Plaat No.1 toon aan die reënval vir Middelburg, Kaap, Plaat No.2 die reënval vir Aberdeen en Plaat No.3 die reënval vir Wellwood, Graaff-Reinet, wat hierna genoem sal word die Graaff-Reinetse boog of kaart. In elke geval word die jaarlikse reënval boog aangedui deur 'n onafgebroke lyn, terwyl die seisoen reënval boog deur 'n gebroke lyn aangedui word. Plaat No.4 toon aan die seisoen reënval van al die drie sentrums en die jaarlikse reënval kom nie voor nie. Op hierdie kaart word die Graaff-Reinetse boog onafgebroke en die Aberdeense boog gebreek aangedui en die Middelburgse boog gestippel. Eindelik kom daar op Plaat No.1 twee ander boë voor en hulle toon aan die seisoen reënval vir Zwartruggens en die jaarlikse reënval vir De Wildt. Hierdie hoe is bygevoeg net vir vergelyking met die Middelburgse boog, en hierdie vergelyking sal later in hierdie artikel gemaak word.

 

Verskil tussen Jaarlikse en Seisoen Reënval

In die Karoo is die reënval nie ewe versprei deur die jaar nie, maar daar is bepaalde seisoene, 'n seisoen begin seg omstreeks September, en eindig seg gedurende April of Mei. Aangesien dit die geval is kan 'n mens aanneem dat die tydperk vanaf 1 Julie van een jaar tot 30 Junie van die volgende jaar die seisoen sal insluit, en om die rede word die reënval tussen die twee tydstippe as seisoen reënval beskou. Die jaarlikse reënval is die reënval vanaf 1 Januarie tot 31 Desember van dieselfde jaar.

Nou is dit vanselfsprekend dat al die reent wat werklik by die begin van 'n kalenderjaar val aan die seisoen behoort wat die jaar vantevore begin het. In werklikheid is dit meer of min die end van die vorige seisoen. So teen die einde van daardie besondere kalender jaar val daar weer meer reent maar dit behoort aan 'n nuwe seisoen, en kan as die voorste end (as 'n mens dit so mag noem) van 'n nuwe seisoen beskou word. Altwee hierdie afsonderlike groepe reënval word by die jaarlikse reënval vir daardie besondere jaar gereken.

Hierdie punt sal duideliker uitkom as na Figuur 1 gekyk word. In hierdie Figuur verteenwoordig die swaar swart blokke willekeuriglik die reënval, terwyl die gestippelde regop lyne die indelings tussen seisoene aanwys en die aanmekaar regop lyne die indelings tussen kalender jare. Langs die lyn A word dit veronderstel dat die reënval medium of gemiddeld is. Ook word dit veronderstel dat al die reënval in normale tye van die jaar begin en geëindig het. Seg byvoorbeeld dat die seisoen se reënval in die jaar 1 begin het en aangehou het tot in die jaar 2, sodat helfte van die seisoen se reënval meer of min in jaar 1 en die ander helfte in jaar 2 geval het, en as dit in die volgende jare so herhaal word, sal ons vind dat terwyl die seisoen reënval dieselfde is sal die jaarlikse reënval ook dieselfde wees.

Op die lyn B word dieselfde hoeveelheid reent wat gedurende die verskillende jare geval het net soos vantevore aangewys. d. w .s. die reënval is gemiddeld beskou. Die begin en die einde van die seisoene is egter verskuif sodat die jaar 1 se seisoen laat begin en laat geëindig het, die jaar 2 se seisoen vroeg begin en vroeg geëindig het, die jaar 3 se seisoen vroeg begin en vroeg geëindig het, en die jaar 4 se seisoen laat begin en laat geëindig het. Dit sal nou opgemerk word dat alhoewel die seisoen se reënval almal van dieselfde duur is, is die jaar 2 se jaarlikse reënval baie hoog, die jaar 3 se jaarlikse reënval gemiddeld, die jaar 4 se jaarlikse reënval baie laag.

Langs lyn C word afwisselende reënvalle aangewys. Die jaar 1 se seisoen was laat en het vroeg geëindig, wat meen 'n kort seisoen met 'n tekorte reënval. Dieselfde is die geval met jaar 2 se seisoen. Die jaar 3 se seisoen begin baie vroeg en is 'n gemiddelde seisoen, alhoewel dit vroeg eindig. Die jaar 4 se seisoen is ook baie vroeg en is lank. Dis nou klaarblyklik dat alhoewel die jaar 1-2 se seisoen reënval laag. is, asook die van jaar 2-3, is die jaarlikse reënval vir jaar, 2 ook laag; die jaarlikse reënval vir jaar sal 'n bietjie meer as gemiddeld wees, en die jaarlikse reënval vir jaar 4 sal hoog wees.

As die reënval vir hierdie hipotetiese jare grafies voorgestel sou word, dan sal die jaarlikse en die seisoen boë in die geval van A presies mekaar volg. In die geval van B, sal die seisoen boog gelyk loop maar die jaarlikse boog sal 'n hoe punt vir jaar 2 aanwys en 'n baie lae punt vir jaar 4. Dit sou misleidend wees, aangesien die seisoen reënval dwarsdeur dieselfde is.

In die geval van C, sal die jaarlikse reënval van jaar 3 misleidend wees, aangesien dit 'n gedeelte van die tekorte reënval van die vorige seisoen sal insluit.

 

Ooreenstemming tussen Jaarlikse en Seisoen Boë

Die regop lyne op al die kaarte stel die jare voor, en die jaarlikse reënval vir die verskillende jare word op hierdie regop lyne aangestip. Die punte vir die seisoen boë word tussen die regop lyne aangestip, sodat die reënval van 'n seisoen, wat in een jaar begin tussen die regop lyn wat die jaar voorstel .en die ander een aangestip word. Dit is gedoen om die verskil van ses maande tussen 'n jaar wat in Januarie begin, en 'n seisoen wat in Julie begin duidelik te maak en ook om oormekaarval van lyne van die twee boë te vermy.

Volgens 'n studie van die boë op Plate 1, 2 en 3 sal dit dadelik blyk dat daar 'n kenmerkende ooreenstemming is tussen die jaarlikse en die seisoen boog in elke geval. In die reël, as die jaarlikse boog styg dan doen die seisoenboog dit ook, en as die een sak dan sak die ander ook. 'n Mens kom dus tot die gevolgtrekking dat die seisoene oor die algemeen normaal was d. w .s. dat hulle nie te laat of te vroeg in die jaar ophou nie. Gevolglik kan dit veronderstel word dat Nuwejaarsdag die seisoen meer of min gelykop split en dit skyn deurgaans reg te wees.

Natuurlik is daar uitsonderings. Die jaarlikse boog vir Middelburg wys hoë punte aan wat aandui 'n hoë jaarlikse reënval vir 1911, 1913, 1921, en dit wys die seisoen boog nie aan nie. In die geval van 1886 is die jaarlikse boog vir Aberdeen ook hoër as die seisoen boog, maar nie so veel as in die geval van 1913 en 1921 nie. Die Graaff-Reinetse boë toon dieselfde aan as Middelburg, d.w.s. hoë jaarlikse reënvalle in 1911, 1913, en 1921, sonder dat die seisoen boog dieselfde doen.

Verder, wys die Middelburgse jaarlikse boog opmerklike dalings in 1897, 1903, 1912 en 1922, wat nie gevolg word deur ooreenkomstige dalings in die seisoen boog nie. In die opsig is dit anders gestel met Aberdeen. Op die Aberdeense kaart is daar nie een enkele opmerklike daling in die jaarlikse boog wat nie gepaard gaan met 'n dienooreenkomstige daling in die seisoen boog nie. Graaff-Reinet volg Middelburg ten opsigte van 1903, 1912 en 1922, en die jaarlikse boog wys 'n opmerklike daling terwyl die seisoen boog dit nie doen nie.

Inteendeel net 'n paar gevalle word seisoen spitsboë nie deur jaarlikse spitsboë vergesel nie. Middelburg toon nie enige uitstaande seisoen spitsboog aan wat nie vergesel word deur 'n jaarlikse spitsboog nie. Aberdeen kan slegs een aanwys, d. w .s. die seisoen spitsboog van 1893-1894 wat nie vergesel word deur 'n opmerklike jaarlikse spitsboog nie. Graaff-Reinet wys niks aan nie.

Op die dalingskant het Middelburg een; en die 1899-1900 seisoen daling val ver onder die jaarlikse boog. Aberdeen kan vier wys; die seisoen dalings van 1881-1882, 1884-1885, 1892-1893 en 1895-1896, wat nie vergesel word deur dalings in die jaarlikse boog nie. Graaff-Reinet wys dieselfde aan vir seisoen dalings by 1884-188.5, 1895-1896, en 1904-1905.

In die lig van die uitleg hierbo moet die leser bestudeer hoe die seisoen boog van die jaarlikse boog afwyk of die jaarlikse boog van die seisoen boog en dit ook deur Figuur 1 te bestudeer. Dit is dus duidelik dat dit moontlik vir die jaarlikse boog is om van die seisoen boog af te wyk, en of 'n droë of 'n nat jaar aanwys wanneer die seisoene in werklikheid heeltemal normaal was. Waar die twee boë min of meer parallel loop of mekaar volg, is dit te verstaan dat die verspreiding van die reent normaal was. Net abnormaliteite veroorsaak afwyking tussen die boë.

 

 

Die Transvaalse Boë

Mnr. Mansvelt meld in sy brief dat die Transvaalse syfers nie met die van Middelburg ooreenstem nie, dus vir ons eie inligting, en as 'n saak van algemene belang, is die Zwartruggens en die De Wildt boë op die Middelburgse kaart, Plaat 1 geteken. Dis nie verwag dat die Transvaalse syfers ooreen sou slaan nie, aangesien die reënval daar soveel groter was as in die Karoo. Volgens 'n inspeksie van hierdie boë en 'n vergelyking met die Middelburgse boë vind ons dat die Zwartruggens- en die Middelburgse boë saam styg en val tot by die 1911 seisoen, maar daarvandaan styg Zwartruggens, terwyl Middelburg val, en omgekeerd tot by die.1916 seisoen. Altwee styg dan tot 1917, maar terwyl Zwartruggens aanhou met styg, val Middelburg tot 1918 en omgekeerd tot die 1923 seisoen. Beide styg en val dan tesaam, uitgesonderd vir die laaste seisoen, 1926. As die De Wildt boog, wat 'n jaarlikse boog is, met die van Middelburg vergelyk word, sal dit gevind word dat stygings en dalings saam in twee boë plaasvind, maar daar is ook gevalle waar die teenoorgestelde gebeur. Die uitstaande kenmerke van die boë, gesamentlik geneem, is die 1917-1918 spitsboë, die seisoendaling van 1918-1919, en die 1924-1925 spitsboë. Gewoonlik word bewys deur inspeksie van die boë dat alhoewel daar 'n vergelyking is tussen die werklike hoeveelheid reënval in die Transvaal en in die Karoo, skyn daar wel korrelasie te bestaan tussen die tydperke van droogte en die van sware reënval.

 

 

Loop van Indiwiduele Boë

Die artikel oor reënval in die Julie 1927 uitgawe van "Boerdery in Suid-Afrika" het 'n beskrywing gegee van hoe jare van baie swaar reëns of baie swaar droogtes alleenstaande, was, d. w.s. hulle is nie deur sulke jare gevolg nie; ook hoe dit moontlik was as die reënval in een jaar van bo die 15 dm. lyn geval het tot onder die gemiddelde lyn, dat dit waarskynlik tot goed onder die gemiddelde lyn af in die droogte gebied, seg onder 10 dm. kon val. Verder dat as die reënval van onder die 10 dm. lyn kon styg tot bo die gemiddelde lyn in een jaar, dan was dit moontlik om ver bo die gemiddelde lyn te styg, en so voort. Dis egter gevind dat droogtes wel in twee opeenvolgende jare plaasvind soos die seisoen boë aanwys, en nie soos in die bewering wat gemaak is, dit weerlê nie. Sien Plaat No.4. Dis veronderstel dat 'n tekort in die reënval van minder as 10 dm. as 'n droogte beskou kan word, maar hierdie stelling moet gematig word. Dis nie moontlik om 'n bepaalde syfer vas te stel en alle syfers wat daaronder val as 'n droogte te beskou nie; maar nietemin sal dit in die nabyheid van 10 dm. wees. Plaat No.4 waarop die drie seisoen boë voorkom, sal aantoon dat twee boë 'n droogte aanwys, maar nie die derde nie. In so 'n geval, selfs al is die derde boog bo die 10 dm. lyn, wys dit 'n droogte aan. Op die manier wys die seisoene 1902,1903, en 1904 droogtes aan; ook is dit die geval met die 1914 en 1915 seisoene, en terwyl Aberdeen 'n droogte aanwys vanaf seisoen 1922 tot 1926 ingeslote, wys Graaff-Reinet dit aan vir 1923, dan 1925 en 1926, en Middelburg kom net in teen die end met een seisoen van droogte. Die 1925 seisoen was meer of min droog, maar nie heeltemal 'n droogte soos dit altoos bekend is nie.

Inteendeel, is seisoene van baie hoë reënval nog alleenstaande, selfs op die seisoen boë. 'n Mens kom tot die gevolgtrekking dat baie hoë reënvalle abnormaal is vir hierdie gedeelte van die land, en dat lae reënval normaal is terwyl droogte nie buitengewoon is nie.

 

Voorkoms van Droogtes

As dit die mening is dat 'n reënval van minder as 10 dm. of so as 'n droogte beskou kan word, dan as gevolg van 'n inspeksie van Plaat 4 wys dit dat droogtes by die drie sentrums plaasgevind het in die volgende jare:-

 

Middelburg: 1899, 1902, 1903, 1904, 1907, 1914-1915, 1918, 1926.

Aberdeen: 1879,1881, 1884, 1887, 1892, 1895, 1899, 1~02, 1903, 1904, 1907,1914,1918 en vanaf 1922.

Graaff-Reinet: 1876, 1877, 1884, 1904,1907,1914,1918,1925 en 1926.

 

Dit wys dat die droogtes gedurende dieselfde jare in die drie sentrums plaasgevind het, maar dat Middelburg meer gely het as Graaff-Reinet en dat Aberdeen meer gely het as Middelburg. In werklikheid skyn dit asof Aberdeen deur droogte geteister sal wees, terwyl die ander streke 'n normale seisoen geniet. Die jaarlikse syfers vir Goliadskraal wys ook droogtes aan in 1865,1871, en 1873. Al die boë val onder die 10 dm. lyn in 1884, 1907, 1914, 1918, en 1926, en 'n mens sou dink dat net hierdie jare die droë jare was, maar dit bewys dat die 10 dm. lyn nie as 'n droogte lyn vasgestel kan word nie. Alles in aanmerking geneem, het droogtes plaasgevind in 1876, 1877, 1879, 1881, 1884, 1887, 1892, 1895, 1899, 1902, 1993, 1904, 1907, 1914, 1919, 1922, 1923, 1924, 1925, en 1926, maar Aberdeen is meesal hiervoor verantwoordelik, toe die ander streke nie die droogte tot dieselfde mate gevoel het as Aberdeen nie. As ons Aberdeen weglaat dan vind ons dat Middelburg en Graaff-Reinet droogtes gehad het in 1876, 1877, 1884, 1899, 1902, 1903, 1904, 1907, 1914, 1918, 1923, 1925, en 1926.

 

Droogte en Ander Kringlope

Vantevore is dit probeer, ook deur die skrywer in sy vorige artikel, om die moontlike droogte kringlope te vind, en kringlope van jare of seisoene van sware reëns. In die lig beskou van wat die seisoen boë openbaar, blyk daar 'n naasteby 7-seisoen kringloop vir droogte te wees, as volg-: 1865, 1871, 1877, 1884, 1891, 1899, 1907, 1914, 1923. Die 6, 8 en 9 jaar tussen tydperke bederf die gereelde volgorde van hierdie kringloop. 'n Mens sou 'n 12 jaar kringloop hiervan kan aflei as volg: 1865, 1877, 1891, 1903, 1914, maar die 14-jaar en 11-jaar tussen tydperke wat voorkom bederf dit. 'n Kringloop van 11 jaar van baie swaar droogte behoort die seisoene 1903 en 1914 in te sluit. en dit sou wees: 1870, 1881, 1892, 1903, 1914, 1925. Hierdie volgorde is gereeld en, sover die boë op Plaat 4 betref, bestaan daar nie veel rede om dit in twyfel te trek nie, alhoewel net Aberdeen dit aanwys vir 1892 en Middelburg nog in 1925 bo die 10 dm. lyn was. Dit skyn egter 'n baie goeie kringloop te wees wat betref gereelde herhaling. Die sewe jaar kringloop slaan ooreen met laasgenoemde in 1871, 1892, en 1914 op naasteby tussen tydperke van 21 jaar, maar die drie boë gaan saam net in 1914. Op tussen tydperke van 15 jaar maak droogtes hul verskyning in 1884, 1895 en 1914, en dit mag gebeur dat die 1929 seisoen ook een van droogte sal wees. Goliadskraal se syfers toon 'n reënval aan onder die gemiddelde reënval, 'n reënval van 11.01 dm. in 1869, en vir die oomblik kan dit as 'n droogte beskou word. 'n Gesamentlike 7 en 8 jaar kringloop verskyn dan in 1869, 1877, 1884, 1892, 1899, 1907, 1914, 1922, en miskien 1929. Die reeks word bederf deur 1922 wat nie 'n droogte aanwys nie, alhoewel 1923 dit doen. In so 'n geval kan die droogte in 1930 voorkom en nie in 1929 nie. Die afwisselende 7 en 8 jaar kringloop slaan ooreen met die 11-jaar kringloop op 1869, 1892, 1914 en die tussen tydperk is nou omtrent 22 jaar, sodat as 22 jaar by die 1914 getel word, dan behoort die kringlope weer in 1936 ooreen te slaan en mag daar dan 'n droogte wees. In daardie geval mag dit moontlik wees dat die seisoen 1929 nie 'n ware ooreenslag van droogte kringlope aanwys nie. In die vorige reënval artikel is dit voorspel dat die 1929 seisoen 'n medium reënval seisoen sou wees en hierdie voorspelling word nog volgehou.

 

Swaar Reënval

Sware reënval het plaasgevind in 1863, 1867, 1875, 1880, 1886, 1890, 1893, 1900, 1906, 1917, en 1924. Die uitstaande spitsboë in hierdie reeks is 1875, 1880, 1893, 1906, 1917, en 1924. 'n Mens kan 'n voorstelling maak van 'n 15-jaar kringloop in hierdie reeks wat op 1875 begin as volg: 1875, 1890, 1906, 1921, maar daar is 'n 16-jaar tydperk daarin en 1921 val hoegenaamd nie in die reeks nie, aangesien dit nie 'n buitengewone jaar van swaar reënval is nie. Nog minder verklaar die kringloop die dalings van 1880, 1893,1916, en 1924. Gevolglik word dit nie in aanmerking geneem nie, alhoewel dit die enigste soort kringloop was vir swaar reënval.

 

Medium Reënval

Dit skyn nie asof daar enige bepaalde kringloop vir matige reënval bestaan nie. Dit sou moontlik wees om kringlope vir die indiwiduele boë te vind, maar wanneer die drie boë, Middelburg, Graaff-Reinet en Aberdeen saamgeneem word, is daar te veel teenstrydighede om 'n bepaalde kringloop vas te stel. Daar is 'n soort van 11-jaar kringloop vir medium reënval, soos volg: 1883, 1894, 1905, 1916 en 1927. 'n Sewe-jaar kringloop vanaf 1878 sal 1878, 1885, 1892, 1899, 1906, 1913, 1920, en 1927 aantoon. Hierdie twee sal dan aanwys dat die 1927 seisoen 'n medium reënval seisoen was. Verder is die 1923 tot 1927 seisoene baie net soos die van 1912 tot 1915 en 1882 tot 1884, sodat 'n mens kan verwag dat as die boë hulself in die toekoms net so sal herhaal as wat hulle op vorige geleenthede gedoen het, die 1928 seisoen 'n baie nat seisoen sal wees, 1929 medium en 1930 'n droë seisoen.

 

'n Groot Kringloop

Volgens die boë blyk dit asof daar 'n uitstaande seisoen in 1890 was. Van toe af het die reënval rekord stadig gedaal af tot die 1926 droogte. Toe die Goliadskraal boog aan die linkerkant van die Graaff-Reinetse boog gesit is, is dit gevind dat daar 'n geleidelike styging in die reënval plaasgevind het vanaf 1863 tot 1890. Die afwykings in die boë is simmetries vanaf 1890 as middelpunt. Dit is ietwat opmerklik. Byvoorbeeld by 1880 is daar 'n spitsboog en daar is ook een by 1900; by 1874 is daar 'n spitsboog en ook by 1906 Goliadskraal wys 'n spitsboog aan by 1863, en daar is een by 1911. Hierdie spitsboë kom voor 10, 16, en 27 jaar weg van 1890 na weerskante toe. Dalings kom voor by 1884 en 1896, 1877 en 1903,1873 en 1907, 1865 en 1914. In hierdie laaste geval is 1865 'n jaar uit volgens die Goliadskraal syfers. Die lengtes vanaf die sentrum, 1890, is nou 6 jaar, 13 jaar, 17 jaar, en 24 jaar na elke kant toe. Medium jare verskyn by 1882 en 1898, 1878 en 1902, 1870 en 1910, 1864 en 1916, en die lengtes van die sentrum, is 8 jaar, 12 jaar, 20 jaar, en 26 jaar. Lesers moet hierdie verskynsel bestudeer.

 

Gevolgtrekkings

Dis alreeds daarop gewys dat daar twyfel bestaan omtrent die baie lae punt op die Aberdeense boog vir l899-1900. Aangesien dit die geval is, was die droogte van 1926, d.w.s. die 1926 seisoen, die ergste in al die jare waarvoor ons syfers het. Net so was die 1891 seisoen die beste van almal, en die afstand vanmekaar is 36 jaar. As die boog simmetries bly voor 1863, aangesien dit die geval is so ver terug as 1863, dan sou 'n mens tot die gevolgtrekking kom dat dieselfde toestande van 'n paar jaar gelede verskyn het omtrent 36 jaar of so voor 1890 soos die geval is wys die syfers en boë aan dat die "goeie ou dae" inderdaad nie so goed was nie as wat die oumense dit wil uitmaak. Ongetwyfeld was daar 'n algemene afneem in die reënval sedert 1890 maar daar was net so 'n afname tenminste sover terug as 1863, soos deur die Goliadskraal syfers bewys word en heel waarskynlik het hierdie afname plaasgevind tot 1854 of daaromtrent.

 

'n Verbeelding

Dit laat ons glo dat daar 'n groot kringloop van seg 72 tot 75 jaar bestaan en as die reënval boog vir twee of meer kringlope van 75 jaar getrek kan word, kan 'n mens 'n daling en styging in die boë opmerk en die bopunte en onderpunte van die boë sal dan 72 tot 75 jaar van mekaar wees.

Dit is 'n veronderstelling waarvoor daar wel bewys is en dit blyk asof ons nou net aan die onderpunt van die boog verkeer. Dis die sienswyse dat vir die volgende 36 jaar sal daar 'n geleidelike toeneem in die reënval vir die streek wees, totdat dit 'n maksimum bereik wanneer daar weer sware reënval sal plaasvind soos in 1890. Na dit, as die teorie goedhou, sal dit afneem totdat toestande van droogte soos die land nou net deurgegaan het weer sal plaasvind 72 tot 75 jaar van nou af.

Ten slotte wil die skrywer mnr. Smit, Magistraat van Aberdeen, mnr. S.H. Rubidge, mnr. Mansvelt en mnr. Cillie bedank vir hul goedgunstigheid om die reënvalsyfers vir hul besondere streke te verskaf.

 

Published

Boerdery in Suid-Afrika 3