Last update: September 2, 2011 01:43:04 PM E-mail Print

 

DIE VERWERKING VAN LUSERN

A G Bezuidenhout

Cradockproefperseel

Posbus 284

Cradock

5880

 

 

1. INLEIDING

Die verwerking van voere beïnvloed die smaaklikheid, inname, voedingswaarde en gevolglik ook die produksiewaarde daarvan. Indien lusern nie direk bewei word nie, kan dit ook afgesny en as groenvoer aan diere gevoer word ("soiling" of "zero grazing"). Lusern word ook gedroog of ontwater en kan dan in die volgende verskillende vorms aan diere gevoer word, naamlik as : gewone hooi (los of gebaal), gekerf, wafels, gemaal, korrels en pille.

 

2. HOOI

Lusern word meestal verwerk tot hooi en word beskou as een van die beste hooie weens die smaaklikheid en hoë voedingswaarde daarvan. Goeie kwaliteit lusernhooi word gekenmerk deur baie blare, 'n heldergroen kleur, aangename geur en hoë voedingswaarde. Die hoeveelheid hooi, smaaklikheid en verteerbaarheid daarvan is grootliks afhanklik van die groeistadium waarop dit gesny word en die metode van bereiding. Die effek van groeistadium, waarop gesny vir hooi, op die chemiese samestelling van lusernhooi, word in Tabel 1 aangedui. In Suid-Afrika word oorwegend van sondroging gebruik gemaak in die bereiding van lusernhooi. Die doel met hooimaak is om die lusern te droog sonder dat verlies van groot hoeveelhede blare en groen kleur voorkom.

 

Die konvensionele metode van hooimaak het aansienlike verliese van blare en dus kwaliteit tot gevolg. By minder as 30 persent voginhoud, kan blaarverliese tydens die baalproses soveel as 30 persent wees (De Beer, 1972). Die blare bevat 60 tot 90 persent van die proteïene en vitamiene en gevolglik is blaarverliese ongewens. Kneusing tydens die snyproses laat die gewas vinniger uitdroog en het hooi met 'n ietwat hoër voedingswaarde tot gevolg (Dykstra, 1965).

Blootstelling van hooi aan son en reën het verbleiking en uitwassing van komponente soos karotene (provitamien A) tot gevolg. Hooi kan in miedens opgeberg word, terwyl 'n skuur met 'n goeie dak egter die ideale plek vir opberging is. Lusernhooi kan ook in die gekerfde vorm gestoor word, wat slegs ongeveer 50 persent van die opbergingsruirnte van lang hooi benodig (Westover & Hosterman, 1940). Die opberging van hooi voordat dit behoorlik berei is, kan fermentasie en 'n bruin kleur tot gevolg hê. Die smaaklikheid en voedingswaarde van hooi kan dus aansienlik afneem indien dit nie korrek berei en opgeberg word nie. Die fisiese vorm van lusernhooi het 'n belangrike invloed op die benutting en produksiewaarde daarvan deur herkouers.

 

2.1 Gekerfde hooi

Die voedingswaarde van lusernhooi word nie veel verander indien dit gekerf word nie. Gekerfde hooi word minder selektief gevreet deur diere en dus word vermorsing grootliks uitgeskakel.

 

2.2 Wafels

Met wafelvorming word die hooi in ongemaalde of gekerfde vorm. gewoonlik direk op die land, saamgedruk in die vorm van wafels. Die doel is hoofsaaklik om opbergruimte te bespaar en om die hantering van die hooi te vergemaklik.

Wafels geniet veral voorkeur in die voeding van beeste, terwyl skare ook voorkeur gee aan wafels bo gekerfde hooi (Haenlein & Holdren, 1965). Hierdie metode van verwerking word suksesvol toegepas in dele van die VSA. Volgens Matthies (1967) het wafels die volgende voor- en nadele.

 

2.2.1 Voordele  

2.2.2   Nadele

2. 3 Verkorreling

 

Vermorsing is een van die belangrikste probleme by die doeltreffende benutting van ruvoere deur herkouers. Die selektiewe vreetgewoontes van skape het tot gevolg dat die fyner en meer smaaklike gedeeltes van 'n rantsoen uitgesoek word. Gekerfde of gemaalde hooi is stowwerig en kan maklik weggewaai word of die diere se wol of hare besoedel. Afgesien daarvan dat vermorsing grootliks uitgeskakel word, het verkorreling ook die volgende voordele. Minder opbergingsruimte word benodig en hoër massatoenames by diere word verkry, veral wanneer hoofsaaklik van hooi gebruik gemaak word (Robards, 1968). Verkorreling is egter 'n duur proses terwyl die hoeveelheid voer wat jaarliks verkorrel word, ook die koste daarvan beïnvloed. Die voordeel van verkorreling styg namate die kwaliteit van die voer afneem (Van del Merwe, 1969). Dit blyk dat verkorreling duurder is as wafelvorming. In die voeding van skare word verkorreling bo wafelvorming verkies.

Dormerooie wat gekorrelde lusernhooi ontvang het, se lammers het, van geboorte tot 100 dae ouderdom 146 persent vinniger gegroei as lammers van ooie wat gekerfde lusernhooi ontvang het. Toe die lammers op ongeveer 32 kg lewendige Massa geslag is, was daar ook aansienlike kwaliteitsverskille ten gunste van die lammers wat gekorrelde lusernhooi ontvang het (Vosloo, 1967). Cloete & Rossouw (1971) het ooreenstemmend met ou Merinoskape gevind dat verkorrelde rantsoene hoër massatoenames en swaarder karkasse van beter gehalte tot gevolg gehad het. Verteringsproewe het getoon dat verkorreling nie die verteerbaarheid van rantsoene beïnvloed nie. Die verhoogde voeromsetting en versnelde groei word dus hoofsaaklik as gevolg van die verhoogde voerinnames verkry. Ooreenstemmende voerinnames van gekorrelde en gekerfde rantsoene het getoon dat verkorreling slegs 'n 16 persent voordeel ten opsigte van voeromsetting inhou (Vosloo, 1967).

Skape neem 'n aansienlike oormaat van ruproteïen in as die rantsoen slegs uit verkorrelde lusernhooi bestaan. Opvolgende navorsing het getoon dat die vrywillige voerinname betekenisvol daal indien die energie-inhoud van lusern met mieliemeel aangevul word. Dit het ook 'n versnelde groeitempo tot gevolg gehad. Met die insluiting van mieliemeel het die energie-inname dus nie afgeneem as gevolg van die verlaagde voerinname nie. Dit wil dus voorkom asof die vrywillige voerinname van skape wat 'n gekorrelde rantsoen ontvang, deur die energie-inhoud daarvan bepaal word (Vosloo, 1967). Dit is ook vasgestel dat tot soveel as 20 persent van 'n goeie gehalte hooi soos lusern, met voordeel deur graanstrooi vervang kan word. Vir 'n periode van 42 dae het Merinohamels geen betekenisvolle verskille in massatoename en voeromsetting getoon nie (Vosloo, 1967).

Verkorreling van die rantsoen het die wolproduksie van Merinohamels oor 'n periode van vyf maande met 24 persent verhoog. Veseldikte het met 15 persent toegeneem, terwyl die stapellengte met byna 30 persent verhoog is (Vosloo, 1967). Verkorreling hou dus groot voordele in vir massatoename en wolproduksie terwyl die voordele ook toeneem namate die gehalte van die ruvoer wat gebruik word, afneem. Die voordele van verkorreling kan egter afneem indien grane meer as 'n sekere persentasie van die rantsoen uitmaak (Vosloo, I1967). Die koste van verkorreling sal altyd opgeweeg moet word teen die voordeel wat deur beter benutting verkry word, ten einde te bepaal of dit ekonomies geregverdig is.

 

2.4 Ontwaterde hooi

Die gebrek aan uniforme kleur en voedingswaarde, het in die VSA tot gevolg gehad dat lusern kunsmatig gedroog is (Bolton, 1962; Hanson, 1972). Vars gesnyde hooi bevat aansienlike hoeveelhede water. Dit is dus meer ekonomies om hooi op die land te laat droog tot ongeveer 45 persent voginhoud voordat dit na die droër geneem word. Blaarverliese kom eers voor by voginhoude van 35 persent en laer (De Beer, 1972).

Hooi kan in verskeie vorme gedroog word, naamlik bale, gekerf of as lang los hooi (De Beer, 1972). Aangesien gekerfde hooi meer suksesvol gedroog kan word as lang hooi, kerf die meeste droërs die klam hooi en maal dit tot meel nadat dit gedroog is. Kunsmatig gedroogde hooi se voedingswaarde is gewoonlik hoër as die van songedroogde hooi, omdat blaarverliese tydens sny en droging baie min is (Westover & Hosterman, 1940).

Behoorlik ontwaterde lusern kan 90 persent van die oorspronklike karoteen, aanwesig in vars lusern, bevat. Hierteenoor kan songedroogde lusern slegs 20 tot 50 persent daarvan bevat. Oksidasie tydens opberging het ook karoteenverliese tot gevolg. Tydens opberging kan karoteenverliese verdubbel met elke 100 C styging in temperatuur (Schrenk, Mitchell, Silker, Sorenson, Honstead, Taecker & Burkhardt, 1959). Anti-oksidante kan bygevoeg word deur chemiese verbindings in dierevette of plantolies te suspendeer en by te voeg. Olies word verkies omdat dit ook die meel minder stowwerig maak (Schrenketai., 1959; Bolton, 1962).

Ontwaterde lusernmeel het 'n ruproteïeninhoud van 20 tot 26 persent en is veral ryk aan die water-oplosbare vitamiene (B-kompleks). Lusernmeel bevat ook sekere aminosure wat nie in sommige grane aanwesig is nie en dien dus as doeltreffende aanvulling tot grane in byvoorbeeld kuiken groeirantsoene (Langer, 1967). Ontwaterde lusern word vir nie-herkouervoeding, veral pluimvee, gebruik.

 

3. GROEN GESNYDE LUSERN

Lusern kan daagliks of selfs twee keer per dag gesny en direk aan diere in voerkrale gevoer word. Hierdie metode van benutting is dus 'n alternatief tot direkte beweiding, terwyl diere ook nie energie vir beweiding gebruik nie. Volgens Harshbarger, Ormiston, Straubus & Johnson (1965) het groen gesnyde lusern die volgende voor- en nadele :

 

3.1 Voordele bo direkte beweiding

 

3.2 Nadele

 

4. KUILVOER

Lusern is geskik vir die maak van kuilvoer met 'n soet geur en is smaaklik vir vee. Lusern moet op die 10 tot 25 persent blomstadium gesny word vir die doel (Martin, et al., 1976). Beperkte hoeveelhede lusern word gebruik vir kuilvoer. Vir die maak van goeie kuilvoer, moet lusern liefs fyn gekerf en gedeeltelik verwelk wees. Die relatiewe lae suiker- en hoë ruproteïeninhoud van lusern bemoeilik die bevredigende inkuiling daarvan (Langer, 1967). Lusern is veral in die VSA bevredigend ingekuil met 'n voedingswaarde wat ooreenstem met die van hooi, alhoewel dit minder smaaklik is. Vakuumtegnieke het die inkuiling van lusern aansienlik verbeter (Langer, 1967).

Lusern gemeng met mielies, is veral geskik vir die maak van kuilvoer aangesien die mielies se hoe koolhidraatinhoud die korrekte fermentasie tot gevolg het. Die vermenging van lusern met sorghums of kleingrane is dus voordelig. Alhoewel lusernkuilvoer 'n hoë voedingswaarde het, is die gewas egter nie 'n ideale kuilvoergewas nie (Westover & Hosterman, 1940). Lusernkuilvoer kan ekonomiese voordele vir 'n melkery inhou. In hierdie verband het Miller, Skaggs & Porter (1963) gevind dat die kombinasie van lusernkuilvoer en -hooi in rantsoene vir melkkoeie, die verteerbaarheid van die totale rantsoen verhoog het.

Kuilvoer het verskeie voordele waarvan die volgende die belangrikste is:

(Wheeler, 1950; Hughes, Heath & Metcalfe, 1953; Donahue, Evans & Jones, 1956; Bolton, 1962).

 

5. KONSENTRATE

Proteïenkonsentrate kan uit lusern berei word en indien voldoende prosesseringsmetodes gebruik word tydens die kommersiële voorbereiding daarvan, kan dit beskou word as die gelyke van sojaboonmeel (Cheeke, Kinzell, De Fremery & Kohler, 1977).

 

6. LITERATUURVERWYSINGS

BOLTON, J.L., 1962. Alfalfa. London: Leonard Hill

CHEEKE, P.R., KINZELL. J.H., DE FREMERY, D. & KOHLER, G.O., 1977. Freeze-dried and commercially-prepared alfalfa protein concentrate evaluation with rats and swine. J, Anim. Sci. 44 (5), 772 - 777.

CLOETE, J.G. & ROSSOUW, J.W., 1971. Ou merinoskape ... Verkorrelde rantsoene, Boerd. S. Afr. 46 (11),13 - 21.

DE BEER, A.G., 1972. Drying and storing agricultural produce on the farm. fomg, S. Afr.

DONAHUE, R.L., EVANS, E.F. & JONES, L.J., 1956. The range and pasture book. Englewood Cliffs, Prentice Hall.

DYKSTRA, N.D., 1965. Voederproef met melkkoeie over de invloed van kneuzen en hakselen op die opname van voederwaarder van hooi. Versl. van, Landb. Onderzoek 660, Wageningen.

HAENLEIN, G.F.W. & HOLDREN, R.D., 1965. Response of sheep to wafered hay having different physical characteristics. J. Anim. Sci. 24, 810 - 818.

HANSON, C.H., 1972. Alfalfa Science and Technology. Wisconsin : The American Society of Agronomy, Inc.

HARSHBARGER, K.E., ORMISTON, E.E., STRAUBUS, J.R. & JOHNSON, R.V., 1965. A Nutritional assessment of methods of harvesting summer forage for dairy cows. University of Illinois Agricultural Experiment Station. Bulletin 709.

HUGHES, H. D., HEATH, M.E. & METCALFE, D,S., 1953. Forages. Iowa: The Iowa State College Press,

LANGER, R.H.M., 1967. The lucerne crop. Sydney: Consolidated Press Holdings Ltd.

MARTIN, J.H., LEONARD, W.H. & STAMP, D.L., 1976. Principles of field crop production. New York: Macmillan.

MATTHIES, H.J., 1967. Hay wafering in Europe. Farm Mechanization 19 (209),14 -15.

MILLER, D.D., SKAGGS, S.R. & PORTER, R.M., 1963. Alfalfa silage as a roughage for dairy cows. Agricultural Experiment Station. New Mexico State University Bulletin 485.

ROBARDS, G.E., 1968. Liveweights and wool growth of sheep fed various amounts of chafted roughage and pelleted lucerne. Proc, Aust, Soc. Anim. Prod. 7,59 - 61.

SCHRENK, W.G., MITCHELL, H.L., SILKER, R.E., SORENSEN, E.L., HONSTEAD, W.H., TAECKER, R.G. & BURKHARDT, C.C., 1959. Dehydrated Alfalfa. Agricultural Experiment Station, Kansas. State College of Agriculture and Applied Science. Manhattan, Kansas. Bulletin 409.

VAN DER MERWE, C.J., 1969. Korrelvoer vir skape. Boerd, S, Afr. 45 (1),55 - 56.

VOSLOO, L.P., 1967. Verkorreling van rantsoene vir skape. Boerd. S. Afr. 43 (7),44 - 47.

WESTOVER, H.L. & HOSTERMAN, W.H., 1940. The uses of Alfalfa. U.S. Dept. of Agric. Farmers' Bulletin 839.

WHEELER, W.A., 1950. Forage and pasture crops. New York: Van Norstrand.

 

Published

Karoo Agric 3 (9), 5-7